“Spertyd” Elsa Joubert – ek lees super stadig en blaai terug en lees weer en bid: “Here dankie vir hierdie kind van U wat ons menswees en ons vrese deur soveel seisoene met ons deel.”
So skryf sy vir God:
“Ek weet nie wie U is of wat U is nie. U kan ’n magtige ster in die hemelruim wees, U kan die son self wees . Maar al weet ek nie waar U is of wie U is nie, al wat ek weet is dat daar ’n magtige drang in my tot U is. Sonder die drang verlep alles wat om my is. Ek dink soos ’n plant na water soek, so soek ek na U. Ek het ’n behoefte aan U wat my nie los nie. Want ek weet U is daar, en ek weet wanneer die behoefte te sterk word, so sterk dat dit alles wegveeg wat soos motte om my draai, as ek baie stil word, tot in my diepste binneste, dan deel U Uself met my. Miskien het U ook behoefte aan my aanhanklikheid. Miskien versterk my verlange U ook. Dan is dit vir my mooi om dood te gaan. Want ek word opgeneem in U. Vir al wat ek weet, klop U in my polsslag. …Somtyds gaan dowwe, droë tye verby wanneer ek U nie voel nie, as ek uitgelewer is aan die ou angs: die digte mat van zoemende bye oor die plaat blomme getrek, dan hoor of voel of sien ek niks meer nie as die byegezoem van kleure en reuke van wat ek dink in my lewe so belangrik is. Kommernis en angs daaroor hou my gevange, weg van die Stilte wat U stem is. U het nie woorde nie. U vul my soos ’n droë sloepie langs die kus gevul word as die see opstoot.”
Lees hier: http://a.co/ipDow03
Skildery: Ina Pfeiffer
Sy stel dit pragtig. Al is ek nie gelowig nie, bly hierdie soeke na antwoorde op die menslike bestaan, steeds vir my mooi en goed.
LikeLiked by 2 people
Diep woorde waarmee ek ook kan identifiseer op soveel vlakke.
LikeLiked by 2 people
Jy moet Spertyd lees. Om op 94 nog soveel op papier te kan verewig. Sjoe.
LikeLiked by 1 person
Hierdie stuk was een van die mooiste boodskappe vir my in ‘n lang tyd. Dankie vir die deel Tannie x
LikeLiked by 1 person
Sjoe……laat mens dink.
LikeLiked by 1 person