
Frannie oorhandig Charlotte se dagboek aan Vuurvliegie. “Frannie, dis toe gesluit! Waar sal ons die sleutel kry,” sê Vuurvliegie.
Voor iemand iets kan sê vlieg Vuurvliegie se vinger die lug in. Dit lyk of sy ‘n visioen sien. Sy vra opgewonde: “Hester, Positief, waar het julle net nou ge-gumboot?”
Sy verbeel haar dat dit hol geklink het toe haar maters so uitspattig soos Johnny Clegg en duisende Zoeloe myners hulle gumboot voete hoog opgelig en dawerend neer gestamp het op die biblioteek se stowwerige matbedekte vloer.
Vuurvliegie was nog besig om die kante van die mat los te woel en kon nog nie kyk of die vloer gered kan word nie. In haar hart het sy gewens dat daar lieflike hout onder die mat sal wees. Dit sal beter wees as kamma hout teëls wat opsie een is om skoonmaak maklik te maak.
Hester en Positief word nie twee keer genooi nie, en summier gumboot hulle. “Hoor, julle dit,” vra Kameel. “Wraggies, dit klink hol daar waar julle spring. “Vuurvliegie, bring daai matsnyer. Kameel en Vuurvliegie hurk saam en Vuurvliegie sny ‘n vierkant uit die ou mat los.
“Atisjoe,” nies die twee in koor. Kameel druk op die planke. Die verstomde Towerinne, wat in ‘n kring om hulle maats staan, sien hoe lig een plank op. ‘n Spinnekop kom langbeen uit geskarrel. Woordnoot en Toorts gil dat oormôre kan hoor. “Doom, waar is die Doom,” koor hulle.
“Nee,” raas Perdebytjie, “ek sal hom buitetoe vat.” Die Towerinne lyk soos ‘n erewag toe Perdebytjie met die spinnekop aan haar vadoek uitstap.
“Toortsie, leen bietjie jou flits asseblief,” vra Vuurvliegie. Toorts haal haar selfoon uit haar rooi voorskoot se sak. Sy is so mooi gekleurkoördineer – rooi voorskoot en kopdoek en gumbootse.
Vuurvliegie sit die flitslig aan en tuur onder die plank in. Daar lê ‘n koevert. Genade, maar die mense van Eden is lief vir versteekte goed.
Opgewonde maak Frannie plek op die lessenaar wat vol boeke en dokumente lê. Die Towerinne staan met opgehoue asems toe Vuurvliegie die koevert oopmaak. ‘n kettinkie met ‘n sleutel en ‘n pak foto’s gly op die lessenaar uit.
“Haai kyk net hoe mooi. ‘n Vrou met ‘n ligte hoed en donker stola en sambreel kyk glimlaggend oor haar skouer. Charlotte,” sê Kameel en wys vir die Towerinne.
“Kyk Hier is Leonard,” sê Hester en wys na ‘n kordaat kêrel wat saam met twee ander op ‘n foto verskyn. ‘Pappa Joseph, Tannie Isabelle en Oom Leonard Angelwood’ staan agterop geskrywe.
“Oe. Kyk julle,” sê Christa. “‘n Foto in die einste biblioteek geneem. Klara Angelwood en Mevrou Marx en Mamma Sophia Angelwood is agterop geskrywe.
Kameel ril. “G’n wonder Klara is bang vir die butler nie! Kyk, hier is Meneer Hardy,” sê sy en gee die foto vir Scrapy.
“Hy lyk befoeterd,” Scrapy en gee die foto haastig aan Trommeltjies.
“Ag, hoe fraai. Kyk julle, hier is kleine Thomas. Ag kyk die katte,” kraai Una en wys vir Frannie. Hulle ouma harte sommer week oor die stoutgesig seuntjie en die katte wat by hom sit.
Vuurvliegie probeer die sleutel in die dagboek se slotjie pas. Hy pas wraggies. Wat sal binne die blaaie van Charlotte se dagboek versteek wees, wonder sy stil.
Hester sit op die lessenaar se hoek, haar gumbootse swaai heen en weer en sy blaai weer deur die pakkie foto’s.
“Nou weet ons darem Josef, Leonard en Isabelle is sibbe. Josef is met Sophia getroud en hulle het twee kinders, Klara en Thomas. Hulle huishouding word bestuur deur Mnr Hardy en Mevrou Marks. Waar is Josef en Leonard heen? Hoekom is Meneer Hardy so befoeterd. Dit lyk of ons Klara se wegsteekplek gekry het. Maar hoekom sal sy Charlotte dagboek sleutel en foto’s versteek? Hoekom apart van die dagboek? Het sy gehoop niemand vind dit ooit nie? Wie is Charlotte? Is sy miskien die skrywer van die brief aan Leonard,” ” mymer Hester hardop.
Vuuurvliegie onderbreek Hester se vrae. “Die sleutel pas. En sy blaai die dagboek oop. Dis leeg. Die bladsye is blanko!
“Raaisels los hulself nie sommer so op nie! Dit sou darem te maklik gewees het as Charlotte se dagboek nou die hele misterie verduidelik het,” lag Woordnoot.
Bondels kou aan haar verfkwas. “Vuurlvliegie, skud daai boek, net miskien….” Summier skud Viervliegie die boek aan sy buite blaaie dat die bladsye so oopwaaier. Sowaar, ‘n opgevoude papier fladder vloerwaarts.
Bondels tel dit op en vou dit oop. Dis ‘n geboorte sertifikaat. Charlotte Hardy. Bondels snak na haar asem. “Charlotte is Meneer Hardy se dogter,” gil sy.
“Bondels, wat staan daar agterop die sertifikaat geskrywe,” vra Virgo
Bondels draai die papier om. Sy lees, “Nottingham Road Hotel.”
Vuurvliegie vryf oor haar gesig en begin senuagtig lag. Julle, ek ken ‘n storie van ‘n Charlotte en die Nottingham Road Hotel in Kwazulu-Natal. Dis legendaries! Daar is ‘n spook wat blykbaar die is van ‘n dame van die nag genaamd Charlotte wat kamer 10 van die hotel beset. Sy was blykbaar op ‘n Engelse soldaat verlief, en een storie lui dat sy na daar, verkeerdelik aan haar vertel is dat haar minnaar dood is, van die balkon na haar dood gespring het. Ek kan nou nie die ander storie onthou nie. Menige gas wat die hotel besoek sweer hulle sien Charlotte. Sy herrangskik ook blomme en skuif spieëls rond!
Die Towerinne begin almal gelyk spekuleer. Net meer en meer vrae ontstaan oor verlate Eden, sy inwoners en die briewe:
- Is Charlotte die briefskrywer?
- Is sy die spook wat hier by Eden kom moles maak het?
- Is Leonard haar minnaar? Het hy Joseph laat verdwyn?
- Sou Joseph uit jaloesie vir Charlotte ‘n leun vertel het wat tot haar dood gelei het en het hy vir Sophia van sy daad vertel.
- Is dit hoekom Klara skrywe dat haar ma so huil?
- Het Klara iets met haar pa se verdwyning te doen?
- Het Mnr Hardy kom wraak neem deur vir die Angelwoods te kom werk?
- Is hy verantwoordelik vir Joseph se verdwyning?
- Waar pas Mev Marks in? Wat weet sy?
Perdebytjie, jy sal moet kom help en hierdie Gordiaanse knoop vir ons deur te hak soos Aleksander die Grote destyds.
Waar sal hierdie storie heen lei? Sal die verhaal die gom word wat die Towerinne vir altyd aan Eden en Rebusfontein sal laat vasklou?
So lyk Klara se foto’s:





Eden se inwoners: Van bo links na regs onder: Josef (Pappa), Tannie Isabelle en Leonard Angelwood. Charlotte Hardy. Klara Angelwood, Mevrou Marks en Sophia (Mamma) Anglewood, Meneer Hardy, kleine Thomas Angelwood.
———–
Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Liewe Moses!!! Puik Vuurvliegie…. hoe gaan ons ooit hierdie komplot opgelos kry. Charlotte miskien ‘n spook!!! Ek wil nou verder lees…..
LikeLiked by 2 people
My hart klop bo in my keel…..hoop dis rerig na wense en nie weer te veel…hou jy van jou karakters?
LikeLiked by 1 person
My karakters raak al hoe interessanter. Wie, wat, waar, hoe? Die plot word al dikker. Wens dit was ‘n boek dan kon ek nou verder lees 😊
LikeLiked by 1 person
Nee! Julle gee my nagmerries en ek is nog uewers in die ry! 🥺
LikeLiked by 1 person
Ek is bly my beurt is gekom en gegaan. Dis lekker om weer te tandem skryf. Dink ons storie gaan weer epies wees. Lekker naels kou deur die draaie.
LikeLiked by 1 person
Wou nog vir jou sê ek sou ook bang gewees het vir Mnr Hardy. Hy lyk nie baie vriendelik nie.
LikeLike
Jy moet kophou Toorts. Miskien ‘n dagboek begin…een waarvan die skrif verdwyn… en die skrywer iewers spook… blomme herrangskik en met spieëls lol. 😂😂😂😂
LikeLike
Nee wag toe! 😳 Dis jou afdeling daardie. Ek dink ek moet eerder net op die skoonmaakwetk fokus en uitkyk vir spinnekoppe sodat hulle my nie verras nie.
LikeLiked by 1 person
Dit ook Toorts…. maar daar is ‘n misterie wat opgelos moet word. Ons kannie in die biblioteek sit en lees na die restourasie… en volgende oomblik kom daar ‘n Charlotte of Klara, of Mnr Hardy dwarsdeur die muur gestap en verras ons nie. ‘n Spinnekop is niks daarteen nie. 🤔
LikeLiked by 1 person
Man, ek het vir 19 jaar saam met Uitkyk se spook geleef en dit in vrede. Sy het in haar tyd geleef en ek in myne en ons het mekaar die ruimte gegun.
Maar Charlotte se spook? Ek weet darem nie!
LikeLiked by 1 person
Ag hoe wonderlik – nou weet ons hoe lyk almal. Die liewe klein Thomas – ai, ek hoop so dat hy ‘n lang en gelukkige lewe gehad het…
LikeLiked by 1 person
Jy moet kophou Toorts. Miskien ‘n dagboek begin…een waarvan die skrif verdwyn… en die skrywer iewers spook… blomme herrangskik en met spieëls lol. 😂😂😂😂
LikeLike
Nou sal ek moet kophou om hierdie storie bymekaar te hou!Julle sal my bietjie dinktyd moet gee.Goed geskryf, Vuurvliegie!
LikeLiked by 1 person
Halloo Perdeytjie, ek weet sommer jy kan dit ontknoop sodat ons op ‘n spoor nie dwaalspoor, kan loop vol intrige wat dit Towerinagtig sal maak. 😎😉🏅
LikeLiked by 1 person
Ek hoop ek droom vanaand waaroor ek moet skryf!😵☺️
LikeLiked by 1 person
Slasp met die notaboekie en pen in jou hand.😉📚✏
LikeLiked by 1 person
Uitstekende plan!
LikeLike
Neeeee die storie spook met my kop. Charlotte konnie daardie brief geskryf het nie. Die vrou wat brief geskryf het sê Mnr Hardy gee haar koue rillings. Charlotte is Mnr Hardy se dogter… sy sou nie so van haar pa gepraat het nie… sou sy?
LikeLike
Miskien is dit om Leonard te mislei……miskien is sy nie die briefskrywer nie, miskien is Hardy aaklig…..
LikeLike
Beter ek vra nie vrae nie!!!
LikeLike
Nee watwou Kameel. Almiskie lei vrae na duidelike antwoorde.😉
LikeLiked by 1 person
Daardie ou Victoriaanse vaders (of uit watter era kom hierdie karakters?) het hulle dogters ook maar sleg behandel.
LikeLiked by 2 people
Ek het nou alles neergeskryf. Ek wil net seker maak: Is ons seker dat die drie Angelwoods broers en susters is? Is tannie Isabella nie dalk oom Leonard se vrou nie?
LikeLike
Is ons seker hulle is nie?🤔🤯
LikeLiked by 1 person
Jô Toorts jy het ‘n punt daar beet. Het nie daardie een gesien nie!!!
LikeLike
😲 Dan reken jy ook dat daar ‘n kietsie in die donker geknyp is, mmm?
LikeLiked by 1 person
Man, ek begin nou goed onthou wat my ouma vertel het destyds, maar sy is al in 1973 oorlede en ek was nog klein, jy weet, en my onthougoed is glad nie so lekker nie.
LikeLiked by 1 person
Ek voorspel dat jy daaroor sal droom en die hele storie in jou droom sal sien afspeel. Moenie jou man wakker gil nie, nè!
LikeLiked by 2 people
Asb! Moenie my nog kom staan en nagmerries toewens nie, ek slaap juis die laaste tyd beter.
LikeLiked by 1 person
Slaap net met potlood en pen byderhand. Die Latyne roep daai helder oomblik na ‘n droom lucidum intervalum , bliksemstraal helderheid. 😉✏📚
LikeLiked by 1 person
Ek het netnou ‘n helder oomblik gehad, maar dit was daar bo in die berg toe ek en manlief gestap het. Ongelukkig het ek dit daar verloor teen ‘n stywe bult.
LikeLike
🤣
LikeLike
O my word…and ze plot zickens😂😂
LikeLiked by 1 person
Ja, we no like uncomplicated,nè.😉
LikeLike
We will add more Bisto to the stew.
LikeLiked by 2 people
Mixed with Maizena🤣
LikeLiked by 2 people
Not at all, my dear..not at all
LikeLiked by 1 person
Wow! Uitstekend, Vuurvliegie, welgedaan. Daar is die familie nou uitgelê, met foto’s en al. As daar nou iemand deur ‘n muur loop, sal ons hom / haar onmiddellik kan identifiseer. Hoe het ek geweet ons gaan weer opeindig met spoke? Scrapy moet hulle net nie verwilder voordat ons die intriges opgelos het nie.
LikeLiked by 1 person
Interessante storie van Charlotte (die spook). Dankie vir die skakel.
LikeLike
Ho ho ho, hier kom en gaan n spook verby! Jul het my nou sommer in die verbygaan koue rillings gegee. Arme Porkie is juis besig om hom voor te berei(is dit een woord?) Maar na dese sal ek beslis n lekker kinkel in die kabel gee. Kom wat wil, hierdie gespokery is nie vir mense met n swak hart nie. Die dagboek klink na n onsigbare geskrif. Daardie Marks butlir se foro het my sommer gebrand toe ek dit in my hand vat. Ek vertrou die man gladnie. Bytjie sal beslis diep in sy agtergrond moet gaan grawe. Dankie vuurvliegie jy’t hier nou n paar dinge oopgekrap wat ondersoek moet word.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop iemand bekyk daai dagboek weer.😉
LikeLike
Stem saam. Kannie sommer net n lee boek wees nie. Dis nie verniet so diep wegebere en toegesluit gewees nie.
LikeLike
Daar hang ‘n donker wolk oor Klara het die eerste brief gesê. Wat as Klara nie ALTYD by haar volle positiewe is nie…. en met tye abnormale dinge aanvang. Sy het definitief ‘n manie of iets rondom Charlotte. ‘n Leë dagboek in Charlotte se naam. Sleutel en fotos onder plankvloere weggesteek. Miskien is Charlotte vermoor en sy weet iets daarvan af… en hou haar op die manier lewend.
LikeLiked by 1 person
Mmmm, dis n moontlikheid. Daar sal maar nog dieper gegrawe moet word. Ek kannie wag om te hoor/te sien wat nog opduik nie.
LikeLiked by 1 person
Jy moenie die name skoon deurmekaar skrik nie Scrapy. Die Butler is Mnr Hardy 😊
LikeLike
Ja man, ek weet hys die butler die bogger. Maar hy kan Charlotte se pa ook wees en dalk nog van die ander ook. Mens sal behoorlik moet spoorsny en rondsnuffel vir leidrade.
LikeLiked by 2 people
Joh, ek moes nou eers alles mooi gaan probeer uitteken en skryf om agter te kom “Who’s who in the zoo” Dankie Vuurvliegie, briljant uitgelê.
Nou wonder ek nog net hoe mev Marks in die prentjie pas. klink my die Angelwoods het maar ‘n klompie mislike hulp gehad, hoekom hulle nie laat gaan nie? Watter houvas het hulle gehad?
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons moet die Silwerskermfees se eienaars kontak…ons kan geld maak as hierdie storie ‘n film word!
LikeLiked by 3 people
📚✏🏆🎬📽📺📸📹
LikeLike
Sjoe, hier is nou ń hele paar kinkels in die kabel. Welgedaan Vuurvliegie, die foto’s was ń briljante idee
LikeLiked by 1 person
Trommels vol intrige net vir ons klomp om mee te speel.😉✏📚 Dis heerlik om weer saam te Towerin
LikeLiked by 1 person
Groteblerigriet!!! Nie net voel dit of ek ‘n jaar laas op die blogs was nie, sommer by die intrap slag moet mens kophou. Gin wonder ek kou die verfkwas. Julle is briljant, ek gaan sukkel om by te hou
LikeLike
Nee man, jy is skerp soos minoras. 📚✏😉
LikeLike
En hier lees ek al weer!
LikeLike