Jacob Zuma, pak jou tas en familie en gaan weg. Ek hoop van harte as jy nie landuit vlug nie, jy toegesluit word en almal vergeet waar die sleutels is.

Danksy jou rampokkery, dink onmense hulle kan oral, waar jy en jou ewe-onnadenkende vrate die voorbeeld gestel het, vat waarvoor hulle nie gewerk het nie.

Jy,en ander soos jy, skat ons vlak. Ons gaan oral, bebloed, beseer, bebliksemd begin nee sê vir slagoffer wees. Soos hierdie man. Gee hom ‘n Bells of van sy eie wyn, en maak hom minister van SA etos.

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=10155052181067553&id=138639227552

Charles Back, ek drink vanaand op jou en ons land se mense se veggees ‘n yskoue wyntjie, bid vir jou beterskap en ons mooie land se redding. My moue is opgerol.