decoration-outdoor-long-garden-wedding-dining-table-with-white-fabric-cover-and-brown-burlap-runner-flower-centerpieces-plus-wood-folding-chairs-dinin_easy-outdoor-decorating-dinner-tabl

As jy nou eers by ons nuwe Towerin avontuur aansluit, kan jy gaan lees  wat voorafgegaan het by hierdie skakel:

https://fresh.inlinkz.com/party/328bf9cee22c433eb83e0b56dc13fff7

EPILOOG

Hoog in die lug bokant Rebusfontein vlieg die raaf baie tevrede dat hy chaos gesaai het. Hy krys en kras en sweef tevrede op die wieke van die wind. “Met julle Towerinne is ek lank nog nie klaar nie,” kraai hy die eter in.

‘n Skaduwee oor sy kop ruk hom uit sy lekkerkry.

Twee groot kloue gryp hom vas. Hy kry nie ‘n kras uit nie.

Harpy vlieg soos die plan was, met sy gevangene na Eden se fonteine.

By die bek van die grot staan Lorenzo reg. ‘n Metaal hok  by sy voete. Die bokant oopgeskuif.

Sekuur kom Harpy neergedaal soos ‘n kampioen valskermspringer. Toe hy die raaf laat los, val die uitasem in die hok neer. Lorenzo klap die deksel stewig toe en sluit dit met ‘n yslike slot.

“Now dis rubbish rook wil not be able to crook our dahlings no more,” sê Lorenzo. Sy hempsknope span van trots oor sy breë borskas, en hy dra die hok die tonnels in.

Raaf en sy skelmstreke kan nou saam met Eden se geheime begrawe bly.

‘n Rukkie later kom Lorenzo uitgedraf.

“Come, Harpy, we haf serious mess to clear up at Rebusfontein. I fink de rook he put something in de drinks. Our dahlings and de drinks, it always cause trouble. My Hester she think I am a fig of de imagination, she is in hospital. And my sweet Camilla is having  de PTSD like Yankee soldier from Afghanistan. Too terrible, too terrible. I have one of de feathers of de rook, if we boil it in de water, and give them some honey tea, they will wake up from de nightmare, and our Rebusfountain will be normal again…”

NASKRIF

Die Towerinne kom stil-stil by die meent aan. Almal is per nota onder deur hulle huisies se voordeure daarheen ontbied.

Daar staan ‘n lang tafel gedek. Spierwit tafeldoeke, eetgerei, kristalglase en blomme wat Nataniël in vervoering sal hê, nooi die Towerinne nader.

Al die diere van Rebusfontein, Lorenzo en Quasimodo wag hulle in.

Tipies Towerinne breek ‘n gebabbel en gelyk praat-vraery los.

“Lorenzo, wat is hierdie,” lag Toortsie vrolik. Camilla  wat nou ook permanent intrek by Kameel geneem het, fladder haar wimpers en blaas vir die blosende Lorenzo ‘n soentjie.

Hy maak keel skoon. “Ladies, sit, please.”

Lorenzo stamp vir Quasimodo op sy boggel, dat hy so effe vorentoe skuifel.

“Liewe Towerinne, hierdie is ons nuwe dag, nuwe moontlikhede ontbyt, sonder vreemde drankies,” en hy gly sy waterige ogies so oor die klomp Towerinne.

Positief loer vir Perdebytie, Trommeltjies stamp aan Una, Kameel kug. Botter kan in  Frannie, Bondels, Woordnoot en die res se monde nie smelt nie.  Hester sukkel om haar lag te hou. Sy drink hoeka mos net water!

Vuurvliegie klap hande. “Dis nou ‘n lieflike geleentheid. Omdat die lied nie verder gaan, begin ons weer van vooraf aan.  Frangelico, iemand…..”