

Dis al Woensdag. Gister het ek en Bab gaan haarstyle op vars by ons liewe haar stilis gaan draai. Daar is altyd lekker lag en gesels. Ons klomp ouer vroue waarvan ek net een uit my jonger jare ken, het gekekkel en gelag. My haarstyl is na iets sagter gesnipper want dis tyd vir ‘n nuwe brilraam. Kan nie meer lekker die lees en middel kyk gedeelte van die huidige loepe so lekker benut nie. Soek kort-kort na die leesbril wat self al antiek is.
Dis grou en mistig en die koue byt aan die boude en kniege. Ek moes vanmore vroegdag al begin middagete berei, want ons loadshit skedule verg dit. Ek kry so suur smaak in my mond omdat ons soos skapies maar die roetines aanpas. Ek maak bruin beskuit aan, want my geliefdes is dit gewoond smorens saam met die eerste koppie boeretroos.
Ons Lekkerspan klok net voor agt in en my liewe Bes kom vertel of ek weet hoe lek die kas waar die groente opwasbak sy woelige lewe leef. “Wanneer het jy dit gemerk,” vra ek en maak die gietyster potte kas onder die wasbak oop. Wat ‘n gemors. Water en roesmerke oral. Sy sê ewe rustig dis al van verlede week af.
MFM…ek vergeet van my versie en t-hemp foto, met al die mooi nastreefbare karaktertrekke, wat ek vanmore na Bybeltyd vir almal wat asemhaal en my omgee ken, gestuur het.
Ek begin sommer tienermoerig huil van kwaad. (Julle wat my ken weet dis my Achilleshiel, die tiener kwaad in my sedert Malat se selfdood) Genoeg is genoeg. Rots kom vertel die elektrisiën kan eers Vrydag na ons krag kom kyk. Die aansit na loadshit, laat ons krag uitskop pleks van aangaan. Dis ‘n storie… loadshit op loadshit ons tot ons die verskil agterkom! Dis bangmaak om so met krag te sukkel. Laat my onveilig voel. My binnekant orkaan sterk ontstig.
Ek vertel my gesin so deur my snot en lelik snik presies hoe ek voel, en dat dit niks persoonlik is nie. Ek wil nie meer so magteloos gedwee net aan ploeter, want laat Gods waters oor Godsakker se gevrektheid is net nie in my gene ingebou nie. Ek is oortuig dat mens liewer altyd jou bes moet trag doen. Al raak dit frustrerend. Ek gaan ‘n mooi mooi wegsmyt waarop ‘n aanhaling mens aanmoedig om jou verwagtinge te temper om rustiger te kan lewe. Ek weet nie daai nie.
Ons sukkel so met kommunikasie, al die veranderinge het almal in die huis met eie aanpas en inpas en ons grom en wys tande. Ek loop die oulike skets raak. Oorweeg dit sterk om dit op ‘n blikplaat te laat aanbring en magnete met elke gesinslid se naam te maak, en dan vroegdag as ons saamtrek vir koffie, kan elkeen sonder praat vertel hoe die weer daar binne is. Miskien leer ons dan om met deernis, geduld en omgee mekaar deur die dae te dra.

My binneweer bly donderweerblou en ek besef ek beter iets daaromtrent doen. Dis pas ‘n nuwe dag en my bloed kook en my siel is brommerig. Basta. Ek gaan haal die mooi geel pot Tjhoko-verf.
Die naam is “Early” – dis sommer net sag en snoesig die kleur. Verf twee blokke van my kamerdeur. Dit laat my gedagtes na ouma en Karoo en veilig gaan. My hart klop stadiger met elke verfkwas haal en die t-hempwoorde “liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld, ” liriek deur my gedagtes. Dankie vir sulke genade as die wêreld mens wil anders stuur.
Rots se rug is yslik seer, en die kamer ruik na Deep Heat, hy lê rustig sodat die moetie en pille hulle werk kan doen, want vanmiddag moet hy ver gaan opmeet vir kaggels. Die bosveldboere met groot huise se vrouens kry koud.
Bab sit met oorfone en dae beplan en sake doen. Ons virtuele besigheid. Die lekker span werk vandag weg van die werf. Die stil gang van kokonlewe en ekonomiepleeg. Sou dit my nooit verbeel het toe ek in my prille jeug getrou base en korporatiewe eise my mee laat regeer het.
Heel #ToeValLig, kry ek net nou die prentjie op die Vuisboek.

Ek lag kliphard, want ‘n verfkwas en ‘n Bybeldagstuk se foto het vanmore my uitkyk reggehelp. My binne weer van storm tot stilte gebring. Ons ou Buffeltjie Prez en sy bende grypers en kapers en Eishkom kan egter baie bly wees ek beweeg nie in hulle kringe nie.
Hoop julle klein Saterdag verloop vlot.
Groetnis.
Glo my wanneer ek vir jou vertel dat ek weet hoe jy soms voel. Hou vas – ons moet vir ons eie geluk sorg 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek is dankbaar om te weet jy weet🤗
LikeLike
Ek hou van daai lywe met die weerstoestande … maar hoeveel keer sal mens nou op die reenboog beland in hierdie dae, wonder ek? Ek het nou-net aandete uit die oond gehaal – Eksdom slaan ons tot 6 uur vanaand. Dis egter Pinkster en ons is dan in die kerk … waar my siel/hart/gedagtes hopenlik mooi stil sal word. Stap maak my rustig(er), maar dalk moet ek ook ‘n verfblik en kwas gaan koop 😁.
LikeLiked by 2 people
Ek het nou net vanmore se beskuit kon insit vir droog. Bid vir jou vredige kleinbekeer warmte daar by die Pinksterdiens. 😇
LikeLiked by 2 people
Eishkom en lekkende waterpype op een slag is genoeg om enige-iemand se moed te breek. Ek love jou deur en vandat ek begin verf het met tjhoko wil ek nooit weer met iets anders verf nie
LikeLiked by 2 people
Die verwery sukkel met die hotklou, but I am getting there. Ons kombuis kas en eetkamer stel staan ook al mooi getooi danksy my meisiekind en haar vriendin.
LikeLiked by 2 people
Ons reservoirs is kort-kort leeg, want Eskom pas loadshedding toe op die water-suiweringsaanleg ook ook. EsDom!
LikeLiked by 1 person
EsWeg…alles
LikeLike
Ag, ek is bly geel maak jou “hêppie” – dis een van my gunstelingkleure. Geel soos die son.
LikeLiked by 2 people
My binneste pyn sommer saam met jou terwyl ek hier lees. Ek voel vir julle en die gemors waarin jul kop bo water moet hou terwyl die pompe nie kan werk om water te stuur nie. Dit sal nogal lekker wees om mens se gevoel uit te spreek in daardie parlementsittings. Eks bevrees hul sal nie weet waarvan jy praat nie. Hoe lewe daardie gespuis. Het hul spesiale krag voorsiening sodat hul kan sit en bolle rol. Bly jou hare is gesny en nou nog n nuwe bril en jy gaan weer soos n splinter nuwe sikspens wees. Baie liefde vir jou en joune.
LikeLiked by 1 person
Dankie dierbaar..ons loop en maak huis skoon en praat vanmore met kliënte in onse pajamas. Ek het vergeetbom 05:00 dir geyser aan te skakel. Toe ons 07:00 wil gaan stort….niks warm water. 🙈
LikeLiked by 1 person
Oh no, en dit terwyl soggens nie so warm meer is nie. Het vanoggend stuk oor SA gelees. Ongelooflik, daars niks oor nie. Jul kan nie van wind alleen lewe nie. Waar gaan jul kos kry op die einde. Ek weet nie hoe jul nog kan moed hou nie. Sterkte in elke geval. Gaan hul nou papiergeld in duisende druk?
LikeLike
Ons is nog nie daar nie…die hoop beskaam nie.🙃
LikeLiked by 1 person
Netso. Mooi dag vir jou.
LikeLiked by 1 person
Ek het nooit van geel gehou nie maar intussen dit begin sien as ‘n vrolike kleur… mag die vredige vreugdes van geel deure, lawwe hondekinders en geveerde vriende Groot opstaan binnekant
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die vrolike wens Bondels.
LikeLiked by 1 person
Eish hierdie nuwe Suid-Afrika van ons, kragteloos in soveel opsigte. Ironie, my nuwe straat adres is Eskomstraat🤔🤣🤣🤣, wat n grap. Lekkende waterpype by dit, ai nee, dis net een te veel.
LikeLiked by 1 person
🙃🙈
LikeLike
Dis vir my ongelooflik hoe jy net nooit gaan lê nie, kan dink jy voel dalk so, maar jy gaan net aan en net so tjoeps, sien of beleef jy iets pragtig en verander jou en almal se “binne-weer”. Geel, self nooit daarvan gehou nie en nou is ek geel-gek, het besluit is my solar plexus wat oopmaak. Dis net ‘n mooi, vrolik en dankbare kleur, mal oor jou deur ( al ken ek nie tjhoko nie). Mal oor daai quote wat sê “the cure for anything is saltwater: sweat, tears or the sea”. Onthou die geyser…🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Dis mooi as jy geel oopblom. Die lewe het my geleer opstaan, opstaan en les leer en aangaan.🌻🌻💝
LikeLiked by 1 person