Facing the Giants is een van ons gesin se gunsteling flieks en die DVD is in die kyk-weer-en-weer kategorie op die rak.

Die kern boodskap van die fliek kom uit Nehemia. Nou saam met Elisa, en Josua en Rut is Nehemia een van my Bybelse mense helde. So sal jy seker joune ook hê.

Ek reken dis hoe God se Woord werk, daar is die hele Bybel vol mense wat elkeen van ons kan raak. Dis nou buiten God -Vader, Seun en Heilige Gees. Ek reken God wys deur sy Woord vir ons hoe Hy mense soos ek en jy
sal lei en gebruik om Sy wil op aarde te laat geskied. Ons is opsluit hier om Sy hande en liefde tasbaar vir die wie dit nodig het, te wees.

Nehemia vertel die Israeliete in Jerusalem (Nehemia 2:17-18) dat Jerusalem in die moeilikheid is. Hy stel dit onomwonde die stad is vervalle, die mure om Jerusalem moet herbou word om nie meer ‘n skande te wees nie. En toe rol die mense mou op. Hulle ore het gehoor dat God net hulle beste in die omstandighede wil hê. Oop ore, gehoorsame harte en gewillige hande. So amper Thuma mina nè?

Ek hou van die muur beeld. Mure is beskerming teen aanslae van buite. Dui op die krag beskerming van God. Daar is mure wat moeilikeheid maak die wêreld oor – Trump se muur, mure in Palestina, die Berlyn muur….dis om mense redes opgerig of aan die oprig, en kyk net die onmin. Dink bietjie daaroor.

Oor die Groot muur van Sjina, die dink en dink ek al lank oor. Nog nie rerig by ‘n antwoord gekom nie, behalwe ons kan verstom staan oor wat mense kan regkry as hulle wil of moet.

Ons het almal mure om ons. Sommige mure van ons verlede lê in rommelhope en brokstukke om ons heen. In die ruïnes probeer jy ‘n bestaan maak. Dis nie die oplossing nie.

God wil dat jy die gemors uit die pad kry, nuwe sterk fondasies oprig en dan steen vir steen ‘n nuwe muur oprig. Een waar hy jou sal herstel en lewenskragtig maak, tot Sy eer.

Kom ons leer by Nehemia. Hy was biddend, gehoorsaam en toegewy aan God se influistering in sy lewe. Hy het in geloof Jerusalem uit brokstukke van moedeloosheid opgehef tot ‘n jubel getuienis.

Wat Nehemia my ook leer is om nie in te vlieg waar engeltjies nie eens wil loop nie. Nee. Luister mooi, wees rustig, al woed storms om jou. Maak soos Nehemia. Hy het stil stil in die nag die mure gaan besoek om die taak aan hom opgelê, te verstaan. Hy het nie lawaai gemaak en homself as die groot oplosser van al Jerusalem se probleme aangekondig nie. Stil-stil. Dis hoe.

Toe hy volkome begryp het wat hom en die mense te doen staan, het hy oplossings, nie kritiek nie, aan gebied. Moue opgerol en prakties geraak.

Klink vir my soos ‘n wenresep. So, watter mure ook al in jou lewe omgetuimel lê, weet dat God jou nie sonder beskerming wil laat nie. Dit is tyd om soos Nehemia te kyk wat herbou moet word en hoekom en dan biddend vir leiding te vra.

Onthou ook, dikwels staan jy nie alleen in ruïnes van gister se lewe en foute nie. Jou eggenoot, kinders, familie, kollegas staan dikwels saam met jou. Bid vir almal, ook jouself, laat elkeen fokus op die stukkie muur voor hulle – jy kan nie almal se mure opbou nie. Dis nie God se wil nie. Nee. Laat almal soos die Israeliete onder Nehemia se leiding met wapen in die hand teen die vyand, en messelklei in die ander, baksteen vir baksteen bou aan die lewe omring met God se liefde en trou.

Soos Jerusalem dan uit die stof herrys en staan as loflied tot God se trou en liefde.

As jou asem op die oomblik uit is, kyk hierdie toneel uit Facing the Giants. Dis ons wat daar spartel, en God is ons afrigter. Hy rasie lei altyd en ewig. Hy is goed en lief – altyd.

https://www.imdb.com/title/tt0805526/videoplayer/vi3898409497

Gaan lees gerus aanhalings uit die fliek, of beter nog, kry ‘n DVD en kyk die fliek en lees Nehemia ook weer en weer.

***

Ns. Ek is ook verwonder oor die sirkulêre struktuur van Nehemia se verhaal in die Bybel. Kyk net hoe die boek in twee dele spieëlbeelde van mekaar is. Kyk hoe Nehemia vasbyt, teenstand ervaar, en oorwin. Is God nie lofwaardig dat hy tot in struktuur van die Bybelverhale vir ons wys hoe Sy raadsplan werk nie?

Nehemiah circular structure
A Hanani’s report, Nehemiah to rebuild city, 1:1b-2:8
B Letters to governors vouch for Nehemiah, 2:9
C Opposition, 2:10
D Inspection by night, Jerusalem: reproach, 2:11-18
E Opposition, Geshem charges sedition, 2:19-20
F Wall building, 3:1-32
G Opposition, 4:1
H Ridicule, 4:2-3
I Prayer, 4:4-5
J Wall “joined together,” 4:6
J’ Opposition “joined together,” 4:7-18
I’ Prayer, 4:9
H’ Ridicule’s effect, 4:10-14
G’ Opposition, 4:15
F’ Wall building with defense, 4:16-23
E’ Internal(ch.5)external opposition, Geshem charges Sedition, 6:1-9
D’ Nehemiah: threats by night, reproach, 6:10-14
C’ Opposition, 6:15-16
B’ Letters to Tobiah defame Nehemiah, 6:17-19
A’ Hanani placed in charge of rebuilt Jerusalem, 7:1-3

Source: Ezra, Nehemiah, Esther; The Book of Nehemiah;
Professor Randall C. Bailey, Ph.D.; Faulkner University; Spring 2011