
Die draai van die seisoen, waar ek gewoonlik liries en vuriglik opgewonde raak oor die bome wat blare in roes en rooi verkleur en dan so tergdanser afgooi om in volle naaktheid die koue winter in te gaan, breek aan.
Vanjaar kry ek weer nie kans om my buite te verwonder aan die herfstyd nie. Nee, hierdie herfs is my nemesis. Slangsleperig, laer as haaikak sleg begin Van Riebeeckdag vir my. Dis nogal soos daai fliek Groundhog Day,
déjà vu, ek het hierdie al beleef- gevoel. My bors is benoud, daar is sweerlik ‘n haarwurm in my keel. Agge-nee!
Verlede jaar het die grootste gedeelte van herfs, net na Rots se rugby-seëvier nek fusie suksesvol van hom ‘n amper-stywenekkie gemaak het, ontaard in ‘n varkerige, graat in my keel, chroniese droë hoes, kwaad long affêre. Ek het myself in neerslaan floute in gehoes.
My liewe huisarts van amper dertig jaar het my toe gewaarsku – die ding sal weer kom kuier. “Hou die pompie en die ant-histamien byderhand,” het hy gewaarsku.
Tjag, wat wou. Ons klim mos kaalvoet oor hindernisse, en ons geheue is kort.
Terug by arme oorlaai van blaam Jan van Riebeeck. Op 6 April 2019 word ek wakker. Lekker pieperig. Keelseer, oorpyn, krap in die keel. Ek ruk standaard medisyne en dokter se moetie van verlede jaar uit die kas. ‘n Week later strompel ek betraand, maar moedig by die arts is. Hy kloek en troos en gee kortisoon en vra my om dit rustig te vat.
So hoes en kug ek maar, en bid die kortisoon bring alles tot bedaring. In Japan. My brein en longe smee bose planne en gesels onophoudelik met mekaar oor die harige wurm wat hier binne my rondkruip.
“Hoes,” vertel Brein.
“Oukei,” sê Longe.
Diafragma en Ribbes en allerlei spiere wat gewoonlik heerlik rus en roes skrik wakker en almal span saam. Fokkietog, kan hulle my psige ook net inlig asseblief!
Dis asemsnakkend seer, uitputtend. My frieken winkeltande wil uit soos daai kersdoodblaas GIF tannie op Vuisboek s’n. Ek moet net keer. My menopause lappie het nuwe werk – keer dat tande uitval en onderdruk die bulkende, hygende geblêr as ek hoes!
En dan, ag siestog, my sfinkter het geen verweer meer nie. Wat nie bo wil uit nie, laat die ou spiertjie doer ver in die nederlande van my lyf maar onder erge druk en oorlewing ter wille, los. O aarde. Ek was nog nooit so bly ek is meestal alleen tuis nie!
Hoewel, die arme honde loop met verbaasde uitdrukkings rond as hulle in die omtes van so hoes—–bui is. Bloos. Erg embarasserend soos my Rots sal vertel. Hierdie flatulensie is in ‘n klas van sy eie. Jô! Newwermaaind, laat los en laat gaan. Dis meer “ready or not, here I come.” Ongeskik.
Ek kry bloedvinte. Julle. My lyf se binnekant het oorlog verklaar en my nie saamgenooi nie. Die vyand – ekmyselwers.
Voorverlede Vrydag gaan dit aansienlik beter. Soveel so dat ek dorp toe gaan vir die knippie wat al twee maande gelede moes gebeur het. Kuier lekker by die maak-my-mooi winkel. Gaan kies en betaal by my supermark en gaan kuier by die Lekker winkel. Trek lekker warm aan en kuier op die stoep saam met Rots en Bab. Ons skrabeer te lekker.
Die Maandag daarna – my keel krap. Ek weet mos nou wat om te doen en begin dokter. O, eh,eh. My longe en brein is die bliksem in. Lang storie kort, ek is vanmore weer betraand en uitgemergel by die arts.
Want sien, ek het mos toe as Mollie van Marokko gaan Wiele500 tee bywoon. Stemloos, opgedress saam met my bende. En nou betaal ek met rente. Almal, ek in kluis is nou bang ek val neer en sê ja vir die lig as die vreeslike hoesbuie my tref.
“Jy is te woelig,” raas Dokter Vriend. Rots is saam spreekkamer toe en beaam alles wat my dokter sê. So, ek het nou sterker moetie, moes pajamas kom aantrek en moet ‘n fokjou pilletjie drink om my lus vir lê en stil wees aan te wakker. Moet sê ek dink gagga dagga verbruiker outjies voel soos ek. So lekker ver en die hoes en sfinkter swakte – newwermaaind!
Baai, klaar relaas oor my horries, hoeserige herfs. Volgende jaar gaan ek met vakansie. Ek gaan nou verder slaap inhaal. My liggie is flou.
ai toggie Vuurtjie, ek het ook laasjaar daar gedraai en bidde met alles inmy dat my kriewel in die keel net tog asseblief sal verby gaan. word gou beterder, Hoop jou naby mense pamperlang jou
LikeLiked by 1 person
Glo dit of nie, ek sweer ek na aap jou nie. Maar ja, ek het as kind asma gehad en skielik hier in my middeljare oorval als my ook die afgelope 3jr die tyd vd jr. Hierdie jr het ek al my beurt gehad, maar ek dokter met allerhande dr Vogels en airmunes en Ultra Immunes. Antihistamine is chronies oor ek ‘n hele zoo met hare en vere en ens besit. Pulmicort inhaler as ek soos ‘n hygende treinfluit klink. Maar wat ek sommer v gister af 3 keer pd drink is Prospan stroop. Al die chemiese goed maak my bang. Ek moet sê ek voel vanaand minder benoud ek dink dit is oor die Prospan al die gaga losmaak, en dit help vir asem kry. Maar ja, ek kan nooit kort en kragtig comment nie ~ moet alewig uitrek. Maar ek dog ek sê maar net ek voel jou, nes met die menoupause goete. Maar Promensil sproei is magic ek los die mnd die estrogeen en gaan dit vervang met die Promensil pille. My dogter wil die horries kry oor die estrogeen aanvulling en skree aanhoudend dit is moeilikheid se kind en klaar!
LikeLiked by 1 person
Sien, so stap ons saam huistoe. Sterkte. Bly ek is nie alleen nie. Beterskap.
LikeLike
Hier is vir jou ‘n paar lui gene, sodat jy na behore in die bed kan bly, dis al wat regtig help!
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Frannie. Dit sal help. Ek gaan my agterstallige boekleeslys inhaal. Is nou met hospitaal gedreog. Gaan tjoepstil wees.💖🌻🤗
LikeLiked by 2 people
Bly om te hoor jy gaan verstandig wees en hoop jy word nou sommer gou beter.
LikeLike
Jou vertelling oor hoe jou lewe op die oomblik daarna uitsien, met al die geluide ens ingesluit, laat my glimlag met ń traan. Of anders om. Jou dierbare honde sal gewoond raak aan als. Sterkte, Vuurvliegie. Jy weet ek worry erg oor jou.
LikeLiked by 2 people
🤗🌻💖😇
LikeLike
Ek het gedog jou stem klink net te pieperig. Jammer dat alles nou weer van vooraf begin pla. Ek stuur vir jou ‘n bietjie Vitamine See om jou reg te sien. Ek sien darem jou sin vir humor staan nog soos ‘n paal bo water, so ek glo jy gaan gou beter wees.
LikeLiked by 2 people
Dankie Hester.
LikeLiked by 1 person
Voor verlede jaar het dit my ook getref. Ek het nogal house sitting gedoen. Die vreemde omstandighede en by die rivier bly het my net op die einde gevang. Moes vir twee weke net stil en rustg wees en dit was al wat op die einde my lewe gered het om nie in die hospitaal te beland nie. Probleem is as jy alleen bly is dit nogal moeilik om jouself stil te hou. Jy moet rerig jou longe kans gee om weer sterk te word. Sterkte vir jou en word gou beter.
LikeLiked by 2 people
Dankie Scrapy. Mwah.
LikeLiked by 1 person
Ai liewe Vuurvliegie, ek hoop regtig jy voel gou beter. Rus jy nou jou russe mooi asb
LikeLiked by 1 person
Belowe. Is in die bed.
LikeLike
Word net gesond, jong!! Jy het ons nou in Rebusfontein laat intrek…ek is seker jy het ‘n paar waaghalsige idees om ons besig te hou, maar ons wil nie sonder jou nie…rustig, rustig…
LikeLiked by 1 person
💝📚🏘✏
LikeLike
Hoop jy voel gou beter Vuurvliegie. Verbeel ek my of long goete raak net erger en erger by almal. Soos Hester, stuur ek Vit C, sy stuur Vit see en sommer baieeeeeee daarvan (tot die flatus gevolge het en jy jou tollerance bereik het) en vat dit heeldag en aldag. Sit by al die goete waarop jy is. Universal blessings and beterskap,x
LikeLiked by 1 person
Liefste vêr vriendin. Ek is op die krans se punt, maar julle omgee help my. Ek is uitgehoes en moeg. Vandag heeldag geslaap en net vrugte geskil, in sweet uit geslaan en hoes nou of daar 1000 vere in my longe is. Vasbyt is al. Dankie vir die blessings. Dink as ek jou motorbaaik in Towerinstraat hoor brul sal ek hêppie wees.💝🏘📚✏
LikeLiked by 1 person
Om die draai,xx
LikeLiked by 1 person
😷😵🤗💖
LikeLike
Sterkte! Lekker gelag vir jou beskrywing en jou sfinks
LikeLike
Sfinkter…glad nie so waardig soos ‘n sfinks nie.🙈
LikeLike
Wha ha HA! Sorrie… maar ek het nou lekker gelag… en dit vit jou pyn! SORRIE!!
Sterkte… gou beter word… ‘n ou doppie whiskey sal help! Of twee… of tien… dan weet mens tenminste hoekom mens k4kk3rig voel!! 😉
LikeLiked by 1 person
Dis al hoe ons deur die lewe kom, met humor! Dis vandag week 6, op sterk antibiotika, eerste dsg dat ek amper soos myself voel en klink. Die gemmerbrandewyn help ook, ja.😉
LikeLiked by 1 person
Los daai brannewyn… ek is bang vir daai goed!
(Brannewyn maak my soos ‘n Indiaan… ek wil net skree en baklei! 😉 )
LikeLike
Moenie kommer nie, nooit brandewyn nie. My raaswater van keuse is liewer goeie wyn. 🍷
LikeLiked by 1 person