
So is ons nou reeds by dag 336 sedert ons eerste familievergadering deur Pres Cyril Ramaphosa saamgeroep die lewens van elke Suid-Afrikaners onomkeerbaar verander het. Ek moet bely dat die dae en eerste weke wat gevolg het, was vol verwarring, verstomming en gelatenheid. Die omvang en impak van die Covid pandemie was vir my om skielik binne Deon Meyer se Koors samelewing in te stap of een van die Mad Max flieks. Surrealisties. Toe kom die hamerhoue – ons besighede staan toe, geen kaggels en braais word verkoop nie. Oornag. Tjoef. Net so. Het die bank, die polismense,die mediese fonds, die finansieringmesne hulle eise op ons sakke gestop – nee ou katta. Telefoonterrorisme is bedryf. Mens het naderhand nie antwoord nie. Hooploos.
Ek lees vanmore Michelle van Breda se redakteursbrief in die nuutste Sarie. Waarlik ek stem saam met haar. 2021 is eintlik net 2020 Deel 2, met bietjie hoop by.
Daar is steeds die angs oor Covid, mense word siek, mense gaan dood. Maar 82% van gevalle ervaar mense slegs matige simptome en herstel. ‘n Vriend van Bab se bloed moes onlangs getoets word, en dit wys hy het wel Covid gehad, hy kan om die dood toe nie vertel waar en wanneer nie. Miskien was die verkouerigheid ‘n ruk gelede.
Ons gesin is deur 336 dae se wroeg op finanisiële gebied. In ‘n hoek geverf en toe kry ons die bakstene agter ons rûe losgewikkel. Ons besluit om die groot karoohuis wat ons al jare verhuur te verkoop. Ons gastehuisdroom laat vaar. Binne dae kry ons ‘n aanbod wat by ons verkoopprys uitkom. Binne ‘n maand is die transaksie afgehandel. Die polismense, die bank is almal gelukkig en ons kan voorraad vir die Lekkerwinkel aankoop. Soos ek hier sit en skrywe word ‘n kosbare vrag kaggels en braais afgelaai. Genade, genade!
My maat Hester kontak my. Vra wat het Johannes 14 met pap en kool te make. Ek beduie, danksy my noue band met Eli, dat dit ‘n township liefdewoord vir kool is, en Johanne14 heet. Dit verwys heen na die Zioniste kerk wat baie geheg is aan Johannes14:1 “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.” Solank jy kool het, is daar kos in die huis. Jy kan slaai maak, jy kan dit stoom, roerbraai, met aartappel maak en een kool maak klomp mae vol. Hoop en geloof.
Kyk net wat kan ons by mekaar in hierdie Suid-Afrika leer. Van hoop, genade en saamstaan. Oor die Radio speel Dr Victor se “Give me hope, Johanna.….” So by my kool!
Geloof so eenvoudig en asemsnakkkend. Dat die God van die skepping ons klein spikkeltjie mensdom so liefhet, dat ons Hom mag aanbid.
Die wonder van God se liefde vir ons, die wyse waarop elkeen van ons kan terug kyk en die ToeValLig is 10 000 kere waar Hy ons lewens gerig, gelei, gered het met sorg en liefde wat uit ‘n Vaderhart kom. Daarom sal ons vorentoe gaan, met hoop en Johanne 14 as dit moet.
Daai voorrade lyk sommer windmaker en ek hoop hulle verkoop teen die spoed van weerlig. En ek is so bly die lig skyn weer daar by jou. Dankie vir die hulp met my kooldilemma. Ek het Johannes 14 van alle kante af bestudeer vanoggend voordat ek jou gekontak het. Ek dink dis tyd om my Consol bottels nader te trek om kimchi en sauerkraut te maak.
LikeLiked by 1 person
Daai inlê klink soos ‘n plan. Mwah!
LikeLike
Baie bly die lig skyn weer helder daar by julle. Kerriekool het vele kere mae volgekry toe al die kinders nog in huis was.
LikeLiked by 1 person
Moet sê, kool is winter en somer deel van ons spyskaart. Liewe Johanne14, nè.
LikeLiked by 1 person
So by my kool, dis waar van al die kool. Sooooo bly jul kan weer asemhaal. Baie dankie dat jy die skrywe gedeel het. Dis tog wonderlik hoe daar tog wel gesorg word al voel dit of alles verlore is.
LikeLiked by 1 person
God is good al the time, in still and storm.
LikeLiked by 1 person
Waar soos kan kom.
LikeLiked by 2 people
Prikkelende titel, ek dink nie ‘n mens kan dit vertaal nie, pragtig geskryf soos altyd. ♥
LikeLiked by 2 people
So kom ek vandag eers hierby uit. Vuurtjie, ek is diep diep dankbaar die lig skyn weer by jou. Mag dit nooit weer so donker wees by julle. Mag daar altyd vars Johannes 14s wees🤗🥰
LikeLiked by 2 people
Dankie Bondels, daar was altyd Johanne 14, God is goed so.😘
LikeLiked by 1 person