


Nou ja. Namakwaland se blommetoer die kan nou nie gebeur nie – geld jy weet. Maar die vygies in die twee bakke by die agterdeur vertel van wat mens sou kan verwag daar waar dit meestal dor en bar is. Nou is daar tapyte in asemsnakkende kleur opgeslaan en elke siel wat dit aanskou weet, nuwe groei en nuwe moontlikhede is hier.
Ek sit so en kyk na die vygie Sondag toe ek vir Bab wag om huistoe te kom. Sy is mos haar vriende se professionele huis besetter as dié met vakansie gaan. Hulle huise en troeteldiere is veilig en sy kry ‘n breuk van haar ouers en die heen en weer plaas toe en terug elke dag. In alle gevalle, ek sit so vir die vrolike vygies en kyk.
Eers die kleine knoppie van kleur belofte wat stulp, dan die skugter uitspattigheid van die nuwe oop maak blommetjie tot die trompetgeskal in helder oranje, rooi, geel, pienk palette van die volwasse blommetjies. Oop bek en luidkeels. Ek sweer ek hoor “Prys die Heer met blye galme…..”
My hart gaan woes aan die klop toe ek die verlepte vygie van nader beskou. Daar tussen die roes verlepte blomblare is ‘n purper ster. Die saad in wording. My hart bekeer warm.
Ons Skepper se liefdevolle kyk tot in die fynste detail. Patrone wat herhaal, siklusse, geboorte, lewe, afsterwe, vernuwing, hergeboorte, ewigheid.
Die vygie se siklus vertel ons heelal en lewens se storie. So sommer onder ons neuse!
Ons moet leer om te onthou God is om ons, binne ons, by ons in gesprek altyd, oral.
Halleluja! Ek deel graag ook die gebed:
For each step that I might take,
Be my guide, O Lord of life.
For each load that I might bear,
Be my strength, O Lord of life.
For each mountain I might face,
Be my power, O Lord of life.
For each river that might impede,
Be my safety, O Lord of life.
For each place where I might rest,
Be my peace, O Lord of life.
For each sunrise and sunset,
Be my joy, O Lord of life.Copyright © John Birch, 2016

Oop bek en luidkeels. Ek sweer ek hoor “Prys die Heer met blye galme…..” 😊 Dit is nou so mooi gestel. Ons God is groot!!!
Ons harte het ‘n punt getrek Namakwaland toe…. maar helaas die beursie laat dit ook nie toe nie.
LikeLiked by 1 person
Nou kyk ons maar in ons potte en vind wraggies verwondering!
LikeLiked by 1 person
Mooiste uitspattige kleure, voorwaar ‘n wonderwerk reg by jou agterdeur
LikeLiked by 1 person
Met oop oe en harte sien en voel mens die Here se nabyheid in elke spatsel van plant en dier. As kind het ons ‘n pienk fygie in die tuin gehad wat elke jaar sy kleureprag gegee het. Ek het hier toe op so ‘n pienk vygie afgekom en hom in my tuin geplant. En het hy geblom! Jaar na jaar. Nou is ek weg daar en weet nie of hy nog daar is nie want sien ek is mos nou nie meer die eienaar nie.
LikeLike
Nou gaan ek my pienk vygie Scrapy doop en immer aan jou dink. 💝
LikeLike
Ag hoe laat jy my nou in my eentjie hier sommer trane van aandoening in my oe kry. Dankie hoor.
LikeLike
💝🤗💐
LikeLike
Ek onthou lank terug het ons op Viljoensdrif gewoon, voor die huis was ń lang groot bedding. Elke lentetyd het daar ń plaat bokbaaivygies die mooiste, kleurvolste mat gevorm. Dit was inderdaad ń malse vertoning van lof. Jou vygies voer my nou terug daarheen.
LikeLiked by 1 person
Hallo Trommels, dis lekker as my kiek onthoue terugbring.🤗💐
LikeLiked by 1 person
… and
for each smile that comes my way,
I thanks Thee, oh Lord of life!!
😃😄😉😁😊
Dankie… jy’t nou so pas gesorg dat ek smaail!!
LikeLiked by 1 person
✏📚👌🌻
LikeLike
Het hierdie inskrywing in my e-pos gelees pas nadat jy dit gepos het, maar nooit vir jou vertel hoe inspirerend dit vir my was nie. Dankie daarvoor!
LikeLiked by 1 person
💝🌻
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig. Jy is voorwaar ‘n digter
LikeLiked by 1 person
Dankie Dromer 777. Ek snoer sommer net soos my hart vertel.
LikeLiked by 1 person