Lê-Jou-Eier: Lek daai bak en leef

 

-my-childhood-memories-sweet-memories

“Jy leef net een keer, lek die bak uit.” Kreatief, lê jou eier kreatief, sê Hester. Mmm, my skryf is op die laaste ruk. Die lood is weg, die ink is droog. Iemand het my bak gevat. Niks lekkerte om te lek nie. Ag ek praat sommer bollie…

Elkeen van ons onthou daardie lekkerte as Ouma roep: “Kom lek die bak uit!” Een kon die lepel aflek, die ander die klitser, en iemand het die bak gekry. Og, as jy weer kyk is dit sjokoladekoek mengsel om die mond, op die wang, in die hare. Vuil vingertjies merk die tafeldoek. Jy begin die koek in die oond te ruik, en saam met die proesel wat jy afgelek het se smaak in jou mond , weet jy groot lekkerte is aan die kom!

Ek lees iewers dat ons lewens so geniet moet word. Want ons tyd hier is kort, ons adres wel ewig elders. Hoe kan mens dan nou nie die bak wil uitlek nie?

Ag, en doen dit met oorgawe soos jou brak jou smiddae groet – oopbek en stertswaaiend, of soos daai seuntjie wat die eerste keer sy tweewielfiets bemeester – oopbek en loshande en in oortreffende trap! Voluit en bokker die gevolge. Meeste kere is daar pleister wat help vir die skrape.

Moet ook nie vergeet om jou bak en die leksel so mooi en lekker as wat jy kan te maak nie! Moenie half-half wees met jou talente en gawes nie. Moenie ingat wees met aardse seëninge nie. Dra die skoene, eet met Ouma se eetservies, gebruik die handoeke. Hoekom, sou jy vra.

Nommer een, ons kry nie Venterwaentjies hemel toe nie.  Laat ek vertel: Ou Ryk  lê op sterwe. Hy is bitter omgekrap, want hy is erg verknog aan sy aardse besittings. Stinkskatryk lê hy dag in en uit en bid en smeek dat hy tog asseblief net ‘n reistas kan saamneem die ewigheid in. Die alewige gebid is erg en Petrus by die pêrelhekke kry eendag van hoogste gesag opdrag om asseblief te reël dat Ryk tog maar ‘n tas mag saambring. Ryk se gebede hemelwaarts stop sommer gou. Langs sy sterfbed is ‘n tas, sy hand styf om die handvatsel geklem. Sy laaste asem blaas hy uit.  By die pêrelhekke is dit besonder beknop toe Ryk met sy tas daar aankom. Die engele en apostels en skares kan nie wag om die aankomeling en sy bagasie te sien nie. Eerstes trek mos maar so aandag.Petrus groet Ryk, en namens almal vra hy of hulle maar kan sien wat Ryk so graag wil saambring. Met groot gebaar maak Ryk sy tas oop. Dit is vol goudstawe gepak. Petrus skreeu van die lag, en almal wil weet wat is so snaaks. Ryk is nogal gewip. “Bwahaha, jy het plaveistene gebring, kyk,” beduie Petrus. Voor Ryk strek ‘n goudgeplaveide pad na die Vader se Troon……daar is baie gelag in die hemel daardie dag.

Nommer twee, jy is veronderstel om te deel want:23722593_1915906705105391_2885544022359290897_n

Jy, skepsel, is veronderstel om jou lewe en middele en talente te deel….sela. Ons is meesterstukke, ieder en elk van ons. Ons is gedigte (Grieks:  Poema) deur ons Skepper geskrywe. Elkeen met talente en gawes. Elkeen gestuur om die kort tyd op die ondermaanse Sy liefde te wys en ervaar. Met alles in jou, maak seker jou mooi bak het iets te lek. Vir jouself en ander. As jy alleen die bak uitlek kan jy goormaag kry. Deel dit.

Nou is dit so dat as jy leksels deel, daar snipperiges en snobberiges gaan wees wat nie van borrelende fonteintjie-jy gaan hou nie. Dis ooraait(erig). Sleg vir jou en vir hulle. Hulle mis uit en jy kry so bietjie seer. Jy moet maar aanhou, en leksels aanhou uitdeel. Moenie iemand se toestemming vra nie. Jou Skepper het jou al die toestemming gegee tot in ewigheid!

Moenie soos ‘n slim dominee gepredik het “die stagnante dam met slykerige bodem wees nie,” nee, borrel van die Lewende Water wat deur jou are bruis. Weet jou Vader staan en juig jou aan, jou prentjie is in Sy brêgboek. “Kyk, kyk, dis My kind,” wys hy trots. (Lees Efesiërs 2 as jy nie weet nie)

Jou leksels is die goeie werke wat jy doen, jou talente en gawes uitleef, jou deel met ander mense.  Doen goeie werke, wat die liefde van God uit straal, as Sy geliefde en jou gawes en drome, Godgegewe.

Wat ‘n wonderlike epitaaf sal dit nie wees nie: “Sy/hy het nie net geleef en die bak alleen uitgelek nie. Nee sy/hy het die mooiste bak gekry en dit tot oorlopens toe gevul met wonderlike dinge, en dit met almal gedeel, sonder skroom of toejuiging.”(Dié het ek op die Google raak gelees oor ‘n vrou in Kanada wat vir haar gemeenskapswerk vereer is.)

Willem Wikkelspies het tereg opgemerk dat die sin van die lewe is om jou gawes te ontdek, en die  doel van die lewe is om dit dan weg te gee. Wees so met jou bak en die leksels.

Deksels. As jy dink jy kan nie – lees hierdie kapow-preek:

2 Korintiërs 4:1-6, 16-17
Die lewe is net ‘n oomblik


Broers en susters in onse Here Jesus Christus:
Voor die sonde in die wêreld gekom het, het niemand almanakke gedruk, horlosies gedra of begraafplase nodig gehad nie. Adam en Eva het in ‘n wêreld sonder tyd gewoon. Daar was nie ‘n begin en ‘n einde nie. Want die mens was na die beeld van God geskape.

Maar toe kom die sonde. Toe rebelleer die mens teen God. En toe verander alles. Die lewe het begin bestaan uit jare, weke, dae, ure, minute en sekondes: meetbaar en telbaar. En daarom sit ons vanoggend hier, broers en susters, met tyd in ons sak, maar hoeveel tyd weet ons nie presies nie. Dit kan dalk dekades wees, dalk jare, of miskien minder. Dalk net ‘n paar weke, dae of selfs net oomblikke. Want ons sakke sal leeg word, en ons tyd sal verbygaan. Ons lewe is net tydelik.

En dit geld vir almal van ons, en vir alles op hierdie aarde. Behalwe vir God. Hoor wat sê Jesus in Johannes 8:58: ‘Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is’. En Jesaja 57:15: ‘Hy wat hoog verhewe is, Hy wat ewig leef … Hy lewe in ‘n hoë en heilige plek’.

En so kan ons aangaan, broers en susters. Kom ek noem u nog ‘n paar voorbeelde: God is van altyd af daar (Ps 93:2); Hy is die Koning vir altyd (Jer 10:10); Hy is onverganklik (Rom 1:23); Hy alleen besit onsterflikheid (1 Tim 6:16); die hemel en die aarde sal vergaan, maar God bly dieselfde (Ps 102:28), en Job 36:26 sê dat die mens eerder al die sout in die oseaan sal kan meet, eerder as om God se jare te bereken.

Dus: volg ‘n boom terug na die saadjie, speur ‘n rok terug tot sy begin in die fabriek, neem ‘n kind terug tot by sy ouers en sy geboorte. Dit kan. Maar speur God terug tot by wat? Of by iets?

Dit kan nie. Nie eers God het God gemaak nie. Daarom sê Jesaja 43:13 ‘nou en vir altyd is Ek God’, en daarom sê Jesus in Johannes 8:58 ‘voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is’. Let mooi op wat Jesus nie sê nie. Hy sê nie voordat Abraham gebore is was Ek al wat Ek was nie. God sê nooit ‘Ek was nie’. Want Hy is. Want Hy is ewig. Hy leef nie in opeenvolgende oomblikke of sekondes nie. Sy wêreld is een groot, ewige oomblik.

Daarom, broers en susters, as ‘n mens ‘n bietjie oor hierdie ewigheid van God wil nadink, sien God die geskiedenis nie as ‘n reeks eeue nie, maar as ‘n enkele foto. Hy vang u en my lewe in ‘n enkele oogopslag vas. Hy sien ons geboorte en begrafnis in een raampie. Hy ken ons elkeen se begin en einde, want Hy het nie ‘n begin of einde nie.

Dit is ‘n mondvol, broers en susters. En daar is ‘n rede voor. Want ons leef so tydgebonde, en die hier en die nou is soms vir ons so oorweldigend dat dit al is wat ons kan raaksien en beleef. Ons dink in terme van tyd, ons leef in terme van tyd. Ons lewe is tyd. En tydgebonde. Daarom is ons begrip van dit wat ewig is, van dit wat ewigheid beteken, so gebrekkig.

Maar die feit van die saak is: al verstaan ons nie wat ewigheid beteken nie, ons besit dit. Al is ons tydelik gebore, in Jesus Christus is ons deur die geloof weer gebore, en so het ons deel van dit wat ewig is geword. Deur die geloof strek ons lewens verby die agterplaas van tyd, en lok die ewigheid by God ons. Ons lewe hier tydelik, maar eendag by God ewig.

Hoe sou ons hierdie twee lewens met mekaar kan vergelyk om iets daarvan te verstaan? Ewigheid sal soveel wees as al die sandkorrels op elke strand in die wêreld (plus nog, want dit is ewig), en ons aardse lewe sal een honderdste van een sandkorrel wees. Of kom ons sê dit anders: in terme van die ewigheid, is ons aardse lewe eintlik net een oomblik. Ons hele aardse lewe. Net een oomblik. En niks meer as dit nie.

Paulus sê presies dieselfde in 1 Korintiërs 4:17. ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering (lui die NAV), dit is maar net ‘n oomblik (lui die OAV): ‘Want ons ligte verdrukking wat net vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewigheid…’.

Wat hierdie opmerking van Paulus merkwaardig maak, broers en susters, is wanneer ons in ag neem hoe sy lewe gelyk het toe hy hierdie woorde geskryf het: ek was dikwels geslaan, ek was dikwels in doodsgevaar, vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry, en een maal is ek met klippe gegooi, drie maal het ek skipbreuk gely, en een maal het ek ‘n dag en nag op die oop see deurgebring. Ek het gevaarlike rivier reise onderneem, was op swerftogte in die woestyn, en was blootgestel aan koue, aanvalle, honger en dors (2 Kor 11:23-25).

En, sê Paulus, dit was alles maar net ‘n oomblik. ‘n Kort sekondetjie. Want as ek dit moet vergelyk met die ewigheid wat wag, was dit eintlik niks. En die moeite werd.

Wat sal gebeur, broers en susters, as ons dieselfde houding teenoor die lewe inneem? Of, kom ek sê miskien eers wat normaalweg ons houding teenoor die lewe is. Wanneer ons swaar kry, wil ons uit die lewe uit. Ons wil hê dit moet verbygaan. So gou as moontlik. Ons wil daaruit. En wanneer ons voorspoed beleef, wil ons hê dat dit moet aanhou. Ons wil nie daar uit nie. So asof dit alles is waaroor die lewe gaan.

Maar wat sal gebeur, broers en susters, wanneer ons besef dat ons hele lewe, of dit nou 50, 60 of 70 jaar is, eintlik maar net ‘n oomblik is in terme van die ewigheid waaraan ons almal deel het? Ons sal in die lewe inklim, met alles wat ons het. Ons sal elke oomblik lewe asof dit die laaste oomblik is.

Ons sal, soos Paulus in vers 1 sê, die praktyke wat nie die lig kan verdra nie, vermy. Ons sal nie met bedrog omgaan (en wat dit alles beteken), en nie die evangelie van God vervals nie (wat dit ook alles beteken; vers 2). Ons sal ons lig in elke stukke duisternis laat skyn (vers 6). En ons sal nie moedeloos word nie (vers 16).

In kort: ons sal elke oomblik (van swaarkry of voorspoed) voluit lewe. Ons sal met alles wat ons het in die lewe inklim. Ons sal nie ophou om goed te doen nie. Ons sal nie een geleentheid laat verbygaan om iets van die vrede, liefde en genade wat God vir ons het, aan ander uit te deel nie. Hoekom nie? Want as ons sal besef: ek lewe hier maar net ‘n oomblik.

Ons het net een oomblik, broers en susters, om betrokke by ander te wees. Ons het net een oomblik om by ons gemeente betrokke te wees. Ons het net een oomblik om vir ons kinders en ander lief te wees. Ons het net een oomblik om onvoorwaardelik te vergewe. Ja, ons het eintlik net een oomblik om te leef. Want die lewe is net een oomblik. Die ewigheid wag, maar hier is ons deel van net een oomblik.

Ek sluit af: Jesus sê in Johannes 11:26 die volgende woorde wat op ons elkeen, op almal wat glo, betrekking het: ‘en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie’. Wat eenvoudig beteken: ons lewe reeds ewig. Ons sal eendag almal sterwe, maar eintlik ook nie. Ons lewe reeds ewig saam met God. En ‘n gedeelte van hierdie ewige lewe saam met God is ons aardse lewe. Wat, in terme van ons ewigheid by God, maar net ‘n oomblik is. Niks meer as dit nie. Niks minder as dit nie.

Daarom moet ons elke oomblik gebruik. Om goed te doen. Om te lewe. Om bly te wees. Om te vergewe. Om lief te hê. Want voor ons sien, is die oomblik verby. Is die oomblik wat ons lewe is, verby.

Of het ons vergeet hoe kort ‘n oomblik regtig is?
Amen

 


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=751225

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Lê-jou-eier: Ek kan nie rerig nie

 

Hester se lê-jou-eier uitdaging pak ek met ‘n ompad aan.

Ek het as kind van ‘n Ramblin’ man, wie elke twee jaar ‘n kriewel gekry het, gou geleer dat groot tjommies maak lei net tot seer, tranerige vaarwel wanneer ons vir die hoeveelste keer moet trek. Ook is baie skooljare in die koshuis of buite die dorp saam met Oupa en Ouma spandeer. My kringe het altyd klein gebly. As ek die dag vriende maak – dan is dit soos met my brakke – vir laaaank!

My koshuis kamermaat en ek het vir die eerste ses weke op universiteit nie ‘n woord met mekaar gepraat nie. Ek was obsessief kompulsief netjies; sy het ‘n veer gevoel oor bed opmaak. Ek het wasgoedwas gehaat en het elke ses weke met tasse vuil klere trein gevat huistoe. Tot een naweek, toe maak ek kamer skoon en sy was en stryk.

Ons vriendskap is vandag steeds eerlik en opreg en dikker as bloed. Ons weet alles van mekaar en hou nog steeds van mekaar. Daar is ook oral in die land wonderlike vroue wat ek bevoorreg is om te kan sê dat, al sien ons mekaar nie elke dag nie, is elke wedersiens soomloos, asof ons nooit oor tyd en afstand geskei is nie. Ek tel hulle op my een hand.

My  Rots het oor jare  gesorg dat die verhuis uit bekende omgewings darem stop. Ons woon al meer as dertig jaar in die Noorde van ons land. Ons verhuis nogal so nou en dan in die omgewing – dit hou my treklus, wat ek van my pa geërf het, in toom. Hy het egter ook swaar, want as die onrus groot raak , skuif ek meubels.

Maar terug by die eier-lê.

Vir baie jare was ons ‘n deel van ‘n speelgroepie. My man die nar en baasbraaier. Ekke – was die ensiklopedie vir die kinders en te ernstig vir die vroue. Ons was die ouer mense in die groepie. Toe ons eie kind nog skoolgaande was, was die verskille nie so ooglopend nie. Ons is maar gewone mense. Genoeg is ons mee tevrede. Te veel oorweldig ons.

Die speelgroepie se krose raak groot, hulle besighede ook. Ons behoeftes het net te veel begin verskil.  Metterwyl kom jy agter dat jy so liggies na die kant toe geskuif word. Dan skielik kom jy agter die vriendskap is ‘n eenrigtingstraat en net jou spore is daar getrap.

As die pennie val en  jy kliek hier hoort ek nie meer nie, dan is dit nou maar so. Jy laat los. Jy bel minder, jy wys op die nippertjie afsprake af. Tot alles net op ‘n dag verby is. Dis ‘n seer rouproses, en mens kyk maar hard in jou binneste en probeer voor jou eie deur vee. Tot jy eendag besef dis verskille aan waardes en lewensuitkyk wat die einde van jarelange vriendskap meegebring het. Dit was tyd.

Ek persoonlik hou van die seisoene allegorie – daar is vriende vir sekere seisoene, party lank, party kort, party vlak, party sielsgenote. Sommige vreeslike lesse. Rod McKuen skryf en sing so mooi: We had joy we had fun……

Die volgende eier wil ek lê oor die uitsuigers van jou emosies, jou tyd, jou goedheid. Die laat los ek soos ‘n warm patat. Die suurstofdiewe, jammergatte en projekteerders – dieselle. Mense, van familie tot kennisse, met issues en bagasie maak my baie bang.  Ek bly net weg.

Hoekom?  Want my eie goete en goggas het my moeilike geselskap gemaak vir baie jare. Maar ek het my strooi  hanteer en verwerk. Askies gesê waar ek moes. As ek kan, kan ander ook. So my nonsensmeter is gebreek – ek kan nie. Een kans het jy, dan is dit kismet.

Ons is besonder bevoorreg om kinners van ander ouers ook intiem in ons lewe betrokke te hê, en lief te kan hê. Vir hulle leef ons ten voorbeeld en is rasieleiers op elke tree van hulle lewenspad. Ek skryf hier vir elkeen van julle, leer uit my foute.

My honde is die enigste lojale wesens wat ek ken. Ek het ‘n beste vriend in my Rots en ook my eie kind. Dis ‘n voorreg om so spesiale verhouuding met jou eie kind op gelyke vlak en as ewe-mens te kan hê. Luuks.

Kapow! Ek kan nie verder eier-lê nie!

Want vanoggend….

Ons liewe Vader het deur Stephan Joubert se Bybeldagboek vanoggend my lekker geblindesambok oor hoe met suurstofdiewe gemaak moet word.

Rots lees uit Galasiërs 6 DB:

Help mekaar
1My broers en susters, as ander gelowiges aan die een of ander sonde toegee, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, hulle dadelik reghelp. Bring hulle terug op die regte pad sonder om hulle te veroordeel. Tree vol deernis op. Maar pas op sodat julle self nie voor die sonde swig nie.
2Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers sy wet dat julle mekaar moet liefhê.
3As julle dink dat julle te belangrik is om vir ander mense om te gee, begryp julle net mooi niks van die evangelie nie4Gaan kyk ’n slag goed na julle eie lewe. Wees tevrede met die goeie dinge wat God in julle lewe tot stand gebring het sonder om julle gedurig met ander gelowiges te vergelyk5Op die ou end sal julle slegs oor julle eie lewe aan God moet rekenskap gee.
6Julle moenie daardie mense afskeep wat julle leer waaroor dit in God se Woord gaan nie. Nee, wees goed vir hulle en sorg vir hulle.
7Moenie julleself bedrieg nie. God laat nie toe dat iemand met Hom spot nie. Dit wat jy plant, sal jy ook oes. 8As jy jou lewe gaan inplant op die terrein van die sonde, sal jy die dood as oes ontvang. Aan die ander kant, as jy jou lewe inplant op die terrein van die Heilige Gees, sal jy die ewige lewe as oes van Hom ontvang.
9Kom ons hou aan om goed te doen. Dit is presies wat die Here wil hê. Dan sal ons op die regte tyd ons oes van Hom ontvang. 10Terwyl ons nog tyd oorhet, moet ons elke geleentheid benut om goed te doen aan almal wat op ons pad kom, maar veral aan ons broers en susters in die Here. Hulle is ons bloedfamilie.

 

Sela.

Gaan heen en wees ‘n goeie rasieleier vir die eendjies in jou dam!

Ns. Behalwe dat die Gees ons lei, het jy ook gesonde verstand gekry om te weet wanneer iets vir jou sleg is, selfs vriendskappe. Hier is sobere raad:

https://www.rd.com/advice/relationships/toxic-friends-signs/1/

 


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Lê-Jou-Eier: Soetwoordjie-wraak

Onse Hester laat ons hier in Blogland deur hoepels spring. So verskyn haar Lê-Jou-Eier opdrag hierdie week: Kyk mooi na die foto hieronder van die hottentotsgot (bidsprinkaan) genaamd Hot Lady wat aan ‘n soetigheidjie sit en suie. Daar is ‘n ernstige gesprek aan die gang wat ek nou hier gaan aanhaal

Praying Mantis

Mens (selfvoldaan): “Hot Lady, jy het ‘n lekker soettand, nè? Dis ook die enigste rede waarom jy hier by my kom kuier, net agter die jêm aan.”

Hot Lady: “Ja, so ‘n ou jêmpie is lekker, maar dit gee my ook krag vir wat voorlê.”

Mens (bekommerd): “Watter swarigheid voorsien jy dan nou in jou toekoms?”

Hot Lady: “Maar jy weet mos dis hierdie tyd van die jaar wat ek ‘n mannetjie moet aankeer om my eiers te bevrug! Vanaand is die aand wat ek moet sterk wees en al my oorredingskrag moet inspan om ‘n mannetjie te laat sterf tot voordeel van ons nageslag.”

Mens (ongelowig): “Nou hoe op aarde ‘oorreed’ jy ‘n man om te sterf vir ‘n nageslag wat hy nooit eens gaan ken nie?”

Hot Lady: “Maklik. Jy hou hom teer vas en net voordat jy sy koppie begin afkou, fluister jy soetjies in sy oor: Liefling,

(Hier volg my vurige affere verder en onthou om na die video klaar te lees….)

…jy is so sterk en so slim. Jy is my tien-uit-tien. Liefie, kan jy ons toekoms sien. Klomp klein goggabies net soos jy…”

Mens (giggel): Genade, dit klink alte bekend. Smaak my die manlike geslag oor alle spesies heen word maklik verlei!”

Hot Lady (draai haar kop so skuins en kyk Mens aan met haar groot oge): Hierdie een keer per jaar moet ‘n meisie alles uithaal om haar sin te kry, maar vanjaar was ‘n wraaktog op die koop toe. Sien verlede jaar het ek vir my so ‘n spiertier bygehaal. Jong, hy was flink en vurig. Wou net vry en vry. Ek het nie baie truuks nodig gehad nie. Hy was passievol en het soet woorde in my nek gefluister. Ek het gesug en net sag agtertoe gereik en met my voeler so om sy kop gekielie. “A, liefie, jy maak my mal”, het hy uitasem geroep. “Moenie stop nie”.

Mens: Hot Lady jy maak  my bloos…

Hot Lady: Sjuut, moenie onderbreek nie. Die beste kom nog. Sien jy die hakies aan my voelers… dis nie vir die mooi nie. O, nee, dis om beter te kan vasvat. En het ek nie vasgevat nie. Haak, knars, girts. Af is sy kop. Hy het dit nie sien kom nie. Wat ‘n heerlike versnapering, want na die liefdesdaad, het ek nog baie werk om te doen. Soms is daar tot 70 goggabies wat gevoed moet word. ‘n Meisie moet beplan, jy weet.

Maar, ek wil jou eers van die onderbreking vertel, wag, hier is die video…kyk self wat my nuutste eks, Sticks aangevang het. Dit was ‘n lang jaar….

 

Mens: Jinne Hot Lady, so ‘n karnallie, ‘n man pla nie ‘n vrou in kraam nie!

Hot Lady: Glo my Sticks gaan op die ou einde die hoogste prys betaal. Ek moet gaan….

Hot Lady vlieg weg. Die volgende aand kom kuier sy weer oudergewoonte by Mens. Mens is verheug.

Mens: En toe. Was jy suksesvol? Vertel, vertel toe!

Hot Lady: So het ek maar na die misgeboorte heel jaar my plan agtermekaar gekry en vir Sticks op my radar gehou. Toe dit gisteraand daai tyd word, het ek hom nadergelok. Glimlaggies, fladderende oge, jy weet. Man, hy het geval vir die soete stroop in sy ore. Hy kon omtrent nie wag nie. Hy was nie ‘n sleg vryer nie. Lekker fris. Oe, en hy was praterig: “Jy is wonderlik, beeldskoon, jy maak die gogga in my wakker,” het hy aangehou en aangehou. Dan kielie hy so oor my rug. Ek moet bely, dit het warm rillings deur my lyf gestuur. Saamkoer was nie moeilik nie.

Mens (bloos): En toe?

Hot Lady: Man so op die kort draai, toe fluister ek met my voeler so agter sy kop: “Skatlam, onthou jy my? Laas jaar, op die stoep?”

Ek hou so bietjie stywer vas.

Al wat hy kon uitkry was:”O bliksem, dis jy….”

Toe is dit verby… hy het dit nie sien kom nie. Ek het hom goed terug gekry. Wraak kan lekker smaak.

 

 

 

 

         

 

 

 

Foto deur “Jasari”, wat dit in die Wikipedia-ensiklopedie op die wêreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”)

 


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Foonjakkery- dis ‘n (on)ding

 

 

Foonjakkery – die praktyk om jou metgesel of metgeselle te ignoreer om aandag te gee aan jou selfoon of ander mobiele toestel.

(Tele)FOON  + (af)JAKKERY

 

Oukei – dis ‘n eiewoord, kry julle ‘n beter een of vertel my wat is die Afrikaans hiervoor:

 

Image result for phubbing meaning
phubbing  – the practice of ignoring one’s companion or companions in order to pay attention to one’s phone or other mobile device.
  1. “phubbing is just one symptom of our increasing reliance on mobile phones and the Internet.”

 

Klik, klik – wensdenkery

dorothy

Wanneer verandering plaasvind, hetsy in die wêreld om jou of aan jou binnekant – jou emosies of uitkyk,  ervaar mens maar ‘n gevoel van magteloosheid. Ek dink dis soos Dorothy in die Wizard of Oz gevoel het toe die tornado haar in Kansas opgesuig het en in Oz uitgespoeg het. Daar waar jouself skielik in ‘n woeste vorteks bevind. Jy weet deur hierdie chaos moet jy kom, oorlewing ter wille. So, na my mening is baie Suid-Afrikaners in ‘n skaamkwaad-woede  of vingerwysende-dis-jou-skuld vorteks vasgevang. Ons beter anderkant probeer uitkom.

Ons land se mense is oral moerig, kwaad. Dis rerig asof die ketel gaan droogkook en uitbrand. Soveel wreedheid en moordlus. Soveel korrupsie en anderpad-kykery. Soveel moddergooiery. Soveel dubbelstandaarde en argumente. Die pers radiostasie is op die oomblik die kersie op die koek.

Ja,Tumi het tekere gegaan. Maar wraggies hoe sy in die middel van wie verteenwoordig Afrikaanses nou – die sanger of die uitgewekene in Nederland – beland het, gaan my verstand te bowe.

Ek sweer ek het in ‘n paralelle wêreld na ‘n ander radiouitsending geluister.Dis hartseer dat ons so gou op sosiale media reageer en vure aanstook.

Die analogie wat Tumi  gebruik het, of wat ek in die ander radio-uitsending gehoor het, was dat Apartheid (nie witmense nie) se gevolge is soos ‘n boelie wat uitgehaal word omdat hy iemand se fiets gevat het. In plek van straf vir die boelie, word die benadeelde kind aangesê om die fiets met die boelie te deel. Dis wat ek gehoor het. Ek dink dis nogal ‘n goeie analogie.

Wat ek ook gehoor het is dat Tumi dink mense in hulle nou persoonlike perspektiewe, baie soos die rondloperbok is wat op die ou einde aan ‘n paal vasgemaak word om sy gewoonte te breek. Die bok loop daarna al in die rondte en net so ver as wat die riem hom toelaat. Hy raak so gewoond aan sy sirkeltjie, dat wanneer die riem verwyder word, sal die bok aanhou om in die aangeleerde paadjie te beweeg.

Ek is Afrikaans, wit, middeljarig. Ek hét uit Apartheid gebaat. Kon middernag in die strate rondjol as student, is ‘n goeie opvoeding gegee, kon gaan studeer, kon doen wat ek wou. Nes duisende ander soos ek.

Ek hou nie van Steve Hofmeyr – die middeljarige weergawe nie. Hy is vir my opsweperig Dis maar ek.  Ek hou ook nie partikulier van Martin Bester (te nasaal) of Rian van Heerden nie (probeer te hard).  Ek hou van Tumi as sy nie so skel lag nie. Ek mis vir Diane Broodryk – sy het styl gehad. Ek hou baie van Amore Bekker en Marieta Kruger – hulle bedryf mooi Afrikaans vir my. Maar dis ek, ek verwag niemand om my opinie te deel nie. So blaas maar so 10 bar af toe!

Ek hou nie van die Prez en klomp politici van verskeie oortuigings nie. Ek hou ook nie van Orania-denkers nie. Dis my keuses en voorkeure – al die laaik en ek-laaik-nie. Maar dit gee my nie die reg om liederlike dinge te skryf of ander mense af te kraak en in die massa soos ‘n gogga te kere te gaan nie. My opinie word reeds hier nou te veel na my smaak gelig.

Hier is die ding – mense is erg opgesweep.  Hier in Polokwane sou Martin Bester van die pers radiostasie kom optree namens ‘n plaaslike diereversorging-organisasie.  Onthou sulke besprekings word byna ses maande voor ‘n optrede bespreek.  Hoe sal die hondeliefhebbers nou kon raai wat op 12 September – twee weke voor hulle konsert sou gebeur. Die moerigheid oor wat mense dink hulle gehoor het, het nou veroorsaak dat die konsert gekanselleer is, met vieslike kommentare op die arme welsynsgroep se Vuisboekblad.

Nou wonder ek so in my enigheid – bereik hulle enigiets om die konsert te boikot? Vra hulle, hulle kaartjiegeld terug van die hondebeskermers? Gaan hulle vrywillig (die gesiglose hulle wat so tekere gaan) hulle R100 kaartjies in skenk om die brakke te help. Wed jou NEE.

Lekker in ons moerigheid, word ons presies soos diegene wie vere voel vir reg en geregtigheid in ons land. Die hulle is ons, julle! Tyd om te besin oor uitsprake, te luister met kalm en oop gemoedere en mekaar die hand te reik en saam deur die storm kom!

Wens ek kon soos Dorothy my hakkies klik en alles kom reg.

Net so.

NS. Lees hier oor woede.

https://aeon.co/essays/there-s-no-emotion-we-ought-to-think-harder-about-than-anger

Oor gebrokenheid

transgenerationaltrauma

Ons gaan sit op ‘n trap na die Amper, Vrystaat vertoning by Innibos. Dis gek om dadelik in die kar te spring en saam met die massas by die een hek te probeer uitkom. Ons het genoeg aan chroniese padwoede in Limpopo, ek gaan nie my Innibos ervaring daarmee versies nie. M en ek sit en gesels oor die vertoning. So Millenialtjie met ‘n  blonde poniestert, Lenin donkerbrilletjie, meelsakkortbroekie -die pype nog bietjie korter opgerol,  bootse met sokkies om die slanke enkeltjies en BBP-toegangskaartjie om haar nek, sit ook daar naby en rook.  M, altyd nuuskierig vra waar kom die kind vandaan. Die Kaap.

Sy vra wat ons al gedoen het. Ek vertel dat ons maar Innibos met die swaar eerste afgeskop het. Ons het Reza de Wet se Asem die oggend gaan aanskou. Wat dink ons van Amper, Vrystaat. Ons het dit tot staande ovasie toe geniet. Sy haak af dat Asem nou nie vir haar aangetrek het nie, “die tema is nie meer relevant nie.”

Ek stik in my verontwaardiging. Die verliese van ons oupas en oumas, die skaamte en skande, die veragting, die reaksie op al die vernedering wat op aaklige apartheid uitgeloop het, is dit nie relevant nie?

Ek is sommer gallerig opgeklits, en doen toe in my binneste presies waaraan ons ou Afrikanerhartjies aan ly van altyd af. Die Kapenaars is nie ons mense nie – wat sal hulle nou weet!  Ja, nee, sit twee van ons bymekaar en daar is dadelik twee kerke, twee skole, twee politieke partye.

Dis hartseer dat verwysings na die ABO en verwysings na oorwinning of verslaenheid, verwysings na ‘n era wat verby is as irrelevant beskou word deur ‘n jonger geslag. Het ons so ver wegbeweeg van ons herkoms dat ons geen verlede het om vir ons konteks te gee nie?

Is ons al so verwilder en verbrokkel dat daar nie meer ‘n ons is nie? Het die Ingelse so met ons land se mense gemors dat daar geen onse in ons pond oor is nie?

Dit bring my by die volgende:

Image result for apartheid britain's bastard child

Ek lees tans Apartheid: Britain’s bastard child van Hélène Opperman Lewis

Lewis is ‘n sielkundige, en dit het haar ‘n hele vyftien jaar geneem om die boek  tot publikasie te bring. Sy kyk na die rol wat vernedering van die Afrikaner deur die Britte gespeel het in apartheid. In onderhoude beklemtoon sy dat dit ‘n poging is om uit ‘n psigohistoriese oogpunt te verstaan  waarom Afrikaners in 1948 apartheid tot stand gebring het, en nie goed te praat nie.

Dis harde werk,  dié lees oor waardeur ons Afrikaansgeit  en al die ander volkere hier aan die suidpunt van Afrika is. Sleg gemaak van kleins af. Soveel so dat ons, wat my aan betref almal liederlike mistastings begaan het.

Ons is geneties skaamkwaad, verdedigend, agterdogtig. Kwaai en moerig. Wegtrekkerig. Die Duusman, die Xhosa, die Zoeloe, die  Pedi, die Shona, die Matebele – ons het ieder en elk onder die rooibaadjies deurgeloop, deeglik. Eintlik is al die volke van Suid-Afrika erg getraumatiseer, gestroop aan kultuur, en eenheid, dit vir goud en diamante…

Plaas ons onthou het wat ons almal onder Queen Victoria se lakeie aan eie bas gevoel het en sorg dat niemand na ons dit moet deur maak nie. Maar nee, vertraptes gaan heen en trek hulle aan ander vertraptes se skoenveters op. 1948 gebeur en maak 1994 onafwendbaar.

Vir  ‘n wyle na 1994 voel dit of Mandela gaan slaag om die reënboognasie te maak werk. Ons gaan vergewe word, maar nee. Eeue se wrok en vernedering maak jy nie sommer weg nie. Mandela sterf, Mbeki die ontkenner word in Polokwane onttroon. Zuma word Zupta, ons land gestroop en  2017 en Suid-Afrika skel dit oor kolonialisme en wit monopolie kapitalsme. Die Afrikaner, so voel dit, die vark in die storie, die Engelse met hulle kwasi- nie-rassisme onder die wanindruk dat hulle nie oor ons kam geskeer word nie. Eish, mense se koverte-rassisme onderrokke hang oral uit.

Ek is nou halfpad deur die boek – ek ween, ek skel, ek bid. Wanneer sal ons leer?

Ek wil ‘n storie oor ‘n sandput skryf waar elf kindertjies lekker kon speel, tot daar ‘n boelie met ‘n rooi hemp bygekom het. Of wat van ‘n storie oor  mense wat verskillend vir dieselfde God bid, maar mekaar nie verstaan nie en mekaar verguis en verneder en so geen weg na saamwees  kry nie, en God ween?

Ag, ek weet ook  nie. Miskien kan slim  Gertruida en haar makkers se outeur iets hiervan maak….

Lees  ‘n onderhoud met Lewis, Apartheid, Britain’s Bastard Child.

Gedeeltes daarvan is hieronder gespoeg en geplak:

“Do you think English-speaking South Africans are still in denial about their role in apartheid? Afrikaners were perhaps conveniently singled out as scapegoats. What is the psychological driving force behind this? Is it their Übermensch mentality and their class-conscious obsession, or just vulgar hypocrisy?

Before answering, let’s clarify the thorny issue of racism first. And let’s be clear – white racism arrived with the arrival of all Europeans in southern Africa. It’s not something that suddenly surfaced in 1948! And it certainly is not something peculiar to southern Africa only!

There are different shades to racism. Firstly, for the British and white English, their racism is mostly covert, rooted in the superior man’s cloak of social Darwinism. It spread its myth of racial superiority to different races – including other white races – cultures, social strata, etc.

The covertness of this prejudice makes it convenient and easy for the perpetrator to deny any prejudice. According to psychohistorian and psychoanalyst Joel Kovel in his book, A psychohistory of white racism, covert racism is more difficult to confront, and, like all unspoken “secrets”, more insidious, and therefore more harmful and damaging in the long run. It renders its victims defenceless and silences them with denial, consciously and unconsciously – a bit like not acknowledging the king has no clothes on.

The second form of racism is overt racism. Afrikaners’ overt racism (apartheid) – the “Whites/Blacks Only” entry signs – were a glaring example of overt racism. It was out there for everyone to see, and could not be denied like covert racism can be. Ironically, it was precisely this overtness of Afrikaner racism that made the struggle possible.

The latter is also the reason why the white English South Africans, in general, deny they are racist, because they think there is only one type of racism – overt. The early Afrikaners’ racism was, however, based on distinguishing between believers and non-believers. The believers, of course, were the chosen ones, and the rest, the unbelievers and sinners, were to be avoided. With Afrikaners being exposed to British prejudice (covert racism) and British humiliation (from 1795), their overt racism became infused with a good dose of racial superiority, too.

What is less well known is that apartheid was introduced formally in South Africa by the British with Cecil John Rhodes at the helm in 1894, with the Glen Grey Act. The Afrikaners tightened the screws after 1948.

Most white English-speaking South Africans conveniently deny their share, their gain and their contribution, directly or indirectly, to apartheid. They don’t understand the difference between covert and overt racism.

Most probably also don’t really even know about the atrocities that have been committed by their forebears in this country. My impression is that “apartheid = Afrikaner” in white English-speaking South African minds. They don’t even think about it twice. You even hear the presumed innocence and the blame and prejudice against Afrikaners from their children’s mouths. Why else is it that every so often, when white people are discussed in the media, it states specifically white English-speaking South Africans and Afrikaners?

Why not just white South Africans? Most Afrikaners speak English, and, anyway, many white South Africans are not English, either. Why the distinction? This is nothing but maintaining an old and convenient prejudice – denying any responsibility. That’s why they were shocked (and still are) about the black fury over the Rhodes statue, and why some don’t understand why listing the “positive contributions” of colonialism infuriates black people. In the world of the humiliated, that is totally irrelevant, psychologically.

What we need to deal with and learn from is why it all happened, and not get stuck in “I told you so” refrains. It’s my hope that this book will be an important contribution in that sense. We owe it to the children and future generations to understand, or they will be stuck in shame and guilt.

Part of doing that is understanding why black people are now so furious, and why so much irrationality prevails – which, to a large extent, though not solely, is due to the humiliation we have subjected them to. We need to take responsibility and own up. And for that, we need to apologise and hold their hands where we can. That will enable our healing, too.

A silly question, nevertheless important. Why should people buy this book?

People are ready to appreciate the contribution psychology makes in understanding human behaviour. Psychohistory is, in a way, psychology applied to our histories.

A black woman once remarked on a TV discussion, “We black people are having all these discussions … when are you white people going to have your discussions? Trying to understand why you did what you did?”

Pondering her words, I thought to myself, she hit the nail on the head.

So, here we are!”

Lekkervurig Innibos 2

Saterdag 8 Junie 2017.

Innibos Dag 2.

Ons word vrolik wakker. Een van my emmerskoplysie goed word vandag voltrek. Fiela se kind tot die mag drie!

Daar was eers die boek (1985), toe die fliek (1988) en nou die oppie planke weergawe (2017)!  (Dit is ook in 1999 as die Afrikaanse boek van die eeu aangewys – maar julle weet dit seker.)

My hart klop tjoklits toe ons weer in ry A, so links voor by die verhoog, sitplekke inneem. Langs M sit ‘n jong egpaar van Cullinan, met die fraaiste baba-dogtertjie. Ou siel het die kleine kind, sy sluk ons in met haat vriendelike sagte bruin ogies. ‘n Stukkie van my kommer en bid die baba sal die drie ure sonder huil deurmaak.

Langs my sit ‘n fris jongvrou met kort funky hare en boheemse klere, haar liefie is donker en lank. Hulle lag en gesels te lekker. Kom van Phalaborwa. Hulle oor die kleurgrens heen onsigbaar, want dis in Afrikaans wat daar geklets word. Hulle terg mekaar oor wie kry wanneer hulle sin oor toneelstukke en feesterrein kuiers. Hy kyk Fiela en Koöperasiestories saam met haar, en sy gaan saam Theuns Jordaan en kie kyk. Hy vertel hoe baie hy van Koos Doep hou, en dat Refentse nie te sleg is nie, maar Theuns Jordaan, dis die held.

Verfrissend is hulle gesleskap tot die ligte in die saal flikker. Die gordyn trek oop. Mistigheid spoel oor die verhoog,  en skielik is ons in Daleen Matthee se wêreld – die Knysnabosse op die verhoog, innibos.

Ek kan nie beskryf behalwe om te sê dat Daleen Mathee beslis saam met die engele tevrede op die saal se dak kom sit het, en stil tevrede geglimlag het oor hierdie produksie. Dit was om die boek weer vas te hou en die storie te sien transformeer uit die bladsye van die boek in drie-dimensionele glorie op die verhoog!

Die teks van Dalene Matthee is in die laat tagtigs aanvanklik verwerk deur Suzanne van Wijk. Vir hierdie verhoogproduksie is die teks herverwerk deur Frans Swart. Puik, puik.

Die stelkleding was eenvoudig, maar eenvoudig fantasties. Jy het saam met Fiela die pad dopgehou, saam met Lukas en Nina vir die grootvoete weggekruip. Jy het die armoede en woede van Elias van Rooyen beleef.

Die toneel waar klein Lukas verdwyn was hoendervleisend. Stikdonkerte met die lampliggies en die geroep na die kind.  Die konfrontasie tussen  Lukas/Benjamin en Elias het my na my asem laat snak. Snot en trane saam met Fiela Koemoeti gehuil.

Uit jou maag vir lawwe klein Nina gelag en geskater wanneer een deur Fiela ingesê word. My hart het van vooraf gebreek toe Lukas/Benjamin uitkreet:  “Wie is ek!”

Ag, die drie ure het gevlieg, en toe die laaste sin geprat is, het ons in die gehoor nie anders kon as om staande die akteurs toe te juig nie!

Die baba het soos ‘n klein engel al om die beurt op ons almal se skote gesit asof sy saam gekyk het en die storie verstaan het!

Die lang vertoning het uiteraard ‘n kilometerlange badkamertou tot gevolg gehad. Ons het maar gaan sonde pleeg – kode vir ‘n rokie maak. Toe die toue wyk en ons, ons draai wil gaan loop, sien ons die hele Fiela-span rustig in die sonnetjie sit en wag op hulle vervoer.

Hulle verwelkom ons in hulle kringetjie toe ons vra of hulle die program vir ons sal teken. Die Mamma en Pappa van Cullinan is ook daar. Sal Shaleen opmerk dat sy die kleine mense in die gehoor raakgesien het, en verbaas en dankbaar is dat die pop so soet was deur die hele vertoning! Pappa Cullinan se knope spring amper af van trots. Die kleinding is woerts in Sharleen se arms en die wanggetjies is gou rooi gelipstiek! M het ook ‘n vet drukkie gekry – nou wil sy net drama doen en Shaleen vertel haar sy het nie swot nodig nie. “Ek was ‘n teacher,” haak die ikoon so ewe af. M is in die wolke.

Shaleen Surtie-Riichards, ‘n regte, egte mens en wat jy sien is wat jy kry. Ek kan net sê: Respek! Dié is ‘n wonderlike mens en geseënd is ons om haar te kon beleef.

Vian Singleton het hom uitstekend van sy taak gekwyt as die jong Lukas.Benjamin, en ek verstout my om te sê Phillru van Achterbergh is gebore om die volwasse Lukas/Benjamin te vertolk. (‘Skuus Dawid Minnaar). Borrelende laerskoolleerling, Jaime du Toit (hierdie was haar heel eerste rol), het ge-Nina asof sy dit nog altyd doen! Ag, en Johny Klein as Selling Komoetie…maar meer oor hom later.

Ek gaan nou stop…anders gaan ek net aanhou en aanhou en aanhou. Wil ook net deel, tydens pouse druk die jong vrou van Phalaborwa saggies aan my arm. “Tannie moet Sophia Mentz probeer te siene kry.”

Sophia, Sophia. Daar is ‘n ander Sophia in my lewe – sy het een oggend ‘n paar jaar gelede haar verskyning tussen wapperende lakens gemaak. Dis my storie se hoofkarakter en wie se lief en leed ek vir arme Janie Skryfskool mee frustreer. Sophia het vir so ruk verdwyn, maar ek kan vertel sy klop weer hier aan my hart en wikkel my vingers oor die QWERTY van my rekenaar. Dankie Fiela en Phalaborwa.

Word vervolg….

Lees meer oor die akteurs en die toneelstuk en gaan bespreek jou kaartjie as die opvoering naby jou op die planke gebring word!

Lekkervurig Innibos 1

Innibos_tema2017_sliderOpgewonde vertrek ons verlede Vrydag vroeg uit Polokwane. Stop in Tzaneen vir lekker koffie. Ry verder via die prentjiemooi roete al langs die kronkelvoet van die Drakensberg, Strydomtonnel deur, al met die eskarp verby Drie Rondawels,  Bourke’s Luck, oor die Blyderivier, verby Goedgeloof Plantasie, oor die Treurrivier. Kindertyd herinneringe tafereel deur my gedagtes en my hart klop warm. Ons ry Graskop en Sabie deur.

Mbombela toe.

Innibos toe. In my beursie dubbelkaartjies vir vyf vertonings in ‘n Computicket koevertjie toegevou. My mede-reisiger aan die stuur, my kosbare M.  Geliefde van ons oubroer se seun. Kinders na aan ons harte. M is die een lid van ons familie wat saam met my die teater-, boeke-, woorde-, drama-ding doen. Ons is voëls van enerse vere in meer as een opsig, al verskil ons  baie jare in ouderdom. Ons siele sing dieselfde.

Ons kwetter soos twee kanaries en verwonder ons aan die lowergroen Laeveld, ruig en wulps. Die mooi laning flambojantbome aan die buitewyke van die stad, groet ons met groen takke oorlaai met oranje blomme wat oor die pad sprei, nes flamencodansers se valle.

Ek dink ewe liries die laning is die geboortekanaal na vernuwing van ons moeë Suid-Afrika-het-ons-in-‘n-knelgreep-gemoedere. Onderweg om verfris en herlaai te word deur goeie teater en musiek. Oormaaksessie en verposing tegelyk. My mymer word skerp onderbreek.

“Kyk, sy het nie ‘n broek aan nie,” gil M. Langs die pad staan sowaar ‘n vrou, T-hemp so millimeter te kort om iets aan die verbeelding oor te laat. Hier word beslis nie kuns bedryf nie. Ons skok laat ons skielik nog meer sien. Hier is baie beweging in die ruigte. Oral ‘n vrou met skamele klere, lyf sjokoladebruin en blink. Lippe rooi geverf. Te koop. Skuins agter ‘n padwerkewaentjie is ‘n lae, beige luuksemotor parkeer, transaksie heel moontlik aan die voltrek.

Ons is stil van skok en nader ‘n sirkel.  Wrintiewaar!  Daar staan nog drie – groot hare, geverfde lippe, lang naels en so verveelde kyk na nêrens. Een wragtig besig om ‘n bloedrooi pantie aan te trek! Iets is los in dié bos.

M kyk so skuins na my. “Die lewe is hard, maar ai dis tragies, en aaklig,” sê sy. “Dit is my kind,” antwoord ek.  Gou moet ons konsentreer toe ons die dubbelweg stad in aanpak. Suri help ons na ons bestemming, die Nelspruit Burgersentrum waar hulle stadsteater ook geleë is.

Asem, ‘n uit Engels vertaalde stuk van Reza de Wet, is eerste op ons lys. Ons sit in ry A. “Ons gaan alles eerste sien” terg ek vir M.  Die program waarsku: Geen onder 16 SNL.

Die stel is gestroop, jy hoor die wind loei.  Die spel is boeiend. Hier by ons op die punt, lê Stiaan Bam en kreun – sy rol ‘n kamee wat ons land, die boerenasie, die mans aan die einde van die ABO verteenwoordig. Oorwin, gebroke, sterwend. Op ‘n stadium vlie hy op – poedelkaal. M vertel na die tyd  daai was darem ‘n lang dertig sekondes!

Maar die konteks moet nie uit die oog verloor word nie. Reza de Wet was immers bekend vir donker, diep, gotiese, mistieke simboliek in haar werk.  Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt onder regie van Marthinus Basson, wie ook die vertaling behartig het uit die oorspronklike werk Breathing in, trek jou in die verwikkelde drama in. Die kaal maak nie saak nie, want die boodskap is so sterk.

Asem

Die program verduidelik so:  “Een donker, stormagtige aand gedurende die laaste bitter dae van die  Suid-Afrikaanse oorlog, in ʼn uitgebrande skuur van ʼn plaas lê ʼn gewonde Boeregeneraal wat versorg word deur Anna, ʼn kruiedokter wat oor uitsonderlike magte beskik. Haar aantreklike, maar bloedlose dogter, Annie, is ook besig om te veg vir haar lewe, maar het veel meer nodig as haar ma se konkoksies. Die generaal se dapper en getroue adjudant, gebrei deur die slagveld en die afgryse van die oorlog, staan nou voor ʼn verskriklike keuse en ʼn nuwe onnoembare gevaar. In die wêreld waar mans, in die naam van patriotisme lewens en landskappe vernietig, moet vroue meer subtiele en misterieuse metodes ontwikkel om te oorleef. De Wet verweef digterlik en kragtig ʼn verhaal van liefde in ʼn tyd van vernietiging, wat die alledaagse omskep in die uitsonderlike. Hierdie is ʼn huldigingsproduksie aan die ontslape dramaturg, Reza de Wet – een van Suid Afrika se belangrikste en meer invloedryke toneelskrywers.”

Later die middag is Amper, Vrystaat aan die beurt. Puik tragi-komedie. Ons het op ons voete gamperevlieg toe die drie vroue met ons klaar was.

Antoinette Louw, Milan Murray, Cintaine Schutte het self die teks geskryf en die rolle vertolk. Die verhoog was gestroop aan dekor. Net drie eilandjies elkeen met ‘n enkele gloeilamp, een op ‘n slag aan, as ‘n karakter op haar eilandjie aan die praat is.

Ek sit so en kyk en besef al deel mens dieselle ouers, ons almal uniek onself is. Ek besef ook vervreemding is nie goed nie, maar soms wyl elkeen sy groei moet groei – onvermydelik.

Ons lag en huil vir 60 kosbare minute. ‘n Persoonlike hoogetpunt is waar kleinsus vertel van walvisse wat op die strand uitspoel, en so terwyl hulle wag om te sterwe, sing hulle vir mekaar. “En as enetjie alleen uitspoel, dan sing hy maar vir homself.” Ja, soms moet jy goed alleen in die oë kyk,  en net soms het jy steun. Amper, Vrystaat is waarlik  “ʼn komedie met hart. ‘n Storie met waarheid wat elke mens raak.”

Daisy.jpg

So Ry Miss Daisy.  Wat kan ek sê. Sandra Prinsloo, John Kani  – saam op die verhoog na al die jare. Hulle soen nie in die stuk nie. Hulle is ouer.. ek grap net.

Die stuk is eg-Suid-Afrikaans vertaal. Kudos aan Alfred Uhry. Christiaan Olwagen, wat ook ‘n rol speel, is die regisseur. Ag, en daar tjank ek te lekker – hulle gebruik Cornella se ‘Picking up pebbles’ wat ek net nou die dag vir my ma op my blog geplak het…

Die storie van ‘n oor-die-kleurgrens-heen vriendskap wat strek oor 25-jaar. Dis meesterlik deur die twee ikone vertolk. Ons kon nie lank genoeg staande hande klap en juig nie. Toe ons huistoe ry en M ‘n draai te vinnig kap, sê ek net: “Hoke!” M antwoord laggend:”Ja, Miss Daisy.” Ons skater te lekker van die lag.

Toe ons na die vertoning terug na ons slaapplek gaan, ry ons verby ‘n taverne. Kyk, sowat van luukse motors en ontwerpergeklede mense op die straat het ek lanklaas gesien.  Onder flitsende ligte op die balkon is dansende lywe te sien. Ons verkyk ons terwyl ons stadig verby ry.

‘n Blok verder, omring deur hulle ware, lê straatsmouse saam met bedelaars op die sypaadjie, onder kartonne en slaap. Ja,Suid-Afrika – so oorleef ons in oordaad en armoede, haarbreedtes van mekaar.

Word vervolg….

 

 

 

 

 

 

 

Slim of dom

slimdomBovril and Marmite

Lees gister in Sarie oor Bovril en Marmite. Sal Rots met my stry oor wie eerste was – Bovril was. Bovril is in 1870 ontwikkel. In 1902 het dieselfde maatskappy ’n vegetariese opsie, Marmite, bekend gestel. Jou ma het besluit of die huishouding ge-Bovril of ge-Marmite.

Rots vrek oor Bovril, en saam met sy boeties het het hulle kleintyd lelike goete oor Oxo en Marmite te sê gehad. Sal net sê die bestanddele is verdag gemaak. Gebruik jou verbeelding. Dié snobisme is egter vinnig by die deur uit as Skoonma Biebs Marmite tert opgedis het!

Nou onlangs lees ek met smaak vir Rots dat wetenskaplikes meen Marmite  op jou broodjie mag dalk ‘n positiewe impak op brein aktiwiteit hê omdat dit ryk is aan vitamien B12, wat op sy beurt weer die liggaam aanmoedig om ‘”the neurotransmitter that “regulates the delicate balance of activity needed to maintain a healthy brain,” te vervaardig. Lekker slaan die blindesambok vir Rots!

So sedertdien is daar nou Slim en Dom op die inkopielysie in my huis. Slim is natuurlik Marmite en Dom – die Bovril. Ek is die verbruiker van Slim. Sweer dis hoekom my gesin my hulle persoonlike Google maak. Ek moet alles weet én kan antwoord. Dankie Marmite!

Ek het op allerhande interessanthede afgekom toe ek oor Bovril en Marmite opge-Google het, hierdie blog het my aandag getrek:

The origins of Marmite and Bovril

One word goes back to Shakespeare’s day; the other is science-fictional

‘How can Bovril be suitable for vegetarians?’ asked my husband. ‘Bo- comes from bos, Latin for an ox.’ He was staring at a label that said: ‘Beef Bovril. Beef flavoured drink.’ This is a preparation of dried granules, containing yeast extract but no beef, which therefore not only suits vegetarians but also counts as halal. I must say I shared my husband’s confusion, for there is still the tarry-looking substance in jars labelled ‘Beef Bovril: the original beef extract’, which is 43 per cent beef stock and 24 per cent yeast extract.

Bovril is made by Unilever, just like Marmite, which caused 24 hours of yeasty frenzy last week when the price was said to have been affected by looming Brexit. Marmite is simply yeast extract, first made in 1902 from by-products of brewing at Burton upon Trent.

The clue to the word marmite is on its label: a cooking pot, in French marmite. The stuff was marketed to enrich soup or stew. But marmite had been used in English since Shakespeare’s day to mean a metal cooking pot with a hook each side to hang over the fire. It was peculiar to Shropshire and the West Midlands. I don’t know why. The pronunciation was marmit. In the 19th century the word was reintroduced from French, with a Frenchified pronunciation, marmeet. In the first world war the word, pronounced in the French way, was given to a bomb or shell shaped like a pot.

Bovril takes us into the wild science-fiction, eugenic, theosophist world of the bestselling author Bulwer Lytton, who introduced the made-up word vril in his novel The Coming Race in 1871. The narrator half explains vril as being like electricity, mesmerism, or the odic force (found streaming from the fingertips, according to Baron Karl von Reichenbach, 1788-1869). Madame Blavastky got very excited by vril.

One more meaning congealed from the notion of Bovril. Bovrilise meant to boil down language like meat concentrate, as in our text-speak, or the Edwardian newspaper small ad: ‘Wanted, Sit. as Comp. by Eng. lady, 35; good Fr.; good refs.’ But this metaphoric use of bovrilise was soon forgotten, as no doubt, too, the Marmite war of 2016 soon will be.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

blikkiesvis

stories of fish and fishy stories

Krummels & Katkuite

Afrikaanse gedagtes gemeng met siel en cursive woorde.

Rational Standard

Free political commentary for the dissenting South African

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

kindvanniewind

Just another WordPress.com site

THEO HERBOTS FOTO- EN VIDEO-BLOG

FOTO'S, VIDEO'S EN ALLE BELANGRIJKE INFORMATIE OVER #TIENEN YOU CAN TRANSLATE 🗣🇧🇪 THIS BLOG IN 110 LANGUAGES BELOW ⬇️👇⬇️👇⬇️👇

Geest en Leven

Schepping en de Geestenwereld

Mensensamenleving.me

Mensen maken de samenleving en nemen daarin een positie in. Deze website geeft toegang tot een diversiteit aan artikelen die gaan over 'samenleven', belicht vanuit verschillende perspectieven. De artikelen hebben gemeen dat er gezocht wordt naar wat 'mensen bindt, in plaats van wat hen scheidt'.

Marlene Jordaan - murphy se wet

Alles wat hier reg kan loop, sal. Mos?

Lienks

Words

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand