Ongenooid.

PG du Plessis se ABO epiek, Fees van die ongenooides, was solar plexus treffend en het plek op my ‘moetweerlees’ rak in die boekery.

Ek reken daar is in menige rugby koninkryke en fêns se huise nog baie vlak asemhaling na die ongenooides na VRK vlak kompetisies die kerriekoppie opponente goed winduit geslaan het.

Menseheugenis moment toe die Pumas besef hulle gaan teen Griekwas in Kimberley om die gesogte beker meeding. Rapport vaandel die nuus. Fees van die ongenooides. Minora seer skerp.

https://www.timeslive.co.za/sport/rugby/2022-06-18-pumas-stun-cheetahs-to-set-up-unlikely-currie-cup-final-against-griquas/

Soortgelyk is die noordelike halfrond se rugbysnobs wat oor hulle ysneuse Suid-Afrika se klubrugby neerhalend en ‘ag shame kom ons laat hulle maar in’ takseer het. Toe word die VRK koppie finale stryd in Suid-Afrika, in Kaapstad, besleg deur die Stormers en Blou Bulle. Nogal.

Hier in my huis hang lippe oor die koppie in die Kaap bly. Oscar se bloubul trui is verbrand.

Lekker as sogenaamde ongenooides, agterspeensuigers, verstotenes hulle skouers reguit trek en die lewe vierkant kyk en oorwin. So Dawid en Goliat oomblik.

Les vir die week: Moenie dat ander se opinie en dunk jou vir een oomblik stuit nie. Maak soos die Pumas en Griekwas, daag op, gaan voluit en oorwin jou Goliat wat dit ookal is. Moenie wag om genooi te word nie. Reël jou eie sege. Ons Maker rasielei reeds.