Oujaar

Oujaar. Ook my geboortedag. Vier ure later en ek was ‘n jaar jonger…hehe.

Hierdie gedig wat vanoggend oor my pad kom loop het, is ‘n kapow, harde hou op die solar plexus. My wens vir ons almal is om staande te bly al bewe ons broeke.

Bestes en seën.

“At the next vacancy for God, if I am elected,
I shall forgive last the delicately wounded who,
having been slugged no harder than anyone else,
never got up again, neither to fight back,
nor to finger their jaws in painful admiration.

They who are wholly broken, and they in whom mercy is understanding,
I shall embrace at once and lead to pillows in heaven.
But they who are the meek by trade, baiting the best of their betters with extortions of a mock-helplessness,
I shall take last to love, and never wholly.

Let them all into Heaven – I abolish Hell –
but let it be read over them as they enter:
Beware the calculations of the meek, who gambled nothing,
gave nothing, and could never receive enough.”

-In Place of a Curse by John Ciardi (1959)

Pynlike tiktok

 

time2.JPGRots leef geruime tyd al met chroniese pyn. In die nek. Sy arms lam. Benewel deur pynmedikasie.

Dit danksy oorkwotering en die ewige bybetaal. Ons wag nou tyd af met ‘n nuwe mediese fonds en baie beter ingelig om daar waar daar kwaliteit mediese sorg bekostigbaar beskikbaar is vir ‘n oplossing te gaan soek.

Hy slaap sy dae om want die pynmedikasie kap hom flou.  Dit frustreer ons mateloos – die gewag vir tyd om verby te gaan, en tyd vermors.

Ek dink hy sou graag die horlosie wou terugdraai tot voor rugby sy baas was. Lekker ou sportbeserings wat  op jou oudag kom liederlike komplikasies veroorsaak. Ironies.

My skoonvader is skaars na aftrede aan longkanker oorlede. Net toe hy die vrug van sy arbeid moes geniet. Dis ‘n albekende storie, die swakker word, afgetakel word, wanneer jy jou blaaskans kry.

Dit herinner my aan Miss Helen Martin se Uilhuis. Die twee kinders wat die kerktoring se horlosiewysers met tou vasbind en hou vir ‘n vale…

Time Owl.jpg

Die dood het ‘n vaste afspraak met elkeen van ons. Ek dink die wat ‘n blitsafspraak kry is gelukkig in die sin dat jy nog voluit leef, en dan is dit verby. Whoosh. Net so. My pa het nog gelag toe is hy oor die eindstreep.

Aan die anderkant, diegene wie ‘n bespreek-die-datum-ek-sien -jou-daar kennisgewing kry is op ‘n manier geseënd. As die dood langsamerhand nader kom, het die persoon regmaak tyd. Afsluit tyd.

Na die jare wat ek saam met engele by ‘n hospitium gewerk het, kan ons elkeen getuig van vreedsame sterftes, omdat mense geleende tyd gebruik het om lief te hê, te vergewe, verhoudings heel te maak.

Ek dink vandag ook baie aan Johnny Clegg. By uitstek ‘n voluitmens. Hy is onlangs met prosaatkanker gediagnoseer. Hoe ver versprei en so, die weet ek nie.

Hy leef steeds voluit en het ‘n wêreldkonsertreis op sy bord. Hy sit  nie in die wagkamer en wag tot die dood nou kom nie.

Die lirieke van  sy  “King of time” vertel egter van die menslike sug om tyd te kon uitkoop, om goed anders te kon gedoen het.

 King Of Time

Johnny Clegg

Oh libambe ilanga lingatshoni
Oh libambe ilanga
King of time
Oh libambe ilanga lingatshoni
Hold the line
Oh libambe ilanga
Shield the mind
Oh libambe ilanga lingatshoni
Will be fine
Oh libambe ilanga

Aww sashela intombi

She remembers things
I said long ago
We are trapped in the past
The future won’t flow
If i could travel back in time
The heart will never break
Change the past
And fix my mistakes
We could wake up
To a brand new day

Whilsting our troubles away
If i could speak to the king of time
He could erase and rewind
If i could only go back to that day
Maybe will find our way

 

Onpas (‘misfit’)

In my Groot Woordeboek (AE/EA) vertaal misfit na wanaangepas. PFFT. Dis sommer nonsens. Wanaangepas beteken ‘maladjusted”.  Waaraan sou mens wanaangepas wees? Wat is normaal, die meerderheid se norm?  Agfokkieasseblief!

Ek is nog altyd ongemaklik met die norme wat die samelewing voorhou.

Ek wil nie ‘n verbruiker wees nie. Ek wil nie koop omdat ander koop nie. Ek wil nie die etiket dra nie. Die Volvo, die Micheal Herbelin, die Nike, die huis op skuldbult – dit staan my nie aan nie. Allemansvriend, 1000 Facebookvriende – wat ‘n bogspul.

Op skool is ek uit die algebraklas gejaag omdat ek te veel keer gevra het hoekom ek nodig het om te weet a+b=c. Kon op die stoep storieboeke lees. Meetkunde punt het gesorg dat ek deursleep.

Ek is moeilik met eretitels. Ons is almal een God se skepsels. Kwalifikasies dwing nie outomaties respek af nie. Die ambagsman wat sy ervaring met bloedsweet verkry het is dikwels op ewemensvlak strate meer verdienstelik om respekte te ontvang, as die erg-gegradueerde wat sy ereetitel opeis! Agfokkietog en dan die mevrou wat dokter of dominee se titel byvat. Bleh! Skaars matriek gehaal…

Kalil Gibran skryf so mooi dat ons elkeen soos individuele bome aan ‘n rivieroewer staan. Elkeen uniek, maar ons staan vas op dieselfde oewer, ons wortels ineen opsoek na die selfde water, ons blare ademend aan dieselfde lug. Saam, maar apart. Ons sielewerk ons hooftaak op hierdie aarde. Dan al die ander goed soos daaglikse brood, en so aan ensovoorts.

Ek is gek na sy raad vir liefdesverhoudings:

“Let there be spaces in your togetherness, And let the winds of the heavens dance between you. Love one another but make not a bond of love: Let it rather be a moving sea between the shores of your souls. Fill each other’s cup but drink not from one cup. Give one another of your bread but eat not from the same loaf. Sing and dance together and be joyous, but let each one of you be alone, Even as the strings of a lute are alone though they quiver with the same music. Give your hearts, but not into each other’s keeping. For only the hand of Life can contain your hearts. And stand together, yet not too near together: For the pillars of the temple stand apart, And the oak tree and the cypress grow not in each other’s shadow.” ― Kahlil GibranThe Prophet

En dan is het so dankbaar dat ek dié super onpas mens teëgekom het:  Lidia Yuknavitch Lees tans haar The misfit’s manifesto.

Dankbaar ek het, soos sy beduie, die pas-in-by-die-massa-bus- gemis!

“Missed fitting in,” wat ‘n seën.

Luister en onpas saam! Dis ‘n lekker pad, die een ondeurgetrap.

 

Ek huil vandag oor jou Biebs

Nokia Erna 142

Dis vandag ses jaar Biebs. Ses jaar gelede het ek jou by jou mooi huisie in Bosveldpark kom oplaai. Viets uitgevat in jou mooi ligpienk langbroekpak en pêrels om die nek en aan die ore, jou lippe ligpienk en die grys haredos mooi en blink. Jy het self jou huis gesluit, rustig in ons vuurwa geklim, kierie opgevou en ons pepermente en kaasstrooitjies vir my, het jy tussen die sitplekke uitgepak. Selfvoldaan jou hande op jou skoot gevou en vir my so skuins gekyk. “Kom ons ry.”

Ai my liefste Biebs, ek wens ons het die rit nie gemaak nie. Dit was 28 November 2011. Ons het gery dat die slim dokters wat jou met jou slukprobleme gehelp het, ‘n eksperimentele stent kon verwyder. Min het ons geweet dat alles, van die sekonde dat jy uit jou huis gestap het, die laaste van ‘n string dinge sou wees.

Jy sou nooit weer huistoe kom nie, jy sou nie Kersfees en Nuwejaar saam met ons wees nie.  Dis miskien goed so, want ons het alles voluit gedoen, ek en jy. Half het nie gewerk nie. Dit sou jou ondergang beteken het om ‘n halwe lewe te lei.

Ek onthou soos gister hoe jy moedig probeer eet het. Hoe jy rustig verklee het in die dagsaal, want ons is mos nou-nou klaar. Ek onthou die verslaenheid en seer toe die dokters kom sê hulle kan die stent nie verwyder nie, hy is vasgegroei. Onverklaarbaar. (Maar Biebs, jy het miskien vermoed…daar was verdunde peroksied in jou yskas, maar ek kan nie bewys dat dit die vinnige vergroeiing en verstrengel van jou slukdermwandvlies in die stent in veroorsaak het nie.)

Die vriendelike dokter het sy chirurgvriend aan ons voorgestel. “Tannie, ons sal moet opereer. Ek kan nie sê dit gaan ‘n sukses wees nie. Daar kan drastiese gevolge wees.” Biebs, jy het kalm vir hom gekyk, en toestemming gegee om te probeer red wat te redde is. Kersfees lê voor en daar is planne.

Ek is ewig dankbaar dat ek jou in die rolstoel vir jou laaste koppie tee geneem het, dat jy die Beeld rustig geblaai het en dat ons om die hospitaal gaan stap het, en jy vir oulaas my plantkennis probeer uitbrei het.

Ag Biebs, al die laastes tablo gereeld as ek so na jou verlang.

Toe die gordelroos jou daardie Februarie van 2011 platslaan en jy ylend van die koors nie weet wie ek is nie, en my met jou ma verwar, het ek jou belowe ek sal jou nie versaak nie. Naomi en Rut het Rots vir ons gespot. Skoonma en skoondogter was ons lankal nie meer nie. Jy het my langer geken as my geboortema!

Daar het die laastes begin – Ma-dag, verjaardag saam met jou kroos, jou suster se verjaardag. Ag sal ek daardie rit vergeet. Ons is skaars op die pad toe jy so naar word, en ek baklei en wil omdraai. Hoe koppig jy was en hoe ons ‘n halfuur langs die pad gesit het, albei gewip en jy my dreig dat jy een van die seuns sal bel om jou te vat as ek nie gaan nie. Hoe ons maar net voor Pretoria-Noord lipstiek opgekikker het en met stywenekkies die kuier gaan kuier of niks makeer.

Ek mis jou spesiale liefde – oral in die koskaste en yskaste was daar lekkerte vir al jou seuns, kleinkinders en jou skoondogters. Jy het geweet wat elkeen se kinderhart verbly. Ek sal nooit die tuppertjie met die gestoofde perskes voor regs in die yskas vergeet nie. Jy het so goed geweet ek skaai so in die verbygaan ene!

Ek mis om saam met jou op die stoep tee te drink, om saam met jou oor ‘n boek te gesels. Deksels, ek mis tot ons koppe stamp.

Ek luister musiek en sweer jy en Maxie sit op die dak en saam luister. Dit maak my hart warm.

Dis vandag wat die engele jou kom haal het. Ek onthou toe jy my die aand voor jy weg is gevra het om Psalm 23 vir jou te lees, hoe jy jou wang vir my gehou het en toe vir my gewys het ek moet gaan slaap.

Vanoggend sesuur is dit ses jaar gelede en hoor ek weer die selfoon lui, hoor hoe die suster sê ek moet gou maak. Maar jy was reeds weg Biebs. Hulle het my vertel jy wou nie dat ons in die nag gepla word nie.

Immer met jou kinders se beste belange besig, self na jou dood:

“Liewe kinders en kleinkinders. Die heel belangrikste ek kan julle almal nie genoeg bedank vir julle liefde, hulp, bedagsaamheid en ondersteuning na Pappa se dood nie. Sonder julle kinders se by-stand sou ek nie kon staande bly en aangaan nie. Ek sê net elke dag dankie vir ons Hemelse Vader vir al die onverdiende gunste en gawes wat ek kan geniet. Baie liefde Mamma, Ouma Biebs.”

(Brief aan haar testament vasgeheg en reeds in 2004 geskryf.)

Met al jou kinders gaan dit goed. Ouboet het amper by jou uitgekom, ‘n dom bestuurder het ‘n u-draai gemaak…maar jy weet hy herstel goed. Jou kleinkinders is almal hard aan die woeker en werk, jou agterkleinkinders is die fraaiste en ek reken ons het ‘n sportster in ons midde.

Ek mis jou vreeslik vandag. My oë se krane is gebreek.

Nokia Erna 161.jpg

 

Storieklong antwoord al ons vrae

goodbye.gif
Ons moet nou maar aanvaar Storieklong se kop is nie mee te smokkel nie. Hier is sy antwoord op ons pleit/raas/vloermoer oor sy blog se verdwyning. Sela.
“Baie dankie vir die aanpraat, ek hoor daar was selfs sprake dat Tannie Una Bali ‘n blog petisie wou loods, maar ek sal nie Die man met die Hoed, Korrelkop Kahuna, Plaasjuppie en Storieklong wees indien ek nie ‘n verweer (lees teëpraat) loods nie.
Ek werk al van die huis af sedert 2001 en is al offisieël op my eie sedert Junie 2015. Sosiale media, waarby ek blogs insluit, is dikwels vir dae en selfs weke my enigste kontak met die buitewêreld en soos dit maar is met sosiale media is ‘n mens geneig om slegs jou goeie kant af te neem. DIe Storieklong van die blogs is ‘n nar, aweregs en spaar nie juis die heilige koeie nie. Die regte man met die hoed is pragmaties, ernstig, rigied, buierig en oor die algemeen ‘n kak mens.
Storieklong is nie my eerste blog nie, trouens het ek al telling verloor met al die blogs wat ek oor ‘n tien en ‘n half jaar gebou en uitgevee het. Meeste daarvan in ‘n vloermoer van selfbejammering, minderwaardigheid of sommer plein bedonnerdgeit. Storieklong mag bes moontlik my laaste blog wees, want hy is geskep met die uitsluitlike doel om ‘n vertoonkas te wees van my “greatest hits” versameling. Dit is gewoonlik ‘n teken dat ‘n “kunstenaar”, en ek gebruik die woord losweg, aan die einde van sy/haar loopbaan kom wanneer die “greatest hits” albums hulle verskyning begin maak. Die saadjie is eintlik met die skep van Storieklong al geplant, ek het slegs besluit om die proses wat nog ongeveer 3 maande sou duur, te bespoedig deur die laaste 67 storietjies alles in een slag te publiseer.
In die kunsmatige wêreld van Blog is jy slegs so goed soos jou laaste inskrywing, en vergete sodra jou laaste inskrywing onder van die leeslys/bladsy afskuif. Slegs die regtig goeie skrywers word aktief besoek en opgesoek, en ek tel myself nie onder daardie groepie nie, hoewel daar ‘n handvol van my stories is waarvan ek meer hou as die res. Toevallig is dit ook die stories wat die minste reaksie van ander bloggers gekry het.
Terug by die besluit om uit te tree as Afrikaanse Woordstoot se hoof Hofnar. In ‘n wêreld kronies kort aan tyd is die enigste manier om iets te wen dat jy iets anders moet prysgee. Selfs met verdere opleiding is dit heel onwaarskynlik dat ek myself sal vestig as bogemiddelde skrywer, en daarom wil ek meer van my aandag wy aan my funksionele kuns (lees waddehel is daai ding!?) sowel as die boek wat ek in my professionele kapasiteit wil/moet skryf omdat dié dinge meer in lyn met my persoonlikheid is, en die kanse vir sukses dus groter is. Hierdie besluit is nie soos die voriges in ‘n fit van selfbejammering of enige ander rede gemaak nie. Dit is ook teen die advies van die sielkundige wat my hand vashou in hierdie vreemde nuwe tyd, maar daar is ‘n brawe nuwe wêreld wat wag.
Indien iemand werklik my griffels sou wou bêre vir welke onverklaarbare rede ookal, sal ek dit met graagte in PDF formaat aanstuur. Dalk sal iemand gaaf genoeg wees om my toe te laat as gasskrywer indien ek wel iets skriftelik wou pleeg, maar tot dan: Onthou die Man met die Hoed sien alles, ook wanneer jy jouself nie soos ‘n gentleperson gedra nie.
Ek hoop dat hierdie saak nou as afgehandel beskou kan word. Ek hou nie daarvan dat soveel aandag op my gevestig is nie.
Mooi loop julle mal b(l)oggers”

Vir Storieklong

Liewe Storieklong

Ek ken jou via ander bloggers. Hier gelaaik, daar gefollow. Jou spinnery van waarheid en fabel het my ‘n fên gemaak. Ek laaik mense wie nie doekies omdraai nie en ek laaik as mense ‘n storie nuut of oud goed kan spin. Dis jy.

Jou huidige uitverkoop en uitwis proses ontstel my mateloos. Jy maak my swarthond sommer sonder sy leiband voor loop. Nee man.

Beskou jou as ingesê.

Los jou skryfsels sonder voorwaarde, vir ons wat dit geniet en kom weer terug wanneer jy jou ware Noord gekry het.

Moenie bokserig wees nie. Klomp van ons het jou aweregsheid nodig, want ons weet nie anders nie.

Dis al wat ek wou sê.

Mooi loop.

Groet die Kersfees almal

 

gcx-africa-christmas-tree01

Hoe maak ons met soveel tale in #Lekker SA. Ons leer woord vir woord om in elf tale en vingertaal iets te sê.

So, in die gees van die tyd, kom ons leer twee frases: Seisoengroete en Geseënde Kersfees. Dan kan jy polities korrek of jouself wees. (Grappie)

--languages-south-africa

Watter is jou tale? Ons hier in die Limpopo moet ses van die elf onder die knie kry! (Ek het hulle in rooi gemerk)

English: Season’s Greetings     

IsiXhosa: Imibuliso Yelixesha Lonyaka

Afrikaans: Seisoengroete 

IsiNdebele: Izilokotho Ezihle Zamaholdeni

Sesotho: Ditakaletso tse Molemo

Northern Sotho: Ditumedišo tša Sehla sa Maikhutšo

Setswana: Ditumediso tsa setlha

Siswati: Tilokotfo letinhle kulesikhatsi semnyaka

Xitsonga: Mikateko ya Masiku yo Wisa                                

Tshivenda: Ni vhe na nwaha wavhu’di

 

Hier is Geseënde Kersfees:

English: Merry Christmas

Afrikaans: Gesëende Kersfees

IsiNdebele: Ukresimusi omnandi

Sesotho: Keresemese e monate

Northern Sotho: Mahlogonolo a Keresemose

Setswana: Masego a Keresemose

SiSwati: Khisimusi lomuhle

Xitsonga: A ku ve Khisimusi lerinene

Tshivenda: D’uvha la mabebo a Murena l’avhudi

IsiXhosa: Krisimesi emnandi

 

En hier is die vingertaal

sign language

Lekker met ‘n plank geslaan

ride thermals

Die pers stasie kuier vanoggend met ‘n motiveerder, Kate Emmerson. Sy reken klein treetjies is ook ‘n begin. Al pak jy net jou bedkassie reg, dis ‘n begin om van bagasie en apies en al daai kakkies ontslae te raak.  Sy haal ook ‘n ander motiveerder aan, en ek het blonder as blonde oomblik.

Het nie met volle aandag geluister nie. Ek kyk innie spieël en ek sien net ‘n raaisel. “Stop flapping and ride your thermals. Flip, ek kan nie kop of stert uitmaak wat sy bedoel nie. Ek is redelik ingelig…en heeldag mor ek met myself oor hoekom ek dan nou nie verstaan wat sy bedoel het nie.

Ek sien net hierdie ou wat sy warm onnies moet uitry…maar hoe? Bloots op ‘n perd?  En hy maak soos daai outydse dansers (Flappers) uit die Gatsby tyd? Nee,genade – wat het Martin en Tumi verstaan – of het hulle ooit?  Hulle het dit so agterna gesê…

onnies

Wel nuuskierige ek besluit om te soek wat bedoel word met “Stop flapping and ride your thermals.”  Dis toe nou heel voëls van anner vere wat dié mee te make het, nie onderklere nie….Bwahahaha!

Dis die lug se “thermals” en die voëls wat so sonder vlerkklap daar kansweef – vry en hoog!

thermal

 

Ek kan nie ophou lag nie….

flappingeagle

 

 

 

 

Jy plas nie soos ‘n pikkewyn rond nie, nee, jy vang die bries en vlieg soos ‘n arend…

Die vrou het die wyse woorde geleen by De Witt Jones.  Hy verduidelik dat mens soms op die rand van die afgrond jou sprong moet waag, al kan jy nie die wind lees nie. Jy moet glo en vertrou en dan alleen kom daai vry sweef van sukses en die wete dat jy presies doen wat jy moet.

Ag, “Sweef soos ‘n arend” sou dadelik vir my die regte beeld voor oë gebring het, nou sit ek met die ou in sy warm onnies bloots op ‘n perd of esel….hehe.

Leer hoe om jou “thermals” te ry:

http://dewittjones.com/resources/stop_flapping.htm

Mooi sweef! Goofy gaan my lank by bly as ek die arend sien sweef. Eish. Plat met ‘n plank geslaan. Konteks is belangrik, né.