Net homself

Rots lief dié ou, ek kan nie altyd die etery sonder om saam te proe en ruik, uitstaan nie. Maar die mens fassineer my. Outentiek,  oop bek en los handles. Homself.

“Just always evaluating. Kind of like I think a race car king does, you go around the car, you go back you make your changes that you need. But have I changed from the core of who I am, and how I live, and what I do, and who is Guy Fieri? No, nor have I been instructed to. I’ve always been kind of a wild guy. I’ve always been kinda, you know, out there. “

Lees hier en wees jouself.

https://www.thrillist.com/eat/nation/guy-fieri-diners-drive-ins-and-dives-interview

Hakerige, keiserlike vreugde

“Dankie vir my winters, Here. Winters gaan verby. As dit winter is, kan die lente nie gekeer word nie! Ook hierdie seisoen in my lewe gaan verby. Amen. “(Leef se Vuisboekgebed vir vandag)

Daar is voorwaar  die voortuitsig dat die seisoen gaan begin draai, dat die vaal, droë winter van aflê en wegbêre en na binne keer, gaan omskakel in vernuwing, groei en kleurvolle uitbundigheid en uitspattige energie.

Ek is hartstogtelik lief vir die lente. Veral daar waar ons nou woon die keiserskroon of haaklelie of agapant, hang af hoe jou Afrikaans is, van die eerste skaam botsel wat uit die groen blare oprys tot die seë pers blomme dop te hou en op kamera vas te lê.

‘n Klompie lentes of so gelede, op ‘n skoon gereënde of sommer gewone Saterdae, kielie die sonstrale met dagbreek, my gereeld wakker. Ek lê immer stil en sê dankie vir ‘n nuwe dag, rek loom uit my slaap. Elke keer is dit asof iets my dwing om op te staan.

My afspraak met ons Skepper gaan so:

“Word wakker my kind. Ek wag op die stoep vir jou.”

My hart bons en ek stap buitentoe. Sommige kere staan ek dankbaar by die reënmeter. “Dankie Vader!”

“Draai om, kyk..”

My hart bons met duisend dankies en ek hol om my kamera te gaan haal.

Psalm 150 is al wat ek kan sing:”Loof, loof die Heer. Alles wat asem het, loof, loof die Heer.”

“You were placed on Earth to know God.

Everything else is secondary.”

– Greg Laurie

 

Klein liggie

Ek lees vanoggend hierdie op die Vuisboek raak:

“One of the most calming and powerful actions you can do to intervene in a stormy world is to stand up and show your soul. Struggling souls catch light from other souls who are fully lit and willing to show it.”   ― Clarissa Pinkola Estés

Mural: Artist unattributed, Wynwood Arts District

Toe dink ek so by myself, ek wil dankie sê vir julle bloggers en nie-bloggers wat hier by my kom draai en van party skryfgoed hou, op skrywery reageer, en in die algemeen my sonder skroom toelaat om my gekraakte menswees so skrefie, skrefie te ontbloot.

Dis bevrydend om agter te kom dat ek eintlik nie gebreek is nie, my tekort-aan-serotonien-en-dopamien brein ten spyt, nie heelgemaak hoef te word nie. Dat dit bloot net is wie ek hier op aarde is. Dat alles in my lewe groei meegebring het, en dat my liggie, al is dit soms flouerig, tog in iemand anders se donker lig maak.

Oor en uit.

Bewapen teen emosionele terrorisme

scapegoat“Ek weet nie hoekom ek so moet suffer nie.” Ons almal Ta Stienie soms. Nare goed gebeur met ons almal. Mense stel teleur, die onheil tref jou. Dis die lewe op die ondermaanse.

Meestal kom mens daaroor en gaan aan, probeer weer. Kies om liewer diep asem te haal, jou gesig na die son te draai met die vaste vertroue dat God reeds saam én voor jou deur die moeilike tyd stap.

Ander rol om en word meegesleur deur omstandighede. Of verdedig huleself, maar op die negatiewe gedeelte van die verdedigingsmeganismeskaal, deur issues te projekteer en alles en almal die vark in die verhaal te maak. Diegene wie in ‘n staat van gewroegdheid, te nagekomenheid, eie-ekkerige geregtigheid leef. Die grootste hartseer met die mens wat so swaar deur die lewe gaan, is dat hulle ander se lewens hel op aarde maak. Deur te kies om die slagoffer te wees, deur te kies dat jy reg is en duisend ander is verkeerd, jy sit jou op vir ‘n helse lot pyn en dan is jy meestal die een met die fout.

Attitude is a choice. Happiness is a choice. Optimism is a choice. Kindness is a choice. Giving is a choice. Respect is a choice. Whatever choice you make makes you. Choose wisely.”
– David of Vermont 

Wat die heel ergste is, is wanneer sulke jammergatte hulle die reg toe eien om aanspraak op onskuldige mense se lewens te maak. Gif is al wat versprei word. O wee, en as so teemkous jou in die visier het, is daar niks behalwe grense en groot afstand wat jou red nie. Skoonouers en skoonkinders, broers en susters, moeders en kinders se verhoudings word aan flarde geskeur.

Ek is bewus van  ‘n paar sulke situasies rondom my. Ai, as die mense net kan sien wat hulle gedrag tot gevolg het. Soveel seer en pyn en verwarring.

Op soek na antwoorde lees ek op en e-pos ‘n dominee-vriend om sy mening te hoor. Hier is wat ek vind:

Emosionele terrorisme moet glad nie geduld word nie. Indien iemand nie ophou nie, kry hulp van buite. Laat ‘n berader ‘n vergadering tussen jou en die terroris beredder. Dis die veiligste. As daar nie ‘n getuie vir jou teenwoordig is nie, is aanhoudende boelie jou voorland.

Net omdat ons mense vergewe, beteken dit nie ‘n emosionele afbreker kry lisensie om van meet af met ou gedrag voort te gaan nie. Vergifnis gaan hand aan hand met ‘n streep wat getrek moet word. Die oue is verby en iets nuut is in die plek van ou dinge. Die teisteraar mag nie voortgaan of toegelaat word om met hulle vernietiging van ander se lewens voort te gaan nie.

Dit is van uiterste belang dat paartjies en gesinne saam teen emosionele terroriste optree. Maak nie saak wie se ma of pa of broer of suster, vriend of vriendin die oortreder is nie. “Jy praat nie verder so met my of my geliefdes nie. Jy vra respek, ek verdien dieselfde.”

Almal moet konsensus hê en bemagtig voel om vir die terroris te kan sê: “Hierdie besoek of gesprek is nou klaar.” Dit moet volg met ferm optrede – wys die persoon die deur, eindig die gesprek, verander die onderwerp of as jy by hulle tuis is, verlaat die perseel.

Die emosionele terroris is immer aan die wegkruip agter persoonlike ervarings, dikwels uit hulle kinderdae. Die slim omies sê jy laat die persoon die derms uitryg, en al wat jy dan so persoon toevoeg is: “Ek is jammer oor jou slegte ervarings, niemand verdien om so behandel te word nie. Dis waarom jy dit nie verder op ons huis en gesin gaan uithaal nie. Die geskiedenis van onreg kan nie herhaal word nie, dis nie hier welkom nie.” Die kenners waarsku ook dat daar geen onderhandeling moet wees nie. Moenie skietgee nie.

Scape_Goat_Blame_Game

Hoe swaar dit ookal is, as die gedrag sou aanhou, se ‘n domineevriend vir my, is die beste  vir jou en jou gesin om  fisiese- en kontak afstand tussen julle en die terroris te skep, tot die boodskap begryp word, die afbrekende en mishandelende gedrag gestaak word en ‘n nuwe verhouding op respek en liefde gebou kan word. Sodra ou koeie uit die sloot klim, herhaal tot genees of stap weg vir julle eie behoud, ander gaan die stank jou oorweldig. Ek sit en dink aan die Engelse woord ‘scapegoat’ – sondebok.  Dis die enetjie wat die emosionele terroris so graag blameer vir hulle eie laakbare gedrag.

Terwyl ek so skrywe, kom my Dictionary App se woord van die dag op:

Scapegrace –  “One who has escaped the grace of God.”

Sjoe – emosionele terroriste en alle mense moet waak om nie hieraan skuldig te raak nie!

Dink net om aan God se genade te ontsnap, of dit mis te loop omdat jy geen genade teenoor ander betoon nie.

JO!

NS.
Ek baie geput uit die onderstaande artikel, en ek is op my knieë gedwing om askies te sê oor ek maar ver tekortskiet en ook vir genade vir die wat seer het en seer maak:

Dream for SA

“Just imagine if the meaning of being South African included a commitment to three cardinal things; education for the young, productive employment for the able and a decent meal for every dependant. Surely that’s the right place to start? We would not be reaching for the stars, but we would be laying a foundation on which to build, and we have to start somewhere.”- Marius Oosthuysen

Read more:

https://www.dailymaverick.co.za/article/2017-06-25-op-ed-our-country-needs-a-compelling-dream-that-pulls-all-of-us-forward-and-inspires-us-to-work-together/#.WVHRfH-6Kf1

Lees en luister

fly
Kyk, as jy my in 2011 sou vertel dat ek hier in 2017 enigsins betotterd sou wees met seuntjiegroep One Direction oud-lid, Harry Styles se nuwe solo-album, sou ek my natgepiepie het van die lag.
Die groep manne is in  die sewende “The X-factor”- kompetisie in Brittanje deur Somon Cowell saamgeflans as ‘n groep omdat nie een van die manne waffers as solo sangers in die kompetisie se uitdunrondtes gevaar het nie, die res is geskiedenis. En duisende pubertjies het groot aanhangers van die outjies geword. Sulke kougom en aknee musiek.
Waar verstom ek my toe ek by navraag uitvind dat die mooi lirieke  van “Sign of the times”, aan Harry Styles behoort. Rots hou net so daarvan en ‘n paar Vrydae gelede het hy via i-Tunes sy kredietkaart misbruik en die hele album afgelaai. Ek hoor invloede van die Eagles, Ozzy Ozbourne (voor die goggas en twakkies as sy spraak aangetas het), ek hoor mooi grootmens lirieke.
Vir mense wat maar net nie wil aanbeweeg nie, mense wat nie wil aanpas en verander nie…
Lees en luister saam.
Sign of the Times
Just stop your crying
It’s a sign of the times
Welcome to the final show
Hope you’re wearing your best clothes
You can’t bribe the door on your way to the sky
You look pretty good down here
But you ain’t really good
If we never learn, we been here before
Why are we always stuck and running from
The bullets?
The bullets
We never learn, we been here before
Why are we always stuck and running from
The bullets?
The bullets
Just stop your crying
It’s a sign of the times
We gotta get away from here
We gotta get away from here
Just stop your crying
It’ll be alright
They told me that the end is near
We gotta get away from here
Just stop your crying
Have the time of your life
Breaking through the atmosphere
And things are pretty good from here
Remember everything

Anna Malat, dankie vir die wense

My ma se brief, olyfgroenkoevert en -skryfpapier, is onder deur my kamerdeur gestoot.  Ek was in die biblioteek toe die pos afgelewer is. Dis my laaste dae as student. My eindeksamen ‘n pad van geen omkeer. Drie jaar se leer, ervaar, groei amper verby.

Sy skryf:

Ek is dankbaar vir haar brief, maar sien nie die twyfel en voorbode raak nie. Want sien  24 dae later, ek pas klaar studeer en skaars twee dae tuis, skiet sy haar self. 

Malat het jy geweet wat jy gaan doen, toe jy hierdie laaste skrywe aan my rig? Was daar geen ander opsie vir jou nie? Het Swartjie en ek nie in jou ma-hart geskreeu dat jy ons nie sommer so kan los nie? Weet jy jou besluit het ons wees gemaak? 

Ons het in ons angs en seer en verworpenheid drie stories versin:

1. Die lekkerigheid aan jou bors was kanker, en jy wou nie aan jou mooi lyf laat verwoes nie

2. Jy wou van die oom skei, maar hy was te oud om ‘n lening te kry sodat jy jou belegging in die eiendom kon verhaal, dis wat jou daai laaste dag so redeloos woedend gehad het.

3. Dis nie jy wat daar in jou koningsblou kamer die sneller getrek het nie…maar dis vergesog. Daar staan op jou doodsertifikaat: selfmoord.

Feit is jy het ons lewens opgeskeur daardie aand. Ons was soos wilde diere, niemand het met ons raad gehad nie. Jou mense was so verskrik,  ons het maar ons make gemaak, en wonder bo wonder, dit oorleef.

Hengse lot pyn en wonder. Baie foute en leer. Leer alleen wees,  leer oorleef.

Jy was my ma. Jy was veeleisend. Jy het my egter baie geleer.

Dankie dat jy huistrots was. Dat vars linne,  skoon handdoeke en netheid soos my asem is.

Dankie dat jy jouself so mooi versorg het. Dat ek elke oggend lipstiek aan sit en parfuum aan my kuiltjie en polse tik. Dat ek my toonnaels kleurvol tooi. Dat my Rots nog steeds sê ek lyk mooi. Nes Pappa vir jou vertel het.

Dankie dat jy met jou emosionele jaloerse,  dikwels heeltemal onnodige, uitbarstings, my geleer het om ‘n afsku daarin te hê. Ai Malat, daai asbak wat jy gesmyt het, daai blomme wat jy in die asblik gesmyt het. Onnodig. Die lewe is te kort. En my pa was heeltemal te lief vir jou. Soveel so, dat jy nie sonder hom kon leef nie. Nie eers vir julle kinders nie.

‘Skuus, ek wil nie dat hierdie soos verwyt klink nie.

Malat, jou dood is ‘n foutlyn soos die een in Kalifornië, ek weet dis daar, weet nie wanneer dit gaan skuif en beweeg nie.

Ek moet op 58 bely dat my grootste geveg dikwels met my 20-jarige vrees en woede is. Dis ‘n verleentheid wanneer ek dit met mense verloor. Grys hare en plooie, en tiener hormonale reaksies. Flip, dis ‘n helse verleëntheid.

Gelukkig het ek my woede na binne, hulle noem dit depressie, leer ken. Ek het leer leef. Wankelrig, maar tree vir tree, en hulp van ‘ n pilletjie of twee en baie binne werk en groot Godgegewe genade elke dag tot hier gekom.

Malat, as jy nie toe weg is nie, het ek nie vanaand hier gesit en skryf nie. Het my Rots nie by my gesit en rugby kyk nie, my Koda hond nie die duiwel se sulfaat gelê en poep nie. Was jou lieflike kleindogter nie my beste vriendin nie.

Ek sal altyd wonder oor jou laaste oomblikke. Vandag, toe ek weer jou laaste brief lees, besef ek dat jy moet weet jy is vergewe, jy is geliefd, en jou wens vir my het waar geword.

Deur bloed, en sweet en seer en trane. My lewe is vervuld en gelukkig. Net soos jou wens in my laaste verjaardagkaartjie,  31 Desember 1978, ‘n jaar voor jy alles verander het.