Trek sonder om te pak

350px-NelsonMandelaCircle

Ons bloggeterg oor my tuisstad, Polokwane, wat na die groot polonieskrik sommer Poloniekwane geword het, herinner dit my aan die feit dat etlike inwoners van Polokwane al meer as vyf keer van adres verander het, sonder om ‘n stukkie ornament in koerantpapier toe te draai.

Kom ons tree terug. Net so onder die Zimbabwegrens, omarm deur die Limpoporivier het die Transvaal Provinsie van Suid-Afrika vir jare tevrede gerus. Die Transvaal was een van vier provinsies en was self in vier streke verdeel.  Die noordelike deel was Noord-Transvaal, maar ons naby die Zimbabwe grens was bekend as Verrenoord-Transvaal. Pietersburg die hoofdorp van die streek.  Stadstatus is 1992 toegeken.

Net na ons in slingerrye gestaan het vir die Nuwe Suid-Afrika, het die streek vinnig uit die naamveranderingblokke gespring. Voor in die koor.

So gaan slaap ons nog in Verrenoord-Transvaal, en wraggies, die volgende dag bly ons in Pietersburg, Noordelike Provinsie! Die status quo word gehandhaaf tot in 2002 en daar gaan slaap ons weer en word wakker in Pietersburg, Limpopo.

Dit het gou duidelik geword dat ons streek se dorpe met Afrikaanse oorsprong, nie vir lank so sou bly nie. Sien ons Limpopo provinsie is oorwegend etnies swart (bykans 98% van die bevloking is mense van Sepdedi, Venda en Tsonga herkoms) Hier word vyf van die land se elf tale aangetref. Oorvloed aan een kleur maak ons kultuurryk.  Ons hier van Limpopo.

So gaan ons rustig slaap en wraggies, oornag verhuis on van Pietersburg na Polokwane (Sepedi: Plek van veiligheid.) Polokwane, Limpopo.

website-agtergrond

Nou hierdie vreemde nuwe landskap strek oor 400km van oos na wes en 300km van noord na suid. Lyk op die kaart vreeslik na ‘n olifant.

Om by Polokwane uit te kom sal jy vanaf Pretoria/Tswane noord reis op die N1. Wel, jy kan ook vanaf Kaapstad of Bloemfontein die rit begn – bly net op die N1.

Reis so uur te Legend of enige viertrek motor want Minister Pothole Slaggate (Spreek uit Pot-ho-lê Slag-ga-te) is in beheer van paaie. Reis verby Bela-bela, Modimolle, Mookgophong en Mokopane. So veertig minute se reis na Mokopane sal jy in Polokwane arriveer. (As dit woes klink, hier beduie ek polities inkorrek: ry noord op die N1 verby Warmbad, Nylstroom, Naboomspruit en Potgietersrus tot jy in Pietersburg aankom.)

Polokwane roem op twee polities inssiggewende gebeure. Dit is waar die ANC vir Thabo Mbeki die pad gewys het en ons ge-Zumafiseer het. Askies, dis seker iets in die water hier by ons. Dis baie brak.

Polokwane is ook die geboortedorp van Julius Malema. Ons is so jammer. Rerig.

Oja, en ons Sokker 2010 witolifant is na ‘Kill the Boer, kill the farmer’ Peter Mokaba vernoem. Mag niks hieroor sê nie.

stadium

Behalwe die  lastige stukkies geskiedenis, is die oorsprong van listeriose (slegte poloniesiekte wat mense dood laat gaan het), hier by ons Enterprise fabriek gevind. So ons het vroeër vanjaar weer dood rustig na ‘n polonietoebie gaan slaap, en die volgende oggend bly ons in Poloniekwane. 

O, en voor ek vergeet Abrie wou dat ek hierdie relaas “Ons trek want die naamgewers is getrek” noem. Hehe!

Getrek, nee man, skoon simpel en almal kry ‘n -F vir begrotings wat nimmer klop en politieks bo dienslewering! Hulle faal klaaglik! Die riool loop hier in onse strate, mense by onse hospitale word ‘n hele dag evalueer of hulle ‘n noodgeval is of nie.

Ag ek wil nie kla nie. Gaan maar liewer ‘n teetjie teug en ‘n gemmerkoekie eet. Die poloniefabriek is steeds toe en Eskort se polonieskyfies is gans te dun.

Groetnis.

 

 

25 Comments on “Trek sonder om te pak

  1. Was al in Warmbad maar sal Bela-Bela op kaart moet soek. Dit is was regtig oulike skrywe. Ek hoor Polokwane se hoof toersiste aantreklikheid is sy Lekker vurige kaggels en verwarmers. Dit hou die ekonomie aan die gang nou dat julle in Polonikwane bly!

    Like

    • Abrie, Abrie, daai storie is nie waar nie, ek kan nie eers my eie bankrekening aan die gang hou nie. Die hoof-toeristeaantreklikheid word hier tenderpreneur gespel – waarborg luukse motors, massiewe wonings, ontwerperklere en bywoning van dieParlement en die Durban July!

      Like

  2. Jy skryf so oulik! Ek is seker jy het het op skool altyd die beste punte vir jou opstelle gekry! Jy het die geskiedenis op ‘n besonder vernuftige manier vasgevang.

    Like

  3. Terug pieng: Moenie verdwaal nie – Lekkervurigeaffêre

  4. Dit nou geniet. Oor Polokwane sal ek stilbly…maar mapstieks ‘n mens hoef nie vêr te ry na ‘n sprokiesmooi wêreld toe nie.

    Like

    • Oor die berg is mooie Haenertsburg en Tzaneen. En dan Noord die kremetart staninge om Musina, en dan die Willetuin van Oom Paul, maar ja, oor Poloniekwane kan mens net verskoning vra…🙈

      Liked by 1 person

      • My sus en swaer het daar in Koraal Aftreeoord gebly. Partykeer vir weke op slag vir haar gaan kuier. Haar dogter gee skool by Eagles Nest…ook vir lang tye by haar gaan kuier. Hulle het my die mooiste plekke gaan wys.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: