Gee en ontvang: Ek is aan gee se kant

Om te gee is beter as ontvang.

Die vrae maal in my kop rond:

Die gewer se motiewe is altyd onder verdenking, of is dit?

Is die ontvanger so bly oor die ontvang as wat die gewer oor gee is?

As jy gee, wil jy noodwendig iets in ruil terug hê?

Gee jy in opregtheid, omdat dit lekker/goed/reg/mooi is? Of gee jy om erkenning te kry.

Hier lê die knoop. As jy gee om erkenning te kry, is jou gee maar vreeslik soos die Fariseër wat biddend op die straathoek staan sodat almal kan sien watter goeie outjie hy dan nou is.

Ek hou van gee. Ek hou van die beginsel: die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie. My gee word nie aan die groot klok gehang nie. My gee is baie spontaan. Maar ek moet nou vir die eier-lê relaas vertel.

By die supermark, oorkant die parkering sit vyf manne kop onderstebo teen die muur. Hulle is nie vanoggend op ‘n bakkie gelaai vir dagloonwerk nie. Ek doen my huishouding se weekaankope. Laai vyf brode, vyf blikkies vis, vyf melke en ‘n handvol piesangs ook in die mandjie. Dis minder as 200 rand – maar dit maak vyf mae vol. Vyf van hulle en ‘n kans om vir swaarkry in sy oë te kyk en te sê: “Mag God jou seën.” Om in daardie oomblik ‘n mens raak te sien. Jy verander nie hulle lewens nie, maar jy wys darem omgee in die ou harde wêreld. Die Here is in daardie oomblikke.

Of die karwag by die tandarts met die droë hoes en verslete baadjie en stukkende skoene. Hy is al lank daar, maar lyk al slegter en slegter. Rots se ou tekkies, wolsokkies en braaivleisbaadjie en warm serp en pet wat in die kas lê en vrot, verander my karwag se winterdae. Hy het ‘n kans op oorlewing. “Mag God jou seën,” kom terug na my. Ons albei se oë vol trane. Want God is daar saam met ons.

Aardse goed is lekker en gerieflik, maar ek het nog altyd die denke gehuldig dat niks rêrig ons s’n is nie. Alles op die aarde behoort aan God, ons Skepper. Ek dink ons word penningmeester gemaak van dit wat God vir ons bedoel. Bestuurders van Sy goed, Sy  geld.  Dis nou maar ekke. Daar word  van ons verwag om goed so te bestuur dat ons na ons geliefdes kan kyk, en ook die weduwees en wese en die armes en die siekes.

So gee, gee, gee…dis goed so. Moet niks in ruil verwag of wil hê nie. Daar lê die grootste beloning. Gee met jou hele menswees, hart en siel. Gee met ‘n glimlag, met liefde en medemenslikheid, met omgee. Dis wat jy daaruit kry, en die kleinbekeer lekker warm in jou binneste.

Nou, die taai kant van die toffie is ontvang. Die ou lewe maak mens maar sku as jy soveel keer die mooi woorde, die goeie bedoelinge en die “ek belowe” geglo het, en dan tot jou spyt agterkom jy het ‘n belofte of kompliment ontvang en aangeneem, maar dit eindelik net mangelliefde was.  Jy het gekry omdat daar wederkerige gee van jou terug verwag word. Dis ‘n ontnugtering, en ek dink dis hoekom baie van ons maar liefs die rug keer op ontvang…dis dikwels ‘n bitter pil om te sluk.

So ek is maar meer aan gee se kant. Ontvang van elke Janrap en sy maat het te veel kere ‘n eie-agenda wat met seerkry gepaardgaan.

Ek ontvang met oop arms my Rots en Bab se liefhê, en Koda brak se oopbek uitbundige liefde, en die Yorkies se “kyk ek het ‘n muis vir jou gevang”-liefde, as wat ek vir daai “ek is so lief vir jou, jy is so oulik, sal jy vir my…”-ontvang val.

Noem my afsydig, ek noem dit duif-versigtig, reeds voorheen beleef en mooi geleer. Daar is wysgeërs wat sê gee en ontvang is een en dieselfde. So wanneer ek gee, ontvang ek ook.  Dis seker waar, maar vir daai ontvang met bymotiewe, dink ek moet mens maar pasop.

Ek stem nogal saam met Ram Das:

quote-the-giving-and-receiving-is-the-tricky-thing-it-s-not-the-gift-it-s-what-the-heart-says-ram-dass-129-28-96

 

Kekkel, kekkel, die eier is gelê.

NS.

~Wash your spirit clean~

Give away the things you don’t need Let it all go and you’ll soon see And you’ll wash your spirit clean Wash your spirit clean Go and pray upon a mountain Go and pray beside the ocean And you’ll wash your spirit clean Wash Your spirit clean Be grateful for the struggle Be thankful for the lessons And you’ll wash your spirit clean Wash your spirit clean Give away the things you don’t need Let it all go and you’ll soon see And you’ll wash your spirit clean.

– Walela

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

 

Sjoe

sunsetEk volg op Vuisboek ‘n blad Kissing Fish

Lees net hier, ek het al tien keer. Sjoe.

“Only love …. effects true inner transformation.”

On wrongdoing & Forgiveness

When we human beings “admit” to one another “the exact nature of our wrongs,” we invariably have a human and humanizing encounter that deeply enriches both sides—and even changes lives! It is no longer an exercise to achieve moral purity or regain God’s love, but in fact, a direct encounter with God’s love. It is not about punishing one side, but liberating both sides.

If you are still inside the economy of merit—a quid pro quo universe—you will undoubtedly not understand this at all. In fact, you will find it abhorrent. Forgiveness is not a popular or easy path, but some wise ones have shown us how. Desmond Tutu’s “Truth and Reconciliation Commission” in South Africa exemplified the economy of grace after the fall of apartheid. All had to take proper and public responsibility for their mistakes, not for the sake of any punishment, but for the sake of truth and healing. In fact, the healing was the baring—and the bearing—of the truth publicly.

This is revolutionary and almost unheard of in human history but it is biblical, starting with the prophet Ezekiel during and after the Exile and dramatically lived out by Jesus.

Ezekiel lays the biblical groundwork for truth-speaking, accountability, and restorative justice. For him, the cement that holds the whole thing together is YHWH being true to YHWH’s Self, and not merely reacting to human failure (or God would not be free). For Ezekiel, God always acts with total freedom—from divine integrity and unilateral faithfulness to the covenant with Israel, whether they keep their side or not—without this foundational message, “grace would not be grace at all” (Romans 11:6).

God resists our evil and conquers it with good, or how could God ask the same of us? Think about that. God shocks and stuns us into love. God does not love us if we change; God loves us so that we can change. Only love—not duress, guilt, any form of shunning, or social pressure—effects true inner transformation.

The ego expects this pattern: sin à punishment à repentance à transformation.

Ezekiel recalibrates this process after experiencing YHWH’s purifying love for Israel. The pattern becomes: sin à unconditional love and forgiveness à transformation à repentance.

If this is indeed God’s pattern, as I believe it surely is, this is a very different universe that God is creating. Jesus called it “the Realm [or Kingdom] of God.”

– Fr. Richard Rohr

‘n Relaas oor my Ingelse onnie

 

Nevil ShuteSomerset MMy pa-hulle ontwortel ons aan die einde van 1974, my standerd agt jaar. My sus en ek bly op daardie stadium te lekker by Ouma Stomp en Oupa Faan en word bederf uit ons sokkies uit.

Die aankondiging dat ons Kokstad toe verhuis sodat my pa die saagmeul-bestuurder by Singisi Sawmills in die destydse Transkei kan word, is met snot en trane begroet. Wie hou nou van verandering?

Ek het toe reeds vakkeuses gemaak – Afrikaans, Engels (albei eerstetaal vlak), Duits (standaardgraad), Aardrykskunde, Geskiedenis en Biologie (al drie hoërgraad). So arriveer ek die eerste dag by Hoërskool Grenswag, Kokstad. Dis eintlik ‘n hoër- en laerskool. Daar is 275 kinders in totaal.

Boekhou is ‘n verpligte vak in die Kaapse skole. Die skoolhoof, Meneer Bouwer bulder: “Duits! As jy Duits wil neem, moet jy maar pouses na die Roomse Kloosterskool met jou fiets trap. Hier word nie Duits aangebied nie!”

Misrabel is al hoe ek my tienergemoed onthou. Sommer die plek en my pa gepes. Ek moes, nodeloos om te sê, Standerd 7 en 8 boekhou binne drie weke deurwerk, en tred hou met die standerd nege sillabus. Debiet, krediet, balansstaat. Ek het deurgeskuur. Niks daarvan gehou nie. Die onnie moes maar saam met my tande kners.

Maar o, lekkerte! Die Engelse klas. Mrs Iris M. St John Landmark. Sy is middeljarig, blonde Marilyn Monroe haardos, bloedrooi lippe en lang goedversorgde naels in dieselfde skakering. Blou stilleto hofskoene en ‘n sonbril waarvan die raam by die skoenkleur pas. Og, en sy ruik lekker en sy lag uit haar maag. Sy het Ingels ‘n uiterse plesier gemaak. Self Wimpie en Varkie het “how do you do – I do my best” – uitgehaal op hulle gebroke manier. Nooit, ooit is iemand verkleineer omdat die woorde skeef en krom uitgekom het nie.

Ag, en as Mevrou die gang afswaai, hoe die Calvinistiese stywenekkies geruk het…hehe! Hoera vir jouself wees, het ek altyd haar in my anderste gemoed toegejuig.

Ons is verbied om met ons matriekafskeid te dans. Mev. Landmark het ons kort na die geleentheid na haar huis genooi, ons ouers en skoolhoof is vertel dat dit ‘n speletjiesaand is. Ons het nie vingerbakatel gespeel nie. O, nee. Ons het biljart gespeel, en poker. En ons het sjampanje gekry om ons nuwe toekoms te vier. Sy het musiek aangesit en ons kon skoffel, en twist en later darem so een keer close-dans. Sy het ons soos jong grootmense behandel.

Elkeen ‘n geskenk gekry. My geskenk was ‘n versamelboek met vier Nevil Shute boeke, waaronder “A town like Alice.” Sy het as prys vir my goeie Ingels reeds vroeër vir my Somerset Maugham se versameling kortverhale gegee. Ek was in die wolke.

Haar afskeidsboodskap aan ons was ook besonders: “Fear is not a word. It is an acronym for:

False

Evidence

Appearing

Real.”

So, vir Mrs Iris M St John Landmark wat via Kenya “very colonial,” in my lewe ingeswaai gekom het, is ek ewig dankbaar. Ek skrik, maar bly nie lank bang nie. Hoe kan jy nou bang wees vir goed wat meeste van die tyd nie waar blyk te wees nie!

Danksy haar, hou ek van my aweregse self, het ek my eie styl en ook my eie stem. Nou besef ek waarom Karen Blixen se Out of Africa by my resoneer, en ander groot epiese stories – Mrs Iris M St John Landmark het lewensgroot haar stempel afgedruk, en dit het nooit vervaag nie!

Thank you Ma’am. Jy en styl-ikoon Iris Apfel, val nie ver van die uniekwees boom nie!

Iris Apfel

“There are no rules or regulations. “It’s instinct and gut feeling. I don’t do these things intellectually; if you do, they’re always very stiff. I don’t have rules because I’d only break them. When I used to wear things that were a bit offbeat, people used to always say, ‘Oh, my goodness! Don’t you worry about what people will think?’ and I would say, ‘No, I don’t care at all.’ That’s not my problem. I dress for myself and I hope other people will like it, but if they don’t, it’s their problem, not mine.” – Iris Apfel

Ek kan Mrs Iris M St John Landmark hoor lag, uit haar maag.

 

 

Sê dit in Afrikaans: Die vlegselvryer en die fietas.

 

 

fietas

My matriek registeronderwyser was ook ons Afrikaanse onnie. Meneer Potgieter, ‘n oujongkêrel,  fyn van maniere en baie kwaai oor sedes en norme.

Ons is aangemoedig om properse Afrikaans te bedryf. Jy het foute se regstellings 100 keer uitgeskryf.  Daar was niks erger as jy ‘n woord verkeerd aksuenteer en hy die korrekte uitspraak herhaal, en herhaal en herhaal en die klas giggel te lekker. Dit het met my en die gesel waarmee Jesus geslaan is gebeur. Ek het dit uitgesprek ge-sel, soos metgesel. Eish!

Maar dankie aan Meneer Potgieter vir sy strengwees en ook sy opregte passie vir Afrikaans. Hy het ons opgewonde gemaak oor idiome en spreekwoorde. Hy het self ‘n nuwe woord geskep – en dis in die woordeboek opgeneem:

Vlegselvryer – Ou bok wat na jong blare vry.  ‘n Egte Afrikaanse woord vir “cradlesnatcher.” Baie beter as ‘n wiegdief, dink jy nie? Wiegdief voel so effe af, as jy my vra.

Daar, dis my Afrikaanse onnie van 1975 wat daai een vir ons gemaak het! Ek onthou die Maandag toe die skoolhoof hom geluk gewens het, soos gister. Hoe stout ons gegiggel het dat as die oujongkêrel-onnie vir ‘n jong vrou gaan loer, hy self ‘n vlegselvryer sal wees!

Dis veertig jaar gelede, die dogters vlegsel nie meer nie, en vry, nou ja…wat sal ons nou sê om vandag se poplappe en suikerpappies te beskryf? Ek hoor in ons Afrika-gemeenskappe word van ‘n beskermer of behoeder gepraat. Meer soos vergoeder van dienste verskaf, as jy my vra.

Maar wag, terug by onthou. Ons klomp was maar woelig. Ons was net tien matrieks. So ons onderwysers het elkeen van ons goed geken. Wegkruipplek was daar nie. Groot vissies in ‘n klein dammetjie. Dis ons gewees. Lekker wintie. Min het ons geweet ons is nog nie in die groot see van die lewe nie, maar wel net  in ‘n ou standhoudende getypoeletjie!  Ek kan onthou hoe asemsnakkend groot alles later op Tuks se kampus vir my was. Die biblioteek, die klasse, alles. Maar hoe goed ons klein groepie voorberei is om baie werk te kan doen. As jy vakke op hoërgraad geneem het, moes jy dikwels self-studie doen, want jy was die enigste een in ‘n spesifieke vak.

Terug by onse onnie. Ons was stout, en het eenkeer hom so ontstel dat hy vir ons vertel het hy “distansieer hom van ons, sal nie meer ons register-onderwyser wees nie, en nog minder ons matriekafskeid bywoon.” Net fietas* doen wat ons gedoen het. Nou wat sal julle wonder, het ons gedoen wat die woord en verwerping waardig was?

Ons is in die middel van ons Engelse literatuurklas uit ons klas gelok en in ‘n ander klas fisies toegesluit, sodat die matriekafskeid versierings ongesiens by ons verby gedra kon word.  Die voorgeskrewe boek het eers in die tweede kwartaal aangekom het, en ons was erg onder druk om klaar gelees en verstaan te kry voor ons eindeksamen. Ons was omgekrap, die tien van ons. Voor ons ons kon keer is die tasse in die standerd nege klas waar ons gevangene gehou is, se lessenaars omgekeer, donkiebrekfis hoede by die vensters uitgeslinger. Die groot moeilikheid het gekom toe mini-Marietjie die naelloper, die gekleurde bordkryt met saagsels en al in al die tasse begin uitkeer het. Dit was ‘n brug te ver. Die moeilikheid groot…en ons is fietas genoem.

Lanklaas die woord gehoor. Weet net ons was baie omgekrap, want ons het darem ore gewas en tande geborsel en skoene gedra. Fietas, pfft!

Ons het maar voor die hele skool (al 275 van Graad een tot Matriek ) verskoning gevra vir ons laakbare gedrag, en Meneer Potgieter het darem so tien bar afgeblaas en op die ou einde ons afskeid bygewoon. Hy was nie ‘n vlegselvryer daardie aand nie. Arme man moes saam met my nuut-geweduweede moeder aan tafel sit. Dit het heel ander gesprekke tot gevolg gehad. Gelukkig vir my het ons daardie Desember weggetrek en ons het nie weer met die man kontak gehad het nie.

*Vandag besef min dat fietas te make het met Vrededorp, Triomf en plekke waar armes destyds krepeer het. ‘n Fieta was vuil, agterlik. Gaan Google gerus, daar is steeds agterlikheid, maar daar is byvoorbeeld geen grondeise hier afgehandel nie – daar is meer eise as wat daar grond is, aldus Wikepedia. Te veel armes van te veel kulture se swaar spoor loop hier.

_________________________________________________________________________________________

Lê jou eier so:

“Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.”

Kennis+oortuiging+vertroue=Geloof

Image result for spurgeon quotes on grace

Ek is ‘n aanhanger van Charles Spurgeon. (1834-1892) Na meer as ‘n eeu, is sy wysheid en insig in God en geloof, dikwels vars en verrassend.

Een van my gunsteling preke handel oor geloof. Hy meen dit is so eenvoudig, dis moeilik om te verduidelik. Volgens hom bestaan geloof uit drie dinge – kennis, oortuiging en vertroue.

Kennis beteken om in die speelkamer deur God beskikbaar gestel, die Bybel, te bly  speel en bekend te raak met alles daarbinne. Die lesse en aanwysings te ondersoek en deursoek en dit deel van jou asem te maak. Wyslik verseker Spurgeon ons ook, dat die speelkamer nie opgespeel en ondersoek kan word nie. Hoe meer jy speel en ondersoek, hoe dieper en wyer word dit wat die Bybel jou bied. Jo! Dink net. Jy kan met kinderlike vertroue selfs in jou studie van die Bybel wees – wat jy daaruit leer en put, gaan nie opraak nie. Net soos God se liefde nie vir ons opraak nie.

Nog meer opwindend van geloof is vaste oortuiging. Oortuiging at God ons Skepper is, dat Sy Woord waar is, dat Sy asem  ons lewe gee. Dat hy Sy Seun gestuur het om die Volmaakte offer in ons plek te maak, dat ons waarlik vergewe is en dat Sy Gees nou in ons woon. Oortuiging dat hierdie ondermaanse bestaan, in hierdie menslike vorm, net tydelik is.

Lees net hier, hoe som Spurgeon vertroue op: “Faith is believing that Christ is what He is said to be, and that He will do what He has promised to do, and then to expect this of Him.”

Om te glo Jesus is wat Hy sê Hy is, dat Hy sal doen wat Hy belowe, en dit dan van Hom te verwag. Daar het jy dit. Dis so eenvoudig,  en tog moeilik vir baie om te aanvaar.

Saam met Spurgeon bid ek dat mense nie net tevrede sal voel met die eenvoudige verduideliking van geloofsbeginsels en dan nie oorgaan tot aksie nie.  Spurgeon het lank terug so verduidelik:

“Better the poorest real faith actually at work, than the best ideal of it left in the region of speculation. The great matter is to believe on the Lord Jesus at once. Never mind distinctions and definitions. A hungry man eats though he does not understand the composition of his food, the anatomy of his mouth, or the process of digestion: he lives because he eats. Another far more clever person understands thoroughly the science of nutrition; but if he does not eat he will die, with all his knowledge. There are, no doubt, many at this hour in Hell who understood the doctrine of faith, but did not believe. On the other hand, not one who has trusted in the Lord Jesus has ever been cast out, though he may never have been able intelligently to define his faith. Oh dear reader, receive the Lord Jesus into your soul, and you shall live forever! “He that believeth in Him hath everlasting life.”

 

Wekroep

Dit roep en roer my woordlief hart.


“For poetry was all written before time was, 

and whenever we are so finely organized 

that we can penetrate into that region 

where the air is music, 

we hear those primal warblings and

attempt to write them down, 

but we lose ever and anon a word or a verse

and substitute something of our own, 

and thus miswrite the poem. 

The men of more delicate ear write down

these cadences more faithfully, 

and these transcripts, though imperfect, 

become the songs of the nations.” ~ Ralph Waldo Emerson

Artist~Shawna Erbeck

Nooit alleen

Image may contain: text

Ons het vanoggend een van daardie oproepe ontvang. Voor jy terug groet wéét jy – hierdie is slegte nuus. ‘n Onverskillige u-draaier het ons Ouboet krities in die hospitaal op ventilators. Hy niemand niks gemaak nie. Nou veg hy vir sy lewe, en sy vrou en kinders en familie is stukkend van kommer en seer.

Verder weet ek van werkloses, afbetaaldes, seergemaaktes. Die bos is donker en die bome hang en die vlinders se mooi vlerke is af. Die wind van seer en ontsteltenis loei.

Is ek bang? So so bietjie.

Is ek seer? Ja.

Is ek moedeloos? Ja, maar nie moedverlore nie.

Die storm gaan wyk. Die lewe gaan vir sommige van ons vreeslik verander.

Maar klomp dinge weet ek: God het nie die u-draai gemaak nie. God het nie die kontrakvoorwaardes verander nie. Nee – al daai goed is mens-keuses. Een mens wat ‘n besluit neem en klomp ander se lewens omkeer.

Ons God is by ons in elke storm en omstandigheid. Hy het ons oneindig lief en werk oral, altyd tot ons beswil.

‘n Bybeloordenking vanoggend van Jannie Pelser van Toekomsvenster som dit so perfek op:

 Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?” – Markus 4:35-41

“Hierdie gedeelte het gelowiges seker van die begin af oneindig bemoedig. Stormsee is te ene male ʼn realiteit in almal se lewens. Iemand het eendag gesê jy is of in ʼn storm, kom pas daaruit of is daarheen op pad. Ons leef steeds op aarde en die lewe gebeur. Die gedagte dat Christene nie geraak en beïnvloed word deur die dinge wat elke dag rondom hulle gebeur nie, is wensdenkery. Dis ongemaklik maar waar en hoe gouer ons die realiteit verreken hoe beter sal dit met ons gaan.

Christene wat glo dat materiële, liggaamlike, emosionele en geestelike voorspoed onwillekeurig en noodwendig vir hom of haar bedoel is net omdat hy of sy glo, sal ontnugter word. Die predikers van hierdie skeefgetrekte waarheid is of oneerlik oor hul eie worsteling of leef in ʼn droomwêreld.

Hoe hanteer jy jou stormsee?

Ek kan my die verontwaardiging van die dissipels voorstel. Die boot dreig om te vergaan en Jesus lê en slaap. (Ek wonder tong in die kies of Hy nie skrefiesoë gekyk het om te sien hoe die dissipels die situasie sou hanteer nie).
Hoe ook al, hul oproep dat Hy moet help val nie op dowe ore nie. Jesus roep die wind en weer tot hul verbasing tot orde maar verwyt hulle vir hul kleingeloof.
Hoe moes hulle reageer het?
Hoe sou jy reageer indien jy in die boot op ʼn stormsee was met Jesus oënskynlik vas aan die slaap?

Die see van Galilea is bekend daarvoor dat onweer sommer vinnig kan ontwikkel en dat die see regtig onstuimig kan raak. Die gevaar was nie onbeduidend nie. Die teks sê die golwe was baie hoog en die skuit het al vol water begin word. Dis ʼn laat moment om Jesus wakker te maak. Miskien moes hulle sommer aan die begin al met Hom gepraat het. Wag jy ook totdat die storm ernstig word voordat jy met God praat?

“Groot storm” en “groot ontsag”. Interessant die twee begrippe wat met groot verbind word. As die ontsag die storm en ongemak voorafgegaan het sou die dissipels die storm dalk beter hanteer het.

Weet jy en wis jy Wie by jou in die boot is?
Dis die Skepper van alles, ook van die wind en die stormsee.”

Die wind loei steeds, die vlinders se vlerke sal nie teruggroei nie. Bome sal breek. Maar more, more sal die son weer opkom, nuwe bome sal groei en heelvlerk vlindertjies sal hulle vlerkies sprei.

God is goed so.

flutterby