Skryf Safari Magrieta vs Magriet

Magrieta het ‘n wesenlike probleem. Die vraag is nie wat die probleem is nie maar hoe dit gaan eindig!

Om die storie te verduidelik, moet ek eers die ” set up” verduidelik. Sy bly op ‘n plaas met twee woonhuise. Sy self bly in ‘n pragtige woonstel wat aan die een huis vasgebou is. Alhoewel die woonstel piepklein is, is dit pragtig en pas perfek by haar persoonlikheid en die seisoen in haar lewe. Sy is gelukkig en tevrede. Daar is niks in haar kleine huisie wat haar ontstel of pla nie. Daarvoor sorg sy en hou alle onnodige spanning en komplikasies uit die veilige hawe wat sy vir haarself geskep het. Indien sy geselskap nodig het, is dit binne bereikbare afstand. Andersins is sy heerlik privaat en op haar eie. Maar wag, hoor ek “Jaws”se doem doem doem doem….. in die verte? Of nee wag, eder ‘n gepiep piep piep, of wag ‘n miaaauuuuu?!?

Dis reg, ‘n rot. Nie ‘n muis nie, ‘n ROT! Genadelik is die eienares van die plot gaaf genoeg om ‘n kat vir haar te leen as teenvoeter. Dis haar beste muisvanger en sy bring dit sonder verwyl oor. Kat het egter die hele doel van die oefening gemis.

Magrieta is nie groot gemaak as diere liefhebber nie en veral nie van katte nie (Diereplesiere). Daar het egter al twee diere vir Magrieta die loef afgesteek. Alhoewel Magrieta nie net wil misbruik maak van die kat nie, wil sy eintlik maar haar afstand handhaaf. Net vir ingeval. Kat het egter haar eie prentjie en volg haar eie kat natuur. Sy is onder die wan indruk dat Magrieta spesiaal vir haar wat Kat is, se plesier daar. Kat dring haarself met mening op aan Magrieta. Waag Magrieta om te loop, is Kat daar. Tree vir tree, soveel so dat sy kort kort oor Kat struikel. Dis ‘n gepurrr en geskuur en getrap en wie weet wat mens al die manewales moet noem. Purrr jouself sê sy maar Magrieta se hart wil wil vermurwe. Waar sy op haar bed sit, laat sak sy kort kort haar hand en vryf Kat se kop. Kat is in die sewende hemel en trek Magrieta se hand nader met haar poot wanneer Magrieta ophou vryf. Daar is ‘n lastige gevoelentheid wat krap krap aan Magrieta se hart. Dit lyk egter of die kat oefening gewerk het omdat rot nie weer sy astrante opwagting gemaak het nie. Hopelik verkeer rot onder die wanindruk dat Kat ingetrek het, soos in permanent. Behoede my!!

Magrieta is baie bly. Met rot uit die pad, kan Kat ook verkas. Vir sy alewige gekerm en geskuurdery sien Magrieta ook net nie kans nie. Sy voeg ook dus daad by die woord en vat Kat terug na die Hoofhuis toe net die volgende oggend. “Terloops, wat is Kat se naam?”, vra Magrieta. “Magriet”, antwoord die eienares. Magrieta se oë rek so bietjie. Sy groet en loop net om te sien Magriet volg haar. Magrieta gaan staan stil en verduidelik vir Magriet dat sy moet bly. Magriet se kyk spreek boekdele. Iewers hoor Magrieta die klanke van “maaaaaaar die kat kom weer want …” en sy gee ‘n lang mismoedige sug.

Vroeg die volgende oggend (nog donker), terwyl Magrieta bietjie koester tyd met Abba geniet hoor sy ‘n baie onwelkome geluid. Eers probeer sy dit ignoreer maar dit word net dringender en sy spits haar ore. Jip, dit Magriet, die Kat. Miskien as ek stil sit en lank genoeg wag, gaan sy weg….

Magrieta se mercy hart kom in die pad en sy struikel. Dis koud buite sê haar hart, siestog arme Magriet (nogal soort van naam genoot). Maar ek bid en kat gaan pla, probeer Magrieta haarself verweer. Die geveg binne Magrieta is groot. Alle snoesige koesterende vrede het soos mis in die son verdwyn. Magrieta het nie komplikasies soos Katte in haar lewe nodig nie. Dis katkos en aandag en kathare orals en ‘n Pasela papegaai wat buite op sy hok sit wat toutrek met ‘n mercy hart. Magrieta probeer haar hart verhard en sê neeeeeeeee……..
Gebruik kursief en ‘n ander kleur ink om jou gekose einde te skryf.

Magrieta hou haar doof vir die gemiaau. Sy haal diep asem, en begin bid “Vader, jammer vir die onderbreking, dankie vir my warm huis….”

“Miaau,miaau….” 

Genade, hier kry ek nie vandag gebid nie. Magrieta mompel om vergifnis en staan voor die stoel waar sy gekniel het op.

“Miaau, miaau…”

Magrieta ruk die voordeur oop.

“Voert, Magriet, huistoe met jou,” die yswind laat Magrieta na haar asem snak. Sy tuur op na die hoofhuis, en onthou die eienaar het vertel hulle gaan by die kinders kuier. Magriet se huis is seker ontoeganklik vir haar.

“Miaau, miaau,” Magriet skuur, skuur teen Magrieta se bene.

“Ag, Here, wat sal ek tog maak, u skepseltjie sal swaar kry hier in die koue,” bid Magrieta woordloos.

Asof Magriet haar gehoor het, drafstap dié die huis binne, reguit kombuis toe. Asof sy altyd hier gebly het. Magrieta gooi melk in ‘n piering en Magriet se sagte gespin terwyl sy drink, is mesmeriserend.

Magrieta dink by haarself, jy beter oplees oor katte en katgewoontes. Jy met jou katlose grootwordjare danksy Sussie se vreeslike allergie, weet niks van katte nie.

Magrieta trek die tablet nader. “Google is my beste vriendin, kom ons kyk wat sy te vertelle het oor katte,” en met die spoed van lig is daar bladsye artikels waaruit Magrieta kan kies en keur.

Een trek haar oog wat met katte se geskiedenis te make het. Luidens die artikel glo geskiedkundiges dat katte in Egipte makgemaak is, bykans 3600 jaar gelede. Hulle het ook eerste katte gebruik om plaagbeheer naby voedeselbergplekke toe te pas. Magrieta se oë rek toe sy lees dat die Egitpenare katte se jagvernuf verafgod het en as gode en godinne aanbid het! 

 Magrieta lees verder: “Cats were also said to be the culprits of “The Black Death” during the Dark Ages because their population was highest in the world during that period. This they say originated from ancient Egyptian cats down to Europe. So because of the plagues associated with cats leading to the deaths of many people which according to some findings are still killing people today that’s why they aren’t mentioned. And unfortunately too for the domestic cats, since it was not mentioned categorically in the bible, which was originally written by the Jews that were God’s people and who view ancient Egypt as their worst enemy because of what they went through in their hand as slaves, Cats were said to be too unholy to be included in the holy book because of its attachments to the Egyptians who are filled with so many things that God disapproves of. Moreover any thing that violates God’s commandments about the sacredness of life which cats are accused of, may certainly be enough reasons why cats were left out in the pages of the bible according to some speculations. But does that sound justifiable or convincing enough? Cats are not the only creature that does that.”

Magrieta sit en pieker oor die interessante geskiedenis. Arme katte, in die middel van mensdinge. Ja, so beland mens ook maar in die middel van struwelinge.

In ‘n verdere artikel kom Magrieta af op die feit dat katte nie direk in die Bybel vermeld word nie, honde wel. Haai siestog, dink sy. Verrassend lees sy dat alle katte aan dieselfde spesie behoort.  Daar is 36 katspesies. Leeus en katte is familie! Magriet is die koning van die diere se kleinsus! Wil jy nou meer. Die word in die Bybel vermeld. Ons moet oplet hoe God se skepping kunstig verweef is. Selfs in katte, selfs in MAgriet, wat rustig om haar bene skuur en spin en spin.

Dit tref Magrieta dat in Genesis1:26 geskrywe staan God die mens as meesters oor die diere aangestel het. Kyk nou vir Magriet, wat haar kom uitkies, en soveel vertroue in haar stel.

Magriet skep die spinnende kat in haar arms op, en bid:” Here, dankie dat U my vandag geleer het dat U Skepper van alles is, en dat U, U skepping en alles daarop tot ons, U mensekinders se beskikking gestel het om te bestuur. Here, al weet ek nie hoe nie, ek sal Magriet mooi oppas en koester, want dit is wat U elke dag vir my doen.Amen.”

Naskrif:

In my oplees oor katte het ek hierdie raakgeloop – sekerlik is dit ook die les wat Magriet in haar tyd met Magriet sou leer. Ek het, en ek is nie ‘n katmens nie.

Here are 5 things my cat taught me about God:

When I look at my cat Boots, I am amazed when I consider the creator of such a beautiful, wonderfully-made creature! Boots has beautiful, bright green eyes that are full of life, a graceful stride, and soft, perfectly-patterned fur made especially for petting sessions. But above all, God’s greatest work of art is each and every one of us, created uniquely in His image.

“For we are God’s masterpiece, created in the Messiah Jesus to perform good actions that God prepared long ago to be our way of life” (Ephesians 2:10, ISV).

I love my cat Boots and I’m not even one of the true crazy cat people – just moderately crazy. I have several nicknames for him (including Booty), and I treasure all of his little quirks. To me, he’s just the smartest, cutest thing in the world. I’ve never gotten tired of his adorableness.

Do you think God, the One who knows everything about you, feels anything less? No, infinitely greater! God loves you more deeply than you could imagine (Ephesians 3:18-19). He even gave us cute little animals to make our hearts melt.

I talk about my cat – probably too much at times – and I enjoy hanging with him. I even have a photo of Boots as the background on my phone. I love my cat. He is not just mine, but I totally own that fact and brag that he is mine. God does the same with us!

“God is for you. Had he a calendar, your birthday would be circled. If he drove a car, your name would be on his bumper. If there’s a tree in heaven, he’s carved your name in the bark. We know he has a tattoo, and we know what it says. ‘I have written your name on my hand,’ he declares.” – Max Lucado

Many people like cats because they are funny creatures. Sometimes Boots leaves his tongue out after he meows and it’s hilarious. Just recently, when he noticed The Aristocats playing on TV, his eyes got huge and were glued to it for 20 minutes. God loves to see us laugh. The Bible tells of His sense of humor and speaks of God laughing. And if we laugh, then we know God laughs even greater!

My cat is very mischievous. He loves to play, fetch, and explore new things (like grocery bags). Every morning when I get dressed, Boots jumps on the overhead rack in my closet. He walks back and forth all over my folded clothes, sometimes knocking some down. But I don’t get mad or yell, because he’s adorable and I love him.

Now I’m not saying that God likes when we do bad stuff or that He won’t correct us or let us experience consequences – because He will. But I am saying that if I’m patient with my cat because I love him, then God is unimaginably patient with you. When certain things feel unforgivable and too big of a mess to clean up, God reminds you that He’s big enough to easily fold things back up – and that He still adores you.

“But you, O Lord, are a God merciful and gracious, slow to anger and abounding in steadfast love and faithfulness.” Psalms 86:15

If you feel like you’ve been needing forgiveness, love, or have been wanting to know God more intimately, just ask Him! He’s sure to answer you.”

(Bron: https://www.cru.org/us/en/blog/life-and-relationships/identity/5-things-my-cat-taught-me-about-god.html)

 

 

______________________________________________________________________________________

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=785036

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

In die pêrelskulp

Die son pêrelskulp die daeraad deur die koue en wolke. Bring warmte in my seer hart. Seer vir mense se leed en pyn en swaarkry waaraan ek net mooi niks kan doen behalwe om die eina betraand by God se voete te gaan sit en met my dag te begin. So knop in die keel klim ek saam met Bab in die kar. Ons het halfuur se ry tot by die winkel.

Ons ry so in die pêrelmooi in, en op die radio speel ‘Let it be’, en my hart weet sommer dis God se antwoord op my gehuil. Ja, pêrels kom met pyn sal die skulp jou vertel.

Jona soos nog nooit vertel

Toe Bab baie klein was, het sy altyd van Jona en die halvis gepraat. Dit was een van haar gunsteling Bybelstories.

Vanoggend plaas sy op Vuisboek die Jona en die halvis video. Die opname is in 2010 gemaak, die kleine dogtertjie is besield en vertel ‘n begeesterde weergawe van Jona wat jou lank gaan bybly.

Here, dankie dat U soveel maniere vind om vir ons te leer. Om vir U te luister en om nie vir U te vlug of weg te kruip nie. Amen

 

 

Sibusiso, ek huil saam met jou

pahuilOns gesin, soos sekerlik baie ander, is geruk deur die tragedie wat vroeër vandeesweek in Ennerdale afgespeel het.

 

Die 51-jarige Sibusiso Tshabalala het buite ‘n skool vir sy 16-jarige seun, Luyanda gewag. Dié het die betrokke aand ekstra klasse bygewoon.

Die pa, ‘n veiligheidsbeampte, het in die motor buite die skool gewag en aan die slaap geraak. Hy het wakker geskrik toe hy geluide hoor en iemand aan die deure peuter. Beangs dat hy gekaap gaan word, het hy ‘n skoot afgevuur.

“Pappa dis ek,” die laaste woorde wat sy seun ooit weer sou uiter. Die woorde en die nagmerrie sal sekerlik vir die res van Sibusiso se lewe in sy geheue ingekerf wees.

Die foto van die snikkende ouerpaar in die hof in Lenasia sal my lank bybly. Die man is op sy eie verantwoordelikhied vrygelaat. Dit is ‘n skrale troos.

Bab gesels vanoggend met ons oor die voorval, wat ook ‘n diep indruk op haar jong gemoed gemaak het. “Mamma, dis hierdie land se wetteloosheid wat daardie sneller getrek het.”

‘n Vuisboekmaat beaam my kind se gevoel. Adele skrywe dat misdaad ons land letterlik en figuurlik aan die uitmoor is. : “This makes me so angry!! Nobody wants to accept that crime is killing this country literally and figuratively. People just keep ignoring stop streets and even policemen do it or tolerate such behaviour from others. You are just as guilty as the armed CIT robbers and the reason why a man is BROKEN about killing his son. LAWLESSNESS!! And to top it all, we are all so super alert and scared to put a foot out of our homes, that this thing will happen more and more. ENOUGH IS ENOUGH!!”

Ons gil baie na sulke gebeure. Ons gil:

  • Dat ons nie meer vry is nie.
  • Dat ons bang binne en buite ons huise is.
  • Dat ons gewapen buite ons kind se skool wag, en dat jy gedurig bewus is dat jy ‘n sagte teiken is.
  • Dat kapers en rowers het geen agting vir menselewens nie.
  • Dat dit wat jy in die sweet van jou aanskyn verdien, met aasvoël-oë begeer en toegeëien word, omdat iemand nie werk het nie, agtergeblewe is…
  • Blah, blah, blah!

Nee. Dis nie alles waar nie. Ons het saam met misdadigers die sneller van Sibusiso se geweer getrek. Elke keer as jy die wet oortree, word Luyanda geskiet. Elke keer as hospitaalpersoneel staak en hospitale verwoes, elke keer as taxi bestuurders oor rooi ligte jaag, en sommer van binne bane afdraai, elke keer as jy die verkeersbeampte se omkoop versoek aan voldoen. Daar gaan elke keer koeëls deur Luyanda wanneer die wet oortree word. Want sien Luyanda is Suid-Afrika. Gyselaar van Mad Max wetteloosheid. Wie sal ons bevry?

Sibusiso, jy ken my nie. Ek wil net sê ek is jammer dat ons nie een meer veilig is nie. Ek het ook nie die antwoord of oplossing nie. Mag jy en jou vrou groot dosisse genade ontvang om hierdie seer te deurleef. Mag Luyanda se dood vir iets staan. Ek bid vir julle en ons almal.

 

 

Trap sag waar jy staan

34506522_2115093135446808_1408007081264414720_n34556000_2115093208780134_7811291673031344128_n34509910_2115093742113414_3281263724614123520_n

My sussie deel vanoggend 39 foto’s van ‘n Vuisboekblad wat sy volg en sy post: “Sometimes it’s good to know where one is standing…”

Foto’s van mense wat hulle moderne hedendagse gang gaan – die man en sy hond, die ma en kind op die strand, die man wat die stoute winkel instap, se kiekies is met foto’s van dieselfde plek uit die voorjare en  oorlogjare gekombineer.

Daar waar die man met sy hond rustig loop en die natuur geniet, daar het vreesbevange mense in die Zeppelin grusaam dood gebrand. Op die strand waar die ma en haar kind speel, het derduisende manne hulle dood in wêreldoorloë tegemoet gedraf. Op dieselfde hoek waar die man die sekswinkel binnestap, het iemand jare gelede ‘n boek kom koop.

Die effek is fassinerend en tegelyk onthutsend. Kan jy jou indink as die spore van diegene wat voor jou in ‘n ruimte geleef het onuitwisbaar bly bestaan, soos ‘n weërkaasting of spieël? As jy kan sien wat voor jou in die ruimte afgespeel het?

Dink net as ons die eerste mense se voetspore,  Abraham se altaar, Jesus  aan die Kruis, die uitstorting van die Heilige gees en die wêreld wat ons voorafgegaan het soo in foto’s kon sien.

Ek glo in my hart ons sou ‘n bedagsame, meer sorgsaam met mekaar en die natuur om gegaan het.

Ons leef egter in ‘n onnadenkende, harde wêreld en die moderne mens is arrogant, met geen gedagte aan wat ons bestaan vooruitgegaan en moontlik gemaak  het nie.

Ek kry saam met Rots en Bab ook so ‘n foto  in die Bybel. Ons is almal familie – deur eeue heen danksy Jesus – Sy liefde is oral in ons verlede, hede en toekoms te bespeur. Sy handewerk is immers die spasies wat ons beset, oral waar ons gaan.

Gal3:28Omdat julle aan Christus behoort, is julle nou ook deel van sy nuwe familie. Binne hierdie familie maak dit glad nie saak aan watter volk jy behoort nie. Of wat jou status of jou geslag is nie. Hier gaan dit nie daaroor of jy ’n Jood of ’n Griek is nie, en of jy ’n slaaf of ’n baas is nie, en of jy ’n man of ’n vrou is nie. Binne sy familie is almal gelyk. Almal hier binne is nou soos een nuwe mens in Christus Jesus.
29Julle wat deel is van Christus se familie is natuurlik ook lede van Abraham se nageslag. Daarom geld al die beloftes wat God aan hom gemaak het ook vir julle. (DB)

 

Skryf safari: Kom ons speel…

20170428_200313Abrie vra in vandeesweek se skryf safari uitdaging of daar nog bordspeletjies gespeel word en dat ons vertel van speletjies wat ons speel of gespeel het.

Rots en ekke is al jare in ‘n woordestryd betrokke. Nee, man, nie rusiemaaksoort nie. ‘n Scrabbletoernooi wat al oor ‘n dekade strek. Ons speel ten minste twee keer per maand. Meestal op ‘n Vrydag- of Saterdagaand.  Beste uit drie, by die braaivleisvuur met ‘n lekker koue wyntjie in ‘n skottel en die HAT byderhand – net ingeval iemand ‘n nuwe woord probeer skep.  Dit gebeur soms.

Ook geliefd is Thirty Seconds,  Trivial Pursuit en Rummikub.

monopoly

My Bab is lief vir Monopoly speel – sy en vriende hou Monopoly-aande of ander speletjies-aande en kuier so saam.My een swaer het met sy super-Monopoly streke het my totentaal van die spel afgesit. Dit was beter om toeskouer te wees as hy saamspeel. Die blerrie dobbelsteentjies val ook permanent in sy guns! Pfft!

vingerbakatel

Vingerbakatel of vingerbord – was as kind groot pret saam met niggies en nefies en ooms en tantes as ons by Oupa en Ouma gaan kuier het.  Slanngetjies en leertjies en “Pick-up-Sticks is uit die speletjie-compendium houer opgediep. Soms het kullery oorloë tot gevolg gehad en die uitende siepsom-braaiboud en stil sit in hoekies.

My pa, soos ek met die pasafgelope kinder-onthou uitdaging vertel het, was lief om skaak te speel.  Hy het met groot geduld vir my geleer. Ek het nie briljant leer speel nie, maar kan ‘n goeie skuif of twee maak. Jare laas gespeel. Die samesyn, lag en geskerts om so bordspeletjie is sekerlik die grootste aantrekking.

 

cluedo

Ons het ook baie Cluedo gespeel. “It was Colonel Mustard in the Library with a knife” – hehe. As die kinders in die familie bymekaarkom, kan jy ook weet die Uno kaarte sal iewers opduik. Dis ‘n gekwetter en gejil van formaat as daar gespeel word.

 

yunomi

‘n Speletjie wat ons graag saam met vriendinne en niggies speel is Yunomi. Dis vet pret. Spelers kry kans om op lukrake vrae te antwoord oor ‘n mede-speler. Mens is verbaas oor wat ‘n mens weet en nie weet van dierbares! Uiteraard is daar ook dan verkskeie gesprekke wat uit die nuutgevonde kennis ontstaan, en ek kan vertel dat ‘n Yunomi-rondte ure kan neem!

Ai, hoe besef ek skielik dat soveel speletjies oor die jare die gouedraad is waaraan kosbare saamwees en onthou soos juwele skitter.

_________________________________________________________________________________________

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=784470.

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

 

Tot wedersiens Trix

trix kotze

“Trixie is gisteroggend dood,” My oud-kollega Lynne se oproep ruk jare se onthou oop.

My hart pyn, dis nie net sommer iemand wat ons vooruit is nie. Dit is ‘n aardse engel, ‘n verpleegster in murg en been, ‘n gelowige mens, onse Trix.

Ons paaie kruis in die middel 1990’s, toe die hospitium wat ek vir Kansa bestuur het, nie permanente personeel kon beskostig nie, en ons met ‘n oorlewingsplan om ‘n span ad hoc verpleegsters op die dienssrooster te plaas. ‘n Klomp formidabele pas-afgetrede verpleegsters het hulle by ons liefdestaak kom aansluit.

Onder hulle: Suster Trix Kotze.  Nie ‘n haar uit sy plek, silwergrys en statig stileer en die mond altyd ‘n sagte pienk gekleur en kyk, daardie epoulette op haar skouers het jy respek voor gehad. Haar kollegas, Srs Anntejie Nel, Yvonne Terreblanche, Peet Minnaar het saam met Trix gesorg dat die hospitium soos ‘n goed geoliede masjien loop. En die dissipline ten spyt, is  liefde en meeleweing en emaptie vir kankerpasiënte en hulle families in oordosis uitgedeel.

Nooit  was ek as bestuurder ooit bekommerd oor die Departement van Gesondheid se jaarlikse inspeksie vir ons privaathospitaallisensie nie. Met Trix en span aan roer van sake is hospitaal administrasie en daaglikse take van die hoogstaande gehalte uitgevoer.

Trix het alles voluit gedoen. Van verpleeg, tot ma- en oumawees vir haar kroos. Ek onthou hoe liefdevol sy haar eggenoot Boet destyds deur die trauma van diabetes en amputasie onderskraag het.

My werk om die rande te laat klop om ons projek staande te laat bly, was nie moeilik nie. Dit was danksy Trix en die uithaler verpleegsters maklik om vir mense te kon vertel, nee ek kon dit met openheid bely, dat daar by onse hospitium, alle mense saak maak tot hulle heel laaste asemteug.

Om daagliks asseblief en dankie te se as professionele bedelaar was ‘n plesier. Ek het dit vir aardse engele gedoen. Saam het ons vir honderde kankerpasiënte en hulle families dit moontlik gemaak om laaste dae met waardigheid en omgewe van opregte omgee, saam te spandeer.

Dis lank gelede en jare later, maar die tye saam met hierdie spesiale vrou en haar kollegas sal altyd my beste jare bly. Ons was vreesloos, begeesterd en geseën om saam by die trappies na die Hemel te werk.  Ons het ook soms verskil, maar altyd was ons groter doel die wenner bo ons eie egos!

Trix, ek weet ‘n engelskare het gejuig toe ons Jesus Sy arms vir jou oopgegooi het om jou styf teen Sy hart te druk. Jy was Sy hande en hart hier tussen ons. Tot wedersiens.