
More. Dis die Warterval bende hier. Ringo aan die woord.
Ons Vuurvliegie-ma se skryf is op. Ons hou nie lekker met haar huis nie. Sy dwaal en dwarrel en sit vreeslik baie stil. Ons dink die mens wêreld is vir haar so bietjie te veel. Sy brom oor klomp goed.
Toe besluit ons om haar te laat lag, en steel haar blog. Want sien, ons kommer oor niks, steur ons aan niks en is klakkeloos lief vir Vuurvliegie en Bab en Rots.
Bab het ons gekiek vir ons voorstel foto hierbo. Van links is ekke, Ringo. Ek gaan baie Rebusfontein toe en kan hallo blaf. Dan sit KodaKoos, die mamba vanger , Milo, die witbroodjie en voor ons bejaarde sekuriteitsbeampte, Oscar.
Julle moenie lag nie, Oscar het nie meer tande nie, en is al dertien mens jare hier! Hy kry maklik koud en het verskeie truie. Op een staan ‘I have issues’ en die ander “It’s all about me’! Hy word sagte kossies met ‘n lepel gevoer, en dan voel die huismense skuldig dan kry ons ander Beenos! Lekker bederf.

Ek, Ringo en my boetie Milo klim soggens op Rots se borskas as ons Boekevat, en bid. Vuurvliegie noem ons haar heilige honde!

As die tuinman aan die werk is in die voortuin, kan ons nie stil bly nie. Ma raas baie oor ons elke dag oor dieselfde ding by die sydeur gaan blaf. Sy sê ons behoort na drie jaar al van beter te weet…maar dis darem lekker om te wys ons wil net beskerm!

Die res van die foto’s wys net hoe besig ons is, op ons Ma en Pa se bed – dis ons gunsteling plek. Soggens as hulle koffie drink, kry ons beskuit happies. So in die koffie gedoop.



O ja, as julle wil weet: KodaKoos se Koda beteken vriend, so hy is VriendKoos en hy is ‘n Labrabull! Ons Oscar het niks met ‘n moordstorie te doen nie. Sy Yorkie ouboet wat al na die VirAltyd plek toe is, is Toto na die Wizard of Oz se mooi hondjie. Toe Ma vir Oscar kry is hy na die toekenning van die fliek vernoem. Maar joe, daai tyd rondom ‘n hartseer Vaaltyndag, toe ‘n ander Oscar lelik gemaak het, het hier amper ‘n naamsverandering plaasgevind.
Woef, ons groet maar. Gaan nou eers by Vuurvliegie op die stoep sit. Ons weet nie vir wie sy wag nie, ons dink dis haar skryf muse…
Dis so oulik, jou woefkinders skryf alte mooi. Jou Oscar lyk wraggies nes my Tummy wat ook na ewigheidsplek toe is
LikeLiked by 1 person
Ek dink nogal aan jou en Tummy, want Oscar is op leentyd💐
LikeLiked by 1 person
Solank ons weet jy wag op jou skryf-muse, is als reg. Ons wag rustig saam met jou en die honde-kinners.🤗
LikeLike
Dankie vir die vertel, dit was nou lekker om nader kennis te maak. Hoop jy voel gou weer vuur en vlam.
LikeLike
Red n nasie(mense) met so n lieflike trop wagters. Nou het julle sommer my dag gemaak. Nou weet ek ook jul het hemel op aarde met jul mense ouers saam. Dis so goed om te hoor dat jul ook vir die tuinman blaf al werk hy al drie jaar daar. Mens(honde ) kan mos nie n uitsondering maak met een mens nie. Trompie kan ook heerlik saam vertel as dit by, op die bed wees en ekstra happies kry kom. Moet net darem vertel: Die een kat sit vir Trompie ore aan. Hy is so bang om sonder my uit te gaan. Hy loer eers om te kyk of n kat naby is. Onthou hier is drie wat hom sit en inwag. Dis dan hulle huis en Trompie die indringer. Moedhou, aanhou en uithou vir jou. Dis maar sleg as die gevoel so morbied voel. Die honde voel dit ook aan. Sekere dae bly Trompie al agter my aanloop dan weet ek al: maak n skuif in jou gedagtegang. Wees positief en dink aan iets anders al is dit moeilik
LikeLiked by 1 person
Ek dink as sie eerste reën kom val sal my onrus bedaar. Dis so aardig droog en stowwerig. Oom Paul verjaar darem amper. Dankie liewe Scrapy. Die bende pes katte, hier is rondlopers hier by ons. Dis choas as een per ongeluk in die werf beland. Liefsegroete.
LikeLike
Ek hoor van Tina dat dit so droog en stowwerig is. Hul het mos n brand naby hul gehad. Dis ook weer waar van oom Paul se verjaarsdag en die reën. Glo nie dit werk hier so nie. ek dink hier word te veel geremoer daarom wild dit nie ophou reen en warmer word nie. Serkte maar. Dit sal weer beter word.
LikeLike
Ma… hou op brom oor klomp goed! Die lewe is lekker… die lewe is ‘n gawe!!
Sorrie ma… ek willi preek nie maar ek hoop die bende het jou aan die lag gekry!
Ja ma… ek weet ook die lewe is maar swaar party dae… dis wanneer ek myself bullshit dat alles goed is… en gou-gou glo ek dit!!
Sterkte ma… ons is almal lief vir jou en jou mannewales!
NS – Ek het ‘n draai gaan gooi daar by die braai-blaai… sulke mooi goed daar… en van daai kuns teen die mure… lekker! 😉
LikeLiked by 1 person
Ag AJ jy is my sonstraaltjie daar uit die noorde. Ek ly aan reën yekort. Dis baie droog en die Augustuswinde waai nou eers. Dis stowwerig en die veld brand. Julle klomp dierbare blogmaats maak my stukke beter voel en die Bokke ook. Dankie vir die inloer en by die Lekkerwinkel ook. Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Ag moedertjie dis die oulikste lotjie😂
LikeLiked by 1 person
Besige klompie, maar my hart se bestes.
LikeLiked by 1 person