Ek vlug van die regte wêreld na Nommer 14 Towerinstraat, Rebusfontein. Ek het stilte nodig. Pas aangeland hoor ek net hoe daar by Woordnoot se huis gesels word. “Art… exibition… Jinay…’ kom Lorenzo se stem aangesweef.
Wat is nou weer op hierdie magiese plek van die Towerinne aan die gang? Ek gryp vir GelieUnaBaliPostief, my muse-eend en ons twee en Ringo gaan loer waaroor daar so aangegaan word.
Ek kry vir Lorenzo by die meent ingehaal. “Lorenzo, whet is going on. Why are you so busy,” vra ek.
“Firefly, we haf made exibition space for you all. I invite Jinay from France to help you. You must host exibit with your art,” beduie ons latino opgewonde.
“But Lorenzo, I am not an artist, I only appreciate art…” Hy onderbreek my. “Then come show what you appreciate. Go, go Jinay she will come help you juss now.”
Woordnoot, Kameel en Toorts se mooi goed is reeds op uitstalling. Ek stap nader. My Towerin maats het voorwaar goeie smaak.
“Woordnoot, joe, die kunswerke is mooi, ek weet darem nie of ek sal kan uitstal nie,” protesteer ek.
Woordnoot lag te lekker.
“Vliegie, moenie kommer nie. Jinay het my sommer gou kortgevat toe ek oor my goed twyfel. Nogal my mooi vertel ‘beauty is in the eye of the beholder’. So niks te vrese nie. Jy kom stal uit sodat ons mooi deur jou oë kan sien,” se my mooie Towerin maat.
Ek stap terug Nommer 14 toe. Deur my oë kuns kyk. Mmm. Dit kan werk, my kunsgoete vertel maar almal ‘n storie van my lewe.












Die skilderye hierbo is deur Chris Gouws(RIV), my boesemvriendin van baie jare, Christina se talentvolle pa. Die swart en wit kunswerk het hy al op Universiteit vir my gegee omdat ek dadelik hulle gesin, Ma, pa drie kinder en hond en kat raakgesien het! Die sonneblomme, my mater se gunsteling het sy eendag toe ons met vakansie in die Kaap by hulle gaan kuier het van haar muur afgehaal omdat sy vir my lief is! Later jare het sy vir my die Namibië muse gestuur en toe ek verlede jaar 60 word, het sy my verras met twee van Oom Chris se Graaff-Reinet landskappe. Skatryk is ek aan liefde bederf.

Lidi de Waal se Varkievrou hang al sedert 2016 in my skryfkamer, saam met haar gedig:
Varkievrou
van lank lank gelede af sê mense
die vrou se varkies is nie almal op hok nie
maar ag wat mens kry mos verskillende kopvarkies
jy kry die makkes
die linkerbreinvarkies
wat netjies in gelid bly
die ordentlikes wat hulle nie maklik laat bewolf nie of bevark nie
wat mooitjies in netjiese hokkies pas
en dan ai tog lo and behold
kry jy die malles
die regterbreinvarkies
dis nie varkies wat jy aldag kan voorsê nie
of inhok nie
daais is die next level shit varkies
die weirdvarkies die vliegvarkies
die artvarkies
mettertyd kom jy agter
dis beter om hulle op hul eie manier te laat operate
want dan kan hulle vir jou die hemel op ń skinkbord bring
hulle kan eentonige middelmatigheid omtoor in voortreflike uitnemendheid met pers en groen kolletjies op
en soms (rerig erig sonder dat jy dit so gewou het)
kerjakker van jou varkies bietjies te uitbundig rond
en trap hulle op iemand se tone
of pee teen iemand se heilige bome
maar op die ou end moet jy al jou varkies net onvoorwaardelik liefhê
en koester
want jou varkies…is jou varkiesLidi de Waal 2016

My man kla maar elke dag oor die huis se mure tjok en blok vol hang aan skilderye. My nuutste is baie spesiaal. My eie sussie, Deirdré Joubert, wat super kunstig is, het my bederf. Riekie die vrolike kameelperd my gunsteling by uitstek, en dan haar kleinkuns van lank gelede wat ons ouers se weggaan uit ons lewens uitbeeld.
Nou gaan ek stop, arme Jinay het nou net gillend straat af gehardloop. “Too much, too much…”
Julle moet maar besluit wat uitstalwaardig is.
———-
Hierdie is ‘n denkbeeldige kunsuitstalling en elke Towerin word gedaag om haar unieke kuns (hetsy self gemaak of sommer net self gelief) te kom uitstal! Die In-linkz skakel is: https://fresh.inlinkz.com/p/ea9c1f40af104092b8ababac55311c85
Alla wêreld!!! Ek vergaap my aan al die mooie kuns! Ek hou daarvan dat jou mure so vol hang. As daar meer mure in my huis was, sou dit ook baie meer opgehad het. Dankie vir die wys…jou kuns is pragtig!
LikeLiked by 2 people
Hallo, die tyd loop soos geld, vinnig. Ek het al vergeet ek het jou belowe om te kom kuier! Bloos!
LikeLike
Is so bly jy het kom uitstal…. die week is al more verby!
LikeLike
Ek geniet jou art en jou aard vreeslik baie, so reg na my hart. Jy kan maar alles uitstal hoor, elkeen is mooi en het ‘n mooie storie wat saamgaan
LikeLiked by 1 person
Dankie mater…ek so lief vir my goete en my huis is my nes, skrop alte lekker!
LikeLiked by 1 person
Dis pragtige werke Vuurvliegie. En elkeen met sy eie storie wat dit so persoonlik jou eie maak.
LikeLiked by 2 people
Dankie Hester. Ek het amper die uitstalling agv uitstel misgeloop! 😉
LikeLiked by 1 person
Ek het vanoggend met my kamera deur die huis gevlieg en gaan nou gou my blog doen 😀
LikeLiked by 1 person
Nou voel ek nie agteros alleen nie.😉
LikeLiked by 1 person
Dis baie spesiaal Vuurvliegie, en daar is pragtige kuns daar.
Ek het gelag vir die Firefly…. nou voel ek beter oor my Camel 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Dankie Cameltjie.😂
LikeLiked by 1 person
Dis die mooiste versameling, Vuurvliegie! Jy beter ‘n sekuriteitswag aanstel by die uitstalling, want ek het gehoor Broodina beplan ‘n rooftog van kunswerke. Sy het nog nie haar streke laat staan nie!
Daardie eerste skildery is ook my gunsteling, maar eintlik kan ek nie kies nie!
LikeLiked by 2 people
En hier is jy, my Bytjie maat. Jy moet maar met zoem- zoem regstaan…ek reël solank vir Positief en Soneell en Camilla om te kom karate as Broodina dit waag….😉
LikeLiked by 1 person
Ons moet ons stilettos gereed hou vir ingeval!☺️
LikeLiked by 1 person
👠👠👌
LikeLiked by 1 person
Besonderse kunswerke met besondere betekenisse. Gelukkig weet jy is ‘n firefly en kan dus nie art/aardvark wees nie…
LikeLiked by 2 people
Hallo Abrie. Woorspeler van formaat. Ek moet sê lig maak is lekkerder as snuffel en soek. 😉😂
LikeLike
Oeweeeee dis ‘n lekker verskeidenheid hier bymekaar. As ek so baie moet hê sal ek heeldag ledig rond sit of eder staan en kyk
LikeLiked by 2 people
Een van my gunsteling tydverdrywe…🤗
LikeLike
Mal oor daardie varkies!
LikeLike
Weet jy hoe lekker bly ons saam…🤗🐷🐖
LikeLiked by 1 person
Ek het met afwagting uitgesien na jou uitstalling, sommer geweet jy het die allermooiste versameling!
LikeLiked by 2 people
Bly jy het dit geniet in my kraaines van onthou.
LikeLike
Daar ia foto van jou op Perdeby se Vrydag veertjies
LikeLiked by 1 person
📚✏🔥
LikeLike
Wat ń pragtige versameling omskryf met mooi verhale, wat elke werk spesiaal maak.
LikeLiked by 1 person
Sjoe… ek laaik al daai mooie aart!
Ek sien nou ‘n ander kand van jou?
Sterk aart… ssos die sterk vrou wat jy is!
Hou aan om daai mure vol te maak… dis vet pret! 😉
LikeLiked by 1 person
Hallooo AJ. Bly jy geniet die kunsstories. Die stetk vrou bewe maar ook dikwels. 😉 Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie hoe ek jou mooi prente gemis het nie, maar hier is ek en ek dink hulle is spesiaal en pragtig.
LikeLike
Hallo Seegogga, dankie.
LikeLike