Agterpaaie huistoe

Rots en ek het lekker draaie gery met ons 2012 wegbreek. Ons hele roete beplan om die hoofpaaie te vermy.

Hierdie fotoalbum vertel van ons terug reis vanaf Graaff-Reinet. Ons het een keer met ‘n oorbrug oor die N1 gereis, verder agterpaaie gery. Hoe groot was die beloning nie.

Ons reis deur Paul Kruger se geboortedorp, Burgersdorp,  Venterstad, Bethulie, Louw Wepener.

By Bethulie sien ons die Gariep is boeppens en tot oorlopens toe vol. Water en sand en stof.

Ons ry verby Tieitiesberg en giggel. Die naam vertel self.

Gesels oor legendariese Patrick Mynhardt wat Herman Charles Bosman se Oom Schalk Lourens volksbesit gemaak het. Sy outobiografie was nogal getitel “Boy from Bethulie.” 

Stop om mooi kerkies in klein plekkies af te neem. G’n malmokke in taxi’s en blink motors wat hel toe jaag nie.

Oral poskaart en legkaart berge en stofpaaie en perde. ‘n Kleurvolle windpomp en uitspattig naby wolke slaan my asem weg. Ons ry al langs die Korannaberge. ‘n Eensame fietsryer kom op die stofpad aan.

Vol verrassings, seën en vrede. Die agterpaaie huistoe.

Dankie VirgoC dat jy ons weer op die onthou laat afkom met jou lekker kuier by Gariep!

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

29 Comments on “Agterpaaie huistoe

  1. Dis nogal ook iets op my bucket list…om deur SA te reis op die agterpaaie….ek met my groen geaardheid sal mal wees daaroor maar nou ja, my reismaat is rooi! Bloedrooi…jaag van punt A na Punt B in die kortste moontlike tyd met die vinnigste pad! Dankie vir die pragtige fotos…ek het nou stilgestaan by elkeen en dit terdeë geniet!

    Liked by 2 people

  2. My man is ook rooi, sê altyd – Ons is nou klaar verby. Ek dink mens moet ń girls trip doen op die agter paaie en klein dorpies. Ek en ń vriendin is na ń Christelike danskonferensie in Grahamstad en het vanaf Heidelberg ( gauteng) gereis. Een van my onvergeetlikste reise. Ons het op vroue-tyd gery en gestop.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: