Stil Saterdag

EK sit lekker op die groot stoep en luister vir die reën en die rammeling van die donderwolke. Dis net die reën, alles is verder stil.

Hoe was dit daardie eerste Saterdag na Jesus begrawe is vir Sy geliefdes en volgelinge? Kan jy jou die rou en seer en skok indink? Die Messias is weg. Ek verbeel my hoe die mense rondom Pilatus en die Joodse Sanhedrin die Jesus volgelinge bespot het.

Het die dissipels onthou om brood te breek en wyn te drink soos Jesus hulle geleer het? Het Martha almal bly dien en Jesus se ma, Maria? Was haar trane op?

Ag, dink jou in. Daardie eerste stil Saterdag voor Jesus die dood oorwin het. Terwyl almal in rou gedompel is, moes Hy volkome verlate, selfs aan Sy Vader ontdaan, deur hel gaan vir ons almal.

Die storm hier op Waterval het bedaar, die reën ruis nou sag neer, soos ‘n salwende belofte.

Want ons weet wat daardie mense nie geweet het nie. Jesus lewe!

Dis die wonder van hierdie stil Saterdag.

More het Hy opgestaan vir ewig.

Dankie Jesus vir U liefde.

Alles het verander

“A quick thought as we approach Good Friday.-

Birth: the violent thrusting from safety into the great unknown. The ultimate decentering born out of love.

Death: the great discomfort of the paschal mystery. An end without an end. The great anxiety of non-being.

Resurrection: New life, where everything is the same and nothing is the same. Being both present and absent, seen and unseen.

Each year we are reminded of the horror of the crucifixion, we try to find meaning in it, to explain it away with atonement theories, to consider it simply part of the plan of some great puppeteer.

We look forward to the resurrection, when we can pretend everything is back to normal, forgetting that the temple curtain is torn, things are not as they once were.

How easily we forget that our call is to be reborn, not resurrected. To be thrust into the great unknown, beyond the walls of certainty. To be decentered, to be shaken to the core but to be the banner of hope for something new.”
~Nicole Anderson


Sy skryf so waar. Alles het verander met Jesus se kruisdood. Die voorhangsel het geskeur – geen skeidslyn meer tussen God en sy kinders nie. Onse Jesus opgestaan en Hy stap dwarsdeur die dood die ewigheid in vir ons!

Ek huldig Nicole Anderson se mening dat dit nie net ‘n kwessie van opstanding is nie, ons word geroep om hergebore te word, om totaal nuut vlagdraers van ewige hoop te wees.

“Staan op, staan op vir Jesus” meen Stefan Joubert is te passief, ons moet doeners vir Jesus wees. Nie net opstaan nie, moue oprol en Sy hande en oë en liefde in hierdie stukkende, vreesaanjaende wêreld wees.

Gesëende Pase.

Reënboogdood deur Storieklong

Rainbow-on-the-road-in-the-night_1024x600
“Oupa, wat se lelike groot voëls is dit daardie?” Die seuntjie wys na die plek waar die voëls hoog in die lug sirkel
“Dit is reënboogvreters ou seun”
“Wat doen reënboogvreters oupa?”
“Wanneer ‘n reënboog al sy kleure verloor gaan hy dood, en die reënboogvreters is ‘n spesiale soort aasvoël wat die karkasse van dooie reënboë vreet”
“Maar hoekom gaan reënboë dan dood oupa?”
Hmmmm. Ek dink dit is tyd vir ‘n storie….
Lank, lank gelede….lank voor jou oupa gebore is…self voor my oupa groot met sy kakebeenwa oor die berg van die draak getrek het, het die diere van oor die water ‘n baie goeie seisoen gehad en hulle het soveel geword dat hulle begin soek het vir nog grond om te bly.
“Amper net soos die rooibokke meer word as dit lekker gereënt het né oupa?”
“Presies net so ou seun.”
Ewenwel, die diere van oor die water het na ons kontinent Afrika gekyk en op hulle kaarte was dit woes en leeg en hulle het besluit om dit vir hulle te kom vat. Engeland en België het elk ‘n leeu gestuur, Frankryk en Portugal elk ‘n haan, Duitsland ‘n swart arend, Italië ‘n wolf en Spanje ‘n bul. Die diere van oor die water het vreeslik onder mekaar baklei maar uiteindelik het elkeen ‘n stuk van ons kontinent gehad na gelang van hoe sterk hulle was.
Dit het gou duidelik geword dat die diere van oor die water nie regtig hier wou bly nie en slegs die skatte van ons kontinent wou ontgin om terug oor die water te stuur, en dit het die inheemse diere van Afrika baie kwaad gemaak. Die mense sê nie verniet Afrika is nie vir sissies nie, want die diere van Afrika het die kolonialiste een vir een opgedons en tjankend huis toe gejaag terug oor die water…
“Oupa wat is ‘n koe….daai groot woord?”
“Kolonialis? Dit is soortvan ‘n vloekwoord vir mense wat ander mense se grond vat.”
“Oupa mag nie vloek nie. Mamma sê so. Vertel verder oupa!”
So is die diere van die water toe vort huis toe tot daar net een trop kolonialiste oorgebly het. Hulle was afstammelinge van die oorspronklike diere wat van oor die water gekom het en hulle het saam met hulle leier met die naam groot krokodil by die ingang van die land van melk en heuning gebly in ‘n plek genaamd Rubicon. Om by die land van melk-en-heuning in te kom moes jy eers die Rubicon oorsteek, en die groot krokodil het geweier dat dit gebeur. Op die walle van die Rubicon het die leeus desperaat gesoek na oorkomplek, maar groot krokodil het hulle gestop.
Toe groot krokodil eindelik te oud geword het om te regeer is sy plek ingeneem deur ‘n jong bulhond, en dié het gesien dat die leeus op die walle van die rubicon al groter en sterker word en hy het besluit om ‘n verbond met die leeus te sluit, want hy sou hulle nie veel langer kon buite hou nie. Daar is ooreengekom dat die leeus die rubicon kon oorsteek om in die land van melk-en-heuning te gaan woon, en in ruil sou hulle die kolonialiste nie terugjaag oor die see nie. En dit was goed en dit was reg. Die verbond is CODESA genoem en ‘n reënboog is gestuur as teken van die verbond.
Vir ‘n paar jaar het dit baie goed gegaan en die reënboog het helder geskitter tot die leier van die leeus te oud geword en deur ‘n jonger leeu vervang is. Die jonger leeu het gesien dat die afstammelinge van die diere van oor die water nog lekker vet was en sy leeutrop maer, en hy het begin om plek te maak by die eettafel vir leeus uit sy eie. Sy woord hiervoor was regstellende aksie. Dit was nie deel van die oorspronklike ooreenkoms nie en as gevolg daarvan het die reënboog van die verbond ‘n bietjie van sy kleur en sprankel verloor.
Soos die leeutrop vetter geword het het die lede van ‘n ander trop met gierige oë gekyk en begeer. Hulle wou ook so blinkvet en lui word maar het nie die mag gehad om die ander leeus uit die kussings te lig nie. ‘n Slinkse plan is toe bedink en met die hulp van die hyenas en die jakkalse is die vet leeus by hulle gunsteling slaapplek Polokwane, wat plek van veiligheid beteken, verslaan. Ekstra plek moes toe gemaak word by die eettafel sodat die hyenas en jakkalse wat gehelp het ook kon vet word. Weer het die reënboog van die verbond so bietjie van sy kleur verloor.
Die gejil van jakkals en hyena was na die oorwinning slegs ‘n effense steurnis, maar namate tyd aangestap het, het dit al harder en skerper geword. Nou kan jy die buitelyne sien waar hulle snags op die horison dans in die lig van die weerlig van die naderende storm. Hulle word sterker en meer en eersdaag sal hulle die leeus uitdaag. Anders as die leeus, en teenstrydig met die oorspronklike verbod, glo die hyenas en die jakkalse soos hulle maters die varke van oor die water dat alle diere gelyk is, maar dat sommige diere meer gelyk as ander is.
Wanneer daardie geveg kom, en die leeus word deur die hyenas verslaan, sal die reënboog die laaste van sy kleur verloor en dan is dit die taak van die reënboogvreters om die karkas op te vreet.
“Wat gaan gebeur as die reënboog doodgaan oupa?”
“Eintlik nie veel nie ou seun. Die lewe sal net terugkeer na die oorspronklike swart-en-wit toe, soos dit was voor ons reënboë gehad het.”
“Dit is ‘n hartseer storie oupa, maar dit sal darem seker nie regtig gebeur nie?”
“Neewat, seker nie ou seun” Die paar oë wat na die dansende hyenas en jakkalse op die horison tuur vertel egter ‘n ander storie
Lena-broken-rainbow-2013-04-18s

‘n Geblaf

‘n Storie:

Daar was eendag ‘n minuatuur doberman.Hy het op ‘n werf onder die Afrikason saam met Leer, Werk en Wet gebly. Hulle eienaars was gierigaards en wou baie rykdom en beskerming hê, maar wou nie baie onkoste aangaan nie. Geld in die bank, jy weet.

Nou , Leer, Werk en Wet se base was traag om die drie groot brakke te voer. Het vir hulle halfmaskos op straathoeke gekoop in plaas van ordentlike kos, soos Montego Karoo Adult. Die drie kon met die swak dieet net nie die mas opkom nie.

Die eienaars het die drie weggesteek en met hulle kleine keffertjie op die arm rondgeloop want hy het so min nodig gehad om aan die lewe te bly. Die brakkie het eers tjoepstil en bewend in die base se arms bly sit, want dit was ver grond toe as hy sou val. Die eienaars het baie aandag gelok met die klein brakkie op die arm.

As gevolg van bederf het hy al hoe meer eiesinnig en aggressief geraak en naderhand so te kere gegaan dat selfs die base nie meer geweet het wat om met die klits te maak nie. Wilder as die dierteuin tekere gegaan.

Die drie groot honde het maer en uitgeteer eenkant gelê, en niks beteken nie. Die eienaars is maklik oorweldig deur plunderaars – hulle het geen verweer gehad nie. En wat van keffertjie, vra jy? Toe die hordes op die huis afstorm, het hy onder die naaste bedpoot gaan wegkruip – goed vir niks. Sela.

My relaas:

Ken jy daai gemiddeldes kurwe? Die een van 25% links 50% in die middel en 25 % regs, daai kurwe werk oral. Ook in politiek.

Ek raak verlam dat mense aan links wie nie eens 10% stemme op hulle kandidate kon trek nie, soveel media aandag kry dat hulle bemagtig word om rassisitese, fascistiese drek uit te spoeg en publisiteit gewaarborg word. Flippit.

So ook aan die regterkant is mense van my velkleur wat my onder ‘n klip wil laat kruip sodat ek liewer ‘n regte rock spider is. Daar is ‘n spreekwoord:”Beware of the verbose few” – pasop vir die lawaaierige minderheid.

So pas lees ek ‘n artikel van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge se 2017 navorsing. Die narratief en lawaai rondom ras in ons land is onder die loep geplaas.

Die IRA studie onthul dat 72% Suid-Afrikaners en 77% swartmense NOG NOOIT RASSIME DIREK OP HULSELF GEMIK, ervaar het nie! Daarby reken 63% van respondente dat rasseverhoudinge sedert 1994 verbeter het.

Oorweldigend is dat respondente aangedui het dat werkskepping(35%), verbeterde onderwys (27%) en misdaadbekamping (26%) prioriteite vir Suid Afrika behoort te wees. DIe bevegting van rassisme is deur 5% repondente en slegs 4% swartmense gelys.

So waarom die vreeslike gehamer op ras en “kom ons sit die wit ouens op hulle plek”? Dis maar om tekortkominge weg te steek. Die brakke wat kos moet kry, ly honger want die base vreet al die geld op en wil nie saam met almal werk om die plekkie onder die son te maak werk nie.

Die eenvoudige antwoord volgens die studie, is dat onse goewerment in 24 jaar op verskeie vlakke klaaglik misluk het. Die rassisme en wit bevoorregting skreeuery is die ideale dekmantel om mislukkings soos armoede en ongelykheid te versteek.

Herverdeling van rykdom pleks van ekonomiese groei en bemagtiging het net hekkies in die pad van ons land se vooruitgang geplaas, meen Anthea Jeffery, hoof van beleidnavorsing by die IRA.

Hekkies soos:

  1. Swak ekonomiese groei (1% ipv 6% wat werkskepping verseker);
  2. Swak skole (78% graad 4 leerlinge kan nie lees nie);
  3. Universiteite waar net 20% studente grade voltooi);
  4. Werkloosheid en drakoniese arbeidswetgewing wat daarin slaag om werskepping te stuit en ongeskoolde werkers te benadeel;
  5. Nie-bestaande maatskaplike steun (tot 70% swart kinders het geen of min steun van albei ouers);
  6. Regstellende ekonomiese bemagtiging (lees:bevoorregting) van ‘n elite ten koste van die massas in armoede;
  7. Patetiese staats- en munisipaledienste wat nie eens basiese onderhoud kan verseker nie;
  8. ‘n Wurggreep op entrepreneurs – van belasting tot arbeidswette, ensovoorts.

Ten spyte van die belemmeringe, daar op voetsoolvlak, waar die meerderheid mense mekaar daagliks in die oë kyk, gaan dit beter tussen rasse as wat uitbasuin word, sê die instituut vir rasseaangeleenthede.

Die verslag maan ook dat die aanhoudende dis-alles-die-witman-se-skuld-vuur aanblaas van die Juju’s en BLF’s se drognuus maak dat die brille waarmee gewone Suid-Afrikaners na mekaar kyk, maar gekrap en uit fokus raak. Dit sal ‘n kwade dag wees as ons nie die rasse-brilletjies afgehaal kry nie.

Gelukkig meen Jeffrey die deursnit Suid-Afrikaner beskik oor ‘n goeie dosis kommin-sense! Ons kan darom bly hoop dat ons pêl Cyril se nuwe dagbreek vir ons hier aan die suidpunt van Afrika sal aanbreek. Dat dit nie ‘n veldbrand op die horison is, en ons eers probeer keer wanneer dit vuur van die weghol soort is nie.

Ook dat hy sal weet wat om met bedorwe stoepkakkertjies te doen, en vir die groot honde die regte kos sal koop. Sela.

Ons loop almal saam huistoe….

Ek pieker en tob oor my lewe en my geloof die laaste paar dae, en nou weet ek die Here praat aanmekaar met ons, ons moet net luister. So kom my antwoord vanoggend via ‘n mede-blogger.

Ek wil so huistoe verwelkom word. Dis my doel hier op aarde. Amen. Die skildery se naam is “First day in heaven…”

Soos gewoonlik as ek niks het om te doen nie….en dit is my min beskore. Gaan blaai ek so bietjie op FaceBook en lees bietjie oor almal se sages. Dis natuurlik die een se ou wat weer ‘n vark is of daai een wat se kind goed doen op skool. Of lekker vakansies oor see […]

via ‘n Gevreesde werklikheid — Natasja Franzsen

Meer as net ‘n treffer

Ek is mal oor die groep Imagine Dragons. Hulle nuwe treffer Next to me is soos baie vorige treffers in die kol. Maar die video vir Next to me is kapow. Dis ‘n mini fliek oor die lewe: foute, vergifnis, woede, haat, moord, liefde, die hele kaboedel.

Maak tee of koffie of vat net 12 minute en kyk saam…..

 

Maandag mismoedigheid

Foto: Mark van Vuuren (Pinterest)29342161_10155620583416374_6916448504063721472_o.jpg

Oor alles wat Ekmysellf se hart seer laat  voel  en my eie befoetertgeite op hierdie Maandag

  • Te veel kommer
  • Te veel terug staan, jou kies vasbyt
  • Te veel, te veel, te veel

 

  • Te min koestering
  • Te min tyd
  • Te min lag, lief, leef
  • Te min, te min, te min

 

Mag die son ons laat warmte voel en ons inspireer om op te kyk en kyk hoe waai die kosmos….

 

 

Oor geloof

“Spertyd” Elsa Joubert – ek lees super stadig en blaai terug en lees weer en bid: “Here dankie vir hierdie kind van U wat ons menswees en ons vrese deur soveel seisoene met ons deel.”

So skryf sy vir God:

“Ek weet nie wie U is of wat U is nie. U kan ’n magtige ster in die hemelruim wees, U kan die son self wees . Maar al weet ek nie waar U is of wie U is nie, al wat ek weet is dat daar ’n magtige drang in my tot U is. Sonder die drang verlep alles wat om my is. Ek dink soos ’n plant na water soek, so soek ek na U. Ek het ’n behoefte aan U wat my nie los nie. Want ek weet U is daar, en ek weet wanneer die behoefte te sterk word, so sterk dat dit alles wegveeg wat soos motte om my draai, as ek baie stil word, tot in my diepste binneste, dan deel U Uself met my. Miskien het U ook behoefte aan my aanhanklikheid. Miskien versterk my verlange U ook. Dan is dit vir my mooi om dood te gaan. Want ek word opgeneem in U. Vir al wat ek weet, klop U in my polsslag. …Somtyds gaan dowwe, droë tye verby wanneer ek U nie voel nie, as ek uitgelewer is aan die ou angs: die digte mat van zoemende bye oor die plaat blomme getrek, dan hoor of voel of sien ek niks meer nie as die byegezoem van kleure en reuke van wat ek dink in my lewe so belangrik is. Kommernis en angs daaroor hou my gevange, weg van die Stilte wat U stem is. U het nie woorde nie. U vul my soos ’n droë sloepie langs die kus gevul word as die see opstoot.”

Lees hier: http://a.co/ipDow03

Skildery: Ina Pfeiffer

California: Letting Go of the Blueprints

…, I heard Him whisper again: let go of the blueprints.

Because when our hands are filled with rolls of our blueprints, we can’t hold any of His. We can’t see the thing He wants to build. And what I’m starting to realize is how often His plans have elements of the things I’ve asked for, prayed for, hoped for, but His blueprints are so much bigger, more efficient, better planned than mine could ever be.

https://wp.me/p11F78-3ut