
PG du Plessis se ABO epiek, Fees van die ongenooides, was solar plexus treffend en het plek op my ‘moetweerlees’ rak in die boekery.
Ek reken daar is in menige rugby koninkryke en fêns se huise nog baie vlak asemhaling na die ongenooides na VRK vlak kompetisies die kerriekoppie opponente goed winduit geslaan het.
Menseheugenis moment toe die Pumas besef hulle gaan teen Griekwas in Kimberley om die gesogte beker meeding. Rapport vaandel die nuus. Fees van die ongenooides. Minora seer skerp.

Soortgelyk is die noordelike halfrond se rugbysnobs wat oor hulle ysneuse Suid-Afrika se klubrugby neerhalend en ‘ag shame kom ons laat hulle maar in’ takseer het. Toe word die VRK koppie finale stryd in Suid-Afrika, in Kaapstad, besleg deur die Stormers en Blou Bulle. Nogal.
Hier in my huis hang lippe oor die koppie in die Kaap bly. Oscar se bloubul trui is verbrand.


Lekker as sogenaamde ongenooides, agterspeensuigers, verstotenes hulle skouers reguit trek en die lewe vierkant kyk en oorwin. So Dawid en Goliat oomblik.
Les vir die week: Moenie dat ander se opinie en dunk jou vir een oomblik stuit nie. Maak soos die Pumas en Griekwas, daag op, gaan voluit en oorwin jou Goliat wat dit ookal is. Moenie wag om genooi te word nie. Reël jou eie sege. Ons Maker rasielei reeds.
Mooi geskryf Lekkervurig. “Reël jou eie sege”. Mens moet dit jou motto maak.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Ons moet net sterk staan. Genooi of nie
LikeLiked by 1 person
Giegiegie – ek het ‘n rukkie gesukkel om “kerriekoppie” te verstaan.
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLike
Bravo vir daardie twee spanne. Jy jong daai ou Noordelike spul is ook maar bo blink en onder stink. Sterk staan maak dat saamstaan ook gaan oorwin.
LikeLiked by 1 person
Waar.
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n heerlike stuk skryfwerk, en absoluut in die kol!
LikeLiked by 1 person
Dankue Someone😉
LikeLike
Netso, mater! Van rugby weet ek minder as ‘n kat van saffraan, maar ek kry jou boodskap… doen jou eie feestelike ding.
Terloops ek het onlangs weer Fees van die Ongenooides gelees… definitief een van die moet-oor-en-oor-gelees-worde boeke!
LikeLiked by 1 person
Vatso! Dis ‘n boek wat ek nog moet lees….
LikeLiked by 2 people
Mooi en raak geskryf
LikeLiked by 1 person
Hallo mater. Bly jy kom kuier. Dankie
LikeLiked by 1 person
Ai, arme Oscar … hoop hy het nog ‘n truitjie (noudat die Bloubul enetjie verbrand is 😉) … ‘n Springbok truitjie kan ook werk, maar o hete, na die naweek se getjommel sal ek eerder veilig speel en vir Oscar ‘n truitjie sonder ‘n tema (of span) kry!
LikeLiked by 1 person
Genugtig ons senuwees was behoorlik aan flarde met die getjommel.
LikeLiked by 1 person
Pragtige stuk oor die ‘Ongenooides’. En dankie vir die steun, Vurige! Gaan jou goed. – willem
LikeLiked by 1 person
Groetnis Willem.
LikeLike
Dankie vir die steun vir “Woorde op die bord”. In daardie verband is die Woorde treffend. Groetnis – willem
LikeLike