Vanoggend ry ons in die reën dorp toe. Ons reis so dertig kilometer, hoopvol. Want sien toe ons op die R101 afdraai staan ‘n lieflike reënboog voor ons.
Ag, wat ‘n belofte om aan vas te hou, dink ek.
Sê nou maar net alles verloop goed.
Sê nou Prez kry die boodskap en vanaand is alles anders.
Helaas. Helaas.
In onse Polokwane begin ons werkdag heel normaal.
Gister was daar skaregeregtigheid in die onderdorp. Blykbaar teen Somaliërs. Xenofobie, Nyaope-verkopers is die gerugte wat rond warrel saam met die rook uit brandende voertuie…maar ons weet nie regtig nie. Niemand sê nie.
Nietemin.
Ons is kinderlik bly om al ons werkers op die winkel se stoep te kry.
“Is daar dan nie protes-optogte nie?”
“Nee, hulle vertel net goed op die radio”, antwoord die koor.
“Ons kom werk.”
Nou maar reg so.
Ons is so halfuur oop, toe ‘n waardige ou man die winkel instap.
“Ek soek ‘n kaggel.”
Hy is baie sku, en ek maak die fout om te vra of hy ongelukkig is. Hy raas en vra of ek hom ken dat ek nou kan besluit hoe hy voel. Ek vra om verskoning en begin beduie van kaggels.
Hy luister en vra, en op die ou einde is daar drie kaggels wat sy aandag trek. Hy kom sit by my in die kantoor, nog maar stywerig.
Terwyl ek die blikbrein, FRED (F…ing ridiculous electronic device) sedert Windows 10 gelaai is, aan die gang kry. Ek begin kwotasies uitwerk en konsentreer.
“Watter lied sing jy daar”, vra Meneer R my.
Ek skrik. In my konsentrasie, kom ek nie agter ek neurie hardop nie.
“Ekskuus”, vra ek maar weer om verskoning.
“Nee, watter lied is dit?”
“Rock of ages, cleft for me…”
“Dis mooi,” en die stywigheid tussen ons wyk. Hy boer met beeste, maar bly in Seshego vertel hy vir ons.
Ek gee die kwotasies, met bejaarde afslag.
Hy kyk so, en kyk na ons. “Wil julle maar nie ook by my huis kom kyk watter kaggel is die beste een nie?”
“Natuurlik. Dis deel van ons diens.”
Rots en Kokol, ons installeerder spring in die kar, en ry agter die waardige man aan.
Hulle is skaars weg, toe ek op Vuisboek berig kry dat daar onrus in Seshego is. Ek bel vir Rots.
“Julle moet versigtig wees.”
Hulle sê dis reg. Klompie minute later bel Rots. Dis net klippe en brandende bande, hulle gaan omdraai. Ons is benoud vir ‘n rukkie, want hulle het ons kliënt ook gesien uitswaai. Hy het nie sy telefoon by hom nie, ons kom by sy kinders uit. Toe ons ‘n halfuur later weer bel, laat weet hulle hy is veilig tuis.
Ons straat raak al hoe stiller. Plekke maak toe. Ons hoor daar is moeilikheid in die middestad, mense is uit kantore ontruim, Winkels maak toe, daar is oproer in die buurt neffens ons.
Daar gaan my onderneming dat ons wel protes steun, maar nie ons besigheid kan sluit nie.
Dankie Prez, dat jy mense in ons streek leer afbrand en verwoes het.
Ons Polokwane is mos waar jy jou hande op die teuels gekry het.
Ons Polokwane is mos ook nog Julius EFF se tuisdorp.
Ons Polokwane….
Twaalfuur, uit kommer oor hoe ons personeel, wat om en in Seshego woon, by die huis gaan kom, sluit ons maar. Ons hoor eers na drie dat hulle veilig tuis is. Oral brandende bande en jillende mense.
Ek volg maar so op Vuisboek wat oral aangaan.
Ons is nog ‘n keer afgradeer. Ge-Fitch.
Ons rand is bestendig danksy bloedvergieting in Sirië. Bloedgeld.
Kaapstad wen die protes-beker met menskettings.
Liederlik laaste kom Polokwane en die sjebeen in Saxonwold.
‘n Groep mense, BLF, in swart t-hemde, kaap die reënboogprotes voor die Saxonwold sjebeen – Guptaville. Op hulle hemde: “Land or death’, “One Bullet”. Die reënboog toi-toiers staan stom en toekyk hoe die handjievol die hele situasie in ras omkeer. Die polisie keer.
‘n Jong bebaarde Indiër en bejaarde Ingelse Saxonwold omie is in ‘n bekgeveg oor aktivisme, bevoorregting en die polisie. Verstommend. Die BLF ouens, skielik nêrens te sien nie. EWN is nog besig om met ‘n vrou te praat, toe kom die skokgranaat.
Daar gaan daai een
Later vanmiddag kom berig dat ‘n kollege in Seshego buite Polokwane aan die brand is. Ag, mense. Die onrus is nou nie meer xenofobies of anti-Prez nie, nee, nou is dit swak watervoorsiening. Dis maar yl redes op ‘n dag soos vandag.
Ek teken maar die 100 000 sterk petisie van Avaaz. Miskien kom dit by Prez uit.
Twee mense vir wie ek baie omgee is moerig vir mekaar oor Netwerk24 geld vra vir nuus…op Vuisboek…daar gaan daai een ook.
Zeldina van Madiba sê ons stop nie hier nie, al die opposisie mense gaan op 12 April verder met die protes…en 18 April moet ook nog kom.
In Lebowakgomo so dertig kilometer van ons, het opportuniste ‘n kitsbank opgeblaas. Ons protes-aksies in ‘n gulde geleentheid vir gierigheid omskep.
Amandla. Awethu.
Oor en uit.
NS. Dis nou al donker, en Rots roep my HK toe(die kombuis) ‘Wat gaan ons braai?’ is op die agenda. Ek skink maar ‘n skottel uit die karton. Die hartstigtingversnit.
Ek gaan op die stoep na Bob Dylan, die Nobel-pryswenner, luister:
“Well, they’ll stone you when you’re trying to be so good
They’ll stone you just like they said they would
They’ll stone you when you’re trying to go home
And they’ll stone you when you’re there all alone
But I would not feel so all alone
Everybody must get stoned
Well, they’ll stone you when you’re walking on the street
They’ll stone you when you’re tryin’ to keep your seat
They’ll stone you when you’re walkin’ on the floor
They’ll stone you when you’re walkin’ to the door
But I would not feel so all alone
Everybody must get stoned
They’ll stone you when you’re at the breakfast table
They’ll stone you when you are young and able
They’ll stone you when you’re tryin’ to make a buck
Then they’ll stone you and then they’ll say “good luck”
Tell ya what, I would not feel so all alone
Everybody must get stoned
Well, they’ll stone you and say that it’s the end
Then they’ll stone you and then they’ll come back again
They’ll stone you when you’re riding in your car
They’ll stone you when you’re playing your guitar
Yes, but I would not feel so all alone
Everybody must get stoned alright
Well, they’ll stone you when you walk all alone
They’ll stone you when you are walking home
They’ll stone you and then say you are brave
They’ll stone you when you are set down in your grave
But I would not feel so all alone
Everybody must get stoned
Written by Bob Dylan • Copyright © Bob Dylan Music Co.