Sewentig jaar later

Die George Clark man se programme op BBC Lifestyle hou Rots en ekke baie van. Nie net oor die projekte wat mense in ‘Amazing Spaces’ aanpak interessant is nie, maar oor die algemene aard en passie van die man self.  Argitek, skrywer, aanbieder en mensch.

Gisteraand  is episode nege van reeks ses op ons betaal-vir-herhaal-skottelkanaal gebeeldsend. Entoesiasties vertel George van die wonderlike vonds wat ‘n bejaarde vrou gemaak het toe sy haar pa se huis na sy afsterwe opgeruim het.

Haar oorlede vader was ‘n Engelse soldaat en het vir drie jaar die wrede Japanese interneringskampe gedurende WOII oorleef.

‘n Klein notaboek is tussen sy besittings gevind. Die inhoud – ‘n plan vir ‘n droom karavaan. Daarbinne is, in verstommende detail, ‘n indeks, teorie, sketste, voorstelle vir dekor en selfs ‘n begroting, opgeteken!

Ons monde het oopgehang. In die fynste detail en in kleur, is tegniese tekeninge en dekor idees opgeteken. Met aanskou van die inhoud, het die ‘Amazing Spaces’-span besluit om die man se droom aan te pak, sy familie ter wille en om hom te eer.

Die uiteinde van die projek het die vrou, die ‘Amazing Spaces’-span én ons in snot en trane gehad. George Clark en Will Hardie het Jan Fursier  gehelp om ‘n droom te verwesenlik.

Jan het so ewe toestemming gevra om aan die karavaan te raak, asof sy gedink het dis ‘n droom. Ook die verstomming om dit wat sy op papier aanskou het, nou in lewensgrootte en -werklikheid te sien. Dit het ons oge laat oorvloei.

Daar is vertel dat die gevangenis onder haglike omstandighede en wreedheid moes oorleef. Hulle moes enige aktiwiteit streng geheim hou, en is vir die kleinste oortreding wreed gestraf. Die foto’s van die uitgeteerde mense was hartverskeurend om te sien. Meestal moes hulle op ‘n koppie rys per dag oorleef. Ek het my verbeel dat die notaboek met die droom karavaan se planne, vir hom ‘n ongelooflike ontsnapping aan die wreedheid om hom, gewees het.

Ek het my ook verbeel hy het baie tevrede op die koekige karavaan se dak gesit en kyk hoe sy kind, haar kinders en die se kinders oor die veld na die droom wat werklikheid geword het te kom kyk. ‘n Geskenk en nalatenskap sewentig jaar later.

Ag, ek pink sommer weer ‘n lekkerkry traan. Ek gaan sommer nou daai resepteboeke en briewe van my voormense weer deurwerk – groot geskenke oor jare heen lê oral vergete.

As jy tyd het, maak tee en kyk:

http://www.channel4.com/programmes/george-clarkes-amazing-spaces/on-demand/62967-009 (benodig Flashplayer)

 

Pfffft!

Mense sterf by FNB stadion. Maroela Media laat ‘n kommentaar  toe van iemand wat vier feestelike wyn glasies plaas. Skaam jou vir jou gevoelloosheid, wie ookal.  Skaam julle Maroela Media, om nie liewer te berig hoe swak die reëlings by die wedstryd was nie. Skaam die sokkerliga en eienaars dat die wedstryd net laat aangaan het. Laat my aan die ou Romeinse bloedsport dink.

Die EFF vier vier jaar, en al wat Julius doen is dans en mense aan moedig om grond te vat. Ag, en dan is daar Netwerk24 en Amor. Ek braak sommer.

Daar word ook bespiegel dat daar ‘n Zupta paartie by die Saxonwold sjebeen was…om hulle mag te versterk of om te pak vir Dubai?

Plaas hulle raas en blaas oor ons land se water letterlik in stront vergaan.

Maar nee…en ons lewer op Vuisboek kommentaar en maak geen verskil nie. Weer en weer skel wit en swart. My hart breek. Daar is ‘n Ingelse sêding:”Beware  of the verbose  few.”

Daai BLF ouens,  die Malemas en Boerevolkers en haatspoegers oor alle grense heen, trek ons aandag van die groot prentjie af. Hou ons almal moerig vir mekaar sodat die stropers kan stroop, en die diewens kan dief. Ons is maar aandag afleibaar en bedreig.

Plaas die media raas en blaas oor 8 Augustus 2017

Daar is darem stemme uit die ANC wat vertel van die teenwoordigheid van daai brawe stemme wat ons benodig. Daar word opmarse beplan op 7 en 8 Augustus 2017.

Ons wag in spanning om op 8 Augustus 2017 te sien of die soveelste mosie van wantroue in die Prez, gaan werk, of gaan dit maar weer net nog ‘n kabinetskommeling tot gevolg hê?

En dan is dit nog  in die regte wêreld maandeinde ook. Die een na die ander bel om te vertel hoe jou rekening nie betaal kan word nie, en dan moet jy weer die volgende ou bel en vertel jy kan ook nie jou verpligtinge nakom nie. Soos marmotte op wieletjies om en om.

‘n Geskarrel na wat wonder ek. Ek gaan more weer aan my gesindheid werk, of miskien sommer nou dadelik, want sien ons haal asem, ons is hier, so niks se gewaarom verder nie! Eerder wat nou!

20424161_1368088659912091_6687582411014209581_o

In elk geval, hier is ‘n gesiggie om jou dag op te vrolik. Tata.

 

 

My Vader antwoord my so…

Kyk nou net. Ek vertel vir almal wat wil hoor dat ek bleh gevoelens probeer oorkom, en blog sommer laf my bottervlieg foto’s.

Kyk wat kry ek nou te lese van Ann Voskamp  via die Vuisboek:

..yeah, middle of the week, & you can just go ahead and look up at the calendar today and exhale: 
It’s okay to feel bone tired — you have One who gives His bone and His body for you and beckoned: Come Rest. 
It’s okay to feel spent — you have One who pays you all His attention, who says you are worth costing Him everything — and then He bought you back from the pit because you are priceless to Him. 
It’s okay to feel whatever you feel —because you don’t judge your feelings; you feel your feelings—and then give them to God. Feelings are meant be fully felt and then fully surrendered to God.
And it’s okay to feel behind — because you have One who is the Head & the Author & the Maker & the Finisher & the Carrier & the Warrior & nothing is over until He carries you over the finish line.
Believe it: whatever your story is today — it’s okay.
Because the Writer of the story has written Himself into the hardest places of yours and is softening the edges of everything with redeeming grace.”

#TheBrokenWay
you can download this free print right here: bit.ly/StickyNotesForYourSoul

No automatic alt text available.
Dankie Vader, dat hierdie gevoelens sal verbygaan, want U is oral in my lewe, en saam met my – gister, vandag en more, bult op en bult af. Dankie, dankie!

Sommer net oor dae soms swaar is, en nostalgie soms help

Die lewe druk so bietjie op die oomblik, toe onthou en verlang ek na sorgvrye dae, in die onlangse verlede, waar ek met die langlens bottervliege kon voorlê, met die gras wat my tone en elmboë kielie en die laventel se lieflike geur my sinne begogel het. Toe voel ek sommer beter en besluit om dit te deel.  Seënwense

Ns. Kyk of jy die vlinder wat die spinnekop abba kan sien. Nogal ‘n voorbeeld vir ons né!

Butterfly1peekabooVlinderorangevlinderorange1Vlinderorange3butterflyflyflutterbydrinklandingspinnevlinderVlinderorangeVlinderorange4

Die Ou Man en die wit perd

Ek lees sommer so oral rond en ‘n mooi gedagte bring my uit by ‘n storie van Max Lucado, ‘Die ou man en die wit perd’.

Die storie vertel van ‘n arm man wat ‘n wit perd besit het. So mooi is die dier dat selfs die koning die perd begeer. Geen aanbod is egter genoeg om hom van die mooi dier te laat afsien nie. Sy vriende kritiseer hom – hy is te arm om die perd te hou. Blah,blah, blah. Ewe rustig antwoord die ou man dat die perd nie ‘n besitting is nie, maar ‘n vriend – hoe verkoop mens ‘n vriend?

‘n Tyd later, raak die die perd weg uit sy stal. Die mense het natuurlik die ou man veroordeel – hy kon nie behoorlik na die perd kyk nie, nou is hy geld én die perd kwyt! “Jy is vervloek,” haak hulle af, “jy kon nie na die perd kyk nie, nou is hy gesteel, en jy is steeds arm.”

Die ou man antwoord bedaard: “Moenie so gou praat nie. Sê liewer  die perd is nie meer in die stal nie. Dis al feit, die res is net oordeel. Of ek vervloek is of nie, hoe weet julle. Hoe kan julle oordeel?”

Ontstoke reageer die mense: “Moet ons nie vir die gek hou nie, ons is miskien nie filosowe nie, maar dis ook nie nodig nie. Die feit dat jou perd weg is is ‘n vervloeking, dis ooglopend.”

Hy antwoord: “Ek weet die perd is weg en die stal is leeg. Verder weet ek niks nie. Of dit ‘n seën of vervloeking is, die weet ek nie. Ons sien net ten dele, slegs ‘n flentertjie. Wie weet wat kom volgende,” antwoord-vra die ou man bedaard. Nou éérs vererg, storm die mense daar weg. Die ou man is gek verby. Hy kon die perd verkoop het en van die opbrengs gelewe het. Nou moet hy hout kap en van hand na mond lewe. Nee, wrintie, daar is nie medisyne vir dom nie!

Twee weke later, daag die perd op. Hy was nooit gesteel nie, maar het die woud in verdwyn. Die perd het ook nie alleen teruggekom nie. ‘n Hele dosyn makkers het saam gekom! Die dorpsmense drom opgewonde om die houtkapper se huisie saam. Hulle kwetter soos kanaries. “Ou man, jy was reg en ons verkeerd. Wat ons as ‘n vervloeking gereken het, is toe ‘n seëning. Vergewe ons.”

Hy antwoord weer bedaard: “Julle gaan alweer te ver. Die perd is terug, dis al. Daar het twaalf perde saam teruggekom, moenie verder oordeel nie. Hoe weet ons of hierdie ‘n seëning is of nie? Ons sien net ten dele, net ‘n fragment. Dis slegs wanneer ons die hele prentjie sien, dat ons kan oordeel. Mens lees mos nie net een bladsy van ‘n boek om die hele verhaal te beoordeel nie? Lees mens ‘n enkele woord van ‘n spreuk om die hele spreuk te kan begryp?”

” Die lewe is so epies groot en kompleks, maar julle wil die lewe oordeel met die lees van ‘n enkele bladsy of by die aanhoor van slegs een woord? Al wat julle het is ‘n flentertjie inligting, ‘n fragment! Moenie kom vertel dit of dat is ‘n seën nie, niemand weet nie! Ek is tevrede met wat ek weet, en geensins ontsteld oor wat ek nie weet nie.”

“Miskien is die ou man reg,” sê die dorpsmense vir mekaar. Hulle bly toe maar verder still. Maar, diep in hulle binneste het hulle geweet hy was verkeerd. Hulle wéét dit was ‘n seën, die twaalf perde wat saamgekom het. Met ‘n bietjie werk, kon hulle ingebreek en opgelei word en vir ‘n klomp geld verkoop word. Seëning voorwaar. Simpel ou man.

Die ou houtkapper het net een seun gehad, sy enigste kind. Hy het dadelik werk begin maak om die perde in te breek. ‘n Paar dae later, gooi een van die wilde perde hom af, en hy breek albei sy bene. Die dorpsmense kom simpatiseer en beoordeel die situasie dadelik. Dis mos wat mense doen.

“Jy was reg,” het hulle gesê. “Jy het jouself reg bewys. Die twaalf perde was nie ‘n seëning nie, dit was ‘n vervloeking. Jou enigste seun het albei sy bene gebreek, en in jou oudag het jy nou niemand om jou by te staan nie. Jy is armer as ooit tevore.”

Rustig antwoord die ou houtkapper hulle. “Julle is obsessief met julle veroordeling. Moenie! Sê liewer net my seun het sy bene gebreek. Wie weet of dit ‘n seën of vloek is? Niemand weet nie. Ons het net flentertjies inligting. Die lewe kom net in fragmente.”

So gebeur dit ‘n paar weke later dat die land oorlog verklaar teen ‘n buurland. Al die jongmanne van die dorp word tot diens opgeroep. Die ou houtkapper se seun is kwytgestel, want hy was beseer. Weer kom die dorpsmense na die houtkapper. Hierdie keer huilend en skreeuend, omdat hulle seuns weggeneem is. Almal het ook besef dat die kanse om hulle kinders weer lewend te sien, maar skraal was. Die vyand was oorweldigend sterk en die stryd verlore.

“Jy was weer reg,” het hulle geween. “Die Here weet, jy was reg. Hierdie insident bewys dit. Jou kind se ongeluk  was ‘n seën. Sy bene is wel gebreek, maar ten minste het jy jou kind by jou. Ons seuns is vir ewig weg!”

Die ou man antwoord. “Dit is onmoontlik om met julle te praat. Julle maak gedurig afleidings. Niemand weet nie. Stel dit liewer as volg: Julle seuns moes oorlog toe, myne nie. Niemand weet of dit ‘n seën of vervloeking is nie. Niemand het die wysheid om te weet nie. Net God weet!”

 

Ek loop ‘n oordenking op ‘n Portugese blad saam met die foto hierbo raak. Rofweg vertaal: “When you judge, you stop growing. Judgment means a state of mental stagnation. And the mind wants to judge, because being in a process is always risky and uncomfortable. In fact, our  journey never reaches the end. One path ends and another begins: one door closes, another door opens. You reach a peak, there has always been a higher peak to reach. Those who do not judge, and are satisfied simply to live in the present moment and by doing so –  grow.  Only they are able to truly walk with God.”

 

Gistermiddag kom die volgende ook te voorskyn oor die Ou Man en die perd van Max Lucado  op ‘n blad wat ek laaik: “We see only a sliver of the sum. We cannot see how the bad might be good. God is sovereign and He is good and He sees and works all things together for good.” –  Anne Voskamp

Taai opdrag – maar die moeite werd, of hoe? Moes dit deel.

Foto: http://jornaloresumoreflexa

 

 

 

 

 

 

 

Oor gebrokenheid

transgenerationaltrauma

Ons gaan sit op ‘n trap na die Amper, Vrystaat vertoning by Innibos. Dis gek om dadelik in die kar te spring en saam met die massas by die een hek te probeer uitkom. Ons het genoeg aan chroniese padwoede in Limpopo, ek gaan nie my Innibos ervaring daarmee versies nie. M en ek sit en gesels oor die vertoning. So Millenialtjie met ‘n  blonde poniestert, Lenin donkerbrilletjie, meelsakkortbroekie -die pype nog bietjie korter opgerol,  bootse met sokkies om die slanke enkeltjies en BBP-toegangskaartjie om haar nek, sit ook daar naby en rook.  M, altyd nuuskierig vra waar kom die kind vandaan. Die Kaap.

Sy vra wat ons al gedoen het. Ek vertel dat ons maar Innibos met die swaar eerste afgeskop het. Ons het Reza de Wet se Asem die oggend gaan aanskou. Wat dink ons van Amper, Vrystaat. Ons het dit tot staande ovasie toe geniet. Sy haak af dat Asem nou nie vir haar aangetrek het nie, “die tema is nie meer relevant nie.”

Ek stik in my verontwaardiging. Die verliese van ons oupas en oumas, die skaamte en skande, die veragting, die reaksie op al die vernedering wat op aaklige apartheid uitgeloop het, is dit nie relevant nie?

Ek is sommer gallerig opgeklits, en doen toe in my binneste presies waaraan ons ou Afrikanerhartjies aan ly van altyd af. Die Kapenaars is nie ons mense nie – wat sal hulle nou weet!  Ja, nee, sit twee van ons bymekaar en daar is dadelik twee kerke, twee skole, twee politieke partye.

Dis hartseer dat verwysings na die ABO en verwysings na oorwinning of verslaenheid, verwysings na ‘n era wat verby is as irrelevant beskou word deur ‘n jonger geslag. Het ons so ver wegbeweeg van ons herkoms dat ons geen verlede het om vir ons konteks te gee nie?

Is ons al so verwilder en verbrokkel dat daar nie meer ‘n ons is nie? Het die Ingelse so met ons land se mense gemors dat daar geen onse in ons pond oor is nie?

Dit bring my by die volgende:

Image result for apartheid britain's bastard child

Ek lees tans Apartheid: Britain’s bastard child van Hélène Opperman Lewis

Lewis is ‘n sielkundige, en dit het haar ‘n hele vyftien jaar geneem om die boek  tot publikasie te bring. Sy kyk na die rol wat vernedering van die Afrikaner deur die Britte gespeel het in apartheid. In onderhoude beklemtoon sy dat dit ‘n poging is om uit ‘n psigohistoriese oogpunt te verstaan  waarom Afrikaners in 1948 apartheid tot stand gebring het, en nie goed te praat nie.

Dis harde werk,  dié lees oor waardeur ons Afrikaansgeit  en al die ander volkere hier aan die suidpunt van Afrika is. Sleg gemaak van kleins af. Soveel so dat ons, wat my aan betref almal liederlike mistastings begaan het.

Ons is geneties skaamkwaad, verdedigend, agterdogtig. Kwaai en moerig. Wegtrekkerig. Die Duusman, die Xhosa, die Zoeloe, die  Pedi, die Shona, die Matebele – ons het ieder en elk onder die rooibaadjies deurgeloop, deeglik. Eintlik is al die volke van Suid-Afrika erg getraumatiseer, gestroop aan kultuur, en eenheid, dit vir goud en diamante…

Plaas ons onthou het wat ons almal onder Queen Victoria se lakeie aan eie bas gevoel het en sorg dat niemand na ons dit moet deur maak nie. Maar nee, vertraptes gaan heen en trek hulle aan ander vertraptes se skoenveters op. 1948 gebeur en maak 1994 onafwendbaar.

Vir  ‘n wyle na 1994 voel dit of Mandela gaan slaag om die reënboognasie te maak werk. Ons gaan vergewe word, maar nee. Eeue se wrok en vernedering maak jy nie sommer weg nie. Mandela sterf, Mbeki die ontkenner word in Polokwane onttroon. Zuma word Zupta, ons land gestroop en  2017 en Suid-Afrika skel dit oor kolonialisme en wit monopolie kapitalsme. Die Afrikaner, so voel dit, die vark in die storie, die Engelse met hulle kwasi- nie-rassisme onder die wanindruk dat hulle nie oor ons kam geskeer word nie. Eish, mense se koverte-rassisme onderrokke hang oral uit.

Ek is nou halfpad deur die boek – ek ween, ek skel, ek bid. Wanneer sal ons leer?

Ek wil ‘n storie oor ‘n sandput skryf waar elf kindertjies lekker kon speel, tot daar ‘n boelie met ‘n rooi hemp bygekom het. Of wat van ‘n storie oor  mense wat verskillend vir dieselfde God bid, maar mekaar nie verstaan nie en mekaar verguis en verneder en so geen weg na saamwees  kry nie, en God ween?

Ag, ek weet ook  nie. Miskien kan slim  Gertruida en haar makkers se outeur iets hiervan maak….

Lees  ‘n onderhoud met Lewis, Apartheid, Britain’s Bastard Child.

Gedeeltes daarvan is hieronder gespoeg en geplak:

“Do you think English-speaking South Africans are still in denial about their role in apartheid? Afrikaners were perhaps conveniently singled out as scapegoats. What is the psychological driving force behind this? Is it their Übermensch mentality and their class-conscious obsession, or just vulgar hypocrisy?

Before answering, let’s clarify the thorny issue of racism first. And let’s be clear – white racism arrived with the arrival of all Europeans in southern Africa. It’s not something that suddenly surfaced in 1948! And it certainly is not something peculiar to southern Africa only!

There are different shades to racism. Firstly, for the British and white English, their racism is mostly covert, rooted in the superior man’s cloak of social Darwinism. It spread its myth of racial superiority to different races – including other white races – cultures, social strata, etc.

The covertness of this prejudice makes it convenient and easy for the perpetrator to deny any prejudice. According to psychohistorian and psychoanalyst Joel Kovel in his book, A psychohistory of white racism, covert racism is more difficult to confront, and, like all unspoken “secrets”, more insidious, and therefore more harmful and damaging in the long run. It renders its victims defenceless and silences them with denial, consciously and unconsciously – a bit like not acknowledging the king has no clothes on.

The second form of racism is overt racism. Afrikaners’ overt racism (apartheid) – the “Whites/Blacks Only” entry signs – were a glaring example of overt racism. It was out there for everyone to see, and could not be denied like covert racism can be. Ironically, it was precisely this overtness of Afrikaner racism that made the struggle possible.

The latter is also the reason why the white English South Africans, in general, deny they are racist, because they think there is only one type of racism – overt. The early Afrikaners’ racism was, however, based on distinguishing between believers and non-believers. The believers, of course, were the chosen ones, and the rest, the unbelievers and sinners, were to be avoided. With Afrikaners being exposed to British prejudice (covert racism) and British humiliation (from 1795), their overt racism became infused with a good dose of racial superiority, too.

What is less well known is that apartheid was introduced formally in South Africa by the British with Cecil John Rhodes at the helm in 1894, with the Glen Grey Act. The Afrikaners tightened the screws after 1948.

Most white English-speaking South Africans conveniently deny their share, their gain and their contribution, directly or indirectly, to apartheid. They don’t understand the difference between covert and overt racism.

Most probably also don’t really even know about the atrocities that have been committed by their forebears in this country. My impression is that “apartheid = Afrikaner” in white English-speaking South African minds. They don’t even think about it twice. You even hear the presumed innocence and the blame and prejudice against Afrikaners from their children’s mouths. Why else is it that every so often, when white people are discussed in the media, it states specifically white English-speaking South Africans and Afrikaners?

Why not just white South Africans? Most Afrikaners speak English, and, anyway, many white South Africans are not English, either. Why the distinction? This is nothing but maintaining an old and convenient prejudice – denying any responsibility. That’s why they were shocked (and still are) about the black fury over the Rhodes statue, and why some don’t understand why listing the “positive contributions” of colonialism infuriates black people. In the world of the humiliated, that is totally irrelevant, psychologically.

What we need to deal with and learn from is why it all happened, and not get stuck in “I told you so” refrains. It’s my hope that this book will be an important contribution in that sense. We owe it to the children and future generations to understand, or they will be stuck in shame and guilt.

Part of doing that is understanding why black people are now so furious, and why so much irrationality prevails – which, to a large extent, though not solely, is due to the humiliation we have subjected them to. We need to take responsibility and own up. And for that, we need to apologise and hold their hands where we can. That will enable our healing, too.

A silly question, nevertheless important. Why should people buy this book?

People are ready to appreciate the contribution psychology makes in understanding human behaviour. Psychohistory is, in a way, psychology applied to our histories.

A black woman once remarked on a TV discussion, “We black people are having all these discussions … when are you white people going to have your discussions? Trying to understand why you did what you did?”

Pondering her words, I thought to myself, she hit the nail on the head.

So, here we are!”

My 67 woorde

Liewe Madiba, lekker verjaar.

Ons mis jou. Jou Zeldina leer ons  67 minute op ‘n keer om almal oor onsself te kom. Die hoop beskaam nie. Koos Kombuis is moerig verby, en vertel die reënboognasiekonsep is skadelik vir ons almal.  Ons land is gebreek, die ANC verwond, kouend aan homself. Ons kan nie vergewe of vergeet nie. Jy moes liewer vir ewig bly.

Liefdegroete, jou Nie-reënboog Suid-Afrika

Skryf hier in. Die LitNet kompetisie sluit 31 Julie 2017

http://www.litnet.co.za/skryfkompetisie-67-woorde-vir-mandela-dag-2017/

 

Mooi,mooi 11

Sjoe – ek vind die digkuns van die blad inspirerend. Hierdie  Hemingway skryf mooi

Chris Hemingway is a poet and songwriter from Cheltenham, Gloucestershire. He has self-published two collections on lulu.com (“The Future”, a prose collection, and “Cigarettes and Daffodils” a compilation of song lyrics and poetry). He is on the organising Board for Cheltenham Poetry Festival and co-runs the “Squiffy Gnu” blog and Facebook poetry prompt group.

via Chris Hemingway – three poems — Clear Poetry