
Ek lees dié raak en dink aan springmielies en mense.
“Give me the discipline to stop moving and, instead, listen.” Die skrywer het dit oor ontwikkeling in mense. Ek wil byvoeg “…and wait.”
Al te dikwels lees en luister en neem ons aan gesprekke deel nie om ander te hoor nie, maar om te reageer, om self gehoor te word. Soos rasende bonsende springmielies in ‘n pot. Ongeduldig, onrustig en soms plein ongeskik.
As springmielies sonder ‘n deksel gespring word, is dit die wêreld vol. ‘n Gemors en bron van irritasie.
Springmielies wat te gou die pot ontsnap bly ‘n harde mieliepit, niemand gaan jou geniet nie. Kruidjie-roer-my nie is nie te gewild nie. Jy kan maar sê “so gemaak, so laat staan”, dit maak jou nie oulik nie.
Daar is altyd springmielies wat nie uitpof nie, al die hitte en olie in die wêreld kan nie hulle doppies laat skiet sodat hulle lieflike geur en smullekkerte geniet kan word nie.
Mense is ook so. Daar is nie keer aan hulle nie, en dan as ander van hulle wegdraai kan hulle al springend en skreeuend nie verstaan hoekom nie.
Iemand moet springmielies dophou. Die hitte beheer, net genoeg olie in die pot sit, die mielies net lank genoeg laat spring, weet wanneer om die deksel te lig, net genoeg sout te gooi. Springmielies kan dit nie self doen nie.
Nie almal is springmieliemakers nie.
Ek gaan nooit ophou probeer om die beste springmielie-wat-ek -kan-wees, na te streef nie. Meer geduld, geloof, vertroue en vreugde, want ek weet wie die Springmieliemaker is.
“You don’t take the heat off the pan of popcorn the second the first kernel pops. Nope – that is when you start shaking the pan up and keeping constant heat on. That first sign of progress isn’t the end. It’s just the beginning”- Chelsea Fournier
Ek hoop mede-springmielies, die gewilliges en onwenniges, sal hande vat en saam transformeer. Daar is plek onder die deksel en sorgsame oog van ons Maker, vir almal. En ons het mekaar nodig in hierdie vreemde tyd.
Ek het maats wat op die oomblik nie te lief vir my en verandering is nie. My ou springmielietjies, ek deel graag die wyse woorde en my bede is om julle aan die ander kant van omwenteling te kry en dat ons sal groei.
Every friendship travels at sometime through the black valley of despair. This tests every aspect of your affection. You lose the attraction and the magic. Your sense of each other darkens and your presence is sore. If you can come through this time, it can purify with your love, and falsity and need will fall away. It will bring you onto new ground where affection can grow again.”
― John O’Donohue, Anam Cara: A Book of Celtic Wisdom
Sela
Skote petoors Erna!! Ek is mal oor springmielies, veral as dit ‘n regte botter smaak het. Egte botter. Toe leer iemand my, as jy regte botter smelt, en soos jy sê dophou en jy gooi die pitte in sodra die botter klaar bruin geword het, maar steeds nie te bruin of warm, dis dan wat dit die lekker botter smaak het wat mens laat aanhou eet. Met mense is dit ook so, nes jy sê. Langer luister, om te hoor eder as antwoord. Wag vir die regte temperatuur. Mense gee hulle self weg sonder dat hulle weet. En deur stil te luister, leer mens baie en kan jy kies watter pit hoort in jou bakkie. ek hoop ek is altyd deel van joune
LikeLike
My mieliepit, natuurlik!💝✏📚
LikeLike
Ja my maatjie, mielies is ons almal, in dieselfde pot, besig om in popcorn te verander. Verandering is deel van die lewe, mens kan skop en skree soos jy wil, selfs ‘n mieliepit bly, maar op die ou einde wil jy nie die gebrande pit op die pot se bodem wees wat weggegooi word nie
LikeLike
My positiewe mieliepit maat
LikeLike
Baie goeie vergelyking. Daar is so baie uitspring potte in die lewe. Haastig om te praat om gehoor te word. Dis egter nie waaroor dit Gaan om aanmekaar te praat nie. Luister is belangriker. Die saam wees knus en warm is die lekkerste.
LikeLike
My sagte mieliepit maat.
LikeLike
Vat lank voordat ek pop!
LikeLike
Hoe sê jy altyd? Kapow! Jip die flippin bietjie warm kry in daai springmielie pot is deksels ongemaklik en laat so pit dan sommer ontplof. Maar dan kom die botter en soutjies en wat ook ak jy like. En jy lyk en proe anders want jy het verander!!
LikeLike
My aanpasbare vrolike mieliepit maat.
LikeLike
🎹POPOPOPOPOPOPOPOOPOPOPOPOPOPOPPOPPOPOPOP🎺 Ken jy die popcorn song? Ek sit en luister na musiek, want my kop raas te veel. Toe herinner jy my aan die popcorn song. Jy gooi my nie in olie of botter nie – ek is ‘n microwave popcorn kernel.
LikeLike
I will rather air fry you. Microwave…dis hoekom jou kop raas liewe radioaktiewe mieliepit. Flip daai song is ook ‘n oorwurm van formaat. Dankie nè.🤗😉
LikeLike
Jy reken ek is ‘n airhead? 🤔 Ja, ek sit nou en neurie OPOPOPOPOPOPOPOOPOPOPOPOPOPOP”
LikeLike
Wena…..🤣🤣🤣🤣
LikeLike
😁
LikeLike
Yoh, mooi vergelykings die. Dankie Vliegie. Weird ons mense, almal het ‘n probleem met die enigste 2 goed wat verseker is: death and change. Ek ook, veral laasweek, maar diep binne my verstaan ek dit. Probleem is konneksie issue tussen my kop en hart.. Tyd om te pop, ek wil nie daai harde “toe” mielie meer wees nie🌻
LikeLike
My esoteriese versorger mieliepit, ons sal jou styf vashou want ons wet jy het al mooi gepop, vol omgee.
LikeLike
“You don’t take the heat off the pan of popcorn the second the first kernel pops. Nope – that is when you start shaking the pan up and keeping constant heat on. That first sign of progress isn’t the end. It’s just the beginning”- ek dink hierdie het in my brein ingepop…
LikeLike
Hallo, first kernel mieliepit.
LikeLike
Hopenlik sien ek nie nou net springende mieliepitte wanneer ek na mense kyk nie. Ek hou van die vergelyking; was net makliker om myself te eien toe ek jonger was…. maar met die hitte so lank onder my weet ek nie waar pas ek in nie. 😊
LikeLike
Jong, ons weet mos nie wanneer die Spriengmieliemaker weet wanneer ons perfek ontpop is nie…mens moet prosesse vertrou. 🤗
LikeLike