#Woordsnoere

Nou ja toe. Daar is ons eerste #Woordsnoere  uitdaging ook verby.

Dankie aan elkeen vir deelname, ek oorweeg ernstig om liewer ‘n Nederlandse, Duitse of Chinese string woorde volgende keer aan te bied. Ek grap net!

Ek is geseënd om my tussen woord- en skryf-akrobate te bevind. Soveel uiteenlopende skrywes het uit 25 lukrake woorde gekom. Gaan lees gerus die inskrywings by Inlinkz.

Knap gedaan almal. My persoonlike gunsteling was Frannie, Toorts, Kameel, Hester, Una, Scrapy, Bondels, Positief en Perdebytjie – ja julle almal!

Sien julle DV dan 7 Maart 2019 om 12h00 vir #Woordsnoer 2. Ek gaan hard dink watter 25 woorde julle mee besig gaan wees. Lekkervurige dankie en groetnis!