More, more. Kom. Hier is koffie en tuisgebakte beskuit, wit en hartstigting-vriendelik. Of wat van lui huisvrou lepelvol skons? Sjoe, lanklaas was ek lus om te stoepkuier en te gesels.
Hoe lekker dat ons nou ontmasker, mekaar nie meer skigtig witoog nie, maar mekaar se tronies weer kan sien!
Tronie is ‘n interessante woord. Dis ‘n omgangstaal woord in Afrikaans en ‘n kunsterm van Nederlandse oorsprong, en beteken lelike of komieklike gesigsuitdrukkings. Basta met taallesse, kom ons kuier en gesels sommer net lekker.
Die laaste twee oggende is die sonsopkoms vol kleur. Malse oranje, baba pienk en blouselblou kom die nuwe dag se genade oor ons gespoel. My hart klop warm klein bekeer daaroor, en ook die supermaan wat maanbaai toegelaat het en my breinselle sommer herbelyn het. Dit was eergisteraand die laaste supermaan vir 2022. Ons sal eers weer middel Januarie aanstaande jaar die wonder beleef.
Die die eerste streepswaeltjies het pas uit die Noorde arriveer. Vanmôre toe ek die ander gevolgetes se kossie gaan uitsit, Lewis Hamilton ‘n paar te lekker in die mooi oggend lug. Meneer en Mevrou Kwikkie is amoreus op die grasperk. Ek wonder of die rasperkaas wat ek vir hulle op die voorstoep los, ‘n kwikkie afrodisiakum (liefdesdoepa) is?
Hierdie stil oggend tye herinner my aan die mooi woorde:
I place on the altar of dawn:
The quiet loyalty of breath,
The tent of thought where I shelter,
Waves of desire I am shore to
And all beauty drawn to the eye.
May my mind come alive today
To the invisible geography
That invites me to new frontiers,
To break the dead shell of yesterdays,
To risk being disturbed and changed.
May I have the courage today
To live the life that I would love,
To postpone my dream no longer
But do at last what I came here for
And waste my heart on fear no more.
JOHN O’DONOHUE
Excerpt from ‘A Morning Offering’ found in his books,
To Bless the Space Between Us (US) / Benedictus (Europe)
Hoewel daar baie rede is om in dankbaarheid en loutere vreugde te lewe is daar maar ook goed wat mens maar krapperig en onthuts laat.
O jinne, maak ek toe mos gister die Springbokke ter ere bokkerolletjies. Daar gaan die manne heen en verloor hulle rugbyplan iewers tussen die kleedkamer en die veld. Blixem. So ek herdoop maar amptelik die spinsasie en kaas gevulde aloo naan rolletjies, na bokkerrolletjies niksies. Ons manne het wraggies nie een oomblik soos die helde van verlede week gelyk nie. Puntemaker geleenthede is nie gebruik nie, hulle was op die agtervoeterig. Bleh. Bokkerrol plesier. Ek sal maar voortaan die rolletjies vir enigiets behalwe rugby braai voorsit. Les geleer!
Ek het naïef hoopvol gedink dat die globale skrik wat Covid gebring het, die wêreld en mense sagter, meer empaties sou maak. Not ‘n tiekie. Ons beleef hardheid selfs by mense wat die Lig in Covid-komas gesien het. Mense wat steeds wreedheid uitspu en lemmetjietonge onder mense ontketen en wegstap, sonder nadenke, sonder vergifnis. Empatie en deernis bly harde werk. Ons moet sag met mekaar wees. Spasie vir mekaar maak. Ons is almal deur ‘n tuimeldroër-siklus onbekend aan ons.
Ons kan ons nou ook nie blindstaar teen die dinge wat nuus maak nie. Daai woeste en wrede oorlog in Oekraïne. Joernaliste, gewone mense, kinders wat sterf, vermoor, verniel verguis word. Die hongerte oral. Die wreedheid in vrouemaand wat op Krugersdorp se mynhope met 8 vroue gebeur het. Ons hadeda-minister wat so ewe kan vertel dat een vrou gelukkig was om net deur een man verkrag te word. MFM! Ondenkbaar.
Ek sit en wonder oor die vroue in hoge poste wat met korrupsie en wanbestuur assosieer word. Sal hulle wil vra: “So in vrouemaand – watse voorbeeld stel julle susters? Wat sal die moeders van 1956 van julle en julle swak voorbeeld dink?’
En so by so, hierdie vreeslike vreemdelingehaat wat klomp leiers in ons land aanblaas. Daai einste vuurspoegers was uitgewekenes en opgeneem en beskerm in die einste lande wie se mense nie in ons land ‘n veilige holte vir die voet mag kry nie. Tweegatjakkalse as jy my vra.
Het jy gehoor van krimpflasie. Dis nou die voedselverskaffers wat al hoe minder produk teen dieselfde prys verkoop. Kyk bietjie. Wat laas 1kg se waarde was, is nou teen 1kg se waarde 800g! Kyk bietjie hoe slim word daar te werk gegaan. Vloeistowwe is omgeskakel van milliliter na gram. Daar is ‘n aansienlike verskil om dit so te meet. Die verbruiker se rand is soos ou Wicks kougom, by breekpunt, onrekbaar.
Die wêreld is mal nes Francois van Coke sing.
Weet net, ek sal altyd vir jou die stoel uittrek en saam sit op die stoep of waar ook al. Kom nes jy is, en jy is meer as welkom. Ons kan klets of sommer net saam stil wees. Wat ook al jy nodig het.
Kyk, kyk hoe mooi trompetter die petunias en belowe die madeliefies dat dae van nuwe groei kom. Kry nog ‘n skon.



Lui huisvrou lepelvol skons (Op die 3-bestanddeel tema, maar ligter en lekkerder)
Gooi die volgende bestanddele in ‘n mengbak
- 3k bruismeel
- 1tl bakpoeier
- 1tl sout
- 1koppie room
- 1k Sprite of gemmerlim
Roer goed deur, maar moenie oormeng nie. Laat rus vir 10minute.
Stel oond op 200°C. Sit bakplaat in oond vir 10 minute terwyl jy die beslag laat rus.
Voer bakplaat uit met bakpapier.
Sit lepelsvol beslag, so 3 in ry op bakplaat.
Maak omtrent 10-12 skons.
Bak 15minute tot goudbruin.
Lekker eet.
Ek het nou so lekker saamgekuier en ‘n hond uit ‘n bos gesels oor al die onderwerpe onder bespreking, van die “gelukkige” vrou wat so goed daarvan afgekom het by die verkragting tot by krimpflasie – iets wat my hoogs de moer in maak, want wie sien hulle aan vir stoepit? Dankie ook vir die lekker skons, en die resep wat ek huis toe gebring het.
LikeLiked by 2 people
My plesier. 😘 Dis woes wat alles om wins gepleeg word. Erhste dis die armstes en gewone burgers wat swaar trek.
LikeLiked by 2 people
Geniet jou stoepsit so saam met die heerlike skons en die pragtige blomme.
LikeLiked by 2 people
Dankie dat jy kom inloer.
LikeLike
Hoe lekker is dit om in die son saam met jou op die stoep te sit; om oor dit en dat gesels; jou mooi blomme te sien; en die streepswaeltjies wat nog nie hier aangekom het nie! Dankie vir die wysheid van John O’Donoghue EN vir die skons 🙂 🙂
LikeLiked by 2 people
Og. My stoep was vol kwetter en kweel van swaeltjies en vêr- vriendinne. Dankie dat jy kom kuier en met jou blog my lewe verruim.
LikeLiked by 2 people
So ‘n stoepsit kuier is ‘n lekker ding … in die sonnetjie daar tussen jou helder kleurige blommetjies en allerlekkerste skons. Gits, en ‘n resep so maklik dit lyk selfs ek sal hierdie een kan baasraak. Jy se die swaeltjies is oppad (dit het seker te warm geraak vir hulle daar in Europa) – ek verwelkom hulle met ope arms terug hier by ons … dalk kan ek selfs ‘n paar krummeltjies van die skons vir hulle gee 🐦.
LikeLiked by 2 people
Ek sal darem in rerige tyd bitter graag ‘n broodjie wil breek en ‘n wyntjie saam met jou wil teug.🌻
LikeLiked by 2 people
Ek dink jou bros skons en ‘n glasie wyn kan mooi saam werk 😉.
LikeLiked by 2 people
🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Net so blixem in vir die Bokke. Eintlik die skrumskakels wat naby die 22m lyn die bal wegskop. 2 x Blixempies. Jou mooi petunia’s maak op.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die inloer. Soos die broodjies is ons Bokke wraggies bokkerrolletjies, niksies. Kan nie glo hulle kon die plot so verloor nie. Bly die blonme help vir die eina.
LikeLiked by 2 people
Hierdie is n lekkerkry stoep kuier. Mooi uitsig, vogeltjies wat sing, boeretroos en dan nog n bakseltjie by…. mmmmmm ek sien uit
LikeLiked by 2 people
Ooooooooo, het heerlik op jou stoep gekuier, niks woestyn-stof nie, groen, voëls, koffie skons, hel-lekker eet. Ek het gn woorde oor daai comment nie, net dat ek heerlik gekuier het. En jou blomme is pragtig🌻
LikeLiked by 1 person
Suster. Jy het kom kuier. My beker loop oor. Mwah!🌻
LikeLike
Heerlike kuier, lekker geskryf, dankie. 💞
Ek smul maar aan die fotos.
Hier spreek hulle scons uit soos Skouns. 😉
LikeLiked by 1 person
Soos ek met jou reise maak😉
LikeLiked by 1 person