n Besige, snaterende, groot geskoende nuweling het kom intrek op Waterval. Ontmoet GelieUnaBaliPositiefTowerin, Vuurvliegie se nuwe skryfmaat.
Dankie,dankie liewe Una en Positief vir my lieflike Towerin eend al die pad van Bali via Hartebeespoortdam! Synde van vroeg ietwat weeskind, is geskenke nogal ‘n groot ding vir my!
Ek is net effe uitasem van GelieUnaBaliPositiefTowerin hier aangeland het. Sy is besig. Fladder en snater dadelik toe sy Vrydagaand hier aankom.

Sy hou dadelik van die ouma- skottels in die kombuis. “Wanneer bak ons,” snater sy.
“Ons sal Di…,” is al wat ek uitkry en sy spring fladder stoof se kant toe.

“Wat kook jy,” vra GelieUnaBaliPositiefTowerin.
“Dis pap en tamatiesheba vir die Vrydagaand braai,” antwoord ek.
“Pfft, ek eet nie pap en tamatie-watsenaam nie,…” snip sy.

“Ag siestog, Trixie het nie spene nie. Hoekom hang daar suurlemoenblare aan haar oor?”
GelieUnaBaliPositiefTowerin is ‘n agie, ek wonder na wie aard sy?

In my kamer is sy dadelik boekrak toe.
“Is dit bidkatte?”
“Nee, GelieUnaBaliPositiefTowerin, dis net mooi Bali katte, ek dog ek stel jou voor,” sug ek.
Ek nooi haar: “Kom saam stoep toe,GelieUnaBaliPositiefTowerin.”
“Gaan ons nou braai…ek is honger, sê sy.

“Kyk die vuur, kyk die vuur.” Ek kon g’n snars blokraai.

Dis Maandagoggend. Die Jasmyn blom en parfuum die hele huis vol en GelieUnaBaliPositiefTowerin, het haar staning gekry. In my skryfkamer, saam met my Hanlie Kotze pot inspirasie ink en leë bakkie om my woorde in te stort. Perfek, my nuwe skryfmuse. Al die pad van Bali, met towerinmaatliefde. Ek is geseënd.
“Hou op speel, jy moet nou woorde reg uitsnoer. Daai boek gaan nie homself skrywe nie,” kom die stemmetjie aangesnater.
GelieUnaBaliPositiefTowerin, die skryfmuse? Nee, lyk my sy is vergestalting van my gewete! Tata, tot later!
O liewe 😂😂😂 geniet haar. Hoop sy gee jou ook nou en dan kans om te praat.
LikeLiked by 1 person
Sy hou van die skryfkamer – daar is baie boeke, en goete…sy gee my net die oog as ek van die skerm opkyk…so stip. Hehe!
LikeLiked by 1 person
Sy is pragtig. Jy moet mooi luister as sy so snater, dalk kom sy nog op met goeie inspirasie vir jou skryfwerk. Vuurvliegie, ek let op dat ek nie jou skrywes in die Reader sien op die dag wat dit gepubliseer word nie. Hierdie is nou die tweede pos wat ek eers twee dae later sien. Doen jy geskeduleerde poste? – ek weet hulle loop soms skeef as die datum in die permalink nie dieselfde is as die werklike datum van publikasie nie.
LikeLiked by 2 people
Sal kyk wat moeilikheid is.
LikeLiked by 1 person
Ek sukkel ook om haar skrywes op die Reader te kry, Hester. Moes hierdie nou deur Facebook opspoor???
LikeLiked by 1 person
Sy stel ondersoek in. Soms is daar net ‘n setting wat nie lekker werk nie.
LikeLike
Sy is pragtig en sommer vreeslik lekker tuis daar op jou skryftafel. Nou is ek lus vir braai op hierdie Maandagoggend
LikeLiked by 1 person
Jou fladder-snater lyk klaar tuis, Vuurvliegie.🤗
LikeLiked by 1 person
Daai ene is net die regte medisyne vir jou, lyk dit vir my!!
LikeLiked by 1 person
Sy is pragtig n ek is seker sy is die regte inspirasie vir skrywe!
LikeLiked by 1 person
So ń bytjie-hempie, gn wonder sy snater-zoem die hele tyd. Sy sal jou inspireer tot groot rygsnoere woorde, as sy net lank genoeg kan stilbly.
LikeLike
Lekker, lief die byskrifte ♥
LikeLiked by 1 person
Sy bly te lekker op my lessenaar sedertdien, die vriendskap van haar oorsprong jammerlik vergaan, alles het het ‘n seisoen.
Is julle veilig met die vreeslike hitte en vure. Ek dink so aan jou.
My dogter is Covid positief, so my skotvry blues is verby! Dit gaan vreeslik by ons, bykans 25 persent van alle Covid toetse is positief, en on herstel koers het van 93 persent na 87 gedaal. Dis ‘n nare varisnt Delta wat nou onder ons maai.
Groetnis liewe blogmaat. Veilig wees.
LikeLike