11 thoughts on “Ander se woorde

  1. Al vier hierdie het my laat dink. Veral die derde aanhaling is iets wat op my van toepassing is. Ek vermy onderwerpe waaroor ek weet daar ñ meningsverskil gaan wees, en dis ñ defnitiewe “flaw’, ek weet.

    Like

    • Ek dink ons het nodig om die ongemaklike dinge begin bepraat met baie mense, selfs al verskil ons. Dis al hoe ons mekaar sal leer ken. Dink daai ” ek sal jou standpunt verdedig, as jy my reg tot my eie opinie sal respekteer” is wat mens se benadering moet wees.

      Liked by 1 person

      • Ek sit hier oor jou woorde en dink, en ek besef een ding; ek is lui. Te lui om in die meningsverskille betrokke te raak, te lui, of dalk moeg, om mense se opinies rondom kerk en politiek aan te hoor omdat dit so altyd dieselfde is. Die mense met wie ek wel hieroor gesels, is diesulkes wat min of meer voel en glo soos ek. Van die res stap ek net eenvoudig weg. Ek wil niemand probeer beïnvloed nie, niemand se mentor wees nie. Dit klink baie sleg, ek weet. Dalk iets met my ouderdom en verlede te doen? Vir my is die belangrikste om veilige omgewings te skep waar elke ou homself kan wees, waar mense veilig voel en geborge. En vir my gaan dit nie gepaard met heftige gesprekke nie. Ek haat dit met ñ passie. Lekkervurig, hierdie is nou ñ mondvol, ek weet. Hoop dit reën lekker daar by julle ook.

        Liked by 1 person

      • Respek. Ek persoonlik voel ons land se mense en ek bedoel alle mense weet te min van mekaar en gevoelens op aannames is geneig om ‘n boggerop te wees. Dit drup drup vanoggend en die son terg terg deur die wolke. Groetnis.

        Liked by 1 person

  2. Dis alles baie waar en goed gestel. Ek voel ook soos Una, dat ek nie in bekgevegte betrokke wil raak nie. Soos jy seker nou al weet, verskil my opinie oor God en godsdiens van julle almal s’n. Uit respek weerhou ek my daarvan om lelike aanmerkings of redenasies daaroor aan te gaan. Dit sou egter soms vir my lekker gewees het, as mense wou luister hoekom ek so daaroor voel, sonder om my uit te kryt en te veroordeel.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s