“Dit dink ek is die wese van goed skryf: om die gewone, die alledaagse, vervelige goeters ongewoon, buitengewoon en nie vervelig nie te kan sê en dit dan nog in gewone Afrikaans wat klink asof dit net gister uit die hemel self kon geval het. Dit is skryf; daardie klein entjie genade wat jou as ‘n byvoordeel toegeval het. Want talent kom nie uit jouself nie; dit het jy verniet van die Liewenheer self gekry. Die vraag is nou net: Wat maak jy met jou ekstratjie? Smoor hy onder die maatemmer?”
Hans du Plessis, 1993
#Woordwarrel Inspirasievonk 4/2022
Ek hoop die mooie woorde van Hans du Plessis inspireer jou om jou ekstratjie te laat sing in ons mooie taal. Jou woordwarrel inspirasievonk is ‘hoop.’
Ek lees vanoggend dat om te skep opsigself ‘n daad van hoop is, en namate hoop toeneem, dit jou staal teen die bangmaak moeilikhede van die wêreld. Hoop help om Putin en ander magsugtige monsters, die vrese wat ons met Oekraïners deel en die kommer oor die dinge in ons eie omtes, hanteerbaar te maak. Hoop maak kommer en moeilikhede minder oorweldigend.
Omarm ‘hoop‘ en skryf lekker. Gebruik jou ekstratjie, dis mos wat ons almal hier in gemeen het.
As dit nie jou skryflus aanwakker nie, skrywe sommer net vrylik wat in jou gedagtes opkom. Dis die eintlike doel van #woordwarrel.
Daar is nie reg of verkeerd of reëls nie, wel net so paar huishoudelike goedjies om #Woordwarrel sinvol te laat vloei.
Hester en ek sal elke twee weke ‘n inspirasievonkie plaas. Broei so bietjie oor die vonk en gaan sit en slaat die gedagtes wat by jou opkom via die qwertybord die eter in. Kom ons gesels en wonder en deel gedagtes en maak 2022 die jaar van strome woorde en inspirasie vir ons almal.
Woordwarrel se so-maak-mens volg hieronder. Kom speel saam.
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke tweede Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laat waai en geniet dit.
Mal oor Hans du Plessis se woorde!
LikeLiked by 1 person
Kosbaar.
LikeLiked by 1 person
Hy’s reg oor een ding – ons taal is nie vervelig nie!
LikeLiked by 1 person
Halleluja, ja!
LikeLiked by 1 person
Rede vir hoop, nè.😉
LikeLiked by 1 person
Hoop is baie belangrik. Hans dup is ook n geliefde skrywer van my. Wat sou ons sonder ons pragtige taal doen? Dis so sprekend en gevoelvol. Ek hoop my gedagtes gaan bietjie werk aan hoop sodat my skryflus bietjie wakker kan word.
LikeLiked by 1 person
Hallo mater. Is julle klaar verhuis. Daar lê berge vol hoopvolle afwagting in jou nuwe omte. 😉💖
LikeLike
Nee jong eks nou eers op halfwegstasie hier by my seun aan huis. Alles gestoor. Nou moet hulle begin oppak sodat die regte Groot Trek begin April kan plaasvind.
LikeLiked by 1 person
https://wp.me/pdLx7e-L
LikeLike
LikeLike
Daars hy, daar is hoop dat ek gereeld gaan skryf https://kreuk-els.com/2022/03/06/woordwarrel-hoop-2022/
LikeLiked by 1 person
Ek hoop nie dat jy gaan skrywe nie, ek weet. Dankie dat jy kom #woordwarrel het.
LikeLike
Aha, jy sien dis nou wat ek ‘n goeie aanmoediging. Dankie vir positiewe denke. Ek het mos nie ‘n tafel om by te sit nie. Toe die bevlieging my tref om te skryf het ek gou als weggegkuif en eers aan tafel gaan sit en gou geskryf voordat ek begin het om kos te maak vir die familie.
LikeLiked by 1 person
Planmaker jy!
LikeLike
My liggaam het het my vanmiddag vertel dat dit soos kinders sê boring is om niks te doen nie.
LikeLiked by 1 person
👌💖
LikeLike
https://frandr.wordpress.com/2022/03/14/hoop-2/
LikeLike
Hartlik dank, soos altyd, vir die steun, Vurige! – groetnis, willem
LikeLiked by 1 person
Pragtig
LikeLiked by 1 person
Ek is jammer dat my Maart ongelees en ongeskryd verby gesnel het. En dat ek die warrels gemis het. Hoop is dit wat my laat aanhou in eindelose dae van uitdagings.
LikeLiked by 1 person