More. Dis die Warterval bende hier. Ringo aan die woord.

Ons Vuurvliegie-ma se skryf is op. Ons hou nie lekker met haar huis nie. Sy dwaal en dwarrel en sit vreeslik baie stil. Ons dink die mens wêreld is vir haar so bietjie te veel. Sy brom oor klomp goed.

Toe besluit ons om haar te laat lag, en steel haar blog. Want sien, ons kommer oor niks, steur ons aan niks en is klakkeloos lief vir Vuurvliegie en Bab en Rots.

Bab het ons gekiek vir ons voorstel foto hierbo. Van links is ekke, Ringo. Ek gaan baie Rebusfontein toe en kan hallo blaf. Dan sit KodaKoos, die mamba vanger , Milo, die witbroodjie en voor ons bejaarde sekuriteitsbeampte, Oscar.

Julle moenie lag nie, Oscar het nie meer tande nie, en is al dertien mens jare hier! Hy kry maklik koud en het verskeie truie. Op een staan ‘I have issues’ en die ander “It’s all about me’! Hy word sagte kossies met ‘n lepel gevoer, en dan voel die huismense skuldig dan kry ons ander Beenos! Lekker bederf.

Ek, Ringo en my boetie Milo klim soggens op Rots se borskas as ons Boekevat, en bid. Vuurvliegie noem ons haar heilige honde!

As die tuinman aan die werk is in die voortuin, kan ons nie stil bly nie. Ma raas baie oor ons elke dag oor dieselfde ding by die sydeur gaan blaf. Sy sê ons behoort na drie jaar al van beter te weet…maar dis darem lekker om te wys ons wil net beskerm!

Die res van die foto’s wys net hoe besig ons is, op ons Ma en Pa se bed – dis ons gunsteling plek. Soggens as hulle koffie drink, kry ons beskuit happies. So in die koffie gedoop.

O ja, as julle wil weet: KodaKoos se Koda beteken vriend, so hy is VriendKoos en hy is ‘n Labrabull! Ons Oscar het niks met ‘n moordstorie te doen nie. Sy Yorkie ouboet wat al na die VirAltyd plek toe is, is Toto na die Wizard of Oz se mooi hondjie. Toe Ma vir Oscar kry is hy na die toekenning van die fliek vernoem. Maar joe, daai tyd rondom ‘n hartseer Vaaltyndag, toe ‘n ander Oscar lelik gemaak het, het hier amper ‘n naamsverandering plaasgevind.

Woef, ons groet maar. Gaan nou eers by Vuurvliegie op die stoep sit. Ons weet nie vir wie sy wag nie, ons dink dis haar skryf muse…