
Wilhelm Jordaan het vanmore in Beeld John Kani se toespraak na hy by vanjaar se Fiëstas vir sy lewensbydrae vereer is, beskryf as ‘n meesterklas in versoening.
Ek is verbaas om so min te lees en so so min opgewondenheid oor die waterskeiding toespraak in my kringetjies.
Die een waarheid wat Jordaan onderstreep is ‘n wysheid van Britse digter Percy Bysshe Shelley, wat gesê het “kunstenaars is die wêreld se nie-erkende wetgewers wat ‘n kosbare, gedeelde mensheid ( uitgebreide “ons”) profeties uitleef en terselfdertyd die kleiner gemeenskapsidentiteit (eie kring) daarin opneem.”
Kani het met styl en openheid waarheid gepraat. Reguit en op die man af. “We are stuck with each other. Like me, you, especially the Afrikaners, have nowhere to go!”
Dis reg – waar sal ons bleek velletjies van Afrika ‘n holte vir ons voet kry? Ons is hier aan die Suidpunt van Afrika gemaak.
Wyse manne soos John Kani sal ek altyd opsoek, sal ek na luister. Ek neem sy woorde ter harte.
My kunstenaar siel is embrionies klein, maar die groot kunstenaars van ons land – die Kani’s, die Prinsloos, die Liras, die Elvis Blues, Coenies, en ander help my sien, al is dit deur ‘n loergaatjie. Hulle maak my hart bly, kleur my leefwêreld, kom fluister in my oor en laat my wyer kyk.
Hier onder aan die voet van Afrika, is 57 miljoen mense wat Suid-Afrika moederland noem. Ons sal moet leer om ons Afrika en Europese wortels met mekaar te versoen.
Jordan haal wyslik Es’kia Mphahlele aan: “Daar is twee vorme van leef – waar Afrika -waardes ‘n solide grondslag binne my bly én verenig word met ‘n Westerse kultuurskat. Iewers in my is daar ‘n stil middelpunt waar ek dié verskeidenheid, tot my verryking versoen.“
Ons het ‘n hengse klomp binne-versoening om te maak, en dan moet ons uitreik om met mede-Afrikane te versoen.
Kom ons leef versoening, want soos Kani tereg sê: “We have been denied each other… We are going to have to make an effort to find each other.”
Viva, John Kani, viva!
Vat ses minute, maak ‘n beker koffie of tee, en luister na John Kani, en laat sy woorde by jou bly in hierdie tye waar daar soveel redelose, reddelose lawaai gemaak word om stemme te werf.
Ek kan hierdie man salueer….te meer nog omdat hy die lewe in die ou SA beleef het…en nog steeds met gesonde verstand alles kan uitredeneer.
LikeLiked by 1 person
Les vir almal, voorwaar.
LikeLike
Ek glo daar is baie mense wat hierdie standpunte handhaaf, maar hulle stemme word nie gehoor nie. Hulle word doodgeskreeu deur die hordes wat haat en woede versprei, soms net omdat hulle kán, en nie besef hoeveel skade hulle hierdie land en sy mense aandoen nie. Ons moet hierdie positiewe boodskappe so vinnig en so ver as moontlik versprei.
LikeLiked by 1 person
Amen. Amen
LikeLiked by 1 person
Fantasties..ek sou sommer ook vir hom ‘n drukkie wou gee! Dis wat ek ook heeltyd sê, hierdie populiste met hulle leuens en opruiende gedrag, is die gemors wat ons nog gaan kelder.
LikeLiked by 1 person
We have been denied each other… We are going to have to make an effort to find each other.
Mooi!
LikeLiked by 1 person
Het ek nou heerlik na hom gesit en luister!
LikeLiked by 1 person
Wat ñ toespraak. Ek het dit baie geniet, haal my hoed vir hom af.
LikeLiked by 1 person
Dis die Suid-Afrika etos waarvoor ek bid.
LikeLike