Woorde en beelde. Swart op wit, wit op swart. Kom ons snoer in ons lieflike, loflike taal swart woorde op wit papier. Al is dit nie meer ink op papier of tiklint op ‘n folio nie, maar net swart letters op wit skerms.
Hier is vier kunstige kuns swart en wit foto skeppings. Elkeen roep verskillende emosies op. Ons uitdaging is om ook die 25 trefwoorde woorde te gebruik om ‘n storie te vertel.
Julle verstaan?
Kies die foto wat jou die meeste aantrek en gebruik die gegewe woorde om jou relaas neer te pen.
Die volgende 25 woorde geld vir al vier die foto’s.
- leed
- afstand
- vrede
- ongebonde
- naby
- ruimte
- skaduwee
- koester
- warrel
- reën
- klakkeloos
- inspirasie
- breek
- deurtrap
- hart
- brand
- verskiet
- geneeskrag
- absurd
- laaikas
- reik
- straal
- skuiwergat
- bedevaart
- skep
© Vinicius Fadul
© Jörg Ha
© Andreas Paehge

© eyesboyzinsta
Wil jy saam woordsnoer?
Kies ‘n foto uit die vier hierbo wat tot jou spreek. Gebruik al 25 trefwoorde om ‘n blog oor die foto te skrywe.
Mik vir 500 woorde, die eerste 25 het jy al! 😉
Skryf dan jou blog. Maak seker om die trefwoorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Liewe!!! Jy strek hierdie verroeste brein uit sy nate uit 🤕
LikeLike
📚✏🙈🙊🙉
LikeLike
Dink sommer nou daar aan… sê nou net Vuurvliegie was my Afrikaanse onderwyseres op skool!!!! In ons jare het ouers nie gehelp met take nie… dit was swem of verdrink. Jy sou my of die hoogtes laat inskiet het, of my op moedverloor se vlaktes agtergelaat het. Ek dink jy het jou roeping gemis 😊
LikeLike
O genade, daar sou net voorbladnuus oor dooie kinders en onnie voor die galg se deur gewees het. Ek inspireer liewer volwassens.
LikeLike
Dink net hoeveel opslae sou jy gemaak het 😂😂😂😂😂 Voorbladnuus. “Onnie slaan kind morsdood omdat sy nie geweet het wat klakkeloos beteken nie. Dit madat dié woord al voorheen in ‘n opstel gebruik is.” 😂😂😂😂
LikeLike
🤣🤣🤣✏📚gaan skryf nou.
LikeLike
Uitdaging! 😁 Maar so ken ons jou en ons hou van jou so.
LikeLike
📚✏💝
LikeLike
Psst. Hester het so pas van die verhoog afgesluip en stilletjies die saal verlaat.
LikeLike
Psst, neeeeee!📚✏
LikeLike
Psst. Ek sit by die Wimpy met ‘n roomys in die hand.
LikeLike
Geniet, maar kom in hemelsnaam terug verhoog toe.✏📚💝
LikeLike
👀
LikeLike
Dit klink na besigheid hierdie. Sukkel reeds om aan die gang te kom die jaar. Nou het ek ten minste iets om van af te werk. My Afrikaans is besig om te verroes en my woordeboek is uit de oude doos! Gaan naweek bietjie aan die woorde knibbel.
LikeLike
💝✏📚💐 ek is bly.
LikeLike
Asseblief sê net weer vir my wat beteken klakkeloos. Google gee my Nederlandse verduidelings.
LikeLike
Klakkeloos bnw. Sonder aanwysbare oorsaak; ongemotiveer (d); willekeurig ‘n klakkelose beskuldiging. Bw. sonder om eers te dink; sonder eie oordeel; wat ander sonder meer in hul oordeel navolg. ‘n Wolhaarstorie wat deur baie mense klakkeloos as waar aanvaar word. Aldus HAT.
LikeLike
Klakkeloos… Ek vermoed klakkeloos is nie klakkeloos imgesluit nie
LikeLike
Glad nie lukraak nie, liewe vriend.
LikeLike
Ek weet watter foto spreek hard tot my…ek moet net die moed bymekaar maak!
LikeLike
Kan nie wag nie.💝📚✏
LikeLike