Wees net jouself

Ek lees nou annerdag hoe ‘n medeblogger gebreek voel oor ‘n volgende nie meer volg nie. Toe sit ek so by myself en wonder oor ons ondermaanses se behoefte aan ander mense se aanvaarding en goedkeuring.

‘n Slim dominee het my hard aarde toe gebring, na ek vir ‘n gemeenteprojek my alles gegee het, en nie ‘n piep van dankie gehoor het nie.

Hy het vir my gevra of ek dink die mense van wie ek dank/goedkeuring/aanvaarding verwag het, volmaak is.

“Hoe nou, Dominee? ”

Hy verduidelik dat hoe kan ons, met ons menseharte wil hê dat dit goed is dat ander met hulle eie gletse en foute, vir ons vertel jy is goed of sleg? Ons is almal onvolkome, subjektief. Balk-in-die-ogerig.

“Werk omdat jy wil. Werk so dat jy vir God loof en dank met die stukkie van Hom wat deur jou lewe moet skyn. Hy het jou immers na Sy beeld geskape.”

Jy is jy. Elkeen van ons is net homself. Daar om kan ons maar elkeen onsself uit leef en uitdruk op ons unieke maniere.

Een sing, ander skilder. Ek weer, hou daarvan om te lees. Woorde mooi gesnoer maak my hart sing. Skryf is ook lekker en daar om ryg en my eie woordsnoere op my blog.

My blog is my joernaal sonder sleutels.  Jy mag maar blaai, kommentaar, of nie. Dit maak nie saak nie. Jy is jy, en ek is ek.  Ons is almal God se maaksels,  en net Sy opinie tel tot in ewigheid.

One thought on “Wees net jouself

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s