snake and saw

Ek raak sommer opgewonde as ek op  nuwe wyshede of stories afkom. Hierdie verhaal kry ek flussies op Vuisboek – het dit nog nooit teëgekom nie. Dis ‘n storie oor ‘n minder gunsteling ondier en ‘n saag. Dit lui so:

‘n Slang seil op soek na kos ‘n skrynwerker se werkkamer binne. Die skrynwerker was maar aan die onnet kant, en het etlike stukke toerusting op die vloer laat lê.Onder andere, ‘n saag.

Die slang seil die vertrek rond op soek na iets om sy honger te stil. Hy seil oor die saag, en die se tande sny die slang raak.

Slang is dadelik aggressief en vlieg soos blits om om sy aanvaller te byt. Die ystersaag is harder as wat die slang besef, en sy mond begin bloei. Natuurlik is die slang sissend en briesend kwaad verby.  Dis hoe woedende slange mos reageer. Hy het weer en weer gebyt. Die saag was naderhand bloedbesmeer.

Sterwend aan sy eie wonde, maar steeds by rede verby woedend, draai die slang hom om die saag en begin om die lewe uit sy vermeende aanvaller te probeer druk. Met tragiese gevolge. Die slang beswyk aan selftoegediende wonde.
Dis baie keer ook so met mensekinders in oomblikke van woede. Wanneer ons in siedende woede reageer, maak ons net onsself seer.
Die beste is om soms situasies liefs te ignoreer, om mense en hulle optrede te ignoreer. Om nie gewip op alles te reageer nie, maar om intern in beheer en kalm te bly. Die situasie goed deur te kyk en te deurdink.
Dan het jy kans om die regte opsie te kies. Weg te stap, nie ander of jouself te verwond nie.
Hoe sê die wyse Salomo in Spreuke 15:1