
Verlede Sondag in Groot Kerk Graaff-Reinet is die erediens afgesluit met dié besondere seën:
Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde,halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.
Mag die Here jou seën met woede oor onreg,onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.
Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy ’n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap verander.
En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ’n verskil in die wêreld kan maak, sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie
Oral op die Vuisboek en Google kry ek die seënbede en dit word na verwys as ‘n ou Fransciskaanse seën en laat dit klink of dit uit die Middeleeue kom.
Ek vertaal lukraak om die Engelse weergawe te soek en kom af op die volgende. Dit word onder andere “A Franciscan Blessing” of die “Four-Fold Benedictine Blessing”genoem. Dit is ook nie volledig nie.
Die bede se ware titel is “A Non-Traditional Blessing” en is deur ‘n non geskrywe in 1985!
Dit lui volledig so:
May God bless you with discontent with easy answers, half truths, superficial relationships, so that you will live from deep within your heart.
May God bless you with anger at injustice, oppression, abuse, and exploitation of people, so that you will work for justice, equality, and peace.
May God bless you with tears to shed for those who suffer from pain, rejection, starvation and war, so that you will reach out your hand to comfort them and to change their pain to joy.
May God bless you with the foolishness to think you can make a difference in this world, so that you will do the things which others tell you cannot be done.
If you have the courage to accept these blessings, then God will also bless you with
happiness—because you will know that you have made life better for others.
inner peace—because you will have worked to secure an outer peace for others.
laughter—because your heart will be light.
faithful friends—because they will recognize your worth as a person.
These blessings are yours—not for the asking, but for the giving—from One who wants to be your companion, our God, who lives and reigns, forever and ever. Amen.
Dit is deur Suster Ruth Fox van die Sacred Heart Monastery in Richardton, Noord Dakota in die VSA geskrywe.
Dan Miller wat ook nuuskierig was oor die ware oorsprong van die mooi seënbede, en het navorsing gedoen en die skrywer opgespoor by die klooster. Hy het aan haar geskrywe en sy het vertel dat sy in die 1980 kapelaan was vir Katolieke studente aan die destydse Dickinson State College.
Sy is genooi om te open met gebed by die gradeplegtigheid-ontbyt vir die senior klas. Sy kon nêrens ‘n gepaste gebed vind nie, en het besluit om self een te skrywe.
Hierdie gebed meer as 30 jaar gelede het nie net ‘n uiteenlopende groep studente geseën nie. Vandag jare later, het haar bede impak oor die wêreld heen, selfs in Afrikaans. In ‘n skrywe aan Miller skrywe sy “…and the words of the prayer gradually came to me (given by the Holy Spirit).”
‘n Onkonvensionele seënbede deur Sr Ruth Fox (1985)
Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.
Mag die Here jou seën met woede oor onreg, onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.
Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy ’n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap verander.
En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ’n verskil in die wêreld kan maak sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie
Sou jy die moed hê om hierdie seëninge te aanvaar, sal God jou ook seën met
vreugde – omdat jy sal weet jy het die lewe beter vir ander gemaak
innerlike vrede – omdat jy weet jy daartoe bygedra het om vrede daar buite vir ander te bewerk het
lag – omdat jou hart lig sal wees
getroue vriende – want hulle sal jou waarde as mens erken
Hierdie seëninge is joune – nie om te vra nie, maar om uit te deel – van die Een wat jou metgesel wil wees, ons Here, wat leef en heers vir altyd en altyd. Amen
So mooi gebed met die Heilige Gees as mede-skrywer of soos Miller dit beskrywe: (holy) ghost-writer verdien om aan die regte outeur toegedig te word en in sy geheel uitgespreek te word.
Omdat ek nêrens die volledige bede in Afrikaans kon opspoor nie, het ek die gedeelte in vet letters vertaal en bygewerk.
Mag dit vir ons almal waar wees, elke dag.
So kan ons die wêreld en sy seer met radikale en transformerende geloof omkeer. Amen.
Sjoe….dit is loshande die mooiste wat ek in ‘n lang tyd gelees het…onkonvensioneel, maar uitdagend ook want hierdie is nie die tipiese “gimme, gimmie” nie…die waarhede hierin vervat is tot-stilstand-bring waarhede
LikeLiked by 1 person
Kan jy jou indink as baie mense dit uitleef….
LikeLike
O my word…ja, nê
LikeLiked by 1 person
Hierdie is kosbaar dis ń seënbede vir MMI (Me, myself and I) nie. Hierdie is vir die Jesus loper. Baie dankie vir die deel dis kosbaar en ek sal dit grazg verder wil deel.
LikeLiked by 1 person
Deel wyd.😇
LikeLike
Reblogged this on Trommeltjie and commented:
Kosbare korale hierdie
LikeLiked by 1 person
Dis werklik aamgrypend Vuurvliegie.
LikeLiked by 1 person
‘n Drom se ritme wat ek kan volg
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor hierdie seënwens. Ek hoor dit nogal gereeld in ons jerk en ook op Struisbaai.
LikeLiked by 1 person
Dis goed om te hoor. Ek het die storie agter die seën geniet, dat dit onlangs is. Ek bid dat geloof oral so kan transformeer. Dan sal ons Gods koningsryk sien kom.
LikeLiked by 1 person
Wat ń spesiale seëngebed, Vuurvliegie. Gewone gebruikstaal.
LikeLiked by 1 person