‘n Reuse kinkel

 

Na Perdebytjie met haar zoem-zoem die bye probleem by Toweropstal sorteer het, gooi sy wraggies die bal hier na my kant toe. Dinge vorder by Toweropstal, maar met rukke en stote. Daar is soveel los drade in ons perfekte misdaadplan. Ek sukkel om by te hou so van ver af.

Soos al die towerinne het ‘n mens se persoonlike lewe ook maar ‘n invloed op jou misdaadplanne. Ek verwonder my hoe Al Capone en diesulkes en die Guptas hulle diewery en boewery gepleeg kry met familie, siektes, gevoelens en so meer ook in die spel.

My Rots is geopereer en moet 12 weke in ‘n nekstut leef, daar is twee besighede om aan die gang te hou. Dankie tog vir Bab en Mielie en Wy – wat sal ek sonder die kinders maak? Rots het ons gister groot laat skrik, maar dankie tog die krisis was toe dat sy nekstut skeef vasgemaak was, en dit het sy nek vreeslik laat pyn… praat van ‘n vaal vaalentyn. Ag ja, en dan wil JZ nou ook nie mooi speel en ons land die beste Vaaltyn ooit gee nie. Rerig, bedank en vat jou houe, man.

Maar genoeg, ek het vanoggend vroeg in Polokwane weggetrek en sal vanaand laat by my Karoohuisie Great Expectations in Graaff-Reinet oorslaap. Dis ‘n lang skof, maar ek wil so gou ek kan by Toweropstal uitkom. As alles na plan verloop sal ek more so teen etenstyd daar wees. Hoop daar is van Toortsie se lekker kos oor.

Geheime boodskap aan al die towerinne: (Highlight) moenie dat Abrie en Storieklong die kry nie. Ek is lankal in George, saam met Hester. Ons vermoed al geruime tyd dat Abrie se storie van die skoorsteen en die kelder en die goud, ‘n storie is om ons die fokus van aandag te maak sodat hy en Storieklong by die ware ligging van die goud uit te kom.

Daarom is Hester kamtig Las Vegas toe, en ek het so lank uit die spel gebly. Ons hou sake fyn dop. So trots op die towerinne wat vir Storieklong bespeur het en hom die wyk laat neem het. Kyk hoe vinnig na Storieklong uitgevang is, het Abrie kamtig teruggedraai om te gaan herstrategeer.

Wat niemand weet nie, is dat Scrapy se drone  ge”hack” is. Hy het sonar  allerlei vermoëns wat van ver af beheer kan word. So het ons al vasgestel dat daar wel ‘n kelder is, maar daar is net ‘n klein kissie en ‘n geraamte te vinde. Is dit die moeite werd om die kelder binne te gaan – miskien is daar waardevolle inligting wat ons kan help om die goud op te spoor? Sê nou dit is Abrie se Oupagroot? Sê nou dit spook in die kelder? 

Danksy die Drone is ‘n geheime boodskap onderskep – ons vermoed dit is tussen Abrie en Storieklong.  Ons sal dringend dit  moet ontsyfer voor ons verder aan ‘n aksieplan kan dink. Help my dit ontsyfer voor ek en Hester en Rondomtalie en Christa by julle aansluit. Sorg asseblief dat julle almal daar is teen 12h00 more. Hou die opstal en die stasie en die grootpad met valkoë dop.  Sonell– gaan in sniper mode as dit moet. Wees versigtig.

ONTSYFER VOOR 12h00 15 Februarie 2018. (Miskien is JZ ook al weg…)

Hier is die nota wat ook ontsyfer moet word.

POLMT

WRV EILFNVMHV RH TVUOLFH. SFOOV YVHVU MRV LMH KOVVT WRV KVIUVPGV

NRHWZZW MRV

WRV TLFW RH YB HPRNNVOPIZMH HGZHRV RM WRV DZGVIGVMP.

DZT WZG SFOOV RM PVOWVI ZUHZP WZM OZZR LMH TLFW VM OZZG DZZR.

ZYIRV

(Jinne ek hoop die manne kan spel…)

Hierdie is reusagtig, en ek is onderweg en wendings en kinkels maak die lewe interessant. Sorg dat julle almal laat weet julle sal teenwoordig wees. Sal more as julle almal terugvoer gegee het, ‘n plan van aksie blog pos met ‘n genomineerde wat die saak verder moet voer.

Lekker kopkrap.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

 

 

124 Comments on “‘n Reuse kinkel

  1. Sodra een van julle mede-misdadigers hierdie geheime boodskap ontsyfer het, en ek moet dalk oor iets ingelig word, laat weet my. Op die oomblik is ek weer besig om uit te pass van moegheid, sien glad nie reguit nie. Môre oggend hier teen drie-uur is ek weer katjie van die baan…

    Liked by 2 people

  2. DAAr Is nIE klInkErs In ElkE wOOrd nIE… sO hOE Op AArdE kAn dIt wOOrde UItmAAk? Grieks kan ek nie lees nie!!!

    Like

  3. Nee! Waar en hoe het jy hierdie boodskap onderskep? *skok* Nee, eintlik skok dit my ook nie regtig nie. Sonell, ek gee nie regtig om as jy ‘n ou moordjie of twee pleeg nie (Toortsie, hou op om jou mind te change). Ons kan altyd ‘n lykie of twee in die water wegsteek – vra vir Seegogga, sy sal weet.

    Liked by 3 people

  4. Lekkervurig, ek is gereed vir aksie. Daai blerrie twee mans! Tweegesigte! Skelms! Misdadigers! Dat Abrie hom nou so heilig gedra het, en dan skaar hy hom by DIE STALKER! Rondomtalie, bring nog slange saam, dis ok. Ons sluit daai twee mannetjies eers toe saam met die vipers, en daarna kan Sonell oorneem.Christa behoort ook ñ paar martel-idees te ken, met dié dat sy vir lank in Thailand was. Daardie land se tronke ken nie genade nie.

    Liked by 1 person

    • Hoe gaan ons hulle daar kry? Gaan ons hulle tuis oorval en ontvoer? Gaan ons hulle mislei en oorval as hulle die goud klaar gelaai het? Hoe kry ons die Vanhelsdingen uit die pad om Klong by te kom? Het iemand al gaan kyk of die goud in die watertenk is? Het iemand dit nie al gegaps nie? Of hou julle wag. Skuus dis maar so in die ry dat die vrae by my opkom.

      Like

  5. Sjoe, die Vanhelsdingen poppie. Vir haar is ek skrikkerig. Storieklong is geen probleem nie, ons oorval hom en gryp hom aan sy lang baard. Dan is hy magteloos. Abrie is die probleem. Hy is slinks…Maar ek is nie goed met planne uitdink nie, dis julle deel. Ek en Wegkruipertjie het ingeduik, maar toe oorval ń vrees my, en ek gryp haar blou hare vas, klou aan haar…en toe versuip sy amper…Toe raak sy boos en jaag my uit. So ek weet niks. Weet nie of daar goud is nie, weet ook nie waar sy nou is nie…

    Like

  6. Ek lê met ‘n lap op my voorkop…. moet oor die skok kom. Dat die boss nou so ‘n groot kroek is…. het ek nie verwag nie. Heeltyd nog geglo hy is edel van inbors. Wil net hê wat naregte aan him behoort…. en is so gaaf om dit met ons te deel. Hoor Hester is vanaand hier?

    Liked by 1 person

  7. Wegkruipertjie, waar is jy? Scrapy sal jy daai drone daar by die stasie laat gaan loer? Ons kan so kyk of iets of iemand in die tenk ronddryf. Ek het so spesmaas met die min van ons aan die gesels dat hier slange in die gras is. Sonell loer bietjie deur die teleskoop van daai geweer van jou.

    Liked by 1 person

  8. Die Uile was hy heel gunsteling leesstof toe ek nog landcruisers met my baard kon brei, so dis ‘n hengse kompliment om so genoem te raak.

    Of Plasie nou saammet die visse gaan loop swem of nie, dit maak nou nie saak nie. Daai polisie taakspan het immers ook op my geskiet toe hulle oppad was om al my vrinne te gaan arresteer en ek hulle op ‘n dwaalspoor gelei het.

    Ek hoop regtig julle is netjiesgemaak teen die tyd wat die Teevee mense daar by Toweropstal aankom om die trustees van die nuutgestigde Toweropstal Kindersfonds af te neem vir die 7uur nuus. Weet julle dat dit die grootste enkele welsynskenking in mense heugenis is wat julle gemaak het? Ek is so trots dat julle my blogvrinne is, en veral vir Una wat al die onderhandelings met SARS en die kinderfonds mense via e-pos gedoen het.

    O ja. Die huilgenoot en Hanlie Retief van die Rapport wil ook asb ‘n onderhoud hê

    Liked by 1 person

    • Hester…. maak dat jy hier kom… jy is die een wat vir my bly sê het hou die taak voor oë. As ons nou die hasepad kies gaan ons nooit weet of daardie goud nie nog in die kelder lê nie. Is daar nie iemand met ‘n kop op hulle skouers wat ons uit die penarie kan red nie?

      Liked by 1 person

    • Met die fokus wat ek op St Vatentyn geplaas het (soos dit enige ware man betaam) en ander strategiese belange vandag wat my aandag geverg het vandag, kon ek nou eers by hierdie skrywe uitkom. My eerste gedagte was om lekkervurig te komplimenteer dat sy in kode haar opdragte gee. Met die Guptas wat arresteer word en hulle nommeer vvm wat nie meer nommer vvm nie, lyk dit of die Valke hulle werk begin doen en moet ons dit moeilik maak vir diegene wat ons sou wou dwarsboom.

      Maar o wee, die affere ag ek bedoel Lekker vurige affere het bepaald baie by die Guptas geleer. Misinformasie en vals nuus. Dit is mos nou duidellik dat die skrywe vervals is om van die toneel af weg te kry (nie dat ek op die toneel is nie). Eendragt maakt magt staan op die Krugermunte nie Affere veroorsaak affere nie. Die perfekte misdaad emails is definitief ‘n vervalsing.

      Dames ek voel diep seergemaak ons moet eengesind saamwerk. Daar is genoeg goud om met mekaar te deel en dan kan ons almal kollektief ons voete (en tonge en vingers wat tik) van klei in goud verander. Verwerp hierdie skrywe vir wat dit is, ‘n egoistiese poging om onmin te saai. Ek weet nie van Hester nie maar hierdie affere moet ons dophou.

      Like

  9. Met die fokus wat ek op St Vatentyn geplaas het (soos dit enige man betaam) kon ek nie gister en ander strategiese belange vandag, kon ek nou eers by hierdie skrywe uitkom. My eerste gedagte was om lekkervurif te komplimenteer dat sy in kode haar opdragte gee. Met die Guptas wat arresteer word en hulle nr 1 nie meer nommer 1 nie, lyk dit of die Valke hulle werk begin doen en moet ons dit moeilik maak vir diegene wat ons sou wou dwarsboom.

    Maar o wee, die affere ag ek bedoel Lekker vurige affere het bepaald baie by die Guptas geleer. Misinformasie en vals nuus. Dit is mos nou duidellik dat die skrywe vervals is om van die toneel af weg te kry (nie dat ek by die toneel is nie). Eendragt maakt magt staan op die Krugermunte nie Affere veroorsaak affere nie.

    Dames ek voel diep seergemaak ons moet eengesind saamwerk. Daar is genoeg goud om met mekaar te deel en dan kan ons almal kollektief voete (en tonge en vingers wat tik) van klei in

    Liked by 1 person

    • Rerig Abrie skaars 19 minute terug – nou kom saai jy juis onmin, . Alles reg. Jy praat darem mooi van iemand waarmee jy nog net 5 sinne gepraat het. Pffft. Hoop ek stel jou diep teleur. My ego is heel goed gebalanseerd dankie. Ek post en tag binne die volgende halfuur – moet net eers my gevangene gemaklik kry.

      Liked by 2 people

      • Diep diep teluergesteld

        Oo… skruwe rand
        van onregdal
        weer het jy dit reggekry
        om my hoop
        oor die rand te stoot
        en na benede
        te laat val

        telkens moes ek oorbegin
        om struikelblokke te oorwin
        my kragte dreineer
        deur tydlose duur
        oor felbrandmuur –
        met ‘n vaste wil
        om tot hier te klim (Dricky Beukes)

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: