



Die glimmer in die donkerte tussen die nat klam varings by die voor was asemrowend mooi. Ek onthou dat my hart van opgewondenheid geklop het. “Is dit feëtjies?”
Ouma het stil langs my gestaan. “Dis vuurvliegies.”
Hoe teleurgesteld was ek nie! Maar, Ouma het saam met my ‘n paar gevang dat ek die goggas van nader kon aanskou. In ‘n botteltjie het die benoude goedjies gefladder. Toe laat sy hulle gaan.
En toe leer sy vir my die liedjie:
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei
Maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry,
ahum, ahum, ahum
Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum
Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum
Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur
Die vuurvlieg sê toe ja teen ‘n sent ‘n uur,
ahum, ahum, ahum
Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum
Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum
Die twee loop toe af na die nooi se huis
Die huis in die vlei van Mejuffrou Muis,
ahum, ahum, ahum
Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum
Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum
Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen
moes hy hierdie ontstellende nuus verneem,
ahum, ahum, ahum
Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum
Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum
Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis
Hy sou moes opsit saam met Padda en sy muis
ahum, ahum, ahum
Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum
Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum
Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur
Want ‘n opsitkers teen ‘n sent ‘n uur
en ‘n luistervink daarby is gans te duur
ahum, ahum, ahum
Grappies op ‘n stokkie.
Wanneer laas het jy vuurvliegies gesien? Ek lees net laas week met ontsteltenis dat vuurvliegies ook op die rand van uitsterf is. Ja, ‘n bedreigde spesie.
Daardie magiese goggatjies wat jou verbeelding op hol kon sit, sal bes moontlik saam met renosters, en soveel ander dinge in die natuur die goed van stories en fabels word. Hoe hartseer.
Daar is iets betowerend aan vuurvliegies. Die geglimmer en dartel is nie net vir mense aanloklik nie, nee die slimme vuurvliegie dogtertjies gebruik hulle glimmer om die regte maat aan te lok, en aan die donker kant ook haar spyse.
Romantici hou daarvan om sie vuurvliegie voor te hou om ons te herinner om ons liggie ook te laat skyn, al is dit hoe donker. Om ons liggie te laat skyn sodat die goeie in die lewe na ons kant toe kan kom.
Daar kan ook baie uitgewei word oor die potensiële simboliek van die glimmertjie gogga. Vuurvliegies is maar bedags ‘n saai ou dingetjie, maar laat die aand se donker kom, dan is sy die hoofspeler in ‘n natuur skouspel. Dit herinner my dat ons nie net op ons uiterlike takseer moet word nie. Ons almal het binne ons ongelooflike potensiaal. Ons het nodig om dit te ontgin en dan te skitter in ons uniekheid.
Vuurvliegies word assosieer met hoop, energie, geduld, blink idees, inspirasie, begrip, kreatiwiteit. Hope mooi goed.
Vuurvliegies se lig word in paartyd gebruik. Elke spesie vuurvliegie het ligseine in presiese berekende orde om die perfekrte maat aan te lok. Die presisie kan ons aanspoor om die regte maat, werk, plekke in ons lewe te bekom, ons moet beplan, grondwerk doen en gefokus moet wees.
““Magic is seeing wonder in nature’s every little thing,like seeing how wonderful the fireflies are.”~Ama H. Vanniarachchy”
‘n Vuurvliegie se lig is baie ekonomies vertel die slim mense. Haar liggie produseer geen hitte nie, dis effektief en brand nie energie op nie. ‘n Les uit die natuur om nie jou kersie alkant te brand nie! Liewer energie gebruik vir wat saak maak en nie te pieker oor goed wat jou tap nie.
The amazing thing about this symbol is that the firefly can represent an exceptional human being. Why ? Because the firefly is shining from the inside out, just like if it was liberating its interior beauty. Same thing with human beings. External beauty is nothing without internal beauty that can make a person shine. – Fireflyology
Hoe geëerd voel ek dat Towerin-blogmaats my Vuurvliegie noem. My liggie skyn nie altyd so vreeslik baie nie, maar as hy doen, is dit helder! (Gaan kyk – ek het my blognaam varander.)

***
Lees hier meer oor vuurvliegies se oorlewing strategie:
http://news.cornell.edu/stories/1997/09/cornell-biologists-report-mimicry-and-murder-night
Vir sielsbemoediging gaan lees hoe mooi skrywe Rich Hanlon – Christian Symbolism in Fireflies
Omdat ek altyd in dorpe en stede gebly het, het ek nog NOOIT ‘n vuurvliegie in lewende lywe gesien nie. ir my bly hulle hierdie misterieuse wesentjies waarvan mens net in stories lees.
LikeLiked by 2 people
🤗
LikeLike
Ek het nog net eenkeer ‘n vuurvliegie gesien. Dis hoekom ek baie bly is jou jou hier te sien rondfladder waar jy jou liggie tussen ons skyn. Dis mooi fotos en ek laaik jou nuwe naam.
LikeLiked by 1 person
🤗 Kameel het my so gedoop, as ek reg onthou.
LikeLiked by 1 person
Ek dink dit was sy, ja
LikeLike
Dis pragtig! Dankie! Ek lief jou naam en vuurvliegies is volgens my magic!
LikeLiked by 1 person
Sjoe dis interessant … en die foto’s is uitstekend!
LikeLike
Dankie tog vir mense wat hulle vasvang.
LikeLiked by 1 person
Ag hoe jammer is ek om te hoor dat hulle aan die uitsterf is.
LikeLike
Ek ook so jammer om te hoor van die uitsterf. Daar naby sasol. Was daar baie langs die vaslrivier saans – in die goeie ou dae. So mooi hier op Struisbaai kry ons soms gloeiwurms.
LikeLiked by 1 person
Geluk met joy mooi nuwe naam
LikeLike
Ek moes, dis dan my Towerinne naam na ons epiese toer, danksy Kameel!
LikeLike
Noudat jy dit noem, ek het ook lanklaas vuurvliegies gesien. Dis die naaste aan feetjies wat mens sekerlik kan kom.Goeie stuk wat jy hier geskryf het en daardie liedjie neem my so vêr terug.
Ek hou van jou nuwe naam.
LikeLike
Het nie eens geweet daar is vuurvliegies in Suid-Afrika nie, het net een keer as kind ‘n gloeiwurmpie gesien. Maar in die VSA was daar een magiese aand ‘n hele naaldboom vol vuurvliegieliggies – ‘n kersboom in die hartjie van hulle somer!
LikeLiked by 1 person
Dit moes ‘n skouspel gewees het. My vuurvliegie ervaring was in Swaziland se dennebosse – meer as 50 jaar gelede.
LikeLiked by 1 person
Ek het nog nooit vir myself ‘n vuurvliegie gesien nie. Nog net op tv of teken programme. Sal graag eendag dit wil sien.
LikeLike
Mooiste fotos, en nou het ons ook ons eie Vuurvliegie. Sal jou mooi moet bewaar, so hier in ons harte.
LikeLike
en ek het nog nooit ‘n vuurvliegie gesien nie….
LikeLike
Hoe bly is ek jy is nou Vuurvliegie!!! Die naam het gekom en wou nie my kop los nie 😊 Ek het viurvliegies in my kinderjare op die plaas gesien….hulle is magic. Nie geweet hulle liggies is so ingewikkeld nie. So dis waar jy en Toorts heen oppad was….gaan geld maak as opsitkerse vir padda 😂😂😂😂 Daardie liedjie het lekker herhinneringe terug genring.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy my genaam het.🤗
LikeLiked by 1 person
Nou het jy my skryfspiere nog verder geprikkel met die vuurvliegies. Dit gons in my kop en jou vuurtjie lig vir my op my pad om te loop. Dis n baie interessante en heerlike leesstuk wat jy geskryf het. Dit het my ook ver laat terugdink. Jou nuwe naam is heel gepas.
LikeLiked by 1 person
‘n Wonderlike skrywe, die! Hartlik dank. En dankie vir die steun op “Ipanema”. – groetnis, willem
LikeLiked by 1 person