Ek het soos Cheslin gevoel tydens die Prez se spiets. Kon nie kyk of verder luister bie. Foto André Joubert.

…en Ramaposiedoringrosie praat absolute stront met sy adres aan ons gebroke nasie.

Bleghhh….hou jou vakansiedag. Ek en my huis sal in waarheid aan veg. Ontruim jou stoel en jou ANC se kapery van ons mensheid en laat ons Springbokspan se etos kom regeer

Sies dat jy ons ware ambassadeurs se oorwinning gekaap het vir politieks. My kos loop uit my gesig, My hart kots

Jy is ‘n teleurstelling met jou syfers en nommers en twak. Skaam jou Prez. Jy het ons hoop gekaap. Jou Covid ‘ons is familie’ truuks werk nie in ons nuwe realiteit van gestroop aan sekerheid nie.

Niks beter as jou voorgangers nie. Skaam jou.

Ek bid dat kiesdag aanstaande jaar in jou party se gesig ontplof vir die disrespek wat jy vir ons en ons sportlui getoon het om poef te vertel oor wat julle onbekwaamheid en onmag om vir ons hoop vir ‘n toekoms te gee. Mag iemand buite steelkant julle oorrompel.

Sies Cyril, sies. Skaam jou. Skaam jou om die Springbokke se sege te kaap uit die steelkant om jou onvermoë te verdoesel. Druk jou holiday in jou alie.