Eendrag maak mag

south_africa_pond_1898

Ek kook so kwaad is ek. Storieklong stop nie met gerugte en chaos nie.  Abrie kom speel die eenheid en eendrag kaart na ‘n week se afwesigheid. Wil vertel ek is eksugtige Gupta-kloon. Verweer gaan ek nie.

Maar hier is nuus of wat julle ookal daarmee wil maak:

IT spesialiste het die eposse wat kamtig deur Una geskryf is, se IP adres nagespeur. Ai, Storieklong, rerig. Ek het ons verhaal tot dusver aan die Huisgenoot en Rapport verkoop en hulle fotograwe is saam met die polisie onderweg om Klong te gaan oplaai. Hy gaan nie tronkstraf kry nie, nee hy gaan gemeenskapswerk doen vir 5 jaar, elke Saterdag by die ouetehuis se badkamers. Dis so met die polisie onderhandel. Julle sal seker nie omgee as ons dan die geld vir die kinderfonds of wat ookal Klong versin het, skenk nie?

Waarom sal ek my enigste maats in blogland so seer wil maak en onmin wil saai? Abrie jou afwesigheid het al hierdie vermoedens laat ontstaan. Jinne, die towerinne noem jou glads Boss. Bly ek stil gaan jy my verder uithaal, en baklei ek, gaan jy my uithaal. So ek los dit maar doodgewoon.

Is julle ook bly oor ons nuwe miljarder President. Hoop net nie hy steek by Trump kers op nie.  Maar dis anderdag se gesels.

Julle gaan nie glo nie!

Ek ry nog so tussen  George in Toweropstal se rigting en daar staan hy. In sy swartpak aan die sweet en duim in die lug.  Athul Gupta. Hy bedel ‘n rit na die lughawe. Dis mos nou op my pad na julle toe. Wel, ek het hom opgelaai. Siestog die arme man. Pas voortvlugtig verklaar.

atul

Ek het gestop en toe hy inklim het ‘n goeie spuit pepersproei hom kolskoot getref. Tjoef tjaf het ek hom oorrompel en vasgebind. Hy rus nou onder die bakkie se seiltjie. Ek het die polisie en SARS geskakel en hulle genooi om by Toweropstal die gevangene te kom afhaal.

Daar is ‘n losprys beding – R5 miljoen.  Nou kan julle al julle strokies maar bring, ons betaal almal se geld terug en dan kan ons saam besluit hoe die res verdeel word. Ek  het nou net voor die parkhome gestop. Kom help my met ons gevangene asseblief.

Hoop ons kan nou mekaar in die oë kyk en rerig saamwerk om die gerugte en innuendo en dwaalspore stop te sit, te hergroepeer en daai geraamte en kis gaan uithaal uit die kelder en regtig fokus om soos ‘n span – ja, Abrie – saam te werk om die skat op te spoor en iets baie goed daarmee doen…

Ek nomineer vir Toortsie  om haar paarties te reël soos sy wil.  Onthou net dis nou die Valke en SARS beamptes wat ook bykom. Tjeers

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

82 Comments on “Eendrag maak mag

      • Perdeybytjie ek hoop nie jy het die Vurige woorde geglo nie. Ek het reeds op die vorige hoofstuk my pyn en teleurstelling verwoord.. Ek was diep gekrenk oor die onwaarhede wat Vurig vertel is. Ek het my beroep op die woorde op die Krugerponde Eendragt maakt magt vandaar die titel van hierdie hoofstuk. Maar ek die Vurige een het reeds ‘n ‘n vredespyp en vonkelsappie gedrink daaroor

        Like

        • Werk, werk want die winter kom. Gaan ons nou af kelder toe om die kis en geraamte van naderby te bekyk….miskien is daar ‘n leidraad. Onthou ons het met die drone se sonar vasgestel die kelder is droog en daar is net ‘n geraamte en skatkissie te sien. Dis seker waar ons moet oorbegin, Hester, Abrie?

          Like

      • Goed Abrie, ek sal my hou by ‘n skietstilstand, maar ek vertrou nie die vrede nie. Mooi woordjies soos Eendragt maak magt, maak my juis hiper-suspisieus. Onthou ek is ‘n perdeby!

        Liked by 1 person

  1. Halloooo almal, ek’s hier!!! Lekkervurig, jy weet mos seker dat wetlik gesproke, alle goud wat opgespoor word die staat toeval. Dis NIE wat ons wil hê nie – hulle het jarelank ons belastinggeld ontvang en nog bygesteel. My voorstel is dat ons stilbly omtrent die goud en dit nog steeds verkoop. Ons kan nog steeds geld skenk vir die kinderfonds, maar ek stel voor ons martel die twee kroeks om saam te werk en dan split ons die goud se prys. Wat dink die res van die misdadigers?

    Like

  2. Ek het nou hardop gelag toe ek hoor daardie Guppy ek bedoel Gupta staan daar langs die pad met duim in lug. Vir oomblik hom met Gyppy vis verwar want hy het so gesweet dit het gelyk of sy kop in ‘n Goudvis bak was. As hy geweet het wat goed is vir hom het hy arms in die lug gestaan

    Liked by 2 people

    • Terloops ek wasook op pad na Toweropstal maar kon hom nie erken agter die sweet nie en maar verbygehou. Oppad na Toweropstal het ek sommer by Skimmelkrans verby gery. Waar is al die mense. Daar is jy Hester ek moet bieg ek het gewonder of jy hier gaan opdaag. Jy kan vir Toorts se as sy die peper by die huis vergeet vir haar disse is dit nie ‘n probleem nie. Lekkervurig het pepper spray vir ‘n vurige skaapboud

      Liked by 2 people

  3. Oooo jenne! Ek moet terug huistoe. Begin pak vir ons see trippie. Gaan julle ok wees sonder my? Ek gaan nie my foon check tensy dit ‘n oproep is nie. Gaan julle mis hoor!

    Liked by 1 person

    • Ek is by die lughawe – die ander pas vir Atul op. Ek lees nou sy broer Ajay is ook ‘n gesoekte. Daar is maar R50 000 losprys op hom. Ons het ‘n goeie ooreenkoms met die polieste se Valke en SARS beding.

      Liked by 1 person

      • Shit, ek is seker hy is saam my op die vlug…. staan asb gereed, ek hou hom dop…. kry gou n paar goed in plek, as jy bevestig dat dit hy is kan ons twee hom dalk OOK vastrek, hy het n groot wit hoed op en n groot bril. Ek sal naby hom bly. Kry vir ons n stof waarmee ons om kan inspuit en staan reg met n trollies! Ons kan geld maak!

        Like

  4. Oeg *gaap* ek het so lekker geslaap na al die geskommel daar in die melktrokkie. Ek gaan nou van Toortsie se ontbyt geniet. Mense, moenie my so skeef aankyk nie – daardie outjie wat die melktrokkie bestuur het is ons goudkoper, under cover, en ek het hom saam met my bed toe gevat om ‘n ogie oor hom te hou. Hy kan nie Afrikaans of Engels of enigeen van die official languages praat nie, so ons hoef nie bekommerd te wees dat hy inluister op ons gesprekke of enigiets gaan verklap nie. Toortsie kan maar voortgaan met haar polisiepaartie.

    Liked by 3 people

  5. “Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
    al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring.
    Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
    hier galop ‘n goggatjie, daarso dans ‘n mier” sing ek terwyl ek vir Toortsie help ontbyt maak. Die Kaap is weer Hollands mense!!!

    Liked by 3 people

  6. Wees gewaarsku! Hier is mense tussen ons wat ons nie kan vertrou nie. Ek is mos die kombuistannie en met nou vir die outjie onder die seiltjie ook kos aandra en is hy nou gesellig? Hy vertel vir my goed wat ons almal se hare sal laat rys. Maar ek vertel julle môre daarvan. Intussen, wees uiters versigtig! Dis al wat ek nou kan sê. 😱

    Like

  7. Terug pieng: Die polisiepartie – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  8. Ek het so tussendeur die gewerskaf uitgevind dat die Skimmelkrans stasie op munisipale grond is.Daar is mos ‘n lekker watertenk daar vir die winterreens wat in die Kaap gaan val. Ek het met my vriend by wie ek nou die dag gaan eet oppad hiernatoe, gepraat (hy is op die stadsraad en juis die grondsake komitee voorsitter) en dis heeltemal in die haak met hulle ek kan maar die tenk kry en hom per trein vervoer na my huis in Bellville. Anders gaan dit later net ‘n onkoste vir hulle wees as hulle dit moet verwyder. Die vervoerkoste is baie minder as die koste van so groot lekker tent. Ek gaan net ‘n paar sterk manne reel om die tenk op ‘n trein te laai. My blomme gaan in die Somer kan blom 🙂 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: