Wonderwerk werk

Tien jaar na ek my beste jare daar geslyt het, keer ek in 2007 terug om die Kankervereniging in ons streek weer te help.  Om die eerste Relay for Life in ons stad te te vestig. 

Kom ons tree eers so paar jaar terug.

As skakelbeampte vir ‘n groot supermarkgroep in die groeiende dorp onderweg na stad word toe, was ek ‘n ‘celebrity’ vir die media. Die bedel ooms en tannies van die dorp het my ook soos  ‘n koninklike behandel.

Ek het ‘n begroting vir professionele bedelaars gehad en by heel party projekte betrokke geraak. Hoogtepunte was ‘n trollie marathon tussen Louis Trichardt en Polokwane en tussen Warmbad en Polokwane. ‘n Checkers trollie se wiele kan meer as 200 km hanteer, met my eie oë gesien.

Dan ons kamma-hofsaak, toe ek provinsiale nuus chaos veroorsaak het deur aan te kondig dat die grootbaas van Checkers in die hof sou verskyn! Ons het klomp geld vir padveiligheid ingesamel en dit was die eerste keer dat meer as R 100 000 in een oggend ingesamel is. Die geld het later twee ambulanse vir die N1-roete aangekoop. Dit was toe al ‘n vreeslike pad, net soos vandag se snelweg.

Die sukesvolle projekte en my publiek beeld veroorsaak dat die kankervereniging my teiken toe hulle hoofbedelaar na Pretoria verhuis. Ja, wat sal ek sê.

Ek kry die werk binne 20 minute. Skrik my mislik toe ek besef dat die wonderlike R 1,2 miljoen hospitium nie soos hulle beduie het, ‘n geldboompie het wat jy net skud en dan klop die begroting.

O, hoe ongewild was ek. Die stuk papier onder die ‘runner’ by my nuwe lessenaar wat sê: “Hierdie skoene moet jy volstaan.” Hoe ek met swart koki my eie groot voete bo-oor omlyn, en op die kennisgewingbord gaan plak met die boodskap:”Toemaar  ek dra No.8’s.” Dis in my hart tattoeër. Daai vergelyking. Ek het gelukkig dit oorleef, en my strepe een vir een verdien.

Ek het verpes om met ‘n span mense te werk. Die bytery, die agterbaksheid, die valsheid. Ek was gewoond om die enigste besluitnemer te wees en ook dikwels die enigste vrou in ‘n span. Onwillige leier van ‘n span vroue word ek. Chaos vir hulle. Ek het dikwels ver vooruit geloop, die lê van die land bekyk, strategiese besluite geneem en dan die koers waarin ons moes gaan aangepas. Die arme verpleegsters en ander personeel moes wikkel om by te bly. Maar, hulle het metterwyl besef dat ek vertrou kan word. Die gevegte vir billike salarisse en pensioenvoordele met die nasionale raad was die moeite werd. Die mense het begeesterd gewerk toe waardering in rande uitgedruk is.

Die ses-bed hospitium was ‘n besondere plek. Uniek en enig. Groot toffieappel vir die organisasie, want ons het nie in hulle boksies gepas nie.  Ek was kronies in die kak. Gevegte, rusies, dreigemente. Ek het ons direksie grys hare besorg, maar ons het ons missie volvoer: “Jy het die reg om met waardigheid te leef tot die laaste oomblik van jou lewe, tot die laaste asem.” Ons het soveel wonders beleef.

Die hospitium is in 1990 gebou en vernoem na ‘n onkoloog van Pretoria, wat die nood van kankerpasiënte en hulle families raak gesien het en saam met die kankervereniging hom beywer het om ‘n versorgingsoord spesifiek vir kanker pasiënte te vestig. Die tragiek is dat hy letterlik op straat en alleen gesterf het. Daar was niemand om hom by te staan nie.

So, die Theunis Fichardt Hospitium en die kankervereninging van Suid-Afrika was die wenners van my beste jare. My kind het ‘n baie veeleisende sib bygekry. Die plek het my alle ure van die dag, heeljaar besig gehou. Fondse insamel, verpleegsters dissiplineer, families troos. Dit was soos ‘n marmotwielrit, aanhoudend om en om.

Hoogtepunte was daar gelukkig meer as laagtepunte. Hoogtepunt een het gekom net na ek die bestuurspos aanvaar het. Ek moes die plek toemaak en oor registreer as privaat hospital. Dit het ekonomiese oorlewing beteken. Ek kon personeel net deeltyds aanstel – ad hoc. Dit het eers chaos veroorsaak, tot almal ingesien het dat die plan die plek en die personeel tot voordeel strek.

Die beste grap was toe die destydse stadsklerk van Pietersburg, bouer van die dorp, my ontbied pas na ek die pos gekry het. Ek onthou hoe ek met my rooi lipstiek en hofskoene die donker kantoor met die reuse lessenaar instap. Ek sit so oorkant die besnorde oom, hy het my nogal aan my pa laat dink.

“Waar kom jy vandaan, wie is jy?” Net so reguit. Ek sê so ewe gewip vir hom, dit maak nie saak wie ek is nie, wat ek kan doen is wat tel, dis hoekom ek die pos gekry het. Fokken nasionalistiese chauvinisme maak vir my tot vandag toe so kwaad dat ek nie reguit kan dink nie.

Hy was so ietwat oorbluf. My so gekyk en gesê hy en die res van die dorp hou my dop, ek beter nie aanjaag nie. Ek het so ewe terug gesê hulle moet maar net hulle beursies oophou, ek sal die projek se wiele glad laat loop.

Ek werk amper tien jaar daar. Ek is daar toe die Nuwe Suid-Afrika provinsies se grense verander en die politiek van regstelling sy eerste pynlike gevolge laat voel. Ek was bitter ongewild met aanstellings, onder andere was elkeen van die eerste om ‘n swartvrou aan te stel as my assistent.

Nou die druk om geld in te samel en die onwilligheid van mense om by nie-rassigheid aan te pas was soos ‘n kanker binne-in my.

Een oggend vroeg sit ek en werk in my kantoor. Ek was lief om soggens vroeg so uur of twee voor gewone werksdae begin, reeds daar te wees. Dit was stil. Geen onderbrekings nie. Ek onthou die ou tuinier wat aanklop. “Mies, daardie wit vrou sy wil nie vir my kakpapier gee nie.” Net dit.

Ek onthou hoe ek my pen teen die plafon vasgegooi het, en in my kar gaan klim het. Volgende wat ek onthou is by my dokter se spreekkamer en die salige inspuiting. Vandaar is ek hospitaal toe. Vir drie dae aanmekaar geslaap. Ek is nooit weer terug werk toe nie. Geen koebaai, geen niks.

Ek het met my gemoedsbekakking by die huis gesit, geslaap en gehuil en kwaad gewees. Ek het selfs een oggend in die stort gestaan en my mond oopgehou. Gereken ek kan myself so versuip. Genade, ek lag nou soos vir Griet in die sprokie wat haar kop in die oond druk en die kakkerlak raaksien. Selfmoord vergete en ek het stelselmatig herstel en weer mens geword.

Ek het eers my man gehelp met sy kunsmis depot, dis nou toe die depressie miswolke lig en Bloubekruip toe in sy hoekie gaan lê.

Dit lei tot ‘n kantoor pos vir ‘n koöperasie wat lenings aan boere toestaan. Ek het hulle gehelp met lening aansoeke en dan hulle gehelp om die geld te spandeer. Ek kan darem sê ek weet watter materiale nodig is om ‘n pakstoor te bou, en hoe om diesel betyds op ‘n plaas te kry!

Het ek dit geniet? Nee. So uit my geaardheid het ek laas beleef toe ek een halwe oggend in die sentrale op Barberton gewerk het! Dit was na my ma se dood, daai episode. Kort op die hakke is die werk in Sasol Secunda se salariskantoor.

Jinne, wat mens nie vir oorlewing doen nie.

Nietemin. Ek slaan ‘n pos by ‘n skinnerblaadjie los as sub-redakteur. Lekker met woorde gewerk, maar andersins hel op aarde. Kan nie sonder ‘n prokureur verder vertel nie. Ek sit een oggend dik die blou bliksem in na ‘n woord tirade wat weer oor my uitgespoeg is.

Die telefoon lui. Dis my oud-kollega wat toe baas oor die plaaslike kankerverening streek ook is.

“Het jy werk vir my,” blerts die sin uit my mond.

Sy is oorbluf. “Hoe het jy geweet?”

Nodeloos om te sê, ‘n maand later val ek in om die twee jaar projek te bestuur. Ek stap in die ou bekende kantoor in. Maak liasseer kabinette oop. Kry my eie leêrs net so daar – soveel jare later.

Toeval? Nee! Ek was goed in my werk, die plek is intussen in die grond in. Ek gaan weer opbou. Projekbestuur by uitstek wat ek nog altyd die beste in is.

Ek sit een oggend stil en bid saam met my Ina Pfeiffer engel.

“Here, hierdie kan ek nie alleen doen nie. Lei, ek sal volg.”

Net so bid ek.

Wat volg is een groot loflied vir God. Geloof en genade met groot resultate.

Ek leer die Relay reëls uit my kop. Ek skrywe name neer.

Wie sal ek eerste vra-vertel-opdrag gee? Ek bel ‘n vrou vir wie ek baie respek het, en jare vantevore so lekker mee saam gewerk het. Sy is verheug om van my te hoor, maar kwaad vir die jare wat verloop het en hoe die plek bedryf is. Ek troos, en gesels en nooi haar om tee te kom drink.

Later daardie week kom kuier sy, en sy koop in! Wat volg is kort van ‘n wonderwerk. Ons stel ‘n formidabele span saam. Onthou ook liewe leser, hierdie wat ek nou vertel was spanwerk soos min. Ons was ‘n perfekte groep mense saam, met een doel – sukses.

Ons kry die spogskool op die dorp se sportvelde as venue.  Een goeie middag gaan doen ons terrein inspeksie en beplanning. Ons stap so oor die veld en op die middelyn, tjorts  ‘n voël op my kop. Ek jok nie.

Ons klomp skree vandie lag, en ons oud-burgemeesteres staan so met haar ronde lyfie en skater.

“Dit is uiters goeie geluk, die skytery op jou kop. Kom ons vat dit as ‘n goeie teken.”

Agtien maande later is daar meer as 5000 mense wat heelnag om die baan stap. Ons gedenk 2000 mense wat aan kanker dood is, ons huldig oorlewendes en hoop is die groot tema van die aand.

Sesuur die volgende oggend laat ons 200 duiwe los oor die veld in die lig van die opkomende son. Ek staan langs my huisdokter. Ek huil snot en trane. Hy kyk my so, en sê ek moet bly wees.

Ek kyk hom so en sê: “Nee, ek moet nou my baba laat gaan. Ek is nou klaar hier.” 

‘n Ander wonderwerk wat ek in die tyd ervaar het, was in my liasseer kabinet vir my gebêre. In ‘n boedelbemaking leêr kry ek ‘n brief. Twee jaar oud. Daar is R 450 000 aan die hospitium bemaak! Waar is die geld?

Ek bel die prokureursfirma, maak ‘n afspraak, en die prokureur kry baie skaam.  Ons kry die bedrag met twee jaar se rente opbrengs.

Die erfenis bemaak aan die hospitium uitsluitlik. Werk wat die hospitium verpleegsters jare vantevore vir ‘n eensame Skot gedoen het. Hy was alleen, ‘n dokter by een van die landelike hospitale. Met niemand, en op sterwe is hy soos duisende ander liefdevol by ons opgepas tot sy afsterwe. Hy het op sy sterfbed sy testament verander om die hospitium die begunstigde te maak.

Ek en my spannetjie het soos Koning Midas en kie gelyk. Asof die engele saamgewerk het. Ons kon die gebou restoureer, nuwe linne en toerusting koop en uiteindelik die kombuis in ‘n droom plek omskep. Ag, dit was ongelooflik om te beleef.

Gelukkig was ek nie elke dag nie, maar ek was uit my vel oor die resultate van alles wat daardie twee jaar aangepak is. Ek is weer onder ‘n wolk daar weg, omdat die organisasie nie vir my verder in fleksietyd wou laat werk nie, toe bedank ek maar.

So, dis die storie van my wonderwerk, my vennootskap met God vir twee jaar. Hy het gelei, ek het gevolg. My behoorlike afsluit met die projek wat ek met my lewe versorg het. Die resultaat laat my vandag nog na my asem snak. In die onthouboks van my hart gebêre.

Sela.

Kyk self wat ons reggekry het.

https://lekkervurigeaffereblog.files.wordpress.com/2018/11/cansa-relay-20091.wmv

22 Comments on “Wonderwerk werk

  1. Vuurtjie, nou weet ek waar lekkervurig vandaan kom. Ek het ingeloer en gesien, ek salueer!! Jy is nog nie klaar nie, al die houdjies is nog nie gebrand nie. Jy was ‘n instrument in Sy hand, jy gaan dit weer wees…
    Trots dat ek jou kan ken..

    Liked by 1 person

  2. Hier het ek nou met ‘n kakebeen wat slap hang vroegoggend gelees en gekyk en ek is so beïndruk met wat my blogmaatjie al vermag het. Jou passie straal uit elke woord wat jy hier neergepen het. En as nog ‘n cancer survivor sê ek ook vir jou dankie vir jou bydrae.

    Like

  3. Sjoe ‘n vrou van durf en moed. Jy sou definitief ‘n uitstekende Voortrekker “tannie” uitgemaak het. Ek sien hoe laai jy daardie sanna!!! (Hoop dis die regte woord)

    Like

  4. Maggies man maar jy is beslis n talentvolle vrou wat skrik vir niks.Ek haal my hoed af vir wat jy vermag het. Het hierdie skryfsel uit jou harde werk vir NaNoWriMo gekom? Dis regtig uit die hart geskryf. Dankie vir die deel.

    Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: