Ons het Julie laas gewoordsnoer. Skande, skande.
Vandeesmaand maak ons effe anders, aangesien ons mos nou lekker uitgerus is, gaan ons bietjie leidraad in ‘n lawwe storie . Die leidrade is in vet druk in die storie. Die antwoorde iewers in die blokraai wat in die foto verskyn. Lekker soek en raai. Hier is die storie:
By ‘n vergaderplek vir afleiding (18) op Noord Kaapse dorp (8) het daar nou die dag ‘n ding gebeur.
Blydskap oor graanopbrengste (11) het die gemeenskap so verheug dat hulle besluit het om ‘n konsert te reël. Bekend vir haar vermoë om te lei (9) is Tant Koba van de Woest gekies tot voorsitter van die feeskomitee. Sy het die amp soos ‘n soort hond (7) beset. Baie beskermend en kwaai.
Sy stel ywerig ‘n feesprogram saam en vra haar vriendin, Lenore Labusjé om haar broer, Luit Labusjé te reël met sy blaasinstrument(8) die mense te kom trakteer(6).
Die man is bekend om ‘n modegek(3) te wees. Tant Koba het egter op die man se roem en talent gefokus, nie gedink wat die opstoker(11) op die dorp, Dirk Diesel sal aanvang nie. Dirk is nie bekend vir sy finesse nie en is gewoond om enige situasie met die ergste (8), ruwe(5), onbehoorlike(10) gedrag en woorde enige byeenkoms in ‘n plek waar water maal(7) te omskep. Rebels(8) het hy al menige vierings(6) op die dorp ver-sies. Die koerantfotograwe het baie fotostrokies(8) van Dirk se mannewales.
Die dag van die oesfees breek aan. Die vure brand, wors word gebraai, pannekoek word gebak. Almal lag en gesels en kuier te lekker saam.
Luit Labusjé se konsert begin stiptelik om agtuur. Die gordyne gaan oop, en daar jammerlik (6) alleen, in die middel van die verhoog staan Luit in ‘n skokpienk pak met stywe klokbroek en platformskoene. Sy bril met pienk vere en diamante skitter. Daar is ‘n ring aan elke vinger.
Hy trek los en die mooiste musieknote oorspoel die mense. Gou is Luit se snaakse klere vergete. Die omies en tannies is in vervoering. Die wonderlike oomblik word onderbreek toe ‘n bonkige skadu deur die saal storm. Tant Koba snak na haar asem.
O, nee. Wat gaan Dirk Diesel tog nou weer aanvang? Gaan hy nou weer die arme kunstenaar op sy plek sit(7)?
Luit hou op speel en tree terug, loer eers waarheen hy sal kan vlug en bly dan botstil staan. Stom van verbasing is die hele dorp.
Dirk Diesel sak op sy knieë en gee ‘n bloedrooi roos vir Luit.
“Sal jy met my trou,” vra hy uitasem. “Ek wag al jare vir jou om terug te kom na ons dorp.
Luit gooi sy fluit neer en neem die roos.
“Ja, Dirk my darling, ja!”
Die kameras flits en die saal zoem. Griekse God (4) het liefde laat seëvier.

Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :
As jy die raaiselwoorde gekry het kan jy ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
LET WEL. Kinkel: Publiseer jou inskrywing eers as privaat. Sodra ons ‘n klomp skrywes het, sal ons dan op dieselfde dag ons blogs publiek maak, dan het almal ewe veel pret en moet ons almal ewe hard aan die raai werk.
https://fresh.inlinkz.com/p/92c8b09853e5402590c33e01c6889258
Lekker snoer.
OnsVuurvliegie is weer vuur en vlam! 😁
LikeLiked by 1 person
Ons word in die rooi gedruk!!!😂😂
LikeLiked by 1 person
Julle roesrus te lekker
LikeLiked by 2 people
Voorstel. Bloggers moenie die antwoorde verklap voordat almal tyd gehad het om saam te speel nie. Diegene wat klaargemaak het, kan solank hulle blog “private publish”. Stem julle?
LikeLiked by 2 people
Vuurvliegie is vuur en vlam! Ons sal moet kers opsteek om by te bly.
LikeLiked by 1 person
😉😎🤔
LikeLiked by 1 person
Praat van ‘n onverwagse wending!!
LikeLike
😉🤗
LikeLiked by 1 person
Wanneer sluit hierdie uitdaging?
LikeLike
19e Sept
LikeLiked by 1 person
Wesp hierdie is wesenlik kreatief, wil beweer briljant. Die storie in samehang met die metodiek.
LikeLike
Ekke is bly jy dink so. Vuurvliegie hier.
LikeLike
Jammer Vuurvliegie darem geweet dit is jy, ek ruil my kinders se name om en selfs die kollegas by die werk s’n
LikeLiked by 1 person
Alles reg, solank jy nie ongelooflike foto’s by my soek nie. Ek kan nie by Wesp kers vashou nie.😉
LikeLike
Ek kan glad nie enige post lees op linksit nie, almal is wagwoord beskermd, dis ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Wat gaan aan???
LikeLike
Dis ‘n speletjie sodat een nie almal help met die woorde nie, ons sal seker Maandag die relase publiek mask.
LikeLike