


Positief laat my onthou van ‘n epiese rit in 2010 saam met liefiemense deur die Baviaanskloof. Ons is vroegdag op Graaff-Reinet weg en het eers vir brekfis by Sophies’ Choice op Willowmore gestop. Daar is nie lekkerder tuisgemaakte pastei in Suid-Afrika te kry nie!
Volgeprop klim ons tevrede in die bakkie. Ons maat Andries vertel net aanmekaar van interessanthede oral. Hy ken die streek met al sy gene!
So ry ons die kloof binne. Ons gesels met regte egte kloofmense, Oom Lukas en Tannie Hettie Smit. Hy is ‘n karakter en het selfs vir my ‘n boek geteken waar van sy stories opgeteken is! Hy was erg verleë!
Hulle winkel, Kleinpoort handelaar is soos ‘n tydkapsule. Roltwak, Wilson Toffies, Lennon se medisyne, North Star tekkies, Pilchards… dis kosbaar.
Die oom het hamme vir hande, en hy beduie en gesels. Erg vermaaklik en insiggewend om so vir die mens en die berge om hom te kyk en te besef, hier staan ‘n Godvresende man wat hier groot leef in sy eenvoud.
Kyk, ek het vir my amper nat gepiepie van die lag vir Rots wat so erg hoogtevrees angs gekry het, ons moes keer dat hy nie die kloof opstap in die skadu van die bakkie nie! Hy het kalmeer, Andries en Michelle het gesorg daarvoor deur vir hom lam te praat en staaltjies te vertel.
Die Tsessebe met sy agterstevoor horings wat so mooi in die son geblink het. Goddelik mooi in sy gebrokenheid.
Ons is kloof af en via Port Elizabeth, Jansenville om terug na ons Camdeboo. Heerlike uiting saam et oulike mense. Lekker.
Ek wil nie relaas nie, wou net van my kosbare foto’s deel. Barnie Louw het in Weg van 28 Mei2015 ‘n insiggewende en interessante artikel “Deur die Vallei van Bobbejane geskrywe, lees self:
https://www.netwerk24.com/Weg/Reis/Baviaanskloof-Deur-die-Vallei-van-die-Bobbejane-20150528
————————————————————————————————————-
Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Asemrowend mooi!
LikeLiked by 1 person
Jou foto’s is pragtig! Lieflike wêreld…ons was twee jaar terug daar en ek het dit verskriklik geniet.
LikeLiked by 1 person
Mooi fotos!!! Ek voel vir Rots 🤔
LikeLiked by 1 person
Pragtige fotos! Ons het Januarie 2016 daarlangs gery en ‘n band afgeskryf ! Duur oefening, maar die moeite werd.
LikeLiked by 1 person
Dis pragtige fotos Lekkervurig. Sjoe, daardie rooi vuurpyle laat my hart blom. Ek het simpatie met Rots – sulke hogere plekke met iemand anders wat bestuur gee my stuipe.
LikeLiked by 1 person
Oe…daar is niks wat ‘n storie so mooi vertel soos fotos nie….pragtig!
LikeLiked by 1 person
Jou fotos is verby mooi, lekker tye saam met hartsmense
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dit was spesiaal!
LikeLiked by 1 person
Dit is pragtig!
LikeLike
Wat ń mooi versameling fotos!
LikeLike