Welkom by Towerinstraat 14. Die huise se naam is Verwagting. Sien ek het nou net opgevlieg om nog ‘n glas te gaan haal, want my gas(te) is aan die opdaag. My liewe Ringo lê en rus. Hier op Rebusfontein het hy vir Trompie, vier katte en Pasella om mee te kerjakker.
(Die voordeur van my is ‘n kosbare skildery deur Karien Boonzaaier- met ‘n storie van sy eie – ek sal anderdag daaroor vertel)

By die voordeur in die gang, saam met baie skilderye is hierdie mooi woorde:
“Tell your story.
Shout it. Write it.
Whisper it if you have to.
But tell it.
Some won’t understand it.
Some will outright reject it.
But many will
thank you for it.
And then the most
magical thing will happen.
One by one, voices will start
whispering, ‘Me, too.’
And your tribe will gather.
And you will never
feel alone again.”
L.R. Knost
Die hegte band onder die Towerinne is getuie hiervan.
My huisie is ‘n boekery met meubels wat stories van verre reise onder andere op ossewaens vertel. Alles het ‘n storie. Boeke en plante en kleur is aan die orde van die dag.



Hier bly swaeltjies by Nommer 14. Intaka zomzi – voëltjies van die huis. Heilig en ‘n teken van God se genade. Boodskappers van ‘n beter wêreld so glo die Nguni volke van ons land.

Stap jy deur my agtertuin so asof Frida Kahlo self hier was, sal jy die karooveld sien. Koedoe in die namiddag son aan’t smul by die spekboom heining. En as die son sak, lê die vir-ewig berge van my geliefde Camdeboo.
Welkom by my huis. Kom ons klink ‘n glasie.
Tot volgende maand wanneer ons ingeburger en snoer-snoer saam verder gaan avontuur op ReBusfontein.
**************************
Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5
Lekker snoer.
Oeg julle almal se huisies is so mooi en kleurvol, ek is bevrees ek sou sleg afsteek daar. Net neutral kleure en NIKS teen my mure of op kaste nie 😆
Behalwe boeke. Ek sal ‘n huis wou hê wat OORVOL boeke is 🙂
LikeLiked by 5 people
📚📚📚🏘💝🌻
LikeLike
Wil jy nie maar by huisie nr16 intrek nie? Ek weet dit sal net so ‘n mooi huisie wees.
LikeLiked by 3 people
O, ek is mal oor jou troonkamer. Ag, ek bedoel jou biblioteek. Maar ek sal ook heerlik kuier by daardie tafel op die pragtige vloerteëls. So met al die plante rondom my. Ek praat mos met plante. Jou huisie het ‘n naam – dis so oulik. Ek moet ‘n naam uitdink vir myne ook.
LikeLiked by 1 person
Ek is ook ‘n plantprater.
LikeLiked by 1 person
*Fluister* Ek skel sommer op die plante wat nie wil groei nie. Dit werk.
LikeLiked by 1 person
Ek dreig ook noem hulle by die naam en dan gee ek tlc na die raas. Werk soms, soms nie.🌻🙈
LikeLiked by 1 person
Ek het nou vir jou troonkamer gelag. Kry ‘n mens jou ooit van die troon af? Jou huisie is huislik viurvliegie en daardie woorde in die gang sê presies hoe dit is.
LikeLiked by 1 person
Jong as huisies klein is en boeke baie – dan moet troonkamers so lyk. Kon nog nooit uit my kop troon nie, en die klankwegvat bottel se woorde ken ek uit my kop! 😉
LikeLiked by 1 person
Weet nie of jy al ooit na Ravi Zacharias (an Indian-born Canadian-American Christian apologist) geluister het nie. Mensig die man is geleerd….maar wat my laat glimag het is toe hy vertel dat hy en sy vrou na ‘n kleiner plekkie toe trek en sy grootste bekommernis is sy 9 000 boeke. Op die oomblik weet hy presies waar elkeen op die boekrak staan….nou moet hy van vooraf plek vind en organiseer. Sy vriend Dallas Willard (nou oorlede) het ek in die boek Soul Keeping gelees het ‘n huisie in Box Canyon (waar hy gebly het) of gekoop of gehuur net vir sy boeke. En ek het gedog ek is lief vir lees 😊 As jy Ravi nie ken nie luister gerus op utube na hom, het ‘n idee jy sal daarvan hou.
LikeLiked by 1 person
Sal bietjie gaan luister. Dankie Kameel.
LikeLike
Jou idee van die troonkamer en myne is dieselfde. In my badkamer is ‘n mandjie met ‘n blokraaisel woordeboek, ‘n houertjie met penne, uitveers en potlode, tydskrifte of sommer Huisgenoot se groot blokraaiselboek! Ja, ek weet dis ongesond om te lank in daardie posisie te wees, maar jinne! Daar kom baie inspirasie daai kere…Ek is dol oor jou huisie. Dit lyk soos ‘n paradys!
LikeLiked by 2 people
Sien, dis hoekom ons maats is. My ou leesbril is ook in die mandjie! 🙂
LikeLiked by 1 person
Myne ook…gekraakte glas en al!!
LikeLike
And your tribe will gather… Dis pragtige woorde daar by jou ingang, Vuurvliegie. En daardie mooiste skildery! Jong, kuier gaan ons kuier.
LikeLiked by 2 people
Ek moet nog vir julle die skildery se storie vertel. Dis spesiaal.
LikeLike
Kleur om elke hoek en draai! Dis so mooi! Ek is mal daaroor! En jpu biblioteek in die kleinhuisie is baie indrukwekkend.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie. 📚📚
LikeLiked by 1 person
Is dit Ringo daar by jou voordeur? So dis hoe ‘n towerhond lyk, hy’s so mooi!
LikeLike
Ringo is net wie ons wil hê hy moet wees op Rebusfontein. By die regte huis is hy een van twee Schnauzers. Sy boetie is Milo. Dan het hulle nog vir gitswart Koda die Labrabull en slangvanger en Oscar ons bejaarde Yorkie sans tande. Die towerhond in die skildery is sommer al my vierbeenkinder al heen en die by my.😉
LikeLiked by 1 person
Oe wow, dit lyk of mens slangetjies en leertjies kan speel in jou tuin. Dis cool, loooooove die troonkamer maar die hele huis is ouwwwlik.
LikeLiked by 2 people
Besige plek vir vuurvliegie gefladder in my brein. 😉
LikeLike
Dit is stunning, pas by jou. So bly oor jou troonkamer, hoop jy het 2, weet 2 gaan baieeeee best wees. Ek is Mal oor die woorde by die skildery. En die swaeltjies, wat ‘n mooi beskrywing van julle, 🌻🤗
LikeLike
🤗
LikeLike
Hulle
LikeLike
😉
LikeLike