Die swart asbliksak boek

So lyk vyftig jaar se geskiedenis

Een Sondag na kerk, nader die hoofouderling my. 

“Jy weet die gemeente word op 27 November 2011 vyftig,” begin hy. 

Ek is deeglik bewus, want die hele gemeente is opgewonde oor die vooruitsig. Ons is besig met verbeterde kommunikasie en ek help met opdatering van gemeente kontaklyste en ons het ‘n flukse e-pos en sms boodskap en steundiens in ontwikkeling.

“Ons wil hê jy moet vir ons ‘n boek saamstel.  Ek is verbaas!  
“Ons hoor jy is lief vir geskiedenis en is ‘n joernalis,” sê die besnorde man. My man pomp my in die ribbes. 

“Dis reg so,” sê ek. “Julle moet net mooi vertel wat julle wil hê.”

Die lank en die kort, die broeders kerkraad wil die gemeente se storie geboekstaaf hê.  Daar is notules en so. So vertel hulle.

Bomskok volg vir my toe ek die argiewe wil besoek. Daar is niks. Die skriba vertel daar is ou leêrs en notules in die katkisasieklasse. Die klasse het sulke opslaan sitplekke. O genugtig, ek maak die eerste bank oop. Dis net papiere en koeverte en ou notule boeke en doopseëls waar jy kyk. Alles net so los ingegooi.

Wat nou? Ek is maar ‘n ou projek aanpakker. Nie bang vir uitdagings nie. Het maar by die naaste winkel gaan swart sakke koop, die katkisasieklasse en op die ou einde in kaste onder die kerksaal se verhoog ook gaan leeg maak. Die bakkie is tot teen die kanopie se dak volgepak en ek niesend en proesend van stof en geskiedenis se muf.

Die sakke word by die huis so ewe in ‘n hoek in ons eetkamer gepak. Daar loop ek vir weke verby die spul. Hoe en wat refrein deur my kop. Een oggend vlieg ek op. Begin by die begin. Ek skaf twee A-Z sorteerders aan. Begin by die eerste sak. Sorteer eers alles in jaartal. Maak hope en pak dit mooi van oudste na nuutste. Weer in die hoek. So begin ek elke dag ‘n jaar in datum volgorde sorteer.

Toe dit klaar is gaan koop ek van daardie kartonboks leêrs. Ek trek hulle met duursame plakpapier oor, en pak elke jaar mooi in die bokse. Daar.

NG Renosterpoort het ‘n argief. Dit was die einde van 2010. Die uitstalling mooi in die hoek, al deel van my dekor!

Aan die begin van 2011 word my skoonma baie siek. Ek versorg vir weke ‘n baie siek mens. In die ure wanneer die pyn medikasie haar diep en ver laat slaap, begin ek lees aan die geskiedenis. O vreugde om van die heel eerste notules onder oë te kry. Hoe ywerig en gefokus die eerste gemeentelede was. Gou leef ek my in, huil saam en lag saam oor die gemeente te doen en late in die naam van geloof.

Ek gaan kuier in beterskap tye as iemand anders na ma kyk, vir ou gemeente lede. Die een oom sterf weke na ek ure se gesels opgeneem het. God se hand in die proses sal ek nooit misken nie. Hy het my gelei, bemoedig, deursettingsvermoë en ‘n dik vel gegee. Sien soos met alle projekte is daar hoenders en eie mishope. Mense bly maar snaakse diere.

Ek het maar omdat mense nie klinkklaar kon sê wat hulle wil hê nie, maar my skryf geskryf soos die Gees my gelei het.

Die resultaat 45000 woorde wat nie net ‘n oorsig oor die gemeente se wel en weë weergee nie, maar ook die dorp en later stad in die ou- en nuwe Suid-Afrika.

Saam met onse liewe dominee Deon, het ek twaalf van sy mooiste preke, wat ook op besondere wyse net reg uitgewerk het, saam met ‘n ‘Lees die Bybel’ in een jaar kalender saamgestel. Dit het agter in die boek plek gekry. Ons idee was dat gemeentelede nie net die boekie sou koop en bêre nie, maar vir die gedenkjaar saam die Bybel sou deurlees.

‘n Span dierbares wat nie bang is om my reg te help nie en taalkundig bedrewe is, het my help proeflees en redigeer. 

Die titel was maklik. Ons gemeente lê wat Pietersburg-Polokwane se gemeenskap betref aan die verkeerde kant van die spoor. Nie die beste deel van die stad nie. Middelklas mense, ryk boere en baie arm mense – dis waaruit die gemeente saamgestel is. Nie die beste adres nie. 

Maar, wyd God my een goeie oggend, kyk dit lê noord van die spoorlyn. Die kerk aan die noordekant van die spoor – die titel skryf homself.

‘n Plaaslike drukker wie se pa en vriende ‘n konsert en ete vir die vroue gereël het en ek ‘n hoofstuk aan gewy het, bekyk die rowwe uitdruk van my boek. Raai, hy maak op die bladsy oop waar sy pa se foto verskyn! Hy skater van die lag. Die uiteinde, die drukwerk word ten volle geborg! Seëninge.

Rots verjaar op 27 November, saam met die gemeente. Hy wil nie ‘n persent hê nie. Oms sy verjaardag te gedenk, laat ons gesin boekmerke maat vir die boek. #ToeValLig.

Ons het amper R5000 kon skenk vir die gemeente koffers uit die oplaag boeke wat uitverkoop het. Dis lekker om te weet dat uit ‘n klomp swartsakke, ‘n boek en ordentlike argief vir ‘n kerk daargestel is. 

Agtien maande van my lewe, weer eens ryklik geseën. Dit is bevredigend en hartdruk lekker om te weet ek het ‘n onmoontlike projek aangepak , en ‘n sukses daarvan gemaak. Die boek het ‘n ISBN nommer en afskrifte is in die Staatsbiblioteek. Ek het ‘n boek geskrywe. Dit vir ‘n kerk. Nee, vir my Here en bewys van sy genade en geduld met feilbare mense.

Amazon is soos jy hier lees besig om my e-boek weergawe te hersien. Hopelik sal die boek teen die naweek beskikbaar wees. ‘n E-boek weergawe. My bydrae tot geskiedenis nou digitaal vasgelê. 

Die e-boek weergawe wat hopelik op Amazon sal verskyn

18 Comments on “Die swart asbliksak boek

      • Het jy gevoel dat die elke dag se skrywe inbreuk gemaak het op jou huislike lewe of kon jy dit maklik hanteer saam met jou ander verantwoordelikhede? Wat sê jou huismense?

        Like

        • Ek het mos net voor die uitdaging my mense ingelig dat ek minder dae by die ekonomie en samelewing gaan aansluit. Ek hou nog huis en kook en daai gewone dinge, maar twee ure op werkdae is my skryfkamer s’n, en die ander dae heeldag lank, met huishou en honde en Elisa en tuin onderbrekings. Dit werk wonderlik en ek sien resultate. Happy Lekkervurig – happy gesin, dis hoe dit rol.

          Liked by 1 person

  1. Ek staan ietwat verstom. Voel vir my of jy weereens die onmoontlike vermag het, want ek is defnitief nie enigsens so fluks soos jy nie. Dit moet ń groot lekkerte vir jou wees, hierdie boek, Erna.

    Liked by 1 person

    • Dankie Perdebytjie! As ek so terug kyk weet ek nie altyd of dit doen of domastrantgeit is nie. Maar ja, daar is niks lekkerder om projekte suksesvol te voltooi nie. Ek het net nou net my eie boekie op Amazon aangeskaf. Die kerkboek se sirkel is voltooi! Dankie vir jou steun en vriendskap.

      Liked by 1 person

  2. Sjoe jy het beslis n groot mylpaal bereik. Nie net die uitsortering nie maar die ter boek stawing van die inligting is n reuse werk. Ek is ook bly dat NaNoWriMo jou ook n goeie skryfstoot gegee het. Ek het toe ook tog maar my dertig dae klaar geskryf en nog heelwat ekstra bygevoeg tot my lewensverhaal.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: