
‘Laat los en laat die Heer,’ het Ouma Stompie altyd gesê.
Dit beteken nie vergeet, oordink of ignoreer nie.
Dis nie wen of verloor nie.
Laat los is nie opgee of ingee nie.
Dit is nie stywenekkiegeit, beneukgeit of moedswilligheid nie.
Dit het niks met meewarigheid of disrespek te make nie.
Plek vir jaloesie, woede en spyt is daar nie in laat gaan nie.
Laat gaan is vergifnis, maar boweal self-vergifnis.
Om nie met trauma snellers te reageer nie.
Om stil te bly en met deernis en empatie vir ander spasie te maak.
Laat gaan is om te kies om nie in verskrik en seer vas te val nie.
Om te laat gaan is om te besef seer, spyt, skaam, kwaad, woede, verwerping en al daai monsters van negatiwiteit is soos ‘n onderrok met ‘n verskiete rek wat om jou enkels bondel. Jou keer om te loop. Laat gaan help jou om daaruit te tree en nie terug te kyk nie.
Laat gaan help dat jy vorentoe tree, met vryheid en veerkrag.
Laat gaan is om die goeie te behou, die slegte en seer te oorkom en dan veerkragtig vorentoe te beweeg.
Dit is om die moed te hê om te weet verandering is konstant en dan moed en krag bymekaar te skraap om liewer aan die beweeg te bly.
Laat gaan is ʼn groei kans om die jy wat opgesluit is te ontgin en te ontsluit.
Dit is om dankbaar elke lag en traan oomblik te onthou en as groei kans te omarm.
Laat gaan laat jou waardeer wat jy gehad het, vul jou met dankbaarheid vir wat jou nou in die oomblik het en om uit te sien na wat binnekort weer oor jou pad sal kom.
Om oopkop en hoopvol die toekoms pad te loop.
Laat gaan stel jou vry.
Lat los want God is reeds oral waar jy was en is en gaan wees.
Dankie my liefste Ouma Stomp dat ons lewenslank die wysheid uit jou hart met ons kan dra. Ons moet net onthou om dit te leef.
Wyse woorde wat goed is om te onthou.
LikeLiked by 1 person
Dis waar, om te onthou is die knoop.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n mooi sê-ding … die oumense was so wys (en ons moet onthou om dit ook verder te neem sodat die generasies wat kom, dit ook kan hoor). Ek hou veral van jou laaste sin dat God reeds daar was waar ons was, is en gaan wees – so ‘n kosbare gedagte.
LikeLiked by 1 person
Ja, daar word soveel goed as nuut opgedis, intussen word waarheid oor generasies by ons ingefluister. Ons ore en harte moet net oop…
LikeLike
Dis waar … ons is so besig met die eie ek dat daar nie tyd is om te luister na wat ondervinding reeds aan ons voormense oorgedra het nie.
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLiked by 1 person
Kosbare diep woorde. Daardie laat los werk om vrede te bring aan die hand van die Goeie Voorsiener. Dankie vir die deel hiervan. Net op regte oomblik hier kon lees. Mooi bly daar op Waterval.
LikeLiked by 1 person
Dankbaar as Ouma Stomp se wysheid en my mymer daaroor kon help.Liefdegroete. Ons bibber.
LikeLike
Toemaar, die weer hier is afgelope drie weke van sneeu na storms reën met emmers en bly koud. Son kry nie kans om uit te kom nie. Bome begin darem bot.
LikeLiked by 1 person
Ware woorde wat jy hier spreek.
LikeLiked by 1 person
My ouma se wysheid en lewenspleisters op lesse aan eie bas gevoel.
LikeLiked by 1 person
Baie Wyse woorde hierin vas gevang..
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondels.🌼
LikeLike