Hierdie is deel van die huidige Lê-Jou-Eier reisuitdaging deur ‘n groep Afrikaanse bloggers.Gebonde, gebende en byname die Towerinne. Hulle vlieg oral rond in die VVVTT.* Hulle fantasie stories is ondenkbaar, ondoenbaar, onverklaarbaar, behalwe in hulle eie koppe.
*VVVTT =V(lieënde)V(irus)V(lugtende)T(owerin)T(ent)
Kunswerk van Daniel Merriam, “Walking on Air”
Lees oor die reis tot dusver, hier: https://fresh.inlinkz.com/p/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030
Hoofstuk 14: Die brief
Hester wil dadelik op Aalsie se aanbeveling meer lees oor Andorra. Sy stap die VVVTT tent in om haar reissak te loop haal. Sy wil op die tablet googeloer om in volkleur te bekyk wat die land so noemenswaardig maak, die Towerinne vertel min van wat hulle en hulle nuwe tandeborsels beleef het.
Wat sou ‘quelle barbe‘ beteken wat Frannie so praat? Sy tik dit so in die stap in op Google Translate en bars van die lag uit. “What a drag,” dis wat Frannie gesê het! Baie uit aard vir ons elegante gryskop, die taal misverstand moes vir haar erg gewees het dat sy so praat, dink Hester en sy buk om die sak onder haar sitplek te trek.
“Waddehel,” sê sy verbaas. Die sak is boepens en weeg ‘n baksteen en so bietjie. Hester rits dit oop. ‘n Dikke slapbandboek en ‘n lieflike weergawe van die eerste geïllustreerde Alice in Wonderland met ‘n rooi strik omgebind, gly vloer toe. ‘n Koevert steek tussen die twee boek uit.
Hester gaan sit doodstil op haar sitplek. “Nee tent, stil jy ook,” raas Hester toe VVVTT so voel of sy wil opstyg, skoon stuitig omdat sy sonder die Towerinne vir Musica op ‘n onthoureis na haar kindertye geneem het.
Sy skeur die koevert oop en vou die wit folio oop.
Regs is die adres en datum. Sy lees:
Stokkies 10
Graaff-Reinet
Dag 117 van Covid-19 inperking in Suid-Afrika
aka 21 Julie 2020
Liewe Hester Sintester
Dis weke sedert die VVVTT op Rebusfontein aarde toe gekom het en ek my in vergeet in geval het. Toortsie se “jammer, jammer, jammer,” galm nou nog in my ore. Dit is van die min goed wat ek kan onthou.
Ek het so vyf dae gelede op Rebusfontein, in Towerinstraat 14 wakker geword, of sal mens sê tot verhaal gekom. Lorenzo en Quasimodo en die Rebusdiere was omtrent bly toe ek hulle herken.
Hulle het my vertel van julle vertrek met die VVVTT op julle wêreldreis en hulle ontsteltenis toe hulle my agter die put op die meent by Broodina se heengaan plaatjie kry. Katswink vir ‘n tweede keer.
Ek onthou hoe ek dronk, dronk op pad was om die VVVTT te bestyg, toe sien ek net sterre. Quasimodo sê dis pizzaplat Broodina wat my gemoker het en toe terwyl Bondels so vryf aan die Kwien se pennie, in ‘n kloon van my, Vuurvliegie vervorm het; en haar nou, as die uwe tussen julle bevind. Ek het probeer op Woordnoot se reis inskrywing kommentaar dat Vuurvliegie nie mense op die skouer klap nie, maar julle kom nie agter ek probeer julle waarsku nie!
Hester, hier het, buiten Broodina se verraad (julle moet haar laat haar les opsê) iets vreeslik gebeur. Ek hoop jy sit en lees hierdie alleen, sodat jy dit behoorlik en rustig kan verwerk en Dan met die Towerinne kan deel.
Sedert my tot verhaal kom, dra Lorenzo liefdevol hoendersop aan en ek sit rustig op die stoep in die son met al die diere. Een oggend sit ons nog en akkedis in die son, toe kom daar polisie en ambulansmense met ‘n helse lawaai op Rebusfontein aan.
Jy sal nie glo wie klim uit die voorste voertuig nie! Sersant Gigaba, ja, einste hy van Toweropstal. “What are you doing here,” het hy verbaas uitgeroep toe hy my eien. Ek het hom gesê ek bly hier. Hy sê toe nee, ek kan nie. ‘n Miss Breekslag en Mister De Kaak het die owerhede laat weet daar op Rebusfontein ‘n coronavirus aanslag was. Hulle kom die plek isoleer en saniteer.
Ek probeer nog keer en reg vertel, toe is die diere geskut. Ek en Lorenzo kry net kans om ‘n tassie te pak want ons gaan na die naaste kwartantyn kamp geneem word. Goddank dis die Eiland by Upington – die beste een in die land.
Arme Quasimodo hoor hy word gerepatrieer. Daar is genoeg van Notre Dame restoureer dat hy huistoe kan gaan. Elon Musk het ook handlangers gestuur om die Vliegmasjien te kom haal, hy is vies oor die Towerinne nou met die VVVTT rondreis. Ek het maar die briefie weggegooi. Julle harte sal dit nie hou om die lelike woordsnoer oor ons ondankbaarheid onder oë te kry nie. Ek het maar jammer namens almal gesê.
Hester, Lorenzo en ek word toe soos kriminele deur ‘n smoelkappie bende burokrate na ‘n bussie gelei. Ons albei snik van skrik en kommer. Niemand wil ons uitluister nie.
Ons sit so in die bussie die sanitasie en gadeslaan, toe begin ‘n vreeslike ding gebeur. Jy onthou daai eerste Microsoft Windows logo wat so blokkies verbrokkel gelyk het? Wel, skielik begin Towerinstraat so blokkie verbrokkel. Eers by Christa, toe so af in die straat. Poef. Weg is die straat.
Ek gil en skree en vertel hulle moet stop. Maar niemand luister nie. Hulle is by die put besig. Hester, toe die ontsmetting moetie ons put se water tref, toe is dit kismet. Ons Rebusfontein is weg. Skielik is die hele spul ontsmetters ontsettend verskrik en almal gaan aan die hardloop. Iemand skree “Tokoloshe” en hulle steek sommer die veld aan die brand. Ons is onder rook- en stofwolke daar vort.
Hulle moes my inspuit, want ek was beserk van ontsteltenis om ons droomplek so te sien vergaan. Lorenzo het floute gekry en ons twee het eers later in ons huisie op die Eiland wakker geword. Die skok is vir ons baie erg. Rebusfontein is weg, kapoet. Soos mis voor die son verdwene.
Ons twee het geen manier om julle te waarsku oor Broodina en om die skoknuus oor te dra nie. Wat dierbare Lorenzo wel reggekry het is om te sorg dat al die diere kinders by die regte wêreld se huise besorg word. Ons het ‘n wit leuntjie vertel dat ons vriende oorsee op Bali en die VSA gestrand is en die repatriasie vliegtuie misgeloop het. So laat almal weet die honde, gevolgetes en katte is veilig, maar almal verlang na die toerbelustigdes.
Ag, Hester, en toe besluit Lorenzo om die geleentheid te gebruik om ‘n sjef by ‘n Kaapse restaurant te gaan word toe die grendel na vlak drie verlig word. Ek was hartseer, maar ek het ook verstaan. Hy verlang vreeslik na jou. “Firefly, I cannot seet like this, with empty hands and no Hester to look after. Djoe know I laf all de Towwerinne, but I miss Hester to much. I must keep busy.”
Ons het mekaar gister betraand gegroet. Ek het alleen op die Eiland agter gebly. Die mense het my maar laat begaan. Toe kom daar laatmiddag ‘n bus vol vrolike mense aan. Dit het my laat onthou van ons Giggelgroenbus, waar ons so vrolik in getoer het. Dit was Amoré van RSG en haar Kannabus.
Maat, is daar nou vir jou ‘n karakter op daai bus. Ek dink julle klomp sal van hom hou. Sy naam is Hans. Hy het die Rubicon oorgesteek en ‘n rebellie van formaat in ‘n ouetehuis gelei. Hy het ook daggakoekies wat hy aan almal uitdeel. Hy laat my na Frannie en haar broodjies verlang.
Enniehoe, ek het hulle van Rebusfontein vertel en ook dat ek desperaat ‘n boodskap by julle moet uitkry. Gelukkig maak die Kannabus net soos die VVVTT, en kan vinnig van een plek na die ander rits, ongesiens. Dis hoe ek die pakkie op Waenhuiskrans in jou sak kon kry. Kannbus het vir VVVTT gekry net voor Musika haar in kerkbanke gevou het….
Ek mis julle en my hart is stukkend oor Rebusfontein. Die dierbare mense op die Kannabus het vir my die agtersitplek gegee. Ek het sit daar soos met die giggelroenbus toer en luister en kyk en lees. Dis nie lekker sonder julle nie. Ons was gister buite Graafwater by die Heerenlogement grot waar Simon van der Stel oornag het. Dis die oudste gastehuis in Suid-Afrika. Julle moet kom blomme kyk – dit gaan vanjaar ‘n skouspel wees vertel die mense van die omtes.
Vanaand gaan die Kannabus my daar by Stokkies 10 op Graaff-Reinet aflaai. Ek moet klaar rou oor Rebusfontein wat nie meer is nie.
As julle klaar getoer het, moet julle maar met VVVTT kom kuier dat ons reünie kan hou, en nuwe avonture beplan. Ek sal smiddae op ry Vallei van Verlatenheid se uitkyk toe om te kyk of julle aankom.
Ek het ook gelukkig ‘n plekkie waarheen ek ontsnap as julle so rondrits sonder my. Dis ‘n kroeg waar ek sommer net soos ‘n vlieg teen die muur luister na Getruida en haar maats se pittighede. Hulle kan darem vir jou raak praat by Rolbos. Dankie tog Covid-19 inperking tel nie daar nie.
Ek weet nie hoe jy vir Broodina wat as Vuurvliegie in julle midde skouer klap en flamenco, gaan uitvang nie, maar ek en Lorenzo het volle vertroue dat jy plan sal sien dat die waarheid seëvier.
Ek stuur vir jou Alice in Wonderland se oorspronklike weergawe wat ek vir jou via ons Columbiaanse pelle laat ‘leen het” by die Ingelse. Ek reken Alice en die wit hasie sal jou met Broodina kan help.
Die ander boek is vir Kameel, Toortsie, Seegogga, Positief, Christa, Woordnoot, Tannie Frannie, Una, Sonell, VirgoC, Aalsie, Bondels, Musika en Perdebytjie wat die VVVTT toer so geniet. Daar is 1000 plekke waarnatoe hulle kan gaan om die inperking te ontsnap. Cliveden, Tinakilly Country House, Delphi, Ulriksdals Wärdshus, Mada’In Saleh, Guanajuato, Belém, Virgin Gorda…. te veel plekke om te lys.
Sê hulle moet gaan loer en vertel oor wie, wat waar, wanneer en hoekom oor die 1000 emmerskoplys plekke, dan sal hulle nooit weer ingeperk voel nie. Ek reken VVVTT kan nie wag om op te styg nie, sy hou van vlieg en nuwe vistas. Nie so staties soos Rebusfontein nie.
Sê hulle moet oopbek en los hande voluit gaan maar nooit Rebusfontein vergeet nie.
Groetnis, allesbeste en vlieg veilig.
Vuurvliegie.
Hester sit met die vel papier in haar hand. Die nuus te veel om te hanteer. Haar oë traan en haar neus loop, en dis nie van sinus nie.
Sy gaan nou self verder vertel…
Agge nee Vuurvliegie!!! Rebusfontein was my wegvlugplek…. daar waar ek heen gegaan het wanneer die hier te veel word. Hier sit ek wraggies nou met trane in my oë. Ek hou niks van die tent waarin ons toer nie….. simpel kontrêpsie. Ek is nou te kwaad vir verder praat!!!
LikeLike
Bollie gebeur as mense wens.
LikeLike
Wie het wat gewens?
LikeLike
Hulle het wêreldreise gewens toe hulle met die kwarantyntent probeer het om Rebus te ontvlug. Karma nè.📚✏
LikeLike
Ek is klaar vandag na aan trane … nou dié? 😭
LikeLike
Ag nee man, daar is ‘n wye wêreld en jou nuwe huis het sulke mooi vistas. Rebus sal altyd spesiaal in ons onthou wees. Dink nou iets nuut uit. Daar is ‘n tyd sê die Prediker, hoeka. Voel gou beter.
LikeLike
Ek kan nie saamstem nie, Vliegie, dit voel so al of jy saamgroet?
LikeLike
Hygend hert, Rebusfontein murtu. Ek kan nie asem kry nie. Sou dit nou Covid … ? Nee, dis net ontsteltenis. Ons waterput op die meent! Ons mooi huisies! Waddehel? Hoe gaan ek die nuus aan die Towerinne oordra? Die verbrande Broodina. Nee, sy is nie verbrand nie, dis die hele probleem. Nie dat ek dink dit gaan help nie, want sy sal wraggies soos ‘n Phoenix uit die as verrys om ons siele te kom verpes. Ek het mos lankal gesê sy het nege lewens soos ‘n kat. Ek gaan nou eers vir Lorenzo bel – ek dink ek weet by watter restaurant hy is. Ons moet kajuitraad hou. En die Colombiane weet waar ons is – dis ook goeie nuus. Vuurvliegie. Ek hoop sy’s oukei. Dit klink asof sy aan skok ly. Ek ook. 😱 😥
LikeLike
Julle moet vir Broodina les laat opsê. Ek is rustig nou.
LikeLike
Neeeeeee! Ek wonder darem of jy nie net ‘n slegte droom het nie! Rebusfontein kan mos nooit net weg wees nie! En jy nie by ons nie. Kan ons nie die tent stuur om jou te kom haal nie? So ‘n xxxx Broodina! Kwaad is ek nou!
LikeLike
Sorteer die uitdaging uit. Ek is vredig veilig. Reis die toekims in.
LikeLike
Toorts, hierdie is ‘n permanente wending. Die muse dui al weke daarop. Geen droom, rerig blogland erig. Gaan reis nou tot VVVTT nie meer wil nie. Oor die berg lê iets nuut.
LikeLike
❤️
LikeLike
Ek wil nie saamstem nie, mens moet weer iewers rus. En waar gaan dit wees?
LikeLike
Skep ‘n nuwe verbeelplek.
LikeLike
Miskien moet ek ook uittree?
LikeLike
Asb nie Christa
LikeLike
Vuurvliegie. Jy het weer ‘n keer die tier aan sy stert gegryp en hom aan sy … ahem … gekielie. Ek het geweet hier kom weer ‘n twist in the tale. Dis ‘n briljante stukkie skryfwerk. Dat Rebusfontein nou murtu is, is iets wat ons almal moet verwerk (ek sien Kameel stort ook ‘n traan hierbo), maar dis seker maar tyd vir nuwe horisonne. So bly Lorenzo is darem uitgespaar! MWAH!
LikeLike
Ek vrees nie tiere of corona of more nie. Die toekoms wink, die tuig die VVVTT, die Towerinne het self dit bepaal.
LikeLike
Ek haat daardie verdomde tent. Dis net hier waar ek my tassie pak en uitklim. Sal by my eie huis gaan stoom afblaas…
LikeLike
Kom Stokkies 10 Graaff-Reinet toe. Ek wag rustig op jou.
LikeLike
Toe nou! Bedaar! Enige reisiger kom op ‘n stadium huis toe. Terug. Ons gaan nie vir ewig in ‘n tent swerf nie.
LikeLike
Onthou net om julle regte woonplekke op GPS te sit, Rebus is weg. Dis net veld en Emmaus se bordjie daar.
LikeLike
Einaaaa, weg is Rebusfontein!!
Dit was seker te wagte in hierdie vreemdste jaar ooit in my nietige bestaan.Broodina is ‘n kanniedood en ek begin al dink sy het bonatuurlike kragte.
Soos altyd, briljant geskryf, Vuurvliegie.
LikeLike
Dankie Bytjie. Ja, Broodina, wat kan ons sê. Vernuwing is some goed, selfs in vreemde tye. Jy moet seblief vir Kameeltjie mooi oppas.
LikeLike
Ja, sy het nou ‘n ander Rebusfontein nodig. Dit was so ‘n lekker plek! Jy het die gedagte geskep en vernietig. Nou wag ons op iets nuuts van jou af… laat waai, Vuurvliegie!
LikeLike
Nee, ek tree uit die skepping besigheid. Julle klomp moet maar covidtoer tot voortvlugtigheid uit die sisteem is. Tyd sal seker leer.
LikeLike
Ons gaan dit. ie kan toelaat nie.
LikeLike
Christa 👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Solank jy ons nie verlaat nie!!
LikeLike
Nee! Ek weier om dit sommer netso poef te aanvaar Ek is n handyman en waar daar n wil is, is daar n weg. Ek gaan my huisie oorbou. Beslis nie in n bestaande vervelige plek soos Graaf Reinet nie. Kontak Lorenzo, Hester! Hy kan mos my help. En vir julle ook as julle wil herbou. Ons bou hom oor- mooier en beter as wat hy ooit was en die naam: ek voel Rebusfontein begin nou wereldberoemd raak- soos Rolbos. Ek wetie of ons aan d naam moet torring nie. Wat sê julle? Is julle in?
LikeLike
A nee a Seegogga, dis wensdenkery. Rebus is weg. Klaar. Uitgevee.Jy was dan die voorsitter van covid verveling en het in die middle van Coronamouna begin jeuk vir wêreldreise. Kyk waar neem VVVTT julle.
LikeLike
Moenie ‘n Seegogga onderskat nie, Vuurvliegie! Ons knyp waar ons wil en bou waar ons wil! Maar nou toer ek gou eers die wereld vol en dan ….
LikeLike
Geen Towerin moet onderskat word nie
LikeLike
Seegogga! 👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Ek sit die Rupert familie op jou wat so van Graaff-Reinet praat. Bwahaha
LikeLike
Ek is in, dalk droom Vuurvliegie nog na die sta,p teen die kop?
LikeLike
Ja, mens weet nie wat mens het tot dit weg is nie. Onthou die skepper van ‘n denkbeeldige plek mag daarmee maak wat hul wil…..julle sal by my verby moet kom en ek is klaar my make gemaak. Rebusfontein hoort tot geheue. Sela. Terwyl julle toer moet julle mooi dink waar en hoekom julle tot rus wil kom.
LikeLike
Nou wonder ek hoekom die skepper van n pragtige plek dit sal wil vernietig?
LikeLike
Want mense wil reis…want dis tyd…want die muse…want….
LikeLike
Lorenzo is glo nou glo besig om ‘n kookboek te skryf. Hy wil vir die Towerinne sy beste resepte op skrif stel. Jy weet mos, Italjaners het net drie liefdes in hulle lewes – mooi vroue, vinnige motors en lekker kos. Nie noodwendig altyd in daardie volgorde nie.
LikeLike
Ek hou niks van hierdienwending nie en hoop werklik dat Vuurvliegie net haar kop te hard gestamp het. Oorbou gaan ek beslis saam met Seegogga doen.
LikeLike
Sien my kommentaar elders
LikeLike
😁😁😁😁
LikeLike
Hierdie voel soos die einde van ‘n era. Dit sal nooit weer dieselfde wees as mens ‘n ander plek van ontvlugting gaan bou nie. En eerlik waar, ek is nie lus om altyd van plek tot plek te vlieg nie. Dit sal mens wel kan lees in my onderhoud met Sarie, wat seker in die September of Oktober uitgawe ban die Sarie gelees kan word. Ek is nie ‘n reisiger nie …
LikeLike
Vernuwing is maar moeilik.
LikeLike
Vra my …
LikeLike
Christa ek voel soos jy. Ek wil nie in ‘n tent van plek tot plek rondvoeter nie. Mens hou vakansie dan gaan jy huistoe want jy verlang na jou eie plek. Ek voel nogsteeds nostalgies oor toweropstal, en toe ons daar weg is het ek bly terugvetlang na ‘n plek waar almal weer saam kon wees. Dit het so gevoel ons hang in die lug rond. Toe skep Vuurvliegie Rebus…. en nou is dié ook opgeblaas. Hierdie jaar het te veel werklike nonsens….
LikeLike
Gaan beset Toweropstal daar waar alles begin het.
LikeLike
Dit sal nie weer dieselfde wees nie.
LikeLike
Kameel, ek het vanaand vir my man gesē dat dit ek dink jy gaan dit net so sleg vat. Ons altwee sit in vreemde lande, jy darem saam met jou kinders. En nou is een van ons droomplekke net weg. Net soos wat my wens om my 60ste in Suid-Afrika te gaan vier saam met my kinders weg is. En ek dink nie ek gaan val vir ‘n tweede towerplek wat weg kan raak as ek dit nie verwag nie. Ek stem, daar is te veel werklik goed om hierdie onwerklike een lekker te kan verwerk. Veral omdat dit werkliker as die werklikheid blyk te wees.
LikeLike
Christa, nee genade man. Julle sal lat ek nou my polse afkou. Ons is mos Towerinne, en sterk mense. Dink jy aan Frannie in VSA of het ek iets by Kameeltjie gemis🤔
LikeLike
Ommy genade, sien? Ek dink aan Frannie. Skuus kameel.
LikeLike
Skuus vliegie, ek wou natuurlik ook skryf dat dit ‘n pragtige skryfstuk is, net moeilik om dit te sê as die gevoel wat faarmee saamgaan minser aangenaam is.
LikeLike
Dankie oor die skrywe. Dis tog primêr wat ons hier maak, nè. Snoer in ons mooi taal.
LikeLike
WADDEHEL!!!! Hoe kon Broodina jou so fyn namaak dat ons nie agterkom dit is nie jy met ons?! Ek het gesien jy is bietjie “af” maar gedog dit die stamp…..Ek ril by die gedagte dat jy alleen agter gebly het. Dankie tog Lorenzo kon jou bystaan en dat die diere oky is. Ai ek weet nie wat sou ek sonder Pasella gemaak het nie. Jinne dankie dat jy ook so kop gehou het en ons laat weet het en boonop ‘n reisgids saam stuur. Hahaha daai was skerp…
Puik verwoord soos altyd
LikeLike
Gelukkig was my honde kinders by my seun, ander het ek sowaar vanaand gehuil oor hulle ook.
LikeLike
Nee jy sou nie, Vliegie sê mos hulle is veilig so joune sou ook veilig gewees het. Vuurtjie weet hoe almal oor hulle diere is, sy salit nie waag dat hulle iets oorkom…
LikeLike
Ek stem Bondels, maar myne sou nou stoksielalleen by ‘n verlate huis gewees het. Ai tog, ek moet nie verder lees nie, eers oor so week of so. Anders gaan ek grens, en wat gaan my manlief dink?
LikeLike
Nee man Christa man, jy is ‘n sterk vrou. Nikse gegrensery nie, jy is baie spesiaal aanmekaar gesit.
LikeLike
Haai, die Towerinne is mos nog daar. Jinne julle.💝
LikeLike
Oe jitte, Bondels, ek is allesbehalwe so sterk. Huil lekker maklik as die lewe onregverdig raak …
LikeLike
Ek dink jy vat jouself vlak. Dis oky om soms sag en broos te wees, veral in moeilike omstandighede.
LikeLike
Dankie, Bondels, ei sal onthou.
LikeLike
Ja, gelukkig is ons almal diere betotterd. 🤗 Loernzo, die laaste van die helde. Dankie mater dat jy my relase geniet.💝📚✏
LikeLike
Dit voel asof iemand my in die maag geskop het – my wind is helemaal uit. My toringhuisie, weg, verkrummel!! Verder hiperventileer ek van kwaadgeid. Hoe durf hulle my silwerskoon huisie gaan staan en ontsmet – nee, askies, niemand ken mos meer die oordintlike Afrikaanse term nie – “saniteer”, of dalk selfs “sanitiseer” – ag, ek kots sommer van ontsteltenis!! Dankietog Lelik is veilig…
LikeLike
Jy sien die plekkies is deur vreemdes betree, en toe poef net so weg is alles. Ons moet maar ‘n verbeelland kry….
LikeLike
Mar, maaaaarrr, ek het so hard gewerk aan daai huisie! En die putwater – nooit sal my meule weer maal met daardie soete waters wat verby is nie! En die amfiteater, waar die wind deur die dennebome suis… En om alles te kroon, sit hier nou twee kommentare van die uwe – ‘Vliegie, kan jy dalk een skrap, groot asseblief? Ek gaan nou iewers dikbek sit en tob…
LikeLike
Daar stem ek saam tannie Frannie, ek was mal oor my Rrbus huisie. Hy was perfek en veilig en my lip bewe sommer…
LikeLike
Ek verloor in een jaar nou te veel. Rebus wat my Suid-Afrika putstop is, my veilige hawe. My Bali is weg. My vryheid is daarmee heen, want ek werk non-stop. My geld-sake het hul gat gesien, so oukey julle, ek vat time-out. Ek is vandag, nou, finaal moeg.
LikeLike
Liewe ontstelde Towerinne. Het julle nou al mooi die verdwyning van Rebusfontein se aanloop bekyk. Miskien het ons plek wraak op almal geneem omdat ons soveel vreemde dinge daar laat gebeur het en allerlei onrustige dinge daar aangevang het, en ook sommer so met een ding besig is, dan kom die volgende aangestorm. Dink mooi, slaap rustig en toer klaar dat julle maar in daai verbeelwêrelde wat besoek wil word vir ons iewers iets nuut kan skep. Onthou net Broodina is nou in julle midde. Hoekom is julle jie kwaad vir haar nie. Weet julle hoe seer is my kop. Hou op huil, trek grootdogter panties van staal aan en help Hester met haar plan. Netnou doop ek julle die VTT die vreeslike treurige towerinne. Kleenex iemand?
LikeLike
Eish….ek het nou nie woorde nie…..
LikeLike
Norafok Vuurvliegie, Rebusfontein is lankal meer as net jou skepsel hoor, jy kan dit nie net sommer poef paf weer wegtoor nie. Weet nie of dit die houe teen die kop, die kannibis of iets totaal anders is nie, maar hierdie Vuurvliegie storie klink vir my eerder soos ‘n Broodina komplot om Rebus eindelik vir haarself te hê
Wie is daar in Stokkies 10, Vuurvliegie, Lekkervurig of Blerrie Broodina?
LikeLike
Ek is bly julle verbeeldings makeer niks nie…ek weet nie wat julle nie begryp nie, Rebus is weg, dit is ,’n feit. Dis wat ons vorentoe doen wat ons gaan onderskei….verandering is die enigste konstante.
LikeLike
En waddehel, hoekom mag ek nie die 1000 plekke boek lees nie? Weer van my vergeet? Ek gaan vir Hester sê, sy gaan jou opdonner. Ek weet sommer ek praat hier met Broodina
LikeLike
Jinne, maar jy is daar….haal asem. Julle moet maar kwaad wees en dink wat julle wil….
LikeLike
The day after the night before….. die son skyn weer en ek lees jou storie weer, die keer kalm en bedaard. En so begin my verbeelding ook weer hardloop. Ons kan mos nie, na alles wat ons al saam deurgemaak het,nou op die Covid hoop gaan sit en treur nie? O nee…ek glo so in my Towerin maats dat ek weet ons gaan nog miljuisende nuwe avonture beleef……let’s go girls! Sit daai verbeeldings in overdrive!
LikeLike
Dankie Woordnoot sê vuisvoos vuurvliege met bloedhale oor haar rug..
LikeLike
Een uur se sonlig op daai bloedhale,lekker tee en sommer n dik sny chocolate koek….dis wat die dokter sê
LikeLike
Ek maak so
LikeLike
Ek is nou daar, wil ook tjoklit koek hê. Ek’s nou weer kalm
Bye Rebus, ons gaan jou mis, maar onward en upward na nuwe avonture
LikeLike
Ek wag innie son oppie stoep, met ‘n mentholtjie ook.
LikeLike
Ek dog jy’t opgehou. Mense dink ons is ryk as ons wraggies nog ‘n dampie kan slaan
LikeLike
My voete ruik….hehe. mens moet in hierdie wrede omstandighede tog maar plan vir plesier mask, ek puff meestal, masr vir spesiale mense sal ek die bêrevoorraad uithaal
LikeLike
Die kant koop ons maar skelm. Die bêrevoorraad is lankal op.
(Fluister) my voete ruik ook
LikeLike