Welkom by Towerinstraat 14. Die huise se naam is Verwagting. Sien ek het nou net opgevlieg om nog ‘n glas te gaan haal, want my gas(te) is aan die opdaag. My liewe Ringo lê en rus. Hier op Rebusfontein het hy vir Trompie, vier katte en Pasella om mee te kerjakker.

(Die voordeur van my is ‘n kosbare skildery deur Karien Boonzaaier- met ‘n storie van sy eie – ek sal anderdag daaroor vertel)

By die voordeur in die gang, saam met baie skilderye is hierdie mooi woorde:

“Tell your story.
Shout it. Write it.
Whisper it if you have to.
But tell it.
Some won’t understand it.
Some will outright reject it.
But many will
thank you for it.
And then the most
magical thing will happen.
One by one, voices will start
whispering, ‘Me, too.’
And your tribe will gather.
And you will never
feel alone again.”
L.R. Knost

Die hegte band onder die Towerinne is getuie hiervan.

My huisie is ‘n boekery met meubels wat stories van verre reise onder andere op ossewaens vertel. Alles het ‘n storie. Boeke en plante en kleur is aan die orde van die dag.

Hier bly swaeltjies by Nommer 14. Intaka zomzi – voëltjies van die huis. Heilig en ‘n teken van God se genade. Boodskappers van ‘n beter wêreld so glo die Nguni volke van ons land.

Stap jy deur my agtertuin so asof Frida Kahlo self hier was, sal jy die karooveld sien. Koedoe in die namiddag son aan’t smul by die spekboom heining. En as die son sak, lê die vir-ewig berge van my geliefde Camdeboo.

Welkom by my huis. Kom ons klink ‘n glasie.

Tot volgende maand wanneer ons ingeburger en snoer-snoer saam verder gaan avontuur op ReBusfontein.


**************************

Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

Lekker snoer.