Dame Oliva de Havilland, 102

Ek lees vanoggend Dame Olivia de Havilland reeds 102 lewensjare vier. DV word sy op 1 Julie vanjaar 103! Dame De Havilland is bekend as Melanie in die befaamde 1939 film treffer “Gone with the Wind” met Vivien Leigh en Clark Gable in die hoofrolle.

102 in 2019 sit my aan die dink. Wat het sy nie alles, behalwe nou haar persoonlike- en beroeps-prestasies nie alles gesien, ervaar en beleef nie. O,ja en sy is op die rype ouderom van 101 deur Konining Elizabeth II vereer met aanstelling as’n “Dame Commander of the Order of the British Empire.” 

Met Dame Olivia se geboorte in 1917 lyk die wêreld so:

Die Russiese Revolusie eindig. Die laaste 17 maande van WOI breek aan en die eindig in 1918. Spaanse griep, die moord op die Russiese tsaar en sy gesin rol oor die voorblaaie. Die wêreld was ontstuimig in kleine Olivia se eerste twee jaar op aarde.

Die 1920s (ook bekend as die ‘Roaring Twenties’ is ook wanneer Adolf Hilter en Benitto Mussolini die politieke arena betree. Dis net oorloë en rusies die hele wêreld vol. In 1923 dood die Great Kantō earthquake 105 000 mense!

In die ontstuimigheid is daar darem hier en daar vrolike affêres – Gatsby , die jitterbug, Walt Disney en Mickey Muis. Die eerste Oscar toekennings word in 1929 aangekondig. Sou jonge Olivia toe al geweet het waar sy in 1939 sou wees? Op daai einste Oscar verhoog as deel van die Gone with the Wind span!

1929 bring chaos na die ontstuimige wêreld met die Wall Street crash. In 1930 word die eerste FIFA wêreld sokkertoernooi aangebied. Die Nazis wen veld in Duitsland en vloede in Sjina dood na raming 2.5 miljoen mense. Suid-Afrika word onafhanklik in 1931 en in Amerika word “The Star-Spangled Banner” die land se nasionale lied en ‘n jaar later is Franklin D. Roosevelt hulle nuwe president wat die land met sy New Deal  omkeer. Swaar tye laat soms reuse opstaan omdat iemand waarlik lei.

1934 is ‘n onthou jaar. Hitler neem Duitsland oor, Bonny en Clyde word afgemaai.

Margaret Mitchell skryf ‘Gone with the wind‘ en dit word in 1936 publiseer.  Edward VIII  abdikeer uit liefde vir ‘n geskeide vrou en Elizabeth II se pa, George VI word koning.  De Havilland sou later jare met Jane Seymour die rol van jonger en ouer Wallace Simpson vertolk in ‘n minireeks oor die romanse. 

WOII se rammelinge begin in 1937 in die Verre-Ooste met Japan wat Sjina inval. Disney reik die eerste vollengte animasie fliek uit –  Snow White and the Seven Dwarfs  Die Duitse zeppelin  Hindenburg val  in Lakehurst, New Jersey. In 1938 vind byna 700 000 teregstelings in Duitsland en strek plaas, die woede van Kristallnacht wek kommer en skrik.  Time  se Man van die Jaar – Adolf HitlerDC Comics held Superman maak sy verskyning in die ontstuimige vreemde tyd.

So lyk Dame Olivia se wêreld terwyl hulle hard werk aan Gone with the Wind. Verfilming is vir 2 jaar vertraag omdat die regisseur aangedring het om Clark Gable die manlike hoofrol te laat speel.

Die jaar wat Gone with the Wind met Oscar na Oscar wegstap, begin WOII in Europa toe die Nazis Pole inneem en die volgende vier jaar is die wêreld in oorlog gewikkel tot 1945. Die wêreld se mens geskiedenis geskend met 12 miljoen sterftes, insluitende 6 miljoen Jode. Dit is ook in hierdie tyd dat die eerste operasionele elektroniese rekenaar aanlyn kom. Sy naam Colossus.

Dame Olivia was self in ‘n oorlog met filmmakers en kontrakte gewikkel in die 1940s. In die vroeë in 1950s verhuis sy na Frankryk, sy trou met ‘n Fransman en sedert 1956, woon de Havilland in ‘n drieverdieping woning by Bois de Boulogne park in die Rive Droite gebied van Parys.

En so volg 1960, 1970,1980 1990, 2000 en nou is dit 2109. Die wêreld se tydlyn is nie so mooi soos Dame Olivia s’n nie.

Die mensdom met lesse ongeleer, wat by die dag meer oppervlakkig word, wat nie ‘n hart kry nie, wat nie liefde, broederskap en gelykheid en vryheid kan spel nie, maar ewigdurend daaroor aan die veg is.

Ek sit so en lees en loer kort-kort terug na die foto hierbo met Dame Olivia s wat in die verte intuur. Liggaam, siel en gees reeds 102 jaar op hierdie aarde.

Wat dink sy, grasieuse, statige vrou van die plek wat sy so lank bewoon?

Sy is so vroulik en verfynd, wys en met ‘n skerp sin vir humor. Lees haar eie woorde.

It [Gone With the Wind] will go on forever, and how thrilling that is. It has this universal life, this continuing life. Every nation has experienced war and defeat and renaissance. So all people can identify with the characters. Not only that, it’s terribly well constructed. Something happens every three minutes, and it keeps you on your toes and the edge of your seat, which is quite a feat, I must say.”

Playing good girls in the 30s was difficult, when the fad was to play bad girls. Actually I think playing bad girls is a bore; I have always had more luck with good girl roles because they require more from an actress.” (Sê die vrou wat ‘n klompie Oscars in die hand hou!)

Of course we fight. What sisters don’t battle?” (Haar suster wat in 1993 oorlede is, was ewe beroemd – Joan Fontaine.

I don’t need a fantasy life as once I did. That is the life of the imagination that I had a great need for. Films were the perfect means for satisfying that need.”

Famous people feel that they must perpetually be on the crest of the wave, not realising that it is against all the rules of life. You can’t be on top all the time, it isn’t natural.”

I would prefer to live forever in perfect health, but if I must at some time leave this life, I would like to do so ensconced on a chaise longue, perfumed, wearing a velvet robe and pearl earrings, with a flute of champagne beside me and having just discovered the answer to the last problem in a British cryptic crossword.”

“One must take what comes, with laughter.”

Vanaand klink ek ‘n glasie op Dame Olivia.

Wanneer ek gaan slaap en bid vir engele om oor ons te waak, gaan ek bid vir ‘n lewe wat ek ook soos sy voluit kan leef en vorentoe vierkant in die oë kan kyk. Want ons wêreld bly ‘n onrustige woelige plek. Jy kan maar net jou strepie uitleef waar jy is. Vir onse mensdom in die algemeen gaan ek bly bid vir genade. Die vet weet ons het dit nodig.

NS. Veggees het sy nog. Lees hier https://www.vanityfair.com/hollywood/2018/12/olivia-de-havilland-feud-supreme-court