


Die opgewondenheid rondom die aankoms van die Towerinne op Rebusfontein is tasbaar en aansteeklik. So ons gaan Lê-jou-eier om ‘n langtafel op die dorpsmeent van Rebusfontein.
Wikepedia beskrywe ‘n langtafel as “ an experimental open public forum that is a hybrid performance-installation-roundtable-discussion-dinner-party designed to facilitate dialogue through the gathering together of people with common interests”[1] developed by the artist and academic Lois Weaver. The idea was inspired by the 1995 Dutch film Antonia’s Line, directed by Marleen Gorris. The film won many awards, including the Academy Award for Best Foreign Language Film.[1]“
Ons langtafel is meer sosiaal en gemeensaam van aard. Ons kinkel is dat elke Towerin en Blogmaat plek vir haar of homself en twee gaste aan die tafel het. Dit moet ‘n beroemde of bekende persoon wees – een wat jy bewonder en een wat jy verpes. Dis nou lewendes en die wat ons reeds vooruit is. (Broodina het ons mos geleer om selfs die van wie ons nie so baie hou nie, te aanvaar.)
Ook moet jy asseblief iets lekker bring om aan jou gaste en ons ander voor te sit. Vertel hoekom, en deel die resep as jy wil.
Kom ons kuier, begrawe strydbyle, bou brûe, smee vriendskapppe en smul lekker saam soos net Rebusfonteiners kan.
Voorbeeld Vonk
Towerin 17 Onbekend bring vir John McEnroe van tennis faam omdat hy so vreeslik kon vloermoer en dis nie sportmanskaplik nie en sy bring vir Dolly Parton omdat niks haar onderkry nie, nie eens spottery nie!
Smulgoed wat sy bring is Makataankonfyt en varsgebakte brood.
Mik om so 500 woorde te skryf dat ons lekker kan lag en lees en mense leer ken.
Onthou om jou bloginskrywing op Inlinkz te gaan haak:
https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a
As daar ‘n etery by is, is ek dadelik in! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek is nuuskierig oor die gaste…..
LikeLiked by 2 people
Jy het altyd ‘n kinkel in die kabel. 😁
LikeLiked by 1 person
Dis mos hoe ons rol.😉
LikeLiked by 2 people
😁
LikeLike
Sjoe, hier sit jy my nou verwoed aan die dink!
LikeLiked by 1 person
Mmm – ek wens een van my voorvaders was beroemd. Of berug. Ek sou graag wou weet vir watter erfsondes ek so swaar betaal.
LikeLiked by 1 person
Hehe, myne moes erg aangejaag het. Ek gaan eerder ver ver terug gaan, amper by legendes.
LikeLiked by 2 people
Lekker man, dit gaan n fees word, nie net van eet nie maar ook van bekendes en vyande.
LikeLike
Ek is hard aan die dink…
LikeLike
O my siel, sien nou eers die uitdaging. Dog so ewe jy praat op die Fb groep van Virgo se tafel wat groter en kleiner kan gaan. Nou sal ek moet begin dink 🤔
LikeLike
Goeiemore Kameel – ons twee se hoesery en stemdag moegheid en ma-dag kan maar die blaam kry – ek skryf ook vanmore teen die spoed van lig.
LikeLiked by 1 person
Ek moet eers die blues uit my skryf….dan kan ek aan tafel en disse en bekende persone dink.
LikeLike
Stap uit sonlig toe, uit die skaduwee en sonneblom jou kop opwaarts. Voel warm lieflike liefde en genade.🌻🌻
LikeLiked by 1 person