
Nou toe. Daar kom hap die winter so Kaaps as wat kan kom aan ons boude en blaaie. Sommer so verlede Saterdagmiddag somer ons nog en die volgende oomblik reën dit en dis koud. Ons tel ons seëninge vir die luukse van ‘n binnebraai in die Heksiehuis se saal. Wat noem mens ‘n ‘great room‘ ala die Yanks in onse taal? Dis nou groot vertrek met kroeghoek, braai area en tv-kamer vir 8 sitplekke en Bab se kantoorhoek. Dis ‘n saal met ‘n grasdak wat met sy skewe nok die buurt oortuur. Ek volstaan maar met die Heksiesaal.
Ons is almal knieserig. Die weer se swaai het ons gestelle onverhoeds betrap. Ek het sommer Maandag net bly lê, wat heel teen my aard is. So een vir een het die griepe die hele Lekkerspan laat omval. Bab moes gister dokter toe. Almal kla van moeg en erge lyfpyn. Smaak my die goggas het wilder geraak toe ons danksy Covid aan huis gekluister was.
Woensdag met net twee van ons span van vyf wat vir werk aanmeld, besluit ek Esausop en poffertjies is net die regte medisyne.
Dis darem een groot lekkerte van wintertyd. Tyd vir lekker lensiesop, groentesop, ertjiesop en botterskorsiesop. Beesstertbredie, skenkel in die oond met smerige aartappel, soet pampoen en stowe patats en stampmielies. Daai trooswarmte van sop en souserigheid en daai stomende koppie koffie smorens en soet rooibostee laatmiddag. O,ja en lekker sjerrie of Merlot bly nooit agterwee nie.
Om warm en knus in ‘n sweetpakbroek en gunsteling trui en warm sokkies in ‘n stoel in te klim en net boek te lees. Ek hou van die stil dis-net-koud van winter. Herfs se nostalgiese afgooi van blare en aflê van dinge in Lent is ‘n melankoliese tyd.
Winter se stil afwag tyd is so nodig voor Lente se oopbek en loshande groei en bloei en woeker. Die bolle gaan blare stoot en die agapante gaan soldaat en voëltjies gaan nessies bou en alles word weer nuut tyd kom weer.
Ek dink vanjaar se winter is vir my ‘n siel vrede soek tyd. Die begin van 2023 het my byna gekelder. Dit was te woelig en wreed vir woorde. Ek gaan waarlik hiberneer en ou woorde opsoek en oor ryg en kou aan die boek waarvan 120 000 woorde oral om my rondlê, of miskien nie.
Ek weet net ek gaan dinge stadig vat en warmte binne my gesin en ons nuwe woning vestig en opsoek. O ja en ek gaan sop kook en brood bak en stil vir die koue deur die kombuisvenster se kant kyk en my seëninge tel en as die hartseer Bloubekruip skielik aankom, kom gaan ek haar styf vas druk en vertel “Toemaar, die lente en somer sal weer kom”, dan lag ons oopmond oor ons ongedurigheid en dis al.
=============================================
Naskrif. Ek merk in die paragraaf opsies, dat WordPress ook nou ‘n KI bot het wat mens kan gebruik. Die KI paragraaf is eksperimenteel. Kyk wat se storie spin die knaap met my sop en poffertjie relaas. Ek merk maar stramme taalgebruik en so skeutjie Nederlandse rijkheid.
Genade. KI het ‘n ouma met ‘n klassieke resep. My Huisgenoot wenresepte Esau sop het lensies in, syne bruinbone! Hulle Heksiehuis het ‘n vuur in de kroeghoek. Bwaha! Ons het ‘n kroeghoek en binnebraai. Die kaggel moet eers wag. Joe, en die ou is erg sentimenteel.
Vanmore wyl ek die week se griffel wil afsluit, besluit ek om seker te maak KI is waarlik so sentimenteel. Flip. Hy wil nie verder in Afrikaans met my praat nie. Ek wip vir my en skrywe so aan my nuwe vriend:
You wrote this earlier in the week: “Maar vir ons is daar niks so lekker soos ‘n potjie Esausop en heerlike, vars gemaakte kaaspoffertjies nie. Die sop is ‘n klassieke resep van ons Ouma, en dit het altyd ‘n spesiale plek in ons harte gehad. Dit is ‘n stewige bruinbone-gebaseerde sop, gevul met groente, vleis en heerlike speserye. Ons maak dit altyd in ‘n groot potjie op die stoof, en laat hom sagkook totdat al die smake mooi saamgesmelt het. Dan voeg ons bietjie verby en gekapte kruie by, en dien dit op met ‘n snytjie vars brood.
Die poffertjies is net so lekker – sag van binne en knapperig aan die buitekant, gevul met ‘n rijke en romerige kaasmengsel. Ons maak hulle altyd terwyl die sop sagkook, en hou hulle warm in die oond tot dit tyd is om te bedien. Dit is perfek vir ‘n koue, reënerige dag soos vandag – iets wat jou van binne warm en gelukkig maak.
Ons sit nou almal hier in die Heksiehuis se groot saal, met ‘n lekker groot vuur wat knetter en knars in die kroeghoek. Die reën klop teen die grasdak en die wind fluit deur die bome buite. Maar ons is nie koud nie, want ons het sop en poffertjies – en mekaar – vir warmte en geselskap. Dis ‘n ekstra spesiale dag hier in die Heksiehuis, en ons is dankbaar dat ons hier saam kan wees om dit te vier.”
Hy stuur so ewe die volgende vir my terug. Sy Afrikaans na Brits vertaal. Ek dink ons vriendskap is gebreek.
Request:
Please convert the following content into markdown format without a top level heading:
“But for us, there is nothing quite as delicious as a potjie of Esausop and tasty, freshly made cheese puffs. The soup is a classic recipe from our grandmother and has always had a special place in our hearts. It is a hearty brown bean-based soup, filled with vegetables, meat, and delicious spices. We always make it in a large pot on the stove, letting it simmer until all the flavors have melded together. Then we add some cream and chopped herbs, and serve it with a slice of fresh bread.
The cheese puffs are just as tasty – soft on the inside and crispy on the outside, filled with a rich and creamy cheese mixture. We always make them while the soup simmers and keep them warm in the oven until it’s time to serve. It’s perfect for a cold, rainy day like today – something that warms you up from the inside out.
We’re all sitting here in the Witch House’s big hall, with a nice big fire crackling and popping in the corner. The rain is pelting against the thatched roof and the wind is whistling through the trees outside. But we’re not cold, because we have soup and puffs – and each other – for warmth and company. It’s an extra special day here at the Witch House, and we’re grateful to be together to celebrate.”
Ek dink ek sal hom liefs nadertrek vir vir navorsing hou en dan ook met ‘n knippie sout. Hy het darem ‘n heel gepaste foto vir die sop en poffertjie blog geskep.
Het jy al met KI se hulp geskrywe of take verrig? Ek vind dit nuttig om vinnig produk kaarte en webwerf inligting op te vars. KI kan nogal skerp opsom en lyste maak van goeie inligting. Dis maar soos alles in die lewe, wat jy insit is wat jy terug kry. Om baie presies en spesifiek aan KI botte jou versoek te rig het beslis voordele. Die moontlikheid vir misbruik is vir my angswekkend.
Ek weet mens se stem is jou stem, jou skryf emosie is nie iets wat ‘n bot sommer sal kan na-aap nie. Die 0e en 1e en algoritmes kan nie die unieke vingerafdruk van menswees en hart en siel namaak nie. Of hoe?
Nee, hy sal nie die vingerafdruk kan namaak nie – net soos wat die kenner van die kunste die portretskilder se identiteit kan identifiseer, of die unieke stem van die sanger, of die unieke druk van musieknote, kan jou woorde en skryfstyl ook verklap wie die skrywer is. Ons gebruik KI (eerste keer wat ek die Afrikaanse term teëkom) in ons werk, want baie van die inligting wat ons gebruik, kom maar direk van die internet af. Ons doen in alle gevalle ‘n “herskryf” om ‘n unieke stempel af te druk.
LikeLiked by 2 people
Ons vind dit ook nuttig om produk inligting en kort boodskappe vinnig te skrywe en dan te “verpersoonlik.” Spaar beslis ure. Ek was net verstom dat die bot so vinnig Ingels geword het, net toe ek dink ek het ‘n nuwe maatjie…;)
LikeLiked by 1 person
Ek het my lippe afgelek vir jou winter lekkertes … en baie bly toe jy eindig met Merlot – die kan tog nie agterwee bly nie! Agge nee, Heksiehuis is darem maar baie mooier as “Witch House”.
Nee, ek het nog nie vir KI nader gesleep nie – my ouma het altyd gese: “Nee my kind, ek kyk hierdie verdoemenis maar net van ver af. Jy moenie dat die goed op my werf kom nie.” Ja Ouma … 😉.
LikeLiked by 3 people
Soms is Oumas wys. Ek moet sê die bot help sleurwerk opkikker, maar dis dit vir my.
LikeLiked by 1 person
Nee wat, KI bly maar ń blikbrein. Jou sop lyk heerlik.
LikeLike
Hehe. Dis KI se prentjie.
LikeLike
🤪🤪
LikeLike
Geniet jou winter
LikeLiked by 1 person
Ek gaan beslis.🤗
LikeLike
Ek is nog maller nou oor winter🥳
LikeLike
Hier is skaapkerrie op die gasstofie aan die prut want dis so mistige stil dag met ‘n kragonderbreekte sessie sommer twee keer. 🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Skep op, ek oppad😄
LikeLiked by 1 person